Application of lean tools in rolling stock procurement supply chain management

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The main aim of this research study was an investigation of applicable lean tools in rolling stock procurement supply chain management (SCM). Lean principles resonate from the manufacturing environment while rolling stock procurement SCM is a typical example of the non-manufacturing environment. Hence a variance in applicable tools is apparent. The case study of the research was studied and analysed. The procedure adopted for measurement and analysis of the case study (rolling stock procurement SCM) began with mapping the process areas. This was performed through a type of lean tool known as value stream mapping. After the SCM mapping, the lean waste in the SCM was identified through waste analysis. During analysis, it was discovered that the bidding process holds the highest area of waste. Following this finding, the bidding process was evaluated, upon which lean tools for waste reduction are prescribed. From the findings obtained in the measurement and analysis step, mapping of the future state was carried out. Based on the mapping of the future state of the supply chain, relevant performance metrics are recommended for a periodic check. Limitations, as well as assumptions encountered during the research study, are also discussed. The study conclusion is presented in the form of answers to the research questions. Some of the major waste discovered in the bidding process includes poor communication between bidding team and end user and difficulty in sourcing for potential suppliers. The recommendations put forward in this research project are to strategically reform the bidding process by making required changes to tender documents, standardising the procurement SCM process and improving the communication culture between suppliers and SCM.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoel van hierdie navorsingstudie was ʼn ondersoek na toepaslike vaartbelynde instrumente in die voorsieningskettingbestuur (VKB) van die verkryging van rollende materiaal. Vaartbelynde beginsels is van toepassing in die vervaardigingsomgewing. Die VKB van die verkryging van rollende materiaal kom tipies in die nievervaardigingsomgewing voor. ʼn Verskil in toepaslike instrumente is dus voor die hand liggend. Die gevallestudie van die navorsing is bestudeer en ontleed. Die prosedure wat gebruik is vir die meting en ontleding van die gevallestudie (VKB van die verkryging van rollende materiaal) het begin met kartering van die prosesomgewings. Dit is uitgevoer deur ʼn soort vaartbelynde instrument bekend as waardestroomkartering. Ná die VKB-kartering is vaartbelynde verspilling in die VKB deur verspillingsontleding geïdentifiseer. Tydens ontleding is ontdek dat die bieproses die grootste verspilling inhou. Op grond hiervan is die bieproses geëvalueer, en vaartbelynde instrumente vir die vermindering van verspilling word voorgeskryf. Op grond van die bevindinge wat uit die meting-en-ontledingstap verkry is, is kartering van toekomstige toestande uitgevoer. Op grond van die kartering van die toekomstige toestand van die voorsieningsketting word toepaslike prestasiemetrieke vir periodieke kontrole aanbeveel. Beperkings asook aannames wat in die navorsingstudie aan bod kom, word ook bespreek. Die gevolgtrekking van die studie word aangebied in die vorm van antwoorde op die navorsingsvrae. Voorbeelde van die meeste verspilling wat in die bieproses ontdek is, sluit in swak kommunikasie tussen die biespan en eindgebruiker en probleme om potensiële verskaffers te verkry. Die aanbeveling wat deur hierdie navorsingstudie gemaak word, is strategiese hervorming van die bieproses deur nodige veranderinge aan tenderdokumente te maak, die verkrygings-VKB-proses te standaardiseer, en die kommunikasiekultuur tussen verskaffers en die VKB te verbeter
Description
Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Lean manufacturing, UCTD, Supply chain management, Rolling stock -- Procurement
Citation