Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir 'n nuwe geslag teoloe

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Akademies
Abstract
In Suid-Afrika leef ons in ’n postkoloniale konteks. Die vraag is of mens hoegenaamd sou kon verwys na “postkoloniale leierskap”; dit is dan ook die rede vir die vraagteken in die titel. Nadat begrippe soos kolonialisme, postkolonialisme en dekolonisering onder die soeklig gekom het, word na die belangrikste uitdagings gekyk wat teoloë en godsdienstige leiers in Suid-Afrika in die gesig staar en sal gepoog word om groter helderheid daaroor te verkry. Van die uitdagings wat ondersoek word, sluit in ekologiese, sosiopolitieke, ekonomiese en opvoedkundige uitdagings, die Vierde ywerheidsrevolusie en ook geestelike uitdagings. Geloofsleiers moet op hierdie uitdagings reageer, en daarom sal die navorser na verskillende leierskapsbevoegdhede kyk wat ’n nuwe generasie teoloë moet toerus. Dit is met ander woorde bekwaamhede wat ons hopelik in staat sal stel om op verantwoordelike wyse op die uitdagings te reageer en wat gemeentes kan help om in ’n uiters onsekere wêreld te floreer.
“Postcolonial leadership?” as the title of the article was deliberately written with a question mark. I do not think there exists such a concept as postcolonial leadership. One should rather refer to “leadership in a postcolonial context”, with South Africa as a case in point. What must therefore be determined, is: Firstly, what is meant by colonialism? The answer to this will also help in understanding postcolonialism better. Secondly, we must try to ascertain what the challenges are that this context poses to theological leadership. And thirdly, what leadership competencies does a young generation of theologians need to confront these challenges?
Description
CITATION: Nell, I. A. 2020. Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir 'n nuwe geslag teoloe. LitNet Akademies, 17(2):264-283.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Leadership, Postcolonialism, Postcolonial theology -- South Africa
Citation
Nell, I. A. 2020. Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir 'n nuwe geslag teoloe. LitNet Akademies, 17(2):264-283.