Onderwyserperspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig- en leerbenadering tot taalonderrig vir die 21ste-eeuse leerder

Date
2019-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : The focus of this study is on the perspectives of language teachers on the use of blended learning approaches, regarding the teaching of the current 21st century learner. The three core considerations that guide this study firstly refer to the significant role that the teacher’s perspective plays on educational reform efforts, secondly on blended learning as a teaching and learning strategy for language teaching and thirdly, the consideration of 21st century learner’s needs within the context of the current educational landscape. New technologies can be regarded as synonymous with future-oriented education and with the technological advances that are so characteristic of the 21st century, it is necessary to redesign and transform the way people learn. Within the contextual framework of the 21st century classroom, it should be noted that technology is part of today's learner's overall frame of reference. This changing educational landscape urges the teacher to have an innovative disposition with regard to teaching and learning, and to explore ways in which technology can be integrated meaningfully within the curriculum framework and combined with the most valued features of traditional learning experiences to ultimately transform the language classroom in terms of the nature and quality of the educational experience. Given the crucial role of teachers’ perspectives in ensuring successful and meaningful implementation of innovative teaching and learning approaches, the researcher investigated the perspectives of eight language educators through the lens of an interpretivist case study approach. These language educators are currently using blended learning approaches within the parameters of existing national curriculum. The insights gained from the semi-structured interviews and focus group interview, were analyzed according to a content analysis approach, to ultimately answer the main research question of this study, namely: "What perspectives do language teachers have concerning the use of blended learning methods in their classrooms?" The researcher also used quantitative data analysis methods to determine the perspectives of the 21st-century learner, taught by these language teachers. The result is a detailed description of the lived experiences of teachers and learners of blended learning integration in the language classroom. The study found that there are divergent factors which influence the teacher’s perspective. Teachers may maintain a positive attitude towards the integration of learning technology in language teaching, but considerations such as contextual factors related to the practical implementation of blended learning, limited knowledge of the pedagogical principles that are foundational to blended learning approaches and the rebate of teacher involvement during planning and implementation phases of educational reform efforts, are ultimately strong determinants for teachers' classroom practices. This study also makes recommendations firstly with regard to bridging contextual factors that bask in blended learning implementation, secondly with regard to modifying blended learning integration policies to enhance teacher engagement and build pedagogical knowledge on innovative teaching methods, and thirdly with regard to the design of general planning framework that can be used by teachers during lesson planning to ensure meaningful technology integration. The study contributes to educational research by establishing the teacher’s perspective as an important consideration for successful educational reform movements. The study also makes an important contribution to the adoption of technology-driven educational practices in the local South African context.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die fokus van hierdie studie is op die perspektiewe wat taalonderwysers oor die gebruik van vervlegte-leerbenaderings het aangaande die onderrig van die hedendaagse 21ste-eeuse leerder. Die drie kernoorwegings wat hierdie studie rig, is eerstens die beduidende rol wat onderwysers se perspektiewe vertolk met betrekking tot opvoedkundige hervormingspogings, vervlegte leer as onderrig- en leerstrategie tot taalonderrig en die oorweging van die 21ste-eeuse leerder se behoeftes binne die konteks van die opvoedkundige landskap. Nuwe tegnologieë kan as sinoniem met toekomsgerigte onderwys beskou word. Met die tegnologiese vooruitgang wat so kenmerkend van die 21ste eeu is, ontstaan die noodsaaklikheid om die manier waarop mense leer, te herontwerp en te transformeer. Binne die kontekstuele raamwerk van die 21ste-eeuse klaskamer, moet daar in ag geneem word dat tegnologie deel vorm van die hedendaagse leerder se verwysingsraamwerk. Hierdie veranderende opvoedkundige landskap noop die onderwyser om vernuwend na onderrig en leer te kyk en strategieë te ondersoek hoe tegnologie op ’n sinvolle wyse binne die kurrikulumraamwerk geïntegreer kan word sonder om die eienskappe van tradisionele leerervarings te ignoreer. Die doel is om uiteindelik ’n transformerende impak, met betrekking tot die aard en kwaliteit van die opvoedkundige ervaring, in die taalklas te bewerkstellig. Gegewe die deurslaggewende rol wat onderwysers se perspektiewe speel ter verwesenliking van die suksesvolle en sinvolle implementering van vernuwende onderrig- en leerbenaderings, het die navorser deur middel van ’n interpretivistiese-gevallestudiebenadering die perspektiewe van agt taalopvoeders, wat tans vervlegte-leerbenaderings binne die bestaande nasionale kurrikulum integreer, ondersoek. Die insigte wat deur semigestruktureerde onderhoude en ’n fokusgroeponderhoud verkry is, is volgens ’n inhoudsanalise-benadering ontleed om uiteindelik die hoofnavorsingsvraag van hierdie studie te beantwoord, naamlik: “Watter perspektiewe huldig taalonderwysers oor die gebruik van vervlegte-leermetodes in hulle klaskamers?” Die navorser het ook kwantitatiewe data-analisemetodes gebruik om die perspektiewe van die 21ste-eeuse leerder, wat deur die betrokke taalonderwysers onderrig word, by die bevindinge van hierdie studie in te sluit. Die resultaat is ’n breedvoerige beskrywing van die geleefde ervarings van vervlegte-leerintegrasie in die taalonderrigruimte binne ’n plaaslike opvoedkundige landskap. Die studie het bevind dat daar uiteenlopende faktore bestaan wat ’n beduidende invloed op onderwysers se perspektiewe uitoefen. Onderwysers mag ’n positiewe ingesteldheid teenoor die verwelkoming en gebruik van tegnologie in die taalonderrigruimte huldig, maar oorwegings soos kontekstuele faktore met betrekking tot die praktiese implementering van vervlegte-leerbenaderings, beperkte kennis aangaande die pedagogiese beginsels wat vervlegte leer rugsteun en die redusering van onderwyserbetrokkenheid gedurende beplanning- en implementeringsfases van opvoedkundige hervormingspogings, is uiteindelik sterk determineerders vir onderwysers se klaskamerpraktyke. Uit hierdie studie word dan aanbevelings eerstens gemaak ten opsigte van die oorbrugging van kontekstuele faktore wat vervlegte-leerimplementering benadeel, tweedens ten opsigte van wysigings van beleid wat betref vervlegte-leerintegrasie ten einde onderwyserbetrokkenheid te verhoog en pedagogiese kennis aangaande vernuwende onderrigmetodes te versterk, en derdens, ten opsigte van die ontwikkeling van ’n algemene beplanningsraamwerk wat deur onderwysers gebruik kan word tydens die opstel van lesplanne om sinvolle tegnologie-integrasie te verseker. Die studie lewer ’n bydrae tot opvoedkundige navorsing deurdat onderwysers se perspektiewe as belangrike oorweging ter suksesvolle opvoedkundige hervormingsbewegings, gevestig word. Die studie lewer ook ’n belangrike bydrae ten opsigte van die aanvaarding van tegnologie-gedrewe opvoedkundige praktyke in die plaaslike Suid-Afrikaanse konteks.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Linguistics -- Study and teaching (Higher) -- Curricula, Blended learning, Language teachers -- Attitudes, Twenty-first century, UCTD
Citation