Towards an approach to environmental ethics responsive to environmental challenges on the slopes of Mount Kilimanjaro

Date
2019-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The main purpose of the research for this dissertation has been to determine an approach to environmental ethics that could help resolve environmental challenges experienced today by people living on the slopes of Mount Kilimanjaro. This research goal was motivated by the fact that many of the hitherto developed environmental ethics approaches fall short when called upon to provide guidance on how to resolve some of the environmental challenges experienced on the slopes of this mountain. In this regard, I demonstrate why this applies to some western approaches to environmental ethics, as well as certain efforts to base an indigenous environmental ethics on traditional African values. I also show that Norton’s process guidelines, which proceed from environmental pragmatism and the philosophy of adaptive management, provide a clue to how to effectively address the environmental challenges. Using Norton’s guidelines, I show that the challenges identified on the slopes of Mount Kilimanjaro are down to two underlining causes. The first one is the lack of full involvement of the local people in matters regarding environmental management on the mountain slopes. The second one, which is closely related to the first, is the loss of the sense of pride and ownership, and hence the loss of sense of place values among the people living on the mountain slopes. I argue that Norton’s process proposal is a tool that could help to address the two problems mentioned above; thus I propose some context-specific strategies that could help to concretise Norton’s process proposal. I argue that proper implementation of Norton’s process proposal implies full involvement of all stakeholders in all matters regarding environmental management on the mountain slopes, and that ongoing debates, reiterative dialogues, information gathering, and revision of goals, all of which are important aspects of process ethics, form the core of this. In short: I develop a proposal for an environmental ethics in which full involvement of all stakeholders, including the villagers, in matters regarding environmental management, stands central, with the aim of restoring the sense of pride and ownership of the mountain and its forests and, consequently, the sense of place values among the people living on the slopes of Mount Kilimanjaro.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoel van die ondersoek vir hierdie proefskrif was om ‘n benadering tot omgewingsetiek te formuleer wat kan help om die omgewingsprobleme op te los wat ervaar word deur die mense wat op die hange van Berg Kilimanjaro woon. Die motivering vir hierdie navorsingsdoelwit is geleë in die feit dat die benaderings tot omgewingsetiek wat tot op hede ontwikkel is, tekort skiet wanneer dit daarby kom om riglyne te verskaf om die omgewingsuitdagings op te los wat ervaar word teen die hange van hierdie berg. Ek demonstreer waarom hierdie kritiek van toepassing is op sommige westerse benaderings tot omgewingsetiek, maar ook op sekere pogings om ‘n inheemse omgewingsetiek op tradisionele Afrika-waardes te basseer. Ek toon ook aan dat die prosesriglyne wat Norton bied, wat uitgaan vanaf omgewingspragmatisme en die filosofie van aanpassingsbestuur, ‘n rigting aandui vir hoe hierdie omgewingsprobleme doelgerig aangespreek kan word. Deur gebruik te maak van Norton se riglyne toon ek aan dat die probleme wat teen die hange van Berg Kilimanjaro voorkom, toegeskryf kan word aan twee onderliggende faktore. Die eerste een is die gebrek aan volle deelname van plaaslike inwoners in sake wat betrekking het op omgewingsbestuur teen die berghange. Ten tweede, en dit hou nou verband met die eerste, is daar die verlies van ‘n gevoel van trots en eienaarskap, en daarom ook die verlies van ‘n sin vir plek-waardes onder die mense wat teen die berghange woon. Ek argumenteer dat Norton se prosesvoorstel ‘n instrument bied wat kan help om die boegenoemde twee probleme aan te spreek, en gevolglik stel ek sekere konteks-spesifieke strategieë voor wat kan help om Norton se prosesvoorstel konkreet te maak. Ek argumenteer dat ‘n behoorlike implementering van Norton se prosesvoorstel die volle deelname impliseer van alle belanghebbendes in alle sake rakende omgewingsbestuur teen die hange van die berg, dat dit spesifiek die deelname van die plaaslike gemeenskap moet behels, en dat voortgaande debatvoering, herhalende dialoë, inligtingsversameling, en die hersiening van doelwitte, wat almal belangrike aspekte is van ‘n proses-etiek, tot die kern hiervan behoort. Kortom: ek ontwikkel ‘n voorstel vir ‘n omgewingsetiek waarin ‘n proses van volle deelname in omgewingsbestuur, waarby die plaaslike gemeenskap ingesluit is, sentraal staan, met as doelwit dat ‘n gevoel van trots op en eienaarskap van die berg en sy woude, en gevolglik ook ‘n sin vir plekwaardes, herstel kan word onder die mense wat teen die hange van Berg Kilimanjaro woon.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Environmental ethics, Applied ethics, Kilimanjaro, Chagga, African environmental ethics, Adaptive management, UCTD
Citation