Minimum vereistes vir professionele vertalers : vertaalvermoe volgens die teorie en in die praktyk

Date
2014-08
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Een van die beste metodes om die gehalte van ’n vertaalproduk te verseker, is om ’n geskikte vertaler vir ’n spesifieke vertaalopdrag te vind. Die vertaalberoep is egter ongereguleerd, wat beteken dat minimum vereistes vir vertalers nie gestandaardiseer is nie. Kliënte weet dus nie watter kriteria om toe te pas wanneer hulle ’n vertaler moet kies nie. In hierdie artikel stel ek ondersoek in na die minimum vereistes wat in die vertaalteorie aan vertalers gestel word deur ’n bespreking van die drie mees onlangse vertaalvermoëmodelle, naamlik die PACTE-, TransComp- en EMT-model. Ek identifiseer die minimum vereistes wat in die vertaalpraktyk deur drie professionele vertaalorganisasies, naamlik die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI), die American Translators Association (ATA) en die Chartered Institute of Linguists (CIOL) gestel word, en vergelyk die minimum vereistes wat in die drie kwaliteitstandaarde EN 15038, ASTM F2575 en ISO/TS 11669 gestel word. Vier van die vereistes wat in hierdie ondersoek geïdentifiseer is, is (i) aantal jaar ervaring as ’n voltydse taalpraktisyn, (ii) ’n kwalifikasie in vertaling, (iii) akkreditasie in vertaling by ’n professionele organisasie (soos SAVI), en (iv) die gebruik van ’n vertaalgeheueprogram. ’n Empiriese studie waarin 33 vertalers ’n geskiedenis-eksamenvraestel uit Engels in Afrikaans vertaal het, is by ’n hoëronderwysinstansie uitgevoer om te bepaal of daar ’n verband tussen hierdie vereistes en die gehalte van die vertaalprodukte is. Daar is ’n beduidende verband tussen die gehalte en slegs een vereiste gevind, naamlik die gebruik van ’n vertaalgeheueprogram. Die resultate toon egter ook dat voldoening aan net hierdie een vereiste nie noodwendig tot ’n vertaalproduk van hoë gehalte lei nie, maar dat die kliënt eerder ’n vertaler behoort te kies wat aan ’n kombinasie van hierdie vereistes voldoen en dan persoonlike verwysings kry met betrekking tot die gehalte van die vertaler se vorige vertalings in die spesifieke genre en taalkombinasie.
One of the best ways of ensuring the quality of a translation product is to find a translator who suits the specific translation task. The translation profession, however, is unregulated: no standardised minimum requirements have been set for translators: neither in translation theory nor in practice. Consequently, anyone who is bilingual may offer clients his or her services as a translator for a fee, irrespective of whether he or she has any experience of, or any qualification in, translation. Another consequence is that clients do not know which criteria to apply when choosing a translator, so eventually they often entrust the task to the person who quotes the lowest tariff. In this research article I seek, firstly, to identify the standards set for translators in the following spheres: (i) in translation theory, (ii) at three professional translation organisations and (iii) in three quality standards. Secondly, I conducted an empirical study on four of the requirements I had identified to determine whether there is a correlation between the quality of the translation product and these four requirements. The object of the empirical study, therefore, was to determine whether meeting the requirements may serve as a predictor of high-quality translation.
Description
CITATION: Van Rensburg, A. 2014. Minimum vereistes vir professionele vertalers : vertaalvermoe volgens die teorie en in die praktyk. LitNet Akademies, 11(2):553-595.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Translating and interpreting, South African Language Practitioners' Council, Translators -- South Africa
Citation
Van Rensburg, A. 2014. Minimum vereistes vir professionele vertalers : vertaalvermoe volgens die teorie en in die praktyk. LitNet Akademies, 11(2):553-595.