Goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word

Date
2018
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS
Abstract
Sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoerbedrywighede in nywerheidslande oor die wêreld heen en die vrymaking van internasionale handelspraktyke het dit nodig geword om ’n praktiese kennis van die tipe goederevervoertegnologie te hê wat kan help om die doelmatige en doeltreffende deelname in internasionale handel te ondersteun. In dié oorsigartikel word verslag gedoen oor die vernaamste bedryfs- en tegnologiese eienskappe van die goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word. Die fokus is in besonder op daardie aspekte wat die bedryf van internasionale goederevervoer onderskei van dié van plaaslike goederevervoer. Al vyf goederevervoermodusse word bespreek, te wete lug-, pad-, spoor-, pypleiding- en skeepsvervoer. Voortspruitend uit die navorsing word aanbevelings gemaak om die doelmatigheid en doeltreffendheid van goederevervoer tussen Suid-Afrika en ander lande te help verbeter.
Description
CITATION: Pienaar, W. J. 2018. Goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 37(1):1-9.
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za
Keywords
International trade, Choice of transportation, International transit, Commercial products -- Transportation
Citation
Pienaar, W. J. 2018. Goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 37(1):1-9