Measuring urban spatial integration in the City of George
Date
2020-02
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Urban spatial integration has become a universal objective of urban areas for a variety of ideological and strategic reasons. This thesis aims to achieve a quantifiable methodological approach to measure the degree of spatial integration within the George urban area, through the formulation of a set of universal and transferable indicators which can be applied in other urban areas. The study identified a clear definition of the term ‘urban spatial integration’ and determined the context thereof within the South African policy framework. Through this analysis six key dimensions of urban spatial integration were identified and indicators identified to measure these dimensions. The analysis results indicate that overall the George urban area has a moderate degree of urban spatial integration. The levels of integration in the density and compactness dimension was found to be poor, and those of racial and income integration, proximity to economic activity, transportation networks, and land use mix was established as moderate. High levels of integration were found in the access to public services and facilities dimension. The objectives of relevant legislation (such as SPLUMA, LUPA) and policies (e.g. NDP, IUDF, MSDF) have thus not yet fully manifested in the George urban area in terms urban spatial integration. It is recommended that the analysis of measuring urban spatial integration be applied to other urban areas in order to compare various urban areas with each other. This research finding can furthermore aid in the formulation and evaluation of policies, such as Integrated Development Plans (IDP’s), Spatial Development Framework (SDF’s), Local Spatial Development Frameworks (LSDF), and Densification strategies.
AFRIKAANS OPSOMMING: Stedelike ruimtelike integrasie het om verskeie ideologiese en strategiese redes 'n universele doelwit van stedelike gebiede geword. Hierdie tesis is daarop gemik om 'n kwantifiseerbare metodologiese benadering te formuleer vir die meet van ruimtelike integrasie in die George-stedelike gebied, deur die formulering van 'n stel universele en oordraagbare indikators wat ewe goed in ander stedelike gebiede toegepas kan word. Die studie het 'n duidelike definisie van die term 'stedelike ruimtelike integrasie' geïdentifiseer en die konteks daarvan binne die Suid-Afrikaanse beleidsraamwerk bepaal. Deur hierdie ontleding is ses sleutel dimensies van stedelike ruimtelike integrasie geïdentifiseer en indikators geïdentifiseer om hierdie dimensies te meet. Die resultate van die analises dui daarop dat die George-stedelike gebied oor die algemeen 'n matige mate van stedelike ruimtelike integrasie het. Daar is bevind dat die vlakke van integrasie in die digtheid- en kompaktheid dimensie redelik swak is, en dié van rasse- en inkomste-integrasie, die nabyheid aan ekonomiese aktiwiteite, vervoer netwerke en gemengde grondgebruike is as ‘n redelike mate van integrasie vasgestel. Hoë vlakke van integrasie is gevind in die dimensie van toegang tot openbare dienste en fasiliteite. Die doelstellings van toepaslike wetgewing (soos SPLUMA, LUPA) en beleide (bv. NDP, IUDF, MSDF) het dus nog nie ten volle in die George-stedelike gebied gemanifesteer in terme van stedelike ruimtelike integrasie nie. Dit word aanbeveel dat die analise van die meting van stedelike ruimtelike integrasie op ander stedelike gebiede toegepas word om verskillende stedelike gebiede met mekaar te vergelyk. Hierdie navorsingsbevinding kan ook help met die formulering en evaluering van beleide, soos die Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne (GOP), Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke (ROR), Plaaslike Ruimteelike Ontwikkelingsraamwerke (PROR), en Verligtingstrategieë.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2020.