Management functions of frontline social workers supervising social auxiliary workers

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The need for social auxiliary workers originated from social workers not being able to cope with all the challenges associated with addressing the needs of the poor and vulnerable in South Africa. The purpose of social auxiliary workers is therefore to be assistants to social workers, helping social workers to effectively deliver services to those in need. Social auxiliary workers work under the supervision of social workers and never on their own. The social worker responsible for the supervision is not necessarily a supervisor on middle management level. For the purpose of this study, these social workers will be referred to as frontline social workers. The goal of this study is to obtain an understanding of how frontline social workers view their supervision of social auxiliary workers through the execution of the management functions. The study was undertaken to firstly provide an overview of social auxiliary work and secondly to explore the supervision of social auxiliary workers in terms of the execution of management functions. A qualitative research approach was utilised to explore social workers’ views on the supervision of social auxiliary workers in the execution of their management functions. The study made use of non-probability; snowball sampling and participants were recruited in their personal capacities. The social workers were all frontline workers, supervising social auxiliary workers in the Western Cape. The researcher used an interview schedule as data-gathering instrument. The findings confirmed that the supervision of social auxiliary workers is essential to ensure quality service delivery. Hence, the frontline social workers who are responsible for the supervision need proper training in supervision. It is recommended that an accredited training course be developed to equip social workers with the skills to supervise and manage social auxiliary workers. It is also recommended that need-specific training should be done on the four management functions essential for supervision and management of social auxiliary workers to ensure effective service delivery.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die behoefte aan maatskaplike hulpwerkers het ontstaan as gevolg van maatskaplike werkers wat vanweë al die uitdagings van hul beroep nie voldoende aandag kan skenk aan die nood van die armes en kwesbare mense in Suid-Afrika nie. Die doel van maatskaplike hulpwerkers is om as 'n assistent vir maatskaplike werkers te dien om doeltreffende dienslewering aan hulpbehoewendes te verseker. Maatskaplike hulpwerkers werk onder die supervisie van maatskaplike werkers en nooit op hul eie nie. Die maatskaplike werkers wat vir die supervisie verantwoordelik is, is nie noodwendig 'n supervisor op middelvlakbestuur nie. Daar word vir die doel van die studie na hierdie maatskaplike werkers as eerstelinie maatskaplike werkers verwys. Die doel van die studie is om 'n begrip te verkry van hoe eerstelinie maatskaplike werkers die supervisie van maatskaplike hulpwerkers ervaar ten opsigte van die uitvoer van hul bestuursfunksies. Die studie is onderneem om eerstens 'n oorsig van maatskaplike hulpwerk te verkry en tweedens die supervisie van maatskaplike hulpwerkers te verken met verwysing na hoe hulle deur maatskaplike werkers bestuur word. ‘n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gebruik om die maatskaplike werkers se beskouing van die supervisie van maatskaplike hulpwerkers deur die uitvoering van die bestuursfunksies te ondersoek. Die studie het van 'n nie-waarskynlike sneeubal-steekproef gebruik gemaak en die deelnemers is in hul persoonlike hoedanigheid gewerf. Die maatskaplike werkers is almal eerstelinie werkers wat supervisie aan maatskaplike hulpwerkers in die Wes-Kaap verskaf. Die navorser het van 'n onderhoudskedule as data-insamelingshulpmiddel gebruik gemaak. Die bevindinge bevestig dat die supervisie van maatskaplike hulpwerkers noodsaaklik is om dienslewering van gehalte te verseker. Dit is waarom eerstelinie maatskaplike werkers wat vir supervisie verantwoordelik is, behoorlike opleiding in supervisie nodig het. Daar word aanbeveel dat 'n geakkrediteerde opleidingskursus ontwikkel word om maatskaplike werkers met die vaardighede toe te rus om supervisie aan maatskaplike hulpwerkers te bied en hulle te bestuur. Daar word ook aanbeveel dat behoefte-spesifieke opleiding gebied word in die vier bestuursfunksies wat noodsaaklik is vir die supervisie en bestuur van maatskaplik hulpwerkers om doeltreffende dienslewering te verseker.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Social networks, Social workers, Social work -- Administration, Social service -- Management, Interorganizational relations, Intergroup relations, UCTD
Citation