Interdisciplinary perspectives on narcissistic personality traits of preachers in the South Korean context

Date
2020-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Preaching does not exclude the unique qualities of individual preachers, but rather actively reflects them. If a preacher suffers from problems that arise from his/her personality, the problems will also have an effect on the preaching. Since preaching is not just a transfer of knowledge, it is important for the preacher to have a relational authenticity with other elements of the preaching: God, the text, the congregation, and the preacher him/herself. Hence, focusing on the preacher’s narcissistic personality associated with this relational authenticity, this research hypothesizes that the preacher’s narcissistic personality or behavior has negative effects on the preaching. This research as an interdisciplinary study between psychology and homiletics for the understanding the preacher’s narcissistic issue in the South Korean context constitutes three parts. Firstly, the historical review of narcissism in three psychological fields - clinical theories, personality/society psychology, and psychiatry - is conducted for the comprehensive understanding of the concept of narcissism. Secondly, it examined some cultural factors that have considerable relevance to the preacher’s narcissistic issues in the South Korean context. Lastly, drawing on the perspective of Kohut’s self psychology and Cilliers’ understanding of preaching as a theological integration of the four voices – the voices of God, the text, the preacher, and the congregation – this research analyzed the (mainly negative) influences of a preacher’s narcissistic personality on the preaching.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Prediking sluit nie die unieke eienskappe van individuele predikers uit nie, maar weerspieël dit eerder aktief. Indien 'n prediker probleme ondervind wat vanuit sy/haar persoonlikheid afkomstig is, sal die probleme ook 'n invloed op die prediking hê. Aangesien prediking nie net 'n oordrag van kennis is nie, is dit belangrik dat die prediker relasionele egtheid handhaaf met betrekking tot ander elemente van die prediking: met God, die teks, die gemeente en die prediker self. As gevolg van die fokus op die narcistiese kwessies van die prediker, dui hierdie navorsing dus daarop dat die narcistiese persoonlikheid of gedrag van die prediker negatiewe gevolge vir die prediking inhou. Die navorsing, wat uit drie dele bestaan, behels 'n interdissiplinêre studie tussen sielkunde en homiletiek om die narcistiese aangeleentheid van die prediker in die Suid-Koreaanse konteks te verstaan. Die drie afdelings daarvan voorsien ‘n historiese oorsig van narcisme in drie psigologiese areas. Eerstens word die historiese oorsig van narcisme binne drie sielkundige terreine – kliniese teorieë, persoonlikheids-/ samelewingspsigologie en psigiatrie – onderneem vir ‘n omvattende begrip van die konsep van narcisme. Tweedens word 'n aantal kulturele faktore wat aansienlik relevant is vir die narcistiese kwessies van die prediker in die Suid-Koreaanse konteks ondersoek. Laastens word die (hoofsaaklik negatiewe) invloede van die narcistiese persoonlikheid van die prediker op die prediking aan die hand van Kohut se selfpsigologie en Cilliers se begrip van die prediking as 'n teologiese integrasie van vier stemme – van God, die teks, die prediker en die gemeente – geanaliseer.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Narcissism, Preaching -- Korea, UCTD
Citation