'n Genealogiese analise van 'n enkele familie as verteenwoordiging van ’n kultuurgroep : 'n ondersoek na nuwe perspektiewe

Date
2019-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The study deals with the two Spies progenitors, Johannes Ulrich Spies and Philip Peeter Spies, and their descendants. It starts at their home in Germany, discusses the motives why they came to the Cape and their settlement at the Cape. Their years of being strangers in a foreign colony are followed by the years of citizenship, when they married and raised children. It concludes with the reasons why some branches of the family moved to the interior and other branches stayed behind at the Cape. Shortly before many members of the family moved away from the Cape, a third progenitor, the slave Mentoor and his family arrived from Mozambique. Throughout this research the history of the Spies family is outlined against the background of national and international events. Triangulation is used as research methodology: archival documents are investigated together with published sources, the findings and opinions of Afrikaans historians are compared to those of English historians, and source material in Afrikaans, Dutch, German and English is used.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie handel oor die twee Spies-stamvaders, Johannes Ulrich Spies en Philip Peeter Spies, en hulle nakomelinge. Dit begin by hulle tuiste in Duitsland, die motiewe waarom hulle na die Kaap gekom het en hulle vestiging aan die Kaap. Hulle jare van vreemdelingskap word gevolg deur jare van burgerskap, waartydens hulle getroud is en kinders gekry het. Dit eindig by die redes waarom sommige takke van die familie na die binneland getrek en ander takke in die Kaap agtergebly het. Kort voordat sommige lede van die familie uit die Kaap getrek het, kom ’n derde stamvader, die slaaf, Mentoor, vanaf Mosambiek in die Kaap aan. Die geskiedenis van die Spies-familie word deurgaans teen die agtergrond van nasionale en internasionale gebeurtenisse geskets. Die navorsingsmetodiek maak gebruik van die sogenaamde “meervoudige benadering”: argivale dokumente word gebruik saam met gepubliseerde bronne, die standpunte van Afrikaanse geskiedskrywers word vergelyk met Engelse geskiedskrywers en daar word gebruik gemaak van bronmateriaal in Afrikaans, Duits, Engels en Nederlands.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Spies family -- Genealogy, Spies family -- History, Family histories, Triangulation as research methodology, UCTD
Citation