Lukan prophetic discourse and social conflict in early Roman Palestine

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation explores Luke’s theological perspective on social conflict in early Roman Palestine. It is argued that this theological perspective included a critique of the Judean elite, a theology on social cohesion, as well as proposed positive social patterns. The prophetic discourse of Luke during the Jerusalem ministry of Jesus serves as the primary textual data for the dissertation. The socio-scientific model of the influence of Roman imperialism on social conflict in early Roman Palestine is utilised as a heuristic tool to identify appropriate pericopes, and categorise ideological contrasts between the elite and non-elite in early Roman Palestine in these pericopes. Socio-rhetorical exegesis is applied to the selected pericopes to examine Luke’s critique of the Judean elite, and proposed theological perspective on social conflict. The Lukan discourse on the Last Supper serves as a template for Luke’s proposed solutions to social conflict. Findings include Luke’s indictment of Roman patronage, extractive economic policies, the use of the Temple for religious and cultural legitimisation, and the neglect of covenantal theology in the public sphere. It is proposed that Luke emphasised Abrahamic covenantal kinship as a theological basis to social cohesion. Concurrent social patterns include positive reciprocity, table fellowship and messianic servanthood. These patterns acted as mechanisms to establish contrast communities that embodied this alternate vision of society.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif ondersoek Lukas se teologiese siening op sosiale konflik in vroeë Romeinse Palestina. Dit word geargumenteer dat hierdie teologiese siening ’n kritiek ingesluit het op die Judese elite, ‘n teologie van sosiale samehorigheid, asook voorstelle van positiewe sosiale gedragskodes. Die profetiese diskoers van Lukas tydens die Jerusalem-bediening van Jesus dien as die primere tekstuele data vir die proefskrif. Die sosio-wetenskaplike model van die invloed van Romeinse imperialisme op sosiale konflik in vroeë Romeinse Palestina word gebruik as ’n heuristiese instrument om gepaste perikope te identifiseer, asook kontrasterende ideologiee tussen die elite en nie-elite in vroeë Romeinse Palestina in die gegewe perikope uit te wys. Sosio-rhetoriese exegese word gebruik om Lukas se kritiek van die Judese elite, en teologiese blik op sosiale konflik te ondersoek. Lukas se diskoers tydens die Laaste Maal dien as ’n platform vir Lukas se voorgestelde oplossings vir sosiale konflik. Bevindings sluit in Lukas se veroordeling van die Romeinse patronaat, die hierargiese ekonomiese beleid, die gebruik van die Tempel as godsdienstige en kulturele legitimering, en die gebrek van verbondsteologie in die publieke forum. Dit word hier geargumenteer dat Lukas Abrahamietiese verbondsverwantskap beklemtoon as ’n teologiese grondslag vir sosiale samehorigheid. Hierdie verbondsverwantskap word vervat in sosiale gedragskodes soos positiewe wederkerigheid, tafel-gemeenskap, en messianiese diens. Sulke gedragskodes het gehelp om kontras-gemeenskappe te vestig wat hierdie alternatiewe visie van gemeenskap kon verwesenlik.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Patron and client -- Palestine, Bible. Luke -- Criticism, interpretation, etc., Last Supper, UCTD
Citation