An analysis of the interaction between section 7(8) and section 31(2) of the Income Tax Act No. 58 of 1962 when applied to non-interest-bearing loans from resident natural persons to connected non-resident trusts
Date
2020-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Uncertainty exists regarding the normal tax consequences for a resident natural person where a transaction falls within the ambit of both section 7(8) and section 31(2) of the Income Tax Act No. 58 of 1962 (‘the Act’), and in particular, whether or not the simultaneous application of these sections could result in domestic economic double taxation for the resident natural person. This study analyses the interaction between section 7(8) and section 31(2) of the Act in order to conclude on the normal tax consequences where a resident natural person has advanced a non-interest-bearing loan to a connected non-resident trust (‘the specified transaction’). This study set out to, firstly, conclude whether, and if so, under which circumstances, the application of section 7(8) of the Act influences whether or not a tax benefit is derived by the resident in the case of the specified transaction, which is a prerequisite for section 31(2) of the Act to apply. Secondly, this study set out to determine whether or not, once all the requirements of section 31(2) of the Act are met, the application of section 31(2) of the Act influences whether or not the requirements of section 7(8) of the Act are still met. In respect of the first enquiry, it was established through case law that the non-charging of interest is regarded as a gratuitous disposition (‘donation’). This study analysed the three, collectively exhaustive, possible instances that can arise and affect the normal tax consequences of section 7(8) of the Act to the specified transaction. The income received by or accrued to the non-resident trust, by reason of or in consequence of the donation made by the resident natural person, in a particular year of assessment, can be (1) more than or equal to the value of the donation in that year of assessment (‘full attribution’); (2) less than the value of the donation in that year of assessment (‘partial attribution’); or (3) zero in that year of assessment (‘zero attribution’). Section 31(2) of the Act will be applicable to the specified transaction if the resident derives a tax benefit. This study found that in the case of full attribution, the resident would not derive a tax benefit and therefore section 31(2) of the Act would not apply. However, in the case of zero attribution and in certain cases of partial attribution, the resident would derive a tax benefit and therefore section 31(2) of the Act would apply. In respect of the second enquiry, this study concluded that, if section 31(2) of the Act applies, the requirement that a donation must be made by the resident in order for section 7(8) of the Act to apply, has not been met. For this reason, section 7(8) of the Act would not apply where section 31(2) of the Act applies. The findings of this study substantiate and conclude that domestic economic double taxation would not occur in the case of the specified transaction.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar heers onsekerheid rakende die normale belasting gevolge vir ‘n natuurlike persoon, wat ‘n inwoner is, waar ‘n transaksie aan die vereistes van beide artikel 7(8) en artikel 31(2) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (‘die Wet’) voldoen, en meer spesifiek, of die toepassing van beide artikels terselfdetyd tot binnelandse ekonomiese dubbelbelasting kan lei vir die natuurlike persoon. Hierdie studie analiseer die interaksie tussen artikel 7(8) en artikel 31(2) van die Wet om die normale belasting gevolge te bepaal waar ‘n natuurlike persoon, wat ‘n inwoner is, ‘n rentevrye lening aan ‘n verbonde nie-inwoner trust leen (‘die voorgestelde transaksie’). Hierdie studie is geloods, eerstens, om te bepaal of die toepassing van artikel 7(8) van die Wet die verkryging van ‘n belastingvoordeel deur die inwoner aangaande die voorgestelde transaksie, wat ‘n voorvereiste is vir die toepassing van artikel 31(2) van die Wet, beinvloed, en indien wel, in watter omstandighede. Tweedens, was hierdie studie geloods om te bepaal, indien daar aan al die vereistes van artikel 31(2) van die Wet voldoen word, of die toepassing van artikel 31(2) van die Wet die voldoening aan die vereistes vir die toepassing van artikel 7(8) van die Wet, beinvloed, al dan nie. Rakende die eerste navraag was dit bevestig deur regspraak dat ‘n rentevrye term ‘n gratis beskikking (‘donasie’) is. Hierdie studie het die drie gesamentlik uitputtende gevalle wat kan ontstaan en die normal belasting gevolge van artikel 7(8) van die Wet beinvloed, aangaande die voorgestelde transaksie, ge-analiseer. Die inkomste ontvang deur of toegeval aan die nie-inwoner trust, in ‘n spesifieke jaar van aanslag, vanwee of as gevolg van die donasie gemaak deur die natuurlike persoon in daardie selfde jaar van aanslag kan (1) meer as of gelyk aan die waarde van die donasie (‘volle toeskryfbaarheid’) wees; (2) minder as die waarde van die donasie (‘gedeeltelike toeskryfbaarheid’) wees; of (3) nul (‘nul toeskryfbaarheid’) wees. Artikel 31(2) van die Wet sal van toepassing wees op die voorgestelde transaksie indien die inwoner ‘n belastingvoordeel verkry. Hierdie studie het bevind dat in die geval van volle toeskryfbaarheid, die inwoner nie ‘n belastingvoordeel vekry nie and daarom sal artikel 31(2) van die Wet nie van toepassing wees nie. Hierdie studie het egter ook bevind dat in die geval van nul toeskryfbaarheid en in sekere gevalle van gedeeltelike toeskryfbaaheid, die inwoner wel ‘n belastingvoordeel verkry en om daardie rede sal artikel 31(2) van die Wet wel van toepassing wees. Rakende die tweede navraag het die studie tot die gevolgtrekking gekom dat, in die geval van nul toeskryfbaarheid asook in sekere gevalle van gedeeltelike toeskryfbaarheid, die vereiste dat ‘n donasie gemaak moet word deur die inwoner vir artikel 7(8) van die Wet om van toepassing te wees, nie aan voldoen word nie. Om hierdie rede, sal artikel 7(8) van die Wet nie van toepassing wees waar artikel 31(2) van die Wet van toepassing is nie. Hierdie studie het tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie binnelandse ekonomiese dubbelbelasting sal wees aangaande die betrokke transaksie nie.

Description
Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2020.