Consumer knowledge, perceptions, practices and barriers relating to organic foods - Johannesburg, Gauteng Province, South Africa
Date
2020-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Introduction: Globally, organic food (OF) consumption has increased over the past two decades and continues to do so. On the contrary, conventional food (CF) industries have experienced a notable decline in consumption. Although international research on consumers’ knowledge, practices, perceptions and barriers relating to OF has been conducted extensively, research on South African consumers around this topic, is still limited. A better understanding of South African consumers’ OF knowledge, practices, perceptions and barriers will enable healthcare professionals to educate consumers on healthy dietary practices accordingly.
Objective: This study aimed to determine the knowledge, perceptions, barriers and practices of adult consumers relating to OF and the inclusion thereof in the diet.
Methods: A convergent mixed methods research study was conducted. For quantitative data, a cross-sectional, descriptive study design with an analytical component, was utilised. An interviewer-administered questionnaire (IAQ) was completed with adult participants (N=337) at 16 randomly sampled grocery stores (from the four main food retail groups) in Gauteng, Johannesburg (JNB), South Africa (SA). Study participants were stratified based on their frequency of OF consumption as regular-organic food consumers (ROFC), occasional-organic food consumers (OOFC) and non-organic food consumers (NOFC). For qualitative data, a phenomenological study design was utilised. Data were collected by means of focus group discussions (FGD). One discussion per OF consumer group was conducted.
Results: A total of 151 (44.81%) participants were ROFC, 145 (43.03%) were NOFC and 41 (12.17%) were OOFC. ROFC were significantly older (p=0.040) than NOFC and the total share of participants following a specific eating plan increased significantly (p=0.011) with OF consumption. Participants’ mean OF knowledge score was 57.57% with ROFC having a significantly higher score (p=0.048) than NOFC. Results resonated well with data obtained from the FGD, demonstrating that ROFC had a better understanding of OF. The majority (97.92%) of participants, across all consumer groups, had a positive opinion of OF. Participants perceived OF to be more environmentally friendly (98.81%) and healthier (94.07%) than CF. Most participants disagreed that CF is safer (94.07%), has a superior quality (78.85%) and that it’s tastier (61.13%) than OF. Positive perceptions of OF, among FGD participants, were similar to those of the IAQ participants and related to health, animal welfare, the environment, taste and safety. Negative perceptions of IAQ- and FGD participants related to the price, availability and trustworthiness of OF. Principal reasons for consuming OF included health and nutritional reasons (91.67%) and superior quality of products (34.90%). Across consumers groups, FGD participants were motivated to consume OF for health reasons. The main barriers to consuming OF were that it is too expensive (65.88%) and that there is a lack of availability (57.27%) thereof. Similar to this, price, lack of convenience and lack of availability were barriers across all three FGD.
Conclusion: The majority of study participants are consuming OF, be it at irregular intervals. Study findings provide healthcare professionals and relevant stakeholders with valuable insights into South African consumers’ knowledge, practices, perceptions and barriers relating to OF.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Inleiding: Die gebruik van organiese voedsel (OV) het die afgelope twee dekades wereldwyd toegeneem en doen steeds. Inteendeel, die konvensionele voedselindustrie het 'n merkbare afname in verbruik ervaar. Alhoewel internasionale navorsing oor verbruikers se kennis, praktyke, persepsies en hindernisse wat verband hou met OV gedoen is, is navorsing oor Suid-Afrikaanse verbruikers oor die onderwerp steeds beperk. 'n Beter begrip van Suid-Afrikaanse verbruikers ten opsigte van hul kennis, praktyke en persepsies wat verband hou met OV, sal gesondheidsorgpersoneel in staat stel om verbruikers dienooreenkomstig op te voed oor gesonde dieetpraktyke. Doelwit: Hierdie studie se doel was om die kennis, persepsies, hindernisse en praktyke van volwasse verbruikers met betrekking tot OV en die insluiting daarvan in die dieet te bepaal. Metodes: ‘n Konvergente gemengde metodes studie is uitgevoer. Vir kwantitatiewe data was 'n deursnit, beskrywende studie-ontwerp met ‘n analitiese komponent gebruik. Onderhoudvoerder-geadministreerde vraelyste (OGV) is met volwasse deelnemers (N = 337) voltooi by 16 lukraak gekose kruidenierswinkels (van die vier groot groepe vir voedselkleinhandelaars) in Gauteng, Johannesburg, Suid-Afrika. 'n Fenomenologiese studie-ontwerp is gebruik vir kwalitatiewe data. Data is deur middel van fokusgroepbesprekings (FGB) ingesamel. Drie FGB, een per organiese verbruikersgroep (gereelde organiese voedselverbruikers (ROFC) n = 6, organiese voedselverbruikers per geleentheid (OOFC) n = 5, nie-organiese voedselverbruikers (NOFC) n = 7) is gevoer. Resultate: Altesaam 151 (44,81%) deelnemers was ROFC, 145 (43,03%) was NOFC en 41 (12,17%) was OOFC. ROFC was aansienlik ouer (p = 0,040) as NOFC en die totale deel van die deelnemers wat 'n spesifieke eetplan volg (p = 0,011) het aansienlik toegeneem met OV verbruik. Deelnemers se gemiddelde kennis telling met betreking tot OV was 57,57%, met ROFC wat 'n aansienlik hoër telling (p = 0,048) as NOFC behaal het. Resultate het goed ooreengestem met data verkry uit die FGB wat toon dat ROFC 'n beter begrip van OV het. Die meerderheid (97,92%) van die deelnemers in alle verbruikersgroepe het 'n positiewe mening gehad oor OV. Deelnemers beskou OV as meer omgewingsvriendelik (98,81%) en gesonder (94,07%) as konvensionele voedsel (KV). Die meeste deelnemers stem nie saam dat KV veiliger is (94,07%), van ‘n beter gehalte is (78,85%) en dat dit smaakliker (61,13%) as OV is nie. Positiewe persepsies van OF, onder FGB deelnemers, was soortgelyk aan dié van die OGV deelnemers en het betrekking gehad op gesondheid, dierewelsyn, die omgewing, smaak en veiligheid. Negatiewe persepsies van deelnemers hou verband met die prys, beskikbaarheid en betroubaarheid van OV. Die belangrikste redes vir die inname van OV sluit in gesondheids- en nutrisioneleredes (91,67%) en beter gehalte van die produkte (34,90%). Tussen verbruikersgroepe was OGV deelnemers gemotiveerd om organiese voedsel in te neem vir gesondheidsredes. Die belangrikste hindernisse vir die verbruik van OV was dat dit te duur (65,88%) is en dat daar 'n gebrek aan beskikbaarheid (57,27%) van OV is. Net so, was prys, 'n gebrek aan gemak, en 'n gebrek aan beskikbaarheid hindernisse in al drie FGB. Gevolgtrekking: Die meeste van die studie deelneemers eet OV. Studie bevindings bied gesondheidsorgwerkers en relevante belanghebbendes waardevolle insig in Suid-Afrikaanse verbruikers se kennis, praktyke, persepsies en hindernisse rakende organiese voedsel.

Description
(Thesis (MNutr)--Stellenbosch University, 2020.