Research Articles (Afrikaans and Dutch)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Afrikaans and Dutch) by Subject "African languages -- Dictionaries, Polyglot"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemSurrogaatekwivalensie in tweetalige woordeboeke met spesifieke verwysing na zero-ekwivalensie in Afrikataalwoordeboeke(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2010-12) Gouws, Rufus H.; Prinsloo, Danie J.AFRIKAANSE OPSOMMING: Tweetalige woordeboeke word om die onttrekking van verskillende tipes inligting geraadpleeg. Die datatipe waaraan die gemiddelde en kundige gebruiker van tweetalige woordeboeke die grootste behoefte het en wat daarom die algemeenste teiken van woordeboekraadpleging is, is die vertaalekwivalente, dit is die doeltaalvorme wat vir ’n bepaalde brontaalvorm verskaf word. Die leksikograaf moet vir drie hooftipes ekwivalentverhoudinge voorsiening maak, te wete absolute ekwivalensie, gedeeltelike ekwivalensie en zero-ekwivalensie. Dit is veral gevalle van zeroekwivalensie wat leksikograwe voor die uitdaging stel om op verskillende maniere daarvoor voorsiening te maak dat die gebruikers ’n optimale onttrekking van inligting aan woordeboekartikels behaal. In hierdie artikel word gefokus op die aard en besondere omvang van zeroekwivalensie in die Afrikatale en word verskillende tipes surrogaatekwivalente en benaderingswyses onder die loep geneem. ’n Onderskeid word ook gemaak tussen verskillende vlakke van surrogaatekwivalensie. Die benadering is kontemplatief sowel as transformatief en die behoeftes van die teikengebruikers ten opsigte van teksresepsie en teksproduksie word vooropgestel.