Browsing by Author "Temmingh, Zorada"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie interpretasie van musiektekste(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1991) Temmingh, Zorada; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Music.AFRIKAANSE OPSMOMMING: Hierdie tesis kan beskryf word as "'n interpretasie van interpretasie in die musiekclomein". Daar word besin oor die uitvoerende musikus, die musikoloog, die komponis en die lu!~teraar as interpreteurs. Terselfdertyd word die volgende model vir die beskrywing van 'n musiekwerk se geskiedenis (van sender tot ontvanger) ontwikkel: oerteks > leesteks > speelteks > hoorteks Hierdie model, wat herinner aan 'n htrmeneutiese sirkel, bring mee dat die gebruik van die woord "teks" dus aansienlik uitgebrei word. Die interpretasie-aktiwiteit word dikwels en onjuis as die prerogatief van die uitvoerende musikus beskou. Hierdie tesis probeer om hierdie aktiwiteit in 'n juister perspektief te plaas, naamlik dat, soortgelyk aan die sender/ontvanger-gebeure in ander kunste, in musiek die sender (die komponis) se boodskap (die musiekteks) primer 'n interpretasie van die uiteindelike ontvanger (die luisteraar) meebring.