Van doekvoet na eendvoet : die vertaling van Afrikaanse romans in Frans

Date
2015-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Deur die eeue heen is en word vertalings van vertalings, of abbavertalings, gedoen, hoewel hierdie praktyk ongewens is en vertalers afgeraai word om vertalings te vertaal. Abbavertaling word meestal deur vertaalkenners geïgnoreer, tot so ’n mate dat daar nie eens ’n eenduidige term bestaan om daarna te verwys nie. Die ongewildheid van hierdie praktyk spruit hoofsaaklik uit die feit dat vertalings as flou weergawes van ’n bronteks geag word, en ’n vertaling van ’n vertaling is dus nog flouer. Verdere besware is dat foute van vertaling na vertaling oorgedra word, en dat ’n abbavertaler ’n bronteks moet vertaal wat reeds deur ’n ander vertaler geïnterpreteer en aangepas is vir ’n ander doelpubliek. Tog word abbavertalings steeds gedoen en ’n bestudering van die Franse vertalings van Suid-Afrikaanse romans toon dat die meerderheid Afrikaanse romans uit hulle Engelse vertalings in Frans vertaal word. Hierdie artikel is ’n ontleding van die verskynsel van abbavertaling en bied ’n kort oorsig oor die vertaling van Afrikaanse romans in Frans. Ten slotte word alternatiewe oorweeg om Afrikaanse romans in Frans te laat vertaal.
Description
CITATION: Steyn, J. 2015. Van doekvoet na eendvoet : die vertaling van Afrikaanse romans in Frans. LitNet Akademies, 12(1):106-130.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Translation, Translating and interpreting, Afrikaans language -- Translating into French, Afrikaans literature -- Translating into French, Piggyback translation
Citation
Steyn, J. 2015. Van doekvoet na eendvoet : die vertaling van Afrikaanse romans in Frans. LitNet Akademies, 12(1):106-130.