Aweregs : die rustelose lewe van Ben Viljoen 1868-1917

Date
2018-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis is a critical interpretative biography of Barend (later Benjamin) Johannes Viljoen, who was born in Thembuland, South Africa in 1868 and died in New Mexico, USA in 1917 at the age of 48 from natural causes. After his arrival at the age of eighteen in the South African Republic as a the eldest son of a poor migrant farming family, Ben Viljoen rose within twelve years from an ordinary policeman to a journalist, newspaper owner, commandant of the Johannesburg commando and member of the Tweede Volksraad (Second House of Assembly) for the Johannesburg constituency. During the Anglo-Boer War he participated in numerous engagements and was promoted to general and assistant commandant-general of the Transvaal forces. He was captured at the beginning of 1902 and banished to St. Helena. Following several unsuccessful attempts to establish himself in the Transvaal Colony after the war, Viljoen was the co-organiser of and a participant in the Boer War Spectacle at the 1904 St. Louis World’s Fair. Afterwards he remained in the USA and married an American woman even before his divorce in South Africa was finalised. After an unsuccessful attempt by him and “general” Willem Snyman to establish a Boer colony in northern Mexico, Viljoen and other Afrikaners settled at the end of 1905 in the southwestern American state of New Mexico where they became successful alfalfa farmers. Here Viljoen played an active role in the local community life and state politics. During the Mexican revolution in 1911 he acted as a military adviser to the revolutionary leader (and later Mexican president) Francisco Madero, who afterwards appointed him as peace commissioner to the Yaqui Indians of Mexico. After a short appointment as a Mexican consul in Germany he was involved in several filibustering attempts in northern Mexico with prominent American capitalists. This thesis is based on extensive primary research in South Africa, the Netherlands, Britain, Mexico and the USA. It contributes to an understanding of the undercurrents in the ranks of the Afrikaners and Afrikaner nationalism during the first few years after the war. Considered as a whole this biography of Ben Viljoen is a re-evaluation of the prevailing notions of how the Boer leaders adapted to the post-war dispensation. It also examines the strategies that Viljoen used to establish and further himself in the South African Republic, Mexico and the USA. By examining Viljoen’s life and the influences that formed him, this thesis seeks to throw more light on that period and thus promote a nuanced understanding of the South African past.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif is ’n kritiese vertolkende biografie van Barend (later Benjamin) Johannes Viljoen, wat in 1868 in Temboeland, Suid-Afrika gebore is en in 1917 in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko op 48-jarige ouderdom aan natuurlike oorsake oorlede is. Ben Viljoen het ná sy aankoms as arm 18-jarige trekboerseun in die Zuid-Afrikaansche Republiek binne twaalf jaar van ’n gewone konstabel tot joernalis, koeranteienaar, kommandant van die Johannesburgse kommando en lid van die Tweede Volksraad vir die Johannesburg kiesafdeling geklim. Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy aan talle veldslae deelgeneem en is hy tot veggeneraal en assistent-kommandant-generaal van die Transvaalse magte bevorder. Aan die begin van 1902 is hy gevange geneem en na St. Helena verban. Ná verskeie onsuksesvolle pogings om hom ná die oorlog in die Transvaalkolonie te vestig, was Viljoen die mede-organiseerder van en ’n deelnemer aan die Boereoorlogskouspel by die 1904 St. Louis World’s Fair. Hierna het hy in die VSA agtergebly en met ’n Amerikaanse vrou getrou nog voor sy egskeiding in Suid-Afrika afgehandel was. Ná ’n onsuksesvolle poging van hom en “generaal” Willem Snyman om ’n Boerekolonie in die noorde van Mexiko tot stand te bring, het Viljoen en ander Afrikaners hulle aan die einde van 1905 in die suidwestelike Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko gevestig, waar hulle suksesvolle lusernboere geword het. Hier het Viljoen ook aktief deelgeneem aan die plaaslike gemeenskapslewe en staatspolitiek. In 1911 was hy tydens die Mexikaanse revolusie ’n militêre adviseur van die revolusionêre leier (en latere Mexikaanse president) Francisco Madero, wat hom daarna as vredeskommissaris onder die Yaqui Indiane van Mexiko aangestel het. Ná ’n kortstondige aanstelling as ’n Mexikaanse konsul in Duitsland het hy saam met prominente Amerikaanse kapitaliste by verskeie komplotte betrokke geraak om ’n Mexikaanse deelstaat te probeer verower, iets waarvoor hy in 1915 in Kalifornië gearresteer is. Hierdie proefskrif is gebaseer op uitgebreide primêre navorsing in Suid-Afrika, Nederland, Brittanje, Mexiko en die VSA. Dit dra daartoe by om die onderstrominge in Afrikanergeledere en Afrikanernasionalisme in die eerste paar jaar ná die oorlog te belig. In die geheel beskou is hierdie biografie van Ben Viljoen ’n herbeskouing van die heersende sienings oor hoe die Boereleiers by die naoorlogse bestel aangepas het. Dit ondersoek ook die strategieë wat Viljoen gebruik het om hom in die Zuid-Afrikaanse Republiek, Mexiko en die VSA te vestig en opgang in daardie lande te maak. Deur Viljoen se lewe en die invloede wat hom gevorm het, te ondersoek, poog hierdie proefskrif om meer lig op daardie tydperk te werp en sodoende ’n meer genuanseerde begrip van die Suid-Afrikaanse verlede te bevorder.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Viljoen, Ben J., 1868-1917, Generals -- South Africa -- Biography, Prisoners of war -- Great Britain -- Biography, South African War, 1899-1902 -- Prisoners and prisons, British, Afrikaners -- Biography, South Africa -- Politics and government -- 19th century
Citation