?n Historiese ondersoek na die ontwikkeling van landbou in Oudtshoorn en sy distrik, 1914 - 1980. Antoinette le Roux Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in Geskiedenis in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch Studieleier : Dr. Wessel Visser Kopiereg ? 2013 Universiteit van Stellenbosch Alle regte voorbehou ii Kopiereg ? 2013 Universiteit van Stellenbosch Alle regte voorbehou Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za iii OPSOMMING In hierdie studie word gekyk na die gevolge van die totale oorheersing van ?n baie suksesvolle landboubedryf in ?n afgebakende gebied, wat as gevolg van verskeie faktore in duie gestort het. In die Klein Karoo was so ?n bedryf die volstruisboerdery, waar ongekende ho? pryse vir volstruisvere tot 1914 behaal is waarna die prys geval het en die boerdery ?gemeenskap in ellende gedompel is. Die studie konsentreer op die herbopbou van die landbou in die Oudtshoorn-distrik en op die maniere waarop die boere gedwing is om innoverend te dink om te oorleef. Die fokus van die boere het weggeskuif van die produksie van volstruisvere en hulle het teruggekeer na die produksie van beproefde landbougewasse. Daar is nuut gedink oor hoe om hierdie gewasse meer effektief en meer lewensvatbaar te produseer. Nuwe produkte is beproef en met die terugkeer van die volstruis as bemarkbare kommoditeit is op die verwerking van die hele volstruis gekonsentreer en nie net op die vere nie. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za iv SUMMARY In this study the effects of the total domination of a very successful agricultural industry in a defined area, which has collapsed as a result of various factors, will be looked at. In the Klein Karoo unprecedented high prices were obtained for ostrich feathers up till 1914 and when the price fell, the farming community was plunged into misery. The study focuses on the re- development of the agriculture in the Oudtshoorn district and the ways in which farmers were forced to think innovatively to survive. The focus of the farmers had to move away from the production of ostrich feathers and they had to return to the production of proven agricultural crops. There had to be some new thinking on how to make the production of these crops efficiently and economically more viable. New products were tried and tested and with the return of the ostrich as a marketable commodity the farmers concentrated on the processing of the whole ostrich and not just the feathers. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za v ERKENNINGS My dank aan die volgende persone en instansies waarsonder ek hierdie studie nie kon voltooi het nie: 1. My studieleier, dr. Wessel Visser. 2. Hilda Boshoff en die personeel van die C P Nel-museum in Oudtshoorn. 3. John Matthews vir sy kennis en talle bronne, wat hy tot my beskikking gestel het. 4. Pieter le Roux, my man en ?n volstruisboer, wat my deurentyd bygestaan het met die nodige kennis oor die studie-veld en -verwysingsraamwerk. 5. Mimi Seyfert en die personeel van die Kosie Gericke- biblioteek en argief. 6. My vier kinders vir hulle aanmoediging en hulp. 7. Al die inwoners en oud-inwoners van die Klein Karoo wat my entoesiasme oor die streek deel en hul kennis met my gedeel het. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za vi INHOUDSOPGAWE Verklaring ..??????????????????????????????... ii Opsomming ??????????????????????????????..... iii Summary ?..?????????????????????????????... iv Erkennings ??????????????????????????????..... v Lys van tabelle ??????????????..????????????????? ix Lys van figure ???????????????????????????????. x HOOFSTUK 1: GEOGRAFIESE AGTERGROND EN KLIMAATSFAKTORE 1 1.1 Inleiding 1 1.2 Fokus van die studie 4 1.3 Metodiek en navorsingsbronne 9 1.4 Geografiese agtergrond en klimaatsfaktore van die Klein Karoo wat ?n bepalende rol in die landbou van die streek speel??????????????????????.. 9 1.4.1 Topografie ?????????????????????????????. 9 1.4.2 Re?nval ??????????????????????????????.. 13 1.4.3 Water ???????????????????????????????.. 17 1.4.4 Die bou van die Kamanassie-dam ???????????????????. 20 1.4.5 Ander damme ???????????????????????????? 21 1.4.6 Die bou van die Raubenheimer-dam ?????????????????? 21 1.4.7 Temperatuur ????????????????????????????.. 23 1.4.8 Wind ???????????????????????????????? 25 1.4.9 Grondsamestelling ?????????????????????????... 25 1.4.10 Natuurlike plantegroei ????????????????????????.. 27 1.4.11 Samevatting .????????????????????????????. 30 HOOFSTUK 2: DIE ONTSTAAN EN UITBREIDING VAN VOLSTRUISBOERDERY???. 31 2.1 Inleiding ???????????????????????????????.......... 31 2.2 Die oorsprong van volstruisboedery in die Klein Karoo ????????????? 32 2.3 Die veredeling van volstruisboerderymetodes ?????????????????. 34 2.4 Die tydperk van 1914 tot 1945 ???????????????????????? 42 2.5 Die volstruisbedryf na die Tweede W?reldoorlog ???????????????? 53 2.6 Samevatting ???????????????????????????????? 55 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za vii HOOFSTUK 3: TABAK ? GEWAS VAN STABILITEIT ???????????????? 56 3.1 Die ontstaan en groei van tabakverbouing in die Oudtshoorn-distrik ???????. 56 3.2 Die verbouing van tabak ??????????????????????????. 59 3.3 Die oprigting van tabakfabrieke in Oudtshoorn ???????????????? 63 3.4 Ko?peratiewe verbouing en bemarking van tabak ???????????????. 63 3.5 Arbeid ??????????????????????????????????. 77 3.6 Samevatting ??????????????????????????????? 80 HOOFSTUK 4: KO?PERATIEWE VOORUITGANG: DIE STIGTING EN GROEI VAN DIE KLEIN KAROO LANDBOUKO?PERASIE, 1945-1980 ????????????????. 82 4.1 Inleiding ?????????????????????????..???????... 82 4.2 Lusernsaad ????????????????????...??????????? 86 4.3 Groentesaad ???????????????????????????????. 88 4.4 Ko?peratiewe verbouing en bemarking van tabak ???????????????. 89 4.5 Volstruisvelle en bemarkingsprobleme ?...??????????????????. 93 4.6 Volstruiskarkasse ?????????????????????????????. 97 4.7 Kontroversie oor die werkwyse van die KKLK ????????????????? 100 4.8 Samevatting ???????????????????????????????... 105 HOOFSTUK 5: WINGERD EN WYN, ?N WINSGEWENDE LANDBOU-VERTAKKING VAN DIE OUDTSHOORN-DISTRIK ??????????????????????????... 107 5.1 Inleiding ?????????????????????????????????. 107 5.2 Geografie en grondfaktore ?????????????????????????.. 107 5.3 Die aanvang van wingerdverbouing in die Oudtshoorn-distrik ?????????? 108 5.4 Die ontstaan van Privaat kelders ??????????????????????.. 112 5.4.1 Excelsior ?????????????????????????????... 112 5.4.2 Mons Ruber ????????????????????????????. 115 5.4.3 Grundheim ???????????????????????????? 118 5.4.4 Domein Koornkraal ?????????????????????????. 120 5.4.5 Boplaas en Die Krans ???????????????????????? 122 5.5 Die invloed van die KWV op die wingerd en wynbou in die Klein Karoo ?????? 125 5.6 Uniewyn ?????????????????????????????????. 127 5.7 Ko?peratiewe bemarking ?????????????????????????? 127 5.7.1 Kango Tabak- en Wynko?perasie ??????????????????? 127 5.7.2 Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelder ?????????????????? 128 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za viii 5.8 Samevatting ??????????????????????????????? 129 HOOFSTUK 6: GEMENGDE BOERDERY: DIE DEURLOPENDE REDDING VAN DIE OUDTSHOORN-DISTRIK ???????????????????????????? 133 6.1 Inleiding ?????????????????????????????????.. 132 6.2 Landbouvoorligting ????????????????????????????.. 134 6.3 Landbou-toerisme ????????????????????????????? 136 6.4 Die Suiwelbedryf ?????????????????????????????.. 141 6.5 Sagte- en sitrusvrugte en waatlemoene ???????????????????.. 147 6.6 Heuning ????????????????????????????????.. 150 6.7 Graan en Katoen ?????????????????????????????.. 151 6.8 Neute ??????????????????????????????????. 154 6.9 Veeboerdery, uitgesonder volstruise ????????????????????? 155 6.10 Lusernsaad en ? hooi ??????????????????????????. 156 6.11 Arbeiders ???????????????????????????????? 158 6.11.1 Blanke Bywoners ??.??????????????????????? 158 6.11.2 Bruin arbeiders ??????????????????????????? 160 6.12 Samevatting ???????????????????????????????.. 164 HOOFSTUK 7: GEVOLGTREKKING ???????????????????????. 166 Bronne ????????????????????????????????????... 173 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za ix LYS VAN TABELLE Tabel 1.1: Die waterpotensiaal an die Olifantsriviervallei, in die Oudtshoorn-distrik 23 Tabel 1.2: Benutte grondoppervlakte in die Oudtshoorn-Landdrosdistrik, 1970/1975 26 Tabel 2.1: Oppervlakte bewerkte grond en weiveld 32 Tabel 2.2: Sensusstatistieke oor volstruisgetalle in Suid-Afrika 42 Tabel 2.3: Die hoeveelhede en waarde van volstruisvere wat deur die Unie van Suid-Afrika van 1903 tot 1917 uitgevoer is 47 Tabel 2.4: Die hoeveelhede en waarde van volstruisvere wat deur die Unie van Suid-Afrika van 1918 tot 1919 uitgevoer is 47 Tabel 2.5: Aantal volstruise in Suid-Afrika in 1913, voor dei val van die veremark en in 1916 na die val van die veremark 48 Tabel 2.6: Insolvensies in Oudtshoorn en in die Unie van Suid-Afrika 48 Tabel 2.7: Hoeveelheid, en waarde van volstruisvere uitgevoer deur Kaapse hawens, 1912- 1917 49 Tabel 2.8: Moontlike getal plase waar volstruise teen 30 Junie 1916 nog aangehou is 49 Tabel 3.1: Tabel van wisselboumetodes in die Rustenburg-distrik 60 Tabel 3.2: Gemiddelde gewig Virginiese tabak per produsent aan Ko?perasies afgelewer, 1941-1959 74 Tabel 4.1: Pryse per pond vere 91 Tabel 4.2: Hoeveelhede en waarde van volstruisprodukte wat deur die Klein-Karoo landbouko?perasie Bpk., Oudtshoorn van 1958 tot 1962 hanteer is 100 Tabel 5.1: Uitbreiding van wynbou 108 Tabel 6.1: Oudtshoorn se bevolking 164 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za x LYS VAN FIGURE Figuur 1.1: ?n Kaart van die Oudtshoorn-distrik 7 Figuur 1.2: ?n Reli?fkaart van die Oudtshoorn-distrik 8 Figuur 1.3: Gemiddelde re?nval- en termperatuurpatroon vir Oudtshoorn 15 Figuur 2.1 Swart gekartelde langstof en wit mannetjiepluime van S D P le Roux, Oudemuragie, distrik De Rust 40 Figuur 2.2 P M le Roux, by ?n bos mannetjie witpluime wat in 2012 reeds 35 jaar oud was 41 Figuur 3.1: ?n Tipiese toneel op ?n tabakplaas in die Oudtshoorn-distrik 62 Figuur 3.2: ?n Voorbeeld van Spies-tabakprodukte 67 Figuur 3.3: Skousertifikate van A L Matthews: 1919 en 1925 71 Figuur 3.4: ?n Tabaksakkie van die Matthews-tabakfabriek 72 Figuur 3.5: ?n Illustrasie uit 1975 aangaande die draai van roltabak 79 Figuur 4.1: ?n Vereveiling in 1950 90 Figuur 4.2: Volstruisleerhandsakke 95 Figuur 5.1: Foto?s van John Schoeman en sy nageslag se wynkelder wat steeds in 2012 gebruik word en dokumente van vorige transaksies 113 Figuur 5.2: Korrespondensie met The Friend, ?n Bloemfonteinse koerant 114 Figuur 5.3: Wynbotteletikette van Excelsior 114 Figuur 5.4: Bladsye uit Danie Grundling se wynvoorraadboek 119 Figuur 5.5: Danie Grundling by sy kelder en verkoopspunt, Grundheim 120 Figuur 6.1: Markverslag in Februarie 1930 133 Figuur 6.2: Welgeluk, distrik Oudtshoorn: sandsteen volstruishuis, gebou in 1910 140 Figuur 6.3: Die eerste primitiewe pawiljoen op Safari, waar besoekers kon sit om na die volstruiswedren (?derby?) te kyk 140 Figuur 6.4: Die eerste gebou van Safari, wat soos die hoof ontvangslokaal op Skukuza in die Kruger Wildtuin gelyk het in die Kruger Wildtuin gelyk het 141 Figuur 6.5: Etikette vir die roomkanne wat per spoor vervoer is 144 Figuur 6.6: Bladsy uit Ockie Olivier se telerstamboek, 3 Mei 1956 145 Figuur 6.7: Sterimelkbottel, wat teen 2012 nog beskikbaar is 147 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 1 1 HOOFSTUK 1 GEOGRAFIESE AGTERGROND EN KLIMAATSFAKTORE VAN DIE KLEIN KAROO WAT ?N BEPALENDE ROL IN DIE LANDBOU VAN DIE STREEK SPEEL 1.1 INLEIDING Kwesbaarheid ? dit is wat die val van die volstruisveremark die landbougemeenskap van Oudtshoorn en sy direkte distrik geleer het. Diversifikasie in die landbou skep dalk nie so vinnig rykdom nie, maar voorsien op die lange duur ?n buffer teen daardie kwesbaarheid. Alhoewel baie Klein Karoo- boere altyd gemengde boerdery toegepas het, was die aanloklikheid van die uiters ho? vereprys die hoofoorsaak vir die fanatiese aankoop van en toespitsing op die volstruis voor 1914. Kwesbaarheid was nog altyd deel van die landbou van die Klein Karoo. As die verhale van ?n boorling-skryfster, Pauline Smith, bestudeer word, kom hierdie kwesbaarheid deurentyd na vore.1 Veral in die jare voordat besproeiingsdamme en kanale watervoorsiening vergemaklik het, was waterskaarste of wateroorvloed van die grootste nadele vir die landbou van die streek. Studies soos di? van Andr? Appel werp lig op die landbouprobleme wat reeds in die 19e eeu bestaan het.2 Die werk van Leipold en Melck konsentreer op die groei van Oudtshoorn en die wyse waarop probleme oorkom is. Hierdie studie ondersoek die faktore wat die Oudtshoorn ?landboudistrik gehelp het om ten spyte van die kwesbaarheid ?n suksesvolle landboustreek teen 1980 te word.3 Daar was van die laat 1960?s tot diep in die 1980?s baie welvarende boere in Oudtshoorn se distrik. Die dorp het gebloei en dit was hoofsaaklik omdat dit met die boere goed gegaan het. Daar was wel bydraende groeifaktore soos twee onderwyskolleges, ?n weermagbasis, ?n polisie-kollege, asook goeie skole. P O Le Roux se studie oor opvoeding in Oudtshoorn4 en die kwarteeu-uitgawe van die Opleidingskollege in Oudtshoorn5, asook N Sieberhagen se verhandeling brei uit oor hierdie aspekte.6 Tydens die tydperk van nasionale diensplig vir jongmans na matriek was Oudtshoorn bekend vir sy weermagbasis, die Infanterieskool, wat steeds daar gevestig is. Soos 1P Smith, The Little Karoo and other stories, Jonathan Cape, London, 1925. 2A Appel, Die distrik Oudtshoorn tot die tagtigerjare van die 19e eeu: ?n sosio-ekonomiese studie, Die Staatsdrukker, Pretoria, 1988. 3 M Leibold en A P Melck, Ondersoek na die ekonomiese groeipotensiaal van Oudtshoorn, Buro vir Ekonomiese Ondersoek, Stellenbosch, 1980. 4 P O le Roux, Opvoedingstoestande in Oudtshoorn(Ongepubliseerde M.A. ?verhandeling, Universiteit van Stellenbosch, Oktober 1942). 5Anon., Oudtshoorn Opleidingskollege ? kwarteeu-uitgawe, Bowles Drukkers, Oudtshoorn,1950. 6N Sieberhagen, Die Plattelandse skool in Oudtshoorn (Ongepubliseerde Doktorale-proefskrif , Universiteit van Stellenbosch,1948). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 2 2 reeds genoem, was daar twee onderwysers-opleidingskolleges (bestaan tans nie meer nie) in Oudtshoorn, een vir die bruin en een vir die wit gemeenskap. Daar was drie voormalige blanke ho?rskole wat aan diverse behoeftes voorsien het, naamlik ?n gewone akademiese een, ?n handelskool, en ?n tegniese ho?rskool, asook twee hoofsaaklik bruin en een hoofsaaklik swart ho?rskool. Hierdie skole het nie net Oudtshoorn en die distrik bedien nie, maar ook die Groot Karoo en omstreke. Hierdie opleidingsinrigtings het grotendeels bygedra tot die verbetering van die opvoedingspeil van die inwoners van die streek en het ook werk verskaf. Maar enige besigheidsman op Oudtshoorn sal dit gou beaam dat hulle welvarende boere nodig het om sake te bevorder. Oral op die platteland van die Republiek van Suid-Afrika word dorpies spookdorpe omdat die platteland ontvolk en plase noodgedwonge groter word om lewensvatbaar te bly. Oudtshoorn se sakesektor was teen 2012 die helfte van wat dit was in die 1970?s. Die vraag bly dus by menige kenner of liefhebber van die Klein Karoo spook: hoe het die landbougemeenskap uiteindelik so welvarend geword na al die terugslae wat begin het met die val van die volstruisveremark in 1914 en wat voorgesit is deur herhaalde droogtes en ekonomiese terugslae. George Aschman, ?n bekende Kaapstadse joernalis en ?n boorling van Oudtshoorn, het in ?n artikel tydens die eeufeesviering van die dorp Oudtshoorn in 1948 oor die herstel van die Klein Karoo na die val van die volstruisveremark die volgende geskryf: Daar was geen swakkelinge nie en die boere het verseker dat hierdie distrik een van die stabielste en vooruitstrewendste distrikte in die Unie was. Dit was ook finansieel gesond. Volstruisboerdery het die boere van die Oudtshoorn-distrik die waarde van besproeiing geleer en hierdie kennis het boere oral in die land gehelp. Hy gaan voort deur die verskeidenheid produkte wat toe in die distrik gelewer is, op te noem: lusernhooi en ?saad, tabak, heuning, suiwelprodukte, wyn, vrugte, okkerneute, koring, gars en hawer. 7 ?And such are the changing fortunes of life that the now decimated flocks of ostriches, after many years? fall from grace, are once more holding up their heads as they see new-born chicks fetching ?5 each and their own lovely plumes being sold for ?7 to ?10 a pound. You can almost hear them saying: ?Reminds one of the old days, eh?? ? 8 Reeds op 22 September 1925 het ?n Engelstalige dagblad berig dat die Oudtshoorn-distrik na ?n tydperk van twaalf jaar van uiterste moeilike omstandighede na die val van die volstruisveermark toe op die rand van ?n nuwe tydperk van voorspoed gestaan het. 9 Die bron meld voorts dat duisende volstruise geslag is en dat die vel toe al oorsee uitgevoer is en dat biltong van die vleis gemaak is. Dit is wel bekend dat daar nog nie grootskaals aan hierdie twee bedrywe tot veel later aandag gegee is nie en dat die inkomste wat daaruit gegenereer is, nog onvoldoende was om die armoede te verlig. Tog noem die berig dat die boere toe (in 1925) al suksesvol oorgeskakel het na ander landbouaktiwiteite soos melkerye, sagte vrugte, koring, pluimvee, sitrus en selfs katoen. 7 C.P.Nel Museum Argief, G.Aschman-l?ers, The Outspan, 19. 03. 1948, p. 45. 8 Ibid. 9 C.P.Nel Museum Argief, Oudtshoorn koerantberigl?ers: Koerantknipsel, gedateer 22.09.1925. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 3 3 Grootskaalse besproeiing is toegepas om die verbouing van baie van hierdie produkte moontlik te maak. Die koei en die hoender het die volstruis vervang en botter- en eierproduksie het vermeerder. Die destydse Minister van Spoorwe?, C W Malan, het die boere aangemoedig om benewens melk en eiers ook meer graansoorte soos rog, hawer, gars en koring te plant en het die aanvegbare stelling gemaak dat die tyd van wyn en volstruise verby was.10 Die sukses van hierdie heropbou word aan die goeie re?n en die water in die Kamanassie-dam toegeskryf. 11 Ook P M K le Roux, LV vir Oudtshoorn en Minister van Landboutegniese Dienste en Waterwese in die Nasionale regering van dr. H F Verwoerd, het in die Volstruisnywerheid Eeufees-blaadjie wat in 1963 uitgegee is, as volg oor die tydperk n? 1914 geskryf: ?Voorspoed en rykdom was vervang deur die wanhoop, armoede en teleurstelling. Van ons beste mense en mees ondernemendste volstruisboere was hierdeur finansie?l totaal verinnerweer. Die grootste uitdaging denkbaar was aan die volstruisboer gestel. Hiervoor het hy nie teruggedeins nie. Die uitdaging is aanvaar en deur geloof, toewyding en harde werk het hy hom by die veranderde omstandighede, wat ook allerlei nuwe eise gestel het, met sukses aangepas.? 12 In dieselfde eeufeesblaadjie het D C Uys, Minister van Landbou-Ekonomie en Bemarking, geskryf: ?Maar uit al hierdie kwaad [die armoede na die ineenstorting van die veremark] is tog iets gebore ? nie alleen vir die volstruisboere nie maar selfs ook in wyer kringe vir ons hele landboubedryf. Die dure les is geleer om nie so alles te waag op slegs een enkele produk nie, en dit boonop ?n luukse artikel onderhewig aan die modegrille van ander lande.? 13 Ook was S P le Roux, die oud-Minister van Landbou in dr. D F Malan en J G Strydom se kabinette en self ?n boorling en boerseun van die distrik, se raad aan die volstruisboere: ?Maak u boerdery so vertakt as moontlik...Alle bedrywe is onderhewig aan skommelinge, en daarom is dit altoos raadsaam om jou risiko?s te verdeel.? 14 Teen die agtergrond van uitsprake soos voorafgaande word die proses van hoe landboudiversifikasie plaasgevind het en hoe elke landbouproduk daartoe bygedra het, in hierdie studie ondersoek. In die Buro vir Ekonomiese Ondersoek van die Universiteit van Stellenbosch (BEO) se 1980 ? verslag word genoem dat die ekonomie van die Klein Karoo, en dus ook Oudtshoorn s?n, hoofsaaklik landbou-geori?nteerd was.Tot en met 1980 was daar egter bykomende faktore wat die streek se ekonomie be?nvloed het. Dit was die teenwoordigheid van die Suid-Afrikaanse Weermag se Infanterie-skool, asook die opvoedkundige inrigtings, soos reeds gemeld, en toerisme. Die kwesbaarheid van die landbou is deurlopend aanwesig as gevolg van die klimaat en wisselvallige re?npatrone. Die bou van damme en besproeiingskemas het in ?n mate gehelp, maar daar moet altyd gelet word op die regverdigbaarheid van die koste wat daarvoor aangegaan moet word. As die waterskemas te duur is vir die aantal boere wat daardeur bevoordeel word, is dit nie 10 C.P.Nel Museum Argief, Die Oudtshoorn Courant, Boere vriend en Suid-Westelike Chronicle, 7.11.1925. 11C.P.Nel Museum Argief, Oudtshoorn koerantberigl?ers: Koerantknipsel, gedateer 22.09.1925. 12 Anon.,Volstruisnywerheid Eeufees; 1863 ? 1963, g.p., p. 3. 13Ibid., p. 5. 14 Ibid., p. 9. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 4 4 regverdigbaar nie. Klein skemas is duurder per eenheid water as ?n enkele groot skema.15 Tog het verbeterde opbrengs in die landbou ?n rimpel-effek op die dorp, Oudtshoorn gehad, want hoe meer die boer en sy arbeider verdien het, hoe meer beskikbare geld was daar in die gemeenskap om uit te gee. Volgens die verslag van Leipold en Melck was die vervaardigingsektor teen 1980 steeds in ?n redelike mate afhanklik van landbou vir hulle insette (byvoorbeeld tabak en leer), met die gevolg dat ?n verhoogde landbou-aanbod die ontwikkelingspatroon van die dorp in daardie stadium sou onderskraag en versterk.16 ?n Interessante waarneming is al in 1896 gemaak toe daar na die beslissende rol van faktore buite die beheer van die landbouer verwys is. So het ?n navorser ten opsigte van ?n vraag of die destydse Kaapkolonie ?n vooruitstrewende landbou-gebied kon word daarop gewys dat: ?much in the future prospects of the agriculture of the Colony depends upon outside influences which have nothing to do with the energy or skill of the farmer, and the stock-rearing capacity or the grain- producing power of the soil.? 17 ?n Toepaslike waarneming ten opsigte van die boerdery van die Oudtshoorn-distrik is dit inderdaad. 1.2 FOKUS VAN DIE STUDIE Die spesifieke aanvangstydperk van hierdie studie is gekies omdat die val van die volstruisveremark in 1913/14 plaasgevind het en ?n groot invloed op die hele ekonomie van die Klein Karoo,waarvan Oudtshoorn die hoofsentrum was, gehad het. Die herstel van die landbou het nie oornag plaasgevind nie en het met rukke en stote gepaard gegaan as gevolg van herhaalde droogtes, depressies, die invloed van die twee w?reldoorlo? en die stadige vordering met waterbesproeiingsprojekte. Teen 1980 was die Oudtshoorn-distrik ekonomies kerngesond en daarom val die fokus van hierdie tesis op die redes vir hierdie ekonomiese herstel wat hoofsaaklik aan die landbou te danke was. Teen 1980 was die volstruisbedryf stabiel as gevolg van goeie bemarking en bedryfspraktyke deur die Klein Karoo Landbouko?perasie en die landbou was genoeg gediversifiseer om ?n skans te vorm teen die kwesbaarheid van klimaatuiterstes. Daar is reeds baie geskryf oor die rol wat die Joodse immigrante in die ontwikkeling van Oudtshoorn as dorp, asook die landbou gespeel het. In verskeie publikasies soos di? van Sarah Stein18, Jose Burman19, R Nixon20, en M.A.-verhandelings soos di? van Dani?l Coetzee21 word die klem op die Jode se rol in Oudtshoorn se volstruisbedryf en die landbou gel?. Dit is te verstane 15 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituut vir Beplanningsnavorsing, Departement van Stads-en Streekbeplanning, Universiteit van Stellenbosch, Instituutverslag no.23, Junie 1978, p. 56. 16 M Leipold en AP Melck, Ondersoek na die Ekonomiese Groeipotensiaal van Oudtshoorn, pp. 34 ? 36. 17R Wallace, Farming Industries of Cape Colony, J C Juta and Co.,Cape Town, 1896, p. xii. 18S A Stein, Plumes,Ostrich feathers, Jews, and a Lost World of Global Commerce, Yale University Press, New Haven and London, 2008. 19Jose Burman, The Little Karoo, Human & Rousseau, Cape Town, 1981. 20 R Nixon, Dreambirds, The Natural History of a Fantasy, Transworld Publishers Ltd., London, 1999. 21 Dani?l Coetzee, Immigrants to Citizenz. Civil Integration and Acculturation of Jews into Oudtshoorn society, 1874- 1999 (Unpublished M A thesis, University of Cape Town, 2000). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 5 5 omdat dit ?n heel unieke situasie was waarin die arm Joodse immigrant hom bevind het deur deel te word van die geskiedenis van veral die volstruis en volstruisboerdery. Die Joodse museum in die Ou Sinagoge in Kaapstad bevat ?n treffende uitstalling en video-materiaal van die belangrikheid van die vestiging van Jode in die Klein Karoo en die daaropvolgende verspreiding van Jode na ander dele van Suid-Afrika. Alhoewel daar volstruise in ander w?relddele voorgekom het, het die suksesvolle makmaak en veredeling van en boer met volstruise in die Klein Karoo menige navorser geprikkel. Die volstruis was ?n unieke dier en die boer daarmee het spesifieke eise aan die landbouer gestel. Kennis en ervaring van hierdie boerdery moes opgedoen word sonder handboeke of riglyne deur kenners waarby die landbouer kon gaan kers opsteek het. Die klem in die meeste van die bronne is op verwikkelinge in die volstruisboerdery gefokus en waar daar telkens gekonsentreer word op die rol van die Joodse smous, Joodse verekopers, Joodse boere en Joodse handelaars, plaaslik en oorsee. Die publikasie van die eerste erkende volstuisboer, Arthur Douglas, Ostrich Farming in South Africa wat al in 1881 uitgegee is, fokus egter op die aanvang van die volstruisboerdery in Suid-Afrika.22 Boere waarmee onderhoude gevoer is, beskou die boek steeds as baie insiggewend met waardevolle relevante inligting. ?n Ander aspek wat die verbeelding van historici en skrywers geprikkel het, is die skouspelagtige leefwyse van diegene wat vroe?r deel was van hierdie boerdery. Sodanige skrywers wil verklaar hoekom daar ?n ?boom? ( voorspoed)?tydperk van die veremark was en waarom die ewe dramatiese val of ?bust? van daardie mark plaasgevind het. Alhoewel daar konsensus is oor die hoofoorsake vir die val van die veremark, plaas verskillende bronne die klem op verskillende nuanses as redes, soos gesien kan word in die verslae wat deur die Klein Karoo Landbou- ko?perasie beskikbaar gestel is, asook in talle landboupublikasies. In 1980 was Oudtshoorn, as die belangrikste dorp in die Klein Karoo, ?n bloeiende en finansieel sterk dorp. Derhalwe kan die vraag gevra word hoe hierdie suksesvolle landbougebied ontwikkel het uit soveel negatiewe faktore wat oor die jare steeds aanwesig was? Ten spyte van die kulturele en diverse aktiwiteite in Oudtshoorn as die hoofdorp van die Klein Karoo, was dit die landbou wat hierdie streek gedra het en waarop daar in hierdie studie gefokus word. Alhoewel daar inligting voorkom in verskeie bronne oor allerlei landbou-aktiwiteite, skep dit geen geheelbeeld van die rol van die landbou in die heropbou van die Oudtshoorn-distrik nie. Die hoofrede waarom die studie aangepak word, is om die leemte te vul oor die rol wat die gewone boer in hierdie unieke stuk geskiedenis gespeel het. Appel se doktorale studie is ?n sosio- ekonomiese studie van die 19e eeu terwyl hierdie studie op die landbousektor in die 20 ste eeu 22A Douglas, Ostrich Farming in South Africa, Cassell, Petter, Galpin &Co, London, Paris and New York, 1881. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 6 6 fokus. Min navorsers konsentreer op die periode na die val van die veremark in 1914 omdat negatiewe faktore die herstel van boerdery in die Klein Karoo aanvanklik verhinder het. Hierdie negatiewe faktore soos die depressie na die Eerste W?reldoorlog, die Groot Griep van 1918, die droogtes van 1928 ? 1932 en die Groot Depressie van die 1933, word in talle werke bespreek met klem op die maatskaplike probleme wat dit veroorsaak het. Die vraag oor wat die oorlewingsmeganismes van die gewone boer in die landboudistrik was, bly onbeantwoord en wil in hierdie studie voorrang geniet. Sonder om die rol van die Joodse boer en handelaar te verklein of om die rol van die bruin arbeider te verminder, word hier op die oorlewingstryd van die gewone blanke boere gekonsentreer omdat hulle, benewens die genoemde Joodse rolspelers, die kern van die landbouers van Oudtshoorn en sy distrik gevorm het. Die bruin arbeiders van die Klein Karoo het ?n groot rol in die heropbou van Oudtshoorn en sy direkte distrik gespeel aangesien baie van die produkte waaruit die boer na die val van die veremark ?n bestaan moes maak, juis baie arbeidsintensief was. So was tabakproduksie een van die suksesstories van die landbou in die Klein Karoo.23 Die Tabakko?perasie van Oudtshoorn was dan ook een van die mees geslaagde ko?perasies van die streek tot in die 1970?s. Volstruisboerdery is totaal arbeidsintensief en vereis dus gespesialiseerde kennis. Dit vergroot die rol van die arbeider op ?n Klein Karoo-plaas. Daarom word in hierdie studie wel ook aandag aan die rol en lewe van die bruin arbeider van die Oudtshoorn-landboudistrik gegee. Twee nasionale Ministers van Landbou is in die De Rust-omgewing, wat onder die distrik van Oudtshoorn resorteer, gebore en het ?n groot rol gespeel om die nodige infrastruktuur van die gebied te verbeter sodat die landbou kon vooruitgaan. Hulle was S P le Roux en P M K. le Roux. Ondersoek sal ingestel word na hulle rol in die landboubedrywighede soos die stig van die ko?perasies, die bou van damme, ensovoorts. Dan kan ?n parlementari?r en skrywer, ?n waterfiskaal en prokureur, saamgevat in di? uitsonderlike figuur van C J Langenhoven, se impak op Oudtshoorn en sy distrik ook nie uitgelaat word nie.24 Sy bydrae was veral vir die boeregemeenskap van groot belang. Omdat hy later as prokureur baie betrokke was by watersake en ook gehelp het om die waterbeurte vir die plase uit te l? ( dit word tans nog presies so gebruik soos Langenhoven dit vasgestel het), het hy die klem geplaas op die watertekorte en die probleme wat as gevolg van die noodsaaklikheid van genoeg water in die Oudtshoorn-streek ontstaan het. Die karakters in sy boeke word deurgaans deur die geografie van die streek uitgedaag en gedefineer. 23 F W Fairholt, Tobacco: its history and associations.1876; Anon.: Die Goue Blaar, Suid-Afrikaanse Tabakbeheerraad,1970; C.P.Nel Museum Argief, E Meiring, Die geskiedenis van die Tabakbedryf in Oudtshoorn (Ongepubliseerde manuskrip, g.d.) en H W Taylor, Tobacco culture, Central News Agency, Ltd., 1927. 24 Sien byvoorbeeld, J C Kannemeyer, Langenhoven, ?n Lewe, Tafelberg, Kaapstad,1995. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 7 7 Alhoewel die verebloeitydperke van die laat 19de en begin 20ste eeu en die daaropvolgende ineenstorting reeds goed bekend is, was die impak daarvan op die volstruisboer steeds deur die jare daarna tot in die 1980?s aanwesig. Min boere wou baie geld aan luukse behuising bestee omdat die weelderige volstruishuise en ?paleise geassosieer is met die t? ho? verepryse en verwagtinge van die tydperk voor die val van die veremark in 1914 en die onverantwoordelike besteding veral op behuising. Later was die bestendige welvaart van die landbouers tog in die opknapping van plaashuise te bespeur. Figuur 1.125: ?n Kaart van die Oudtshoorn-distrik 25 P J Rootman: Die funksies en invloedsfeer van die stedelike gebied van Oudtshoorn (Ongepubliseerde MA- verhandeling , Universiteit van Stellenbosch, 1970), p.15. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 8 8 Figuur 1.226:?n Reli?fkaart van die Oudtshoorn-distrik 26 Ibid., p.14. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 9 9 1.3 METODIEK EN NAVORSINGSBRONNE Die meeste bronne vir hierdie studie is in die argief van die C P Nel-museum te Oudtshoorn verkry. Ander belangrike bronne in die biblioteek en argief van die Universiteit van Stellenbosch is eweneens benut. Voorts is bronne in die biblioteek van die Elsenburgse Landboukollege te Stellenbosch, waar daar ook goeie landboupublikasies is, nagevors. Die Wes-Kaapse Argief in Kaapstad is ook gebruik. Die skrywer was self vir 34 jaar deel van die landbougemeenskap van die Oudtshoorn-distrik en kon deur middel van persoonlike onderhoude baie inligting oor die geskiedenis van landbou van ander inwoners en oud-inwoners van die streek insamel. Aangesien baie van die inligting aangaande aspekte soos boerderymetodes en die ontwikkeling van boerdery op spesifieke plase nie in gepubliseerde bronne beskikbaar is nie, is daar ten opsigte van die navorsing ook baie op privaatonderhoude met leidende rolspelers in en kenners van die Oudtshoornse landboubedryf staatgemaak. Onderhoude is gevoer met prominente boere, landbousakemanne en landboubestuurders en daar is ook van die privaatdokumente van sekere boere gebruik gemaak. Daar is gepoog om die inligting verkry deur middel van privaatonderhoude sover moontlik met gepubliseerde bronne aan te vul. 1.4 GEOGRAFIESE AGTERGROND EN KLIMAATSFAKTORE VAN DIE KLEIN KAROO WAT ?N BEPALENDE ROL IN DIE LANDBOU VAN DIE STREEK SPEEL Die geografie van ?n streek bepaal sy klimaat en die klimaat bepaal die landboupotensiaal van ?n streek. Of soos Langenhoven dit stel: ?Want die natuur...,sy is ons moeder, maar sy melk nie in ons mond nie: Ons moet self drink of dors ly! ? 27 Die skryfster, Pauline Smith, se skryfwerk is allesoorheersend bepaal deur die geografie van die streek. Nie net die waterprobleme en droogtes word sentrale temas in haar skryfwerk nie, maar ook die afgesonderdheid van die streek en die gebrek aan ontwikkeling bepaal dikwels die lot van haar karakters. Veral in die kortverhaalbundel, The Little Karoo, kan lesers ?n beeld vorm van die probleme van armblankes in die Oudtshoorn- streek na die val van die veremark en die talle droogtes wat die boerdery be?nvloed het. 1.4.1 Topografie M M de Wit beskryf die topografie van die landstreek soos volg: Die distrik van Oudtshoorn is ?n vername deel van die Klein Karoo. Dit is in werklikheid ?n bre? vallei, 30 myl lank [? 48 km] en 20 myl [? 32 km ] breed, begrens deur die Swartberg-reeks in die noorde en die Outeniqua-reeks in die suide. Die re?nval in die omliggende berge is baie ho?r as in die vallei self- omtrent 30dm [ 27WJ Steenkamp, ?Die w?reld van C J Langenhoven?, Geo-Stell, Vol.7,1983, p. 4. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 10 10 750mm] per jaar. Dit vorm stroompies en riviere wat uit die berge deur die vallei dreineer, waar die lande dan met water uit damme of riviere besproei word.28 Die Klein Karoo, en spesifiek die distrik waarvan Oudtshoorn die hoofsentrum is, l? tussen die twee genoemde bergreekse. Dit kan ook ?n intermontane vallei genoem word.29 Die Outeniekwaberge vorm ?n keerwal wat veroorsaak dat die meeste van die vogtige lug van die Indiese Oseaan nie die Klein Karoo kan bereik nie. Die gebied wat aan die suidelike hange van hierdie bergreeks l? - dus in die re?nskaduwee van die Outeniekwaberge - kry wel van die afloop van re?n wat op die toppe van die berge val. Dit is egter wisselvallig. Die veel ho?r Swartberge aan die noordekant forseer lug opwaarts teen hierdie berge, waar dit kondenseer en daarom kry hierdie hange veel meer re?n as die ander gedeeltes van die vallei. Daar is dikwels in die winter sneeu op die pieke van die Swartberge wat ook water aan die bergriviere gee. Arthur en Alan Strahler verduidelik dat lugmassas deur die heersende winde oor bergreekse geforseer word. Soos die lug opwaarts gedwing word deur die heersende wind koel dit af teen die dro? abatiese skaal. Kondensasie vind plaas as die afkoelingsproses genoegsaam is en sal re?n tot gevolg h?. Wanneer die lug oor die top van die berg na die droe?r re?nskadukant daal, is die vog uitgeput en afgesny van ?n vogbron; dus sal dit nie re?n nie. Hierdie verskynsel veroorsaak die re?nskadu en gevolglike dro?r klimaat.30 Die hele Klein Karoo val in hierdie re?nskaduwee en die afkeer van die vogtige seelug oorheers die klimaat daarvan. As dit nie was dat die lug weer opwaarts geforseer word teen die ho?r Swartberge nie sou suksesvolle boerdery in die streek nie moontlik gewees het nie. Die topografie bestaan nie net uit die twee dominante bergreekse wat oos-wes l? nie, maar daar is ook talle voetheuwels wat die landbou be?nvloed. Die verskeidenheid wat binne so ?n klein gebied soos wat tussen die Outeniekwaberge in die suide en die Swartberge in die noorde in die Oudtshoorn ?omgewing voorkom, kan nouliks bedink word. Wanneer ?n denkbeeldige lyn dan naastenby halfpad tussen die twee bergreekse getrek sou word, sal die ooreenkoms tussen toestande wat weerskante van hierdie hipotetiese lyn l?, opmerklik wees.31 Soos ?n persoon van suid na noord beweeg vanaf die Outeniekwaberge na Oudtshoorn neem die re?nval af, sodat die veldtipes, die gesteentetipes, die grondsoorte, die landvorme en selfs die boerderytipes verander. As die Olifantsrivier, wat amper reg in die middel van die streek van oos na wes loop, bereik word of verder oos die Kamanassierivier, kan dieselfde verskynsels gemerk word soos die waarnemer noord beweeg en die hange van die Swartberge bereik. Daar is ?n klomp dreineringsriviertjies wat in beide die bergreekse ontspring en belangrik is vir die landbou, maar ook dui op die deurgange of roetes tussen Oudtshoorn en die twee belangrike kusdorpe, George en Mosselbaai. Die spoorlyn 28M De Wit, Volstruise uit Afrika, p. 24. 29 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituut vir Beplanningsnavorsing, Departement van Stads-en Streekbeplanning, Universiteit van Stellenbosch, Junie 1978, Instituutverslag no.23, Junie 1978, p.5. 30Arthur and Alan Strahler, Environmental Geoscience, John Wiley & Sons, Oxford,1973, p. 125. 31N C Tait, ?n Geografiese studie van die noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudshoorn omgewing, p. 1. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 11 11 tussen George en Oudtshoorn en die hoofpaaie tussen hierdie dorpe, asook tussen Oudtshoorn en Mosselbaai, loop parallel met die klein riviere wat in die Outeniekwaberge ontspring. Hulle vloei noordwaarts en sluit by die Olifants- en Kamanassieriviere aan. 32 Die meeste bronne maak melding van die snelle groei in die landboubedryf van die Oudtshoorn- distrik na die voltooiing van veral die teerpad tussen George en Oudtshoorn in 1951.33 Die bergriviere, waarvan daar talle is, het dit moontlik gemaak dat boerdery aan die oewers deur die jare met sukses bedryf is. Huise is op die walle van die slote uit hierdie riviere, langs sytakke of langs die riviere self gebou sodat daar water vir huisgebruik kon wees voordat die huise lopende water binneshuis gehad het. In ?n verslag van die SWD- Ontwikkelingsassosiasie word die geografie van die Klein Karoo dieselfde beskryf, maar dit voeg ook die Huisrivierberge by wat die Klein Karoo-vallei anderkant Calitzdorp afsluit en ?n westelike grens vorm.34 Dus is die Klein Karoo ?n lang, nou vallei vasgevang tussen bergreekse en het hierdie geografiese feit veroorsaak dat die streek lank geneem het om sy landboupotensiaal na behore te ontwikkel as gevolg van gebrekkige verbindingsroetes na markte. Die grond in die vallei is besonder vrugbaar, juis as gevolg van die gebrek aan re?n en baie produkte kon daar verbou word. Baie re?n spoel voedingstowwe uit die grond uit. Die samestelling van die grond word verderaan bespreek, maar kleigrond is algemeen in die Oudtshoorn-distrik waarvan die uitstaande kenmerk is dat dit voedingstowwe vashou en die grond dus nie uitgeloog word nie soos byvoorbeeld in die gebied tussen George en Knysna waar die re?nval veel ho?r is. Die gebrek aan goeie verbindingsroetes het die landbou in die negentiende eeu gekniehalter. Die eerste poging om goeie paaie uit die Klein Karoo te ontwikkel, was eers na noord omdat daar al in 1885 ?n spoorlyn tussen Kaapstad en Kimberley weens die ontdekking van diamante voltooi is. Daar is oor die jare na verskillende opsies gekyk en mettertyd is besef dat ?n pad deur Meiringspoort die goedkoopste opsie sou wees. 35 Daar is ?n skeur deur die Swartberge op P J Meiring se plaas, De Rust. Die bekende padinspekteur en geoloog, A G Bain, het belanggestel in die projek en sy seun, Thomas, het aan die padbouprojek begin werk. Die Poort is op 4 Maart 1858 vir die eerste keer amptelik oopgestel, maar as gevolg van die nou poort waardeur ?n rivier en ?n pad moes loop, is die pad telkemale weggespoel deur groot re?ns. Selfs in die 1970?s, toe die teerpad deur die Poort deur die destydse LUK van Paaie, mnr. Frans Loots geopen is, was dit nog geen waarborg dat die vloedwater dit nie weer sou verwoes nie soos wat wel in die laat 1990?s gebeur het. Maar vir A G Bain was die 32Ibid., pp. 2 ? 4. 33Ibid., p. 120. 34C.P.Nel Museum Argief, Oudtshoorn Courant, 29.11. 1952 (? Huisriverpas?). 35 A Appel, Die distrik Oudtshoorn tot die tagtigerjare van die 19e eeu, pp. 202 ? 206. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 12 12 eerste bou van die pad ?of first-rate colonial importance,?36 omdat dit ?n verbinding met die Groot Karoostreke geskep het. Vir die Groot Karoo-boere het dit ?n makliker roete na die kus beteken. As daar suidwaarts beweeg word, was daar in die Outeniekwaberge twee moontlikhede om die suidkus te bereik. Mosselbaai was ?n belangrike hawe in die 19e eeu en produkte kon deur die hawe in- en uitgevoer word. Daar was ?n deurgang deur Attakwaskloof tussen Oudtshoorn en Mosselbaai, maar dit was ?n moeilik begaanbare roete. Tog was dit die eerste roete waardeur pioniersontdekkingsreisigers die Klein Karoo so vroeg as 1689 binnegekom het. So skryf Boehmke daaroor: ?Attaqua?s Kloof had become the ?Brenner Pass? for the area. For subsequently Attaqua?s Kloof was for many decades the gateway through which entered not only further expeditions such as H?bner?s ( 1736) and Beutler?s (1752), but also a host of famous explorers, chiefly scientists interested in our beautiful flora: Wentzel, Auge, Thunberg, Masson, Gordon and Paterson.? 37 Baie van die ander ontdekkers het oor Montagu, Barrydale en Ladismith gekom en die Huisrivierpas aan die westekant van die Klein Karoo oorgesteek en dan ooswaarts in Oudtshoorn se rigting beweeg. Die Huisrivierpas is vandag oorgebou en ?n gevestigde ingang na die Oudtshoorn-distrik vanuit die weste. Die alternatief vir die Attakwas-pas om ?n deurgang na die kus te kry,was die Montagu-pas meer na George se kant. Die Montagu-pas is in die laat veertigerjare van die negentiende eeu gebou en het Oudtshoorn met George verbind. Nog voordat die Montagu-pas was daar die Cradock-pas, wat die ou Voortrekkerroete gevolg het en gebruikers daarvan drie dae geneem het om die vyf en ?n halwe myl (?12 km) af te l?.38 Al hierdie roetes was onderhewig aan verspoelings en nie maklik begaanbaar nie. Soos Appel dit stel, ?die geografiese ingeslotenheid? van die Klein Karoo het belemmerend op die landboupotensiaal van die streek ingewerk.39 Die Montagu?pas is in die twintigste eeu eers deur die Outenikwa-pas aangevul en toe vervang en in 1913 is ?n spoorlyn tussen George en Oudtshoorn gebou. Die Outenikwa-pas is in 1951 in gebruik geneem nadat dit tien jaar geneem het om te bou. Die Attakwas-roete is met die bou van die Ruiterbosch?pas (is later na die Robinson-pas verander) in 1869 vervang en die skilderagtige Robinson-pas het die verkeer tussen Mosselbaai en Oudtshoorn aansienlik vergemaklik.40 Die Ruiterbosch-pas is ongeveer tien kilometer oos van die ou Attakwaskloof. Die bou van elke pas wat die Klein Karoo verbind met die buitew?reld vertel sy eie storie van geldtekorte, bandiete wat as arbeiders ingespan is en die kwesbaarheid as gevolg van die uiterstes van klimaat. Vloedre?n het al die passe sporadies onbegaanbaar gemaak wat dan teen ho? koste herbou moes word.41 36 Ibid. 37 M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudtshoorn, Nasionale Pers, Kaapstad, 1952, p. 4. 38Ibid., p. 11. 39A Appel, Die distrik Oudtshoorn tot die tagtigerjare van die 19e eeu, p. 203. 40Ibid., pp. 208 ? 209. 41 Ibid., pp.208- 209. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 13 13 Die bou van die Swartbergpas om Oudtshoorn direk met Prins Albert te verbind, het ?n lang en ingewikkelde geskiedenis, maar is tot vandag meer gewild onder avonturiers as wat dit kommersi?le vervoer dra en is steeds nie geteer nie.42 Dit was die spoorverbindings in die twintigste eeu wat grootliks daartoe bygedra het dat die Klein Karoo sy landboupotensiaal kon bereik. Die spoorlyn tussen Port Elizabeth en Oudtshoorn is in 1904, die een tussen George en Oudtshoorn in 1913 en die een tussen Calitzdorp en Oudtshoorn in 1920 voltooi.43 Wat interessant is, is dat die spoorlyn tussen George en Oudtshoorn slegs ?n maand oop was toe daar in 1913 vyf duim (125mm) re?n in George in een nag geval het en nog meer in die berge. Al die passasiers, wat vanaf George terug Oudtshoorn toe wou reis, was vasgekeer in George. Tydens die drie jaar wat dit geneem het om die treinspoor oor die Outeniekwa-berge te bou, was die re?nval onder-gemiddeld en die treinspoor is nooit aan oormatige water blootgestel nie. Die treinspoor het egter nou erg verspoel en die patroon van droogte opgevolg deur vloede is weereens voortgesit. ?The angriest of all was Langenhoven, who worked himself up into a perfect fury.... And it was extraordinary to think that all this commotion was caused by a wash-away on a line that had been opened only one month! ? 44 En vir die vasgekeerde passasiers was die slegte nuus dat die Montagu-pas nog erger beskadig was. 45 Hierdie was die verkeerswe? wat moes help om landbouprodukte makliker en vinniger by Mosselbaai se hawe te laat uitkom. Toe die Montagu-pas in 1840 geopen is, was dit ?n belangrike lewensaar en perderuiterverkeer het toegeneem. Dit het ook veroorsaak dat die wamakersbedryf verander het omdat die pad meer toeganklik vir geveerde waens was. Goedere kon vinniger en makliker vervoer word as met die geharde, maar swaar en stadige ossewaens. Almal was egter nie so ingenome met hierdie verbeterde verbinding tussen Oudtshoorn en George nie. Die Oos- Kaap het die produkte wat Oudtshoorn-boere vroe?r na Grahamstad en Port Elizabeth gebring het, verloor omdat die boere dit nou oor George na Mosselbaai met sy hawe geneem het. Vir die Oudtshoorn-boere is die tog Oos-Kaap toe, wat veertien dae geneem het, egter gespaar en kon hulle goedkoper en gouer hulle produkte wegstuur. 46 1.4.2 Re?nval In die BEO ? US se 1980-verslag is die toestand van Oudtshoorn se ekonomie soos volg opgesom: Die landbou-groeipotensiaal hang grootliks af van weersomstandighede weens die dro? klimaat van die streek. Indien daar in ?n produksiejaar voldoende besproeiingswater beskikbaar is, 42Ibid., pp. 210- 213. 43 M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudtshoorn, Nasionale Pers, Kaapstad, 1952, p. 14. 44H Scheub: Secret Fire, The 1913-14 South African Journal of Pauline Smith, University of Natal Press, Pietermaritzburg, 1997, p. 61. 45Ibid., p. 60. 46 S van Waart, Outeniqualand, pp. 74 ? 76. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 14 14 is die produksie hoog, en omgekeerd. Produksiesyfers toon dus oor die algemeen ?n taamlike skommeling.47 Die Klein Karoo het gemiddeld 70% wolklose dae en is dus gese?nd met baie sonskyn wat vir die volstruis en ander landbou-aktiwiteite goed is.48 Tabak kan egter in die somer brandskade opdoen as die son te warm is. In elke publikasie wat handel oor Klein Karoo- landbou en volstruisboerdery in besonder, word die semi-woestyn aard van die klimaat van die streek uitgelig. Daar word gepraat van die ?ideal dry, arid, ?Karoo? climate and vegetation? 49. Die gemiddelde re?nval vir die distrik word as minder as 150 mm per jaar aangegee. Die publikasie Die Geologie van die Swartberge gee dit aan as laag ( 153 tot 163mm per jaar) in die dele weg van die berge. Op ?n hoogte van 16 800m teen die Swartberge kan dit tot 865mm opskuif as gevolg van die sneeu wat in die winter daar voorkom.50 Sneeu kan tot vyf keer gedurende die winter voorkom. Die re?n kom deur die jaar voor met die hoogste re?nval in die vroe? lente en vroe? winter en met donderstorms in die somer.51 Oudtshoorn self kry 48% van sy gemiddelde jaarlikse 237mm in die winter. Die stadig-smeltende sneeu van die winter is waardevolle besproeiingswater en die waarde word verhoog deur die kleiner verdampingsverlies omdat dit kouer is. Daarom word winterneerslag waardevoller geag as somerre?n.52 Sommige bronne noem spesifiek Maart en November as die maande waarin die meeste re?n val. Behalwe in die berge kan omtrent net een tot drie re?ndae per maand verwag word.53 Die hoogste re?nval kom uiteraard op die hoogste pieke van die twee hoogste bergreekse voor: Jonkersberg teen die Outeniekwaberge kry ?n jaarlikse re?nval van 1029mm en die Spitskop in die Swartberg kry 1140mm.54 Hierdie re?nvalsyfers is natuurlik baie belangrik vir die voed van die bergriviere. 47 Leibold en Melck, Ondersoek na die ekonomiese groeipotensiaal van Oudtshoorn, p. (i). 48 Anon., Klimaat in Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse Weerburo, 1965, p. 315. 49 Sien bv. M Anley, Ossie the Ostrich, p. 23. 50 Anon., Die Geologie van die Swartberge, p. 1. G.p.,g.d. 51Internet: www.weathersa:Oudtshoorn: Climate and Weather. Copyright ?2009- 2010 Greater Oudtshoorn Tourism. 52Geo-Stell, Vol 7, 1983, p. 4. 53Anon.,Klimaat in Suid-Afrika, Weerburo, 1965, p. 315. 54 NC Tait, ?n Geografiese studie van die Noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudtshoorn omgewing, p. 69. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 15 15 Figuur 1.3: Gemiddelde re?nval- en temperatuurpatroon vir Oudtshoorn Hierdie is die gemiddelde re?nval-en temperatuurpatroon vir Oudtshoorn soos verkry van die Suid- Afrikaanse Weerburo en Department van Landbou. Die boonste lyn dui die maksimum temperature en die onderste lyn die minimum temperature aan. Die blokgrafiek dui die gemiddelde re?nval vir elke maand aan.55 Uit die grafiek kan gesien word dat die Oudtshoorn-distrik nie in die definitiewe indeling van ?f winterre?nval- ?f somerre?nvalstreke val nie. Die meeste re?n kom in Maart en April voor met goeie re?n ook in Augustus en Oktober. Gelukkig is die voorkoms van donderstorms nie so dominant soos in die somerre?nvalstreke van Suid-Afrika nie aangesien dit groot skade aan die volstruisboerdery kan berokken. Die volstruis is geweldig gevoelig vir donderstorms en blitse. Hulle skrik vir die harde donderslae en hardloop hulleself te pletter teen kampdrade. Na so ?n donderstorm is daar gewoonlik ?n klomp volstruise met gebreekte bene. Gelukkig val die Klein Karoo in die gebied wat tussen nul en twee weerligstrale per vierkante kilometer per jaar kry.56 Ontydige of te harde donderbuie kan ook skadelik wees vir sagtevrugte, wingerd en wintergraan wat alles produkte van die streek was. 57 Alhoewel hael nie gereeld voorkom nie, kan dit ook groot skade aan talle van die gemengde boerderygewasse aanrig. Die Suid-Afrikaanse Weerburo noem dat daar tussen tien en twintig donderstorms jaarliks kan voorkom en een so ?n swaar storm kan die helfte van die kwota re?n van 55D Le Maitre, et al,? Water resources in the Klein Karoo: the challenge of sustainable development in a water-scarce area?, South African Journal of Science, 105, March 2009, p. 42. 56Dries van Zyl, South African Weather and atmospheric phenomena, Briza Publications, 2003, p. 55. 57 NC Tait, ?n Geografiese studie van die Noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudtshoorn omgewing, p. 5. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 16 16 die streek bevat, wat ook die gereelde voorkoms van verspoelings en vloede verklaar. 58 Die weer kan nie verander word nie of op daardie stadium altyd korrek voorspel word nie en dus hou sommige droogtes vir jare aan en die ongenaakbare son kan alle plantegroei hard en oneetbaar verskroei. Dan kan so ?n tydperk gevolg word deur oormatige re?n. ?n Voorbeeld hiervan is die Laiingsburg ?vloed van 25 Januarie 1981, wat baie skade en lewensverlies as gevolg gehad het. 59 Die magdom water uit die Klein Karoo het meegewerk tot die vernietiging tydens die Laingsburg- vloed van 1981 en selfs volstruise het in die Gouritsrivier afgespoel tot op die Suid-Kaap se strande. Die Olifantsrivier, wat in die Groot Karoo aan die oostekant van die Klein Karoo ontspring, vloei suidwaarts naby Oudtshoorn verby en vloei dan verder weswaarts waar dit die Gamkarivier ten suide van Calitzdorp bereik. Saam met die Gamka sluit dit verderaan by die Gouritsrivier en vloei deur die Langeberge om uiteindelik die Indiese Oseaan by die Gouritsrivermond, wes van Mosselbaai, te bereik.60 Soos by watervoorsiening gemeld sal word, kom daar ligte tot swaar sneeu op die ho? pieke van die bergreekse in die winter voor. Gelukkig kom tipiese Mediterreense winterre?nvalpatrone, soos in die Kaap en Boland ondervind word, nie algemeen in die Klein Karoo voor nie. As semi- woestyndier kom sterftes onder volstruise as gevolg van langdurige re?n in die winter gereeld voor. Volstruise is bestand teen uiterstes van temperatuur, maar kan nie nattigheid of vogtige lug verdra nie.61 De Wit weerspreek homself egter as hy te kenne gee dat volgroeide volstruise gehard is en die warmste woestynson en die ysigste koue nagte kan deurleef. Hy vertel ook van ?n eksperiment wat in Duitsland uitgevoer is met ?n paar volstruise wat op sneeubedekte grond geleef het. Volgens hom was dit teen hulle natuurlike instinkte, maar het hulle gou aangepas by die nuwe omstandighede.62 Die makgemaakte volstruise wat op plase in die Oudtshoorn-distrik aangetref word, drink beskikbare water, maar in die natuur kan wilde volstruise lank sonder water oorleef.63 In die Swartberge word water ook uit fonteine verkry. ?Waterklowe ? voer die water na die neweliggende Kangovallei en Die Gang (beide gebiede l? aan die voetheuwels van die Swartberge en in die vallei onder die Kango Grotte). Met ?n gemiddelde re?nval van 400mm in die Kango wat te min is vir dro?landboerdery, is die bewoners afhanklik van ondergrondse watervoorrade. ?n Hele paar standhoudende riviere ontspring in die Tafelbergsandsteen aan die suidelike hange van die Swartberge en vloei deur die Kango.64 ?n Studie wat oor 100 jaar se gegewens uitgevoer is, wys dat daar geen betekenisvolle af- of toename in die re?nvalsyfers van die Klein Karoo is nie. Die 58Anon., Klimaat in Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse Weerburo, 1965, p. 315. 59L. Nell, the Garden Route and Little Karoo, p. 200. 60A Moriarty, Outeniekwa Tsitsikamma & Oostelike Klein-Karoo, p. 21. 61M A De Wit, Volstruise van Afrika, p. 24. 62Ibid., p. 10. 63Ibid., p. 11. 64Anon., Die Geologie van die Swartberge, p. 58. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 17 17 droogtesiklusse word met toereikende re?nvalperiodes afgewissel en hierdie patroon is van 1900 tot 2000 aanwesig sonder noemenswaardige uitsonderings. 65 1.4.3 Water Die dorp Oudtshoorn, wat in 1847 gestig is, het sy ontstaan ook aan water te danke. Dit het aan weerskante van die Grobbelaarsrivier ontwikkel met geen ander meriete nie behalwe dat die grond weerskante van die rivier vrugbaar was en dat daar beskikbare water was. Daar was geen industrie? nie en tot vandag word daar op sekere plekke in die dorp ?geboer? op klein landjies langs die rivier. Die dorp het ook ontwikkel omdat dit op die kruispunt van die twee hoofroetes deur die Klein Karoo gel? het, naamlik die suid- noord roete tussen Mosselbaai en Beaufort-Wes en die oos-wes roete tussen Kaapstad (oor Ladismith) en Port Elizabeth. Die oprigting van ?n eie kerk in 1879 het die dorp tot ?n hegter eenheid gevorm. Die ou of skeldname wat die inwoners van George aan Oudtshoorn gegee het, verduidelik ook sy landelike ontstaan. Veldschoendorp verwys na die eenvoudige boere wat daar gewoon het en wat velskoene gedra het. Die ander naam, Knikspoordorp, verwys na die hoofstraat, Hoogstraat, wat destyds vol ?knikke? was as gevolg van die menige waterslootjies wat dit gekruis het.66 Die waarde van besproeiing deur middel van leivore is stadigaan besef, maar die opvang van beskikbare water is meestal deur middel van kleinerige plaasdamme bewerkstellig. Hierdie onvoldoende gebruikmaking van beskikbare water het daartoe gelei dat periodieke droogtes in die negentiende eeu nog baie skade aan boerderye gedoen het. W J Steenkamp skryf in Geo-Stell, ?n publikasie van die geografie-studente van die Universiteit van Stellenbosch, dat besproeiing uit die hoofstrome voor die dae van massale stu-damme ?n dobbelspel met die natuur was, want die stroomvloei was onre?lmatig in omvang, duur en seisoensgebonde. Daarteenoor was die vloedvlakte baie vrugbaar. Gronduitkeerwalle in die hoofstrome, wat elke derde of vierde jaar verspoel is en weer gebou moes word, het die water na bre? grondkanale verplaas. In die hoofstuk oor lusern sal op die belangrikheid van hierdie gewas gewys word, aangesien episodiese benatting genoeg was om die gewas te vestig waarna die lang penwortels die korswater van onder die vloedvlaktes kon trek.67 Die Klein Karoo het nog altyd groot dele met baie vrugbare grond gehad, maar as gevolg van die gebrek aan bestendige water kon die vrugbare grond nie na waarde benut word nie. Oor die grondsamestelling word later meer inligting gegee. Veral die ho? Swartberge aan die noordekant het as vogopvanger en voeder van menige klein strome en riviere gedien. Sodra hierdie water in damme opgevang is en dan deur middel van leiwaterslote aan die boere op gereelde basis verskaf 65MT Hoffman, et al, ? Drought, climate change and vegetation response in the succulent karoo, SA?, South African journal of Science, 105, January/ February 2009, p.10, 66D van Zyl, Natuurlike gebiede in Oudtshoorn (Ongepubliseerde M A-verhandeling, Universiteit van Stellenbosch 1944), pp. 29 ? 38. 67 Geo-Stell,Vol.7, 1983, p. 6. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 18 18 is, kon die landbouer reken op water en dus aanplantings soos lusern doen. Hierdie sukses met die besproeiing in die Klein Karoo het as ?n voorbeeld vir ander landboudistrikte in Suid-Afrika gedien.68 Die opgaardam, die leivoor en waterbeurte mag heel moontlik vir die moderne mens na ?n eenvoudige hulpmiddel klink, maar in die laat negentiende eeu was dit nog nie in die Klein Karoo in gebruik geneem nie. Die hele boerderybedryf is in die twintigste eeu verbeter deur die volhoubare verbetering van hierdie stelsels. Daarom is die boerderybedryf in ?n ander rigting gestuur deur die deurdagte en meer wetenskaplike gebruik en verdeling van water. In die latere deel van die twintigste eeu was meer gesofistikeerde stelsels soos sprinkelbesproeiingstelsels, ensovoorts oral in gebruik. Voordat die volstruisboerdery belangrik geword het, was die meeste boere verplig om te boer teen die berghange en langs die bergriviere naby beskikbare of moontlike beskikbare water. Maar die volstruisboerdery het groter kampe vereis en die boere van die bergvoetwyke kon na die doringbegroeide vloedvlaktes van die hoofstroom (van die Olifantsrivier) verskuif, want volstruise is vlaktediere wat min kos, maar ruimte nodig het.69 Die vloedvlakte het ?n nuwe gekommersialiseerde boerderylandskap geskep sonder die intimiteit van die bergvoetwyke, want die uitgestrekte kampe was vaal met half-dro? lusern en funksionele bloekoms in ?n streep langs die leislote. Die gebruikmaking van draad om plase en kampe binne plase af te kamp, het hierdie soort boerdery vergemaklik. Omdat die volstruis so ?n wilde dier was wat kilometers ver teen ?n verstommende spoed kan hardloop as hy geskrik het, was die draadomheining noodsaaklik vir die vlakteboer. En dan het die oprig van ?n windpomp om water aan so ?n kamp te verskaf die proses nog verder gehelp. Aanvanklik was dit duur om ?n windpomp op te rig, maar in die Graaff-Reinet-distrik en in die Klein Karoo het die abnormale ho? verepryse voor 1914 gehelp dat die boere windpompe op volstruisplase kon oprig. Dit het die gevolge van immer herhalende droogtes help te?werk.70 Die eerste goeie windpompe is in 1893 deur die maatskappy, Lloyd en Kie, ingevoer. Dit is deur die Aermotors Maatskappy in Amerika gemaak en was ?n totale verbetering op die ou soort wat met lomp houtwiele gedraai het. 71 Hierdie vlakteboere het ook die swaarste gely onder die val van die volstruisveremark omdat hulle kapitaal moes gebruik om hierdie windpompe, bloudraadheinings, besproeiingsinfrastruktuur en broeimasjiene op te rig. 72 Die Olifantsrivier, wat hulle vernaamste besproeiingsbron was, het soms vir drie tot vier jaar tydens die droogteperiodes nie gevloei nie. Na die val van die veremark was baie van die vlakteboere tot bankrotskap gedoem en dis toe dat die Joodse boere en ook finansieel sterk Afrikanerboere die 68B G Godlonton, Oudtshoorn and its farms, Press Advertising & Pub. Co., Cape Town, 1921, p. 6. 69 Geo-Stell, Vol.7, 1983, p. 7. 70S Archer, Technology and ecology in the Karoo, pp. 120-121. 71P J van der Merwe, Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek, p. 333. 72S Archer, Technology and ecology in the Karoo, p. 124. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 19 19 plase spotgoedkoop opgekoop het. Na die bou van die Stompdriftdam in die 1960?s, wat ?n gereelde waterbeurt aan die plase verseker het, is daardie plase in produktiewe eenhede opskep en het boere soos Jack Klass, Isidore Barron, Derick Fish en die Potgieters baie welgesteld geword met hul groot plase langs die Olifantsrivier. Die skryfster Sue van Waart verdeel ook die Klein Karoo in twee landbougebiede, naamlik die bergboerderye en vlakteboerderygebiede.73 Die meer effektiewe gebruik en verspreiding van water was een van die hoofoorsake vir die ekonomiese oplewing van die inwoners van die Oudtshoorn -distrik. So het Archer verklaar: ?What the furrow has done for ostrich rearing in Oudtshoorn it can do for all classes of farming where water is available ? either by conservation and skilful use of flood water, or by construction of bore holes and dams, or utilization of perpetually flowing streams and springs.? 74 Selfs die beter gebruik van damme en slote om water te bewaar, het egter nie die gevolge van periodieke droogtes gekeer nie. Dit het wel die negatiewe impak daarvan verklein, veral toe die groot damme soos Kamanassie-, Stompdrift-, Raubenheimer- en Calitzdorp-damme gebou is. Droogtes wat siklies elke agt tot tien jaar voorkom, duur ook ongelukkig nie net een jaar of een seisoen nie, maar is gewoonlik oor twee tot drie jaar versprei. En as dit dan re?n, kan dit maklik in oormatige vorm soos ?n vloed wees. So verklaar Viljoen dat die ellende wat deur die val die die volstruisveremark veroorsaak is, vererger is deur ?n ongekende droogte. Die droogte het in 1926 begin en voortgeduur tot aan die einde van 1928. Die riviere in het daardie jare nooit geloop nie en die boere het vir drie agtereenvolgende jare ook geen oes ingesamel nie.75 Benewens hierdie voorbeeld was daar nog talle vernietigende droogtes en vloede in die tydperk wat deur hierdie studie gedek word. Die inkonsekwente re?nval word deur ?n inwoner van Oudtshoorn na sestig jaar se verblyf in haar memoirs beskryf. Die Grobbelaars-rivier wat deur die middel van die dorp vloei was gewoonlik net ?n klein stroompie, maar kon na baie re?n in die opvanggebied skielik in ?n magtige rivier verander het.76 Die steil helling van die Olifantsrivier, wat die vernaamste rivier in die watersisteem van die Oudtshoorn-distrik is, veroorsaak ?n baie vinnige vloeispoed wat vloedwaters onhanteerbaar maak. Daarom vloei die rivier ook gou af en moet stewige uitkeerdamme die vloedgolf water kan kanaliseer sodat dit vir besproeiing aangewend kan word. 77 Daar was groot verligting toe die Nelsrivierdam by Calitzdorp na jare se beplanning en voorbereiding in 1918 voltooi is. Later is ook die groot Gamkapoort-dam in die Gamka-rivier agter die Swartberg gebou en deur oud-minister P K le Roux in 1969 geopen.78 Albei hierdie damme het 73Ibid., p. 1. 74Ibid.,p. 6. 75 P J Viljoen,Ek kyk terug, Suid-Afrikaanse Bybelvereniging, Pretoria, 1949, p. 147. 76C.P.Nel Museum Argief, O Brigdman: 60 years in the Little Karoo,(Ongepubliseerde manuskrip), p. 1. 77 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23, Junie 1978, pp. 5 ? 6. 78Ibid., p. 131. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 20 20 boerdery op ?n meer vaste fondament gevestig en die vernietigende droogtes meer hanteerbaar gemaak, tesame met die Kamanassie- en Stompdrift-dam in die Olifantsrivier. 1.4.4 Die bou van die Kamanassie-dam Na die val van die volstruisveremark in 1914 het die Eerste W?reldoorlog van 1914 tot 1918 gevolg met sy negatiewe gevolge vir die hele w?reld. Toe het die Groot Griep gekom wat ook baie huisgesinne in die Klein Karoo uitgewis het en daarna het die streek ook nog ?n erge droogte ondervind. As gevolg van die belangrikheid van die verbouing van lusern as die vernaamste voer vir volstruise het die klem op besproeiing geval. Die belangrikheid van die Kamanassie- besproeiingskema is besef en daarom is daar besluit om ?n groot dam in die Kamanassierivier te bou. Gedurende die droogte van 1919 is daar uiteindelik begin met die bou van die Kamanassie- dam met een van die Oudtshoorn-distrik se bekendste boorlinge as regsadviseur, naamlik C J Langenhoven. E T L Edmeades was die voorsitter van die dambouraad aangesien die vorige voorsitter, Atties Fourie, in die Groot Griep-epidemie van 1918 dood is. Die bou van hierdie dam het nie net gesorg vir ?n langdurige watervoorraad nie, maar belangriker nog was dat soveel mans, wat as gevolg van die val van die veremark werkloos geraak het, kon help bou aan die dam. Die bouwerk het tot in 1924 geduur terwyl nog aan die kanale tot en met 1926 gebou is. Dit was dus ?n welkome inkomste vir baie families in moeilike tye. Seshonderd mans was net met die bou van die dam alleen gemoeid en 1100 mans het aan die kanale gewerk. Die area wat deur die dam besproei is en dus daaruit voordeel getrek het, was 12 000 hektaar.79 Voor die bou van damme het al die plase gebruik gemaak van die bestaande riviere en veral di? wat gele? was aan die bergriviere, was meestal beter daaraantoe as die plase wat meer in die middel van die vallei gele? was. Die Olifantsrivier wat van oos na wes deur die Klein Karoo vloei, word gevoed uit die Groot Karoo. Dis in hierdie rivier waar die Stomptdrif-dam naby De Rust in 1965 gebou is. Verslikking is ?n ernstige probleem by damme wat deur die Olifantsrivier gevoed word omdat die water wat uit die Groot Karoo kom, ?n ho? slikinhoud het. Die slikvrag wissel afhangende van die intensiteit van die re?n, die plek waar dit re?n en die tyd van die jaar.80 Primitiewe slote was aan die orde van die dag totdat ?n meer regverdige waterverdelingsisteem uitgewerk is. Elke plaas het sy eie primitiewe besproeiingstelsel gehad, wat van geslag tot geslag oorgedra is. Sedert 1852 is daar al deur middel van afkerings uit die berg- of Olifantsrivere in grondslote besproei, om aan die plase se behoeftes te voldoen. Al was daar teen 2012 moderner en effektiewer metodes van besproeiing, is vloedbesproeiing steeds toegepas. Die vol sloot water is bloot deur middel van ?n graaf oopgemaak sodat die water stelselmatig oor die hele besproeiingsakker vloei. Gespesialiseerde waterleiers is nodig om hierdie vloedbesproeiing effektief te doen. Die voordeel hiervan is dat die diepwortelsisteem van plante so gestimuleer word 79Ibid., p. 110. 80 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23, Junie 1978, p. 52. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 21 21 en dan tydens die volgende droogte veel beter oorleef. Veral lusern baat by hierdie vloedbesproeiing.81 Soos wat die volstruisboerdery in belangrikheid toegeneem en die ander vertakkings van gemengde boerdery waarvoor die Klein Karoo steeds so bekend is, vermeerder het, het water die kosbaarste kommoditeit gebly. Dit is toe dat met bogenoemde Kamanassie ?dam se bou begin is, asook die aanl? van talle plaasdamme. Dit het nie net tot watervoorsiening in droogtetye aanleiding gegee nie, maar ook gehelp om die skade van oorstromings tydens vloede te verminder. Hierdie plaasdamme is in bergriviere soos die Meirings-, Wynands-, Grobbelaars-, Kango-, Klip- en die Doornrivier gebou en het met die verhoogde produksie van graan, vrugte, tabak en lusern gehelp. Met hierdie verhoogde en beter gereguleerde watertoevoer het die distrik van Oudtshoorn een van die produktiefste landbou-areas in Suid-Afrika geword. Vloedbeheer is deur die damme verbeter en die wegspoel van vrugbare bogrond is ook gekeer of verminder.82 Die bergriviere wat in die Swart-, Outeniekwa- en ander berge ontspring, het ?n baie laer slikvrag en word plaasdamme dus nie so gou toegeslik nie.83 1.4.5 Ander damme Water is sedert die laat 1800?s vanaf die plaas Rust- en -Vrede van Danie Nel vir die dorp, Oudtshoorn verkry, maar in 1939 het die dorp meer water gekry toe die Melville-dam op die plaas De Cango ( die naam Cango kom heelwaarskynlik van die Khoi-woord wat vallei tussen die berge beteken84), langs Rust- en -Vrede gebou is. Water is na ?n nuwe groot reservoir gepomp en hierdie hele skema is gedurende die moeilike oorlogsjare van 1943/44 voltooi.85 In die Oudtshoorn Courant van 29 November 1952 verskyn ?n verslag van die SWD- Ontwikkelingsassosiasie waarin bevind is dat die landboupotensiaal van Oudtshoorn met ?4 000 000 vergroot kon word indien die dertien riviere se water beter aangewend kon word. Teen 1952 was daar slegs een opgaardam vir landboudoeleindes, naamlik die Kamanassie. Die Olifantsrivier en sy belangrikste sytakke was toe nog nie benut nie. Baie vrugbare landbougrond is tydens vloede nog see toe vervoer .86 1.4.6 Die bou van die Raubenheimer-dam Hierdie dam is op die plaas De Cango in die Klein Le Rouxrivier, ?n systroom van die Grobbelaarsrivier, gebou en is opgerig om veral om die dorp van Oudtshoorn van water te voorsien. Daar is ?n ooreenkoms met die oewereienaars gesluit sodat hulle ook van die water van die dam kon gebruik, ten einde hulle te vergoed vir die tot nietmaking van hul waterregte ten 81 M Boehmke, History of Oudtshoorn,1952, p. 32. 82 J Burman, The Little Karoo, p. 34. 83 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23,Junie 1978, p.52. 84L Nell, the Garden Route and the Little Karoo, p. 175. 85Ibid., p. 175. 86 C.P.Nel Museum Argief, Oudtshoorn Courant, 29.11. 1952. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 22 22 opsigte van vloedwater van die Klein Le Rouxrivier. In 1967 het die Waterhof die bou van die dam goedgekeur. Tot in daardie stadium het Oudtshoorn sy water uit twee bronne gekry : die Melvilledam en ?n reeks fonteine naby die oorsprong van die Kango-rivier. Die Melvilledam is in 1941 voltooi en ?n Waterhofuitspraak het Oudtshoorn 100 persent aanspraak op die inhoud van die dam gegee. Claassen se werk toon ?n tabel wat die benutte en onbenutte water van die riviere aantoon.87 Claassen wys daarop dat die beskikbare water vir besproeiing, naamlik 47 000 Ml, voldoende is om 4 000 hektaar te besproei. In 1978 was daar egter 14 000 hektaar onder besproeiing. Daar was nog te veel afloopwater van die takriviere in die Oudtshoorn-distrik wat nie opgedam was nie. Van die 80 000 Ml per jaar afloopwater kan, volgens Claasen, ongeveer 61 000Ml deur damme of uitkeerskemas onder beheer gebring word.88 Verdamping, wat so hoog soos vyftig persent in die warm somermaande kan wees, dra tesame met die wegsypeling in die rivierbeddings ook by tot die verlies aan beskikbare water. 89 87 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituut vir Beplanningsnavorsing, Departement van Stads-en Streekbeplanning, Universiteit van Stellenbosch, Junie 1978, Instituutverslag no.23, p. 38. 87Ibid., p. 36. 88Ibid., p. 36. 89Ibid., pp. 36 ? 37. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 23 23 Tabel 1.1: Die waterpotensiaal van die Olifantsriviervallei, in die Oudsthoorn-distrik RIVIER Gemid. Jaarlikse afloop ML Opvanggebied Km2 Damterrein of moontlike benutting Moontlike lewering ML per jaar Reeds opgedam Olifants Kamanassie Klein le Roux?s Nel?s (Calitzdorp) 23 000 40 000 5 200 5 200 1 500 202 Stompdriftdam Kamanassiedam Melvilledam Raubenheimer-dam Calitzdorpdam 23 000 20 000 4 000 4 000 TOTAAL 68 200 51 000 Noordelike Takriviere Groot Huis (De Rust) Nels (De Rust) Kango Grobbelaars Wynands Vlei 11 000+ 1 000+ 3 000+ 4 000 15 500 6 000 4 000 660 31 91 47 148 137 100 Uitkeer met kanaal na Stompdriftdam ? ? Buffelskraal Kombuis Wildehondekloof Coetzeespoort 9 000 1 000 3 000 3 000 12 000 4 500 3 000 TOTAAL 44 500 35 000 Suidelike takriviere Doring Klip Kandelaars Moeras 7 900 15 600 6 000+ 6 700 260 200 300 188 Tierkloof Kandelaars Bobbejaankrans 5 900 11 700 3 000 5 000 TOTAAL 36 200 25 600 TOTAAL OPDAMBAAR TOTAAL BESKIKBAAR 61 100 112 100 90 1.4.7 Temperatuur Volgens die amptelike webbladsy van die Oudtshoorn Toerismeraad is die streek warm in die somer en gematig in die winter. Die gemiddelde somertemperatuur is 36,8?C in die dag en 5 ?C in die nag. In die winter is die gemiddelde dagtemperatuur 26?C en 0?C gedurende die nag. Menige inwoner van die Oudtshoorn-distrik wat meer as dertig jaar daar woonagtig is, sal egter die gemiddelde winterdagtemperatuur van 26 ?C ernstig b evraagteken aangesien die winters deurgaans baie kouer as dit is. Ryp kom ook dikwels voor in die winter. In die Suid-Afrikaanse 90 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituut vir Beplanningsnavorsing, Departement van Stads-en Streekbeplanning, Universiteit van Stellenbosch, Junie 1978, Instituutverslag no.23, p. 38. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 24 24 Weerburo se publikasie, Klimaat in Suid-Afrika van 1965, word die geweldige temperatuurskommelings wat daagliks en seisoenaal in die Klein Karoo voorkom, beklemtoon. Temperature van ver oor die 40 ?C kom in die somerm aande algemeen voor, maar die nagtemperatuur kan tot 18?C val. Hierdie tipiese ha lf-woestynklimaat van uiterstes was nog altyd een van die Klein Karoo se eienskappe. Die 1965-uitgawe van Klimaat in Suid-Afrika gee die gemiddelde temperatuur vir Januarie-maand aan as 32?C en 18?C in Julie met die uiterste temperatuur vir Januarie as 45?C en vir Julie 31?C (Hierdie syfers is verteenwoordigend van die meeste jare se temperature en temperatuurspelings). Laasgenoemde temperatuur kan ontstaan as gevolg van die tipiese winterweerverskynsel wat as Bergwindtoestande bekend staan. Dit is die afwaartse beweging van lug van die ho?r berge af tot by die kus wat dan soos die lug daal, verhit word en ongemaklike ho? temperature in die wintermaande in die Klein Karoo veroorsaak, maar erger nog langs die Suid-Kaapse kus. In die nagte is die gemiddelde temperatuur in Januarie 15 ?C, maar dit kan so laag daal as 5 ?C. In Julie is 5 ?C die gemiddelde nagtemperatuur, maar dit kan tot ? 3 ?C daal. Ryp kan tussen 1 Junie en ong eveer 31 Augustus voorkom met die gewone uitsonderings. 91 Daar moet gelet word op die effek van t? ho? en t? lae temperature veral op broeivolstruise. Die kwaliteit van die eiers wat in te ho? temperature gel? is, sal afneem, aangesien die volstruise minder vreet as dit te warm is. Die koue temperature kan ook veroorsaak dat volstruise se eetlus verhoog. As die boer bedag is op die effek van temperatuur op die vreetgewoontes van hulle volstruise kan hulle die kosrantsoene aanpas. By die grootmaak van volstruiskuikens is die effek van temperatuurskommelinge baie erger en moet die boer die weer konstant monitor omdat kuikens baie maklik vrek van enige klimaatsuiterstes.92 Wanneer die eerste ryp aan die einde van Mei of vroeg in Junie voorkom, begin volstruise seksueel aktief raak. Hierdie periode kan vir agt tot tien maande duur, maar gedurende die uiterste warm maande rus die volstruise. 93 As daar in Desember reeds baie ho? temperature voorkom, skei baie boere al die mannetjies en wyfies vir die somerrusperiode. NC Tait beklemtoon in sy studie dat die gematigde temperature van dorpe soos George en Mosselbaai, wat in afstand relatief naby aan Oudtshoorn en sy distrik is, deur die Outeniekwaberge verander word sodat daaglikse, sowel as seisoenale temperatuurskommelinge, baie groter is in die Klein Karoo. 94 In ander publikasies word die Klein Karoo se eiesoortige en wisselvallige klimaat nie eers afsonderlik behandel nie en word dit saam met die Groot Karoo behandel. Daar word wel melding gemaak van die teenwoordigheid van ho? bergreekse wat die klimaat tussen twee streke 91 Anon., Klimaat in Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse Weerburo, 1965, p. 315. 92 Anon., Volstruishandleiding, p. 110. 93 J A de Kock, et al, Guidelines for successful Ostrich Farming. Inligtingstuk van die Departement van Landbou, p. 28. 94 NC Tait, ?n Geografiese studie van die Noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudtshoorn omgewing, pp. 51 ? 68. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 25 25 aan weerskante van die berge drasties laat verskil.95 Daar word ook beklemtoon dat die rede vir die half-woestynagtige klimaat van die Klein Karoo te wyte is aan sy ligging in die re?nskaduwee wat deur die berge gevorm word. Langdurige droogtes wat deur vloede gebreek word, asook groot temperatuur-skommelinge, is alles kenmerke van hierdie mikroklimaat.96 Moriarty se werk, wat fokus op die plantegroei van die streek, l? weer klem op die feit die Klein en Groot Karoo duidelik van mekaar verskil. Daar word wel gemeld dat die Klein Karoo ?n half-dro? streek is maar dat dit nie waterloos is nie. 97 1.4.8 Wind Van Zyl Smit noem in sy verhandeling dat stormwinde selde ?n probleem in die Oudtshoorn-distrik is en min skormskade aanrig. Daar kom ?n welkome koel suid-ooste wind in die warm somermaande teen die namiddag in sommige dele voor. Belowende donderwolke word dikwels deur hierdie winde weggewaai en daarom noem die boere dit ?n ?bankrotwind?, alhoewel dit verligting van die hitte bring. Die noordweste winde, wat in die winter waai, is die draer van winterre?ns. Die ?Bergwindtoestande?, waarna reeds verwys is, waai veral in die nasomer en het ?n verskroeiende effek op die plante. Die ontydige afspeen van lusernblomme is ?n resultaat hiervan en veroorsaak dan ?n swak saadoes. 98 1.4.9 Grondsamestelling Dit is nie net die Swartberge nie, maar ook die Outeniekwa- en laer Kamanassieberge wat uit die Tafelbergserie van gesteentes bestaan. Ouer sediment?re en stollingsgesteentes vorm die onderste laag waarop die kwartsitiese sandsteen en skalie- en selfs tilliet-horisonne van die Tafelbergserie rus. 99 Die grond wat uit hierdie serie verkry word, is gewoonlik liggekleurde sanderige gronde wat nie baie vrugbaar is nie tensy stikstof en fosfaat en ook baie kalk bygevoeg word. Die Bokkeveldserie van gesteentes wat ook aangetref word, lewer vaalbruin gruiserige tot kleierige leem, wat verpoeier tot fyn stof as dit uitdroog. In valleie is hierdie grondsoort baie dieper en baie vrugbaar en waar dit oordeelkundig bewerk word, het dit ?n ho? waterdrakapasiteit en lewer goeie oeste. Dit is alles kenmerke van alluwiale grond. In die omgewing van die Olifantsrivier, waar daar nie genoeg goeie spoelgrond is nie, word hierdie grond meestal brak omdat die water heelwat mineraalsoute en swawel-waterstof, as gevolg van die onderlinge ontbinding van ysterpiriet en die organiese materiaal in die skalies, bevat. 100 95D. Van Zyl, South African Weather, p. 44. 96Ibid., p. 50. 97 A Moriarty,Outeniekwa, Tsitsikamma & Oostelike Klein-Karoo, p. 20. 98 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23,Junie 1978, p.18. Sien ook D J Van Zyl Smit, Die voorligtingswyk Oudtshoorn- ?n studie in landboupotensiaal (Ongepubliseerde M-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 1965). 99 NC Tait, ?n Geografiese studie van die Noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudtshoorn omgewing, p. 13. 100Ibid., pp. 13- 16. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 26 26 Alle besoekers aan die Klein Karoo is altyd verwonder oor die kenmerkende Rooikoppe wat oral in die distrik voorkom en bekend staan as Enon-lae. Die opvallende rooi Enon-konglomorate is goed ontwikkel aan die basis van die Enon-lae en hulle bou die tipiese rooi heuwels suid van die Olifantsrivier. 101 Soos verwag kan word, is die grond wat die Enon-lae lewer rooi tot rooibruin en soms vaal en die tekstuur wissel van ietwat growwe sandleem tot fyn sandleem. As hierdie grond net vlak is, is dit nie goeie besproeiingsgrond nie en kan ook maklik brak wees. Tog, as al die spoelgronde wat erodeer uit al hierdie verskillende gesteentes langs die hooflope en sytakke van riviere neergesit word, vorm dit ?n diep en vrugbare oewergrond wat baie geskik is vir landbou.102 Kenmerkend van die Enon is die dorbank, wat van enkele sentimeters tot meters diep kan wees en meestal ?n ondeurdringbare harde laag kan wees. By blootstelling aan die atmosfeer kan dit blus en disintegreer tot ?n krummelrige leemgrond. 103 Die bekende en imposante ?volstruishuise? en ?volstruispaleise? van die ?boom?-tydperk van die volstruisveremark is gebou met blokke van Enon- sandsteen. Goeie voorbeelde van konglomoraat-rotse wat uit die berge losgekom het, l? aan die voet van hierdie Enon-heuwels. Die reli?f van die Klein Karoo het ook ?n invloed op die landbou omdat grondbewerking selde plaasvind op gronde wat ho?r as 6 069 m bo se?vlak is. Die ho?rliggende dele word wel vir weiding vir boerbokke, Angora-bokke en beeste gebruik. Uit studies wat gedoen is van die noordelike hange van die Outeniekwaberge kom ?n prentjie na vore wat ook op ander dele van die Oudtshoorn-distrik toegepas kan word. Gelyke dele of vlaktes en saggolwende gebiede (van 0 ? 1 549 m) beslaan ongeveer 53%, heuwels en gebroke land (1 549 ? 3 048 m) 31%, en bergagtige tot berglandgebiede (3 048 m en ho?r) 16% van die gebied. Afhangende waar ?n mens in die Oudtshoorn-distrik is, sal hierdie syfers effens verskil, maar dit verskaf ?n goeie beeld van die hoeveelheid grond wat wel geskik is vir landbou. 104 Tabel 1.2: Benutte grondoppervlakte in die Oudtshoorn-Landdrosdistrik, 1970/1975 Benutte grondoppervlakte Hektaar Persentasie Besproeiing Dro?land Plantasies Weiveld 20 440 14 440 790 176 590 9,6 6,8 0,4 83,2 Totaal 212 230 100,0 105 Die helling van die gebied het ook belangrike implikasies vir die landbou. Hoe steiler die hellings, hoe vlakker is die gronde en hoe platter die gebied, hoe dieper is die gronde. Te steil hellings 101Ibid., p. 16. 102Ibid., p. 17. 103 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23,Junie 1978, p. 9. 104 NC Tait, ?n Geografiese studie van die Noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudtshoorn omgewing, pp. 19 ? 24. 105M Leipold en A P Melck, Ondersoek na die Ekonomiese Groeipotensiaal van Oudtshoorn, p. 23. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 27 27 maak grondbewerking onprakties en dikwels onmoontlik. Langs die Olifants- en Kamanassie- riviere is die helling minder as 3? wat dit geskik maak vir besproeiing en drooglandbou. Vlak oewergronde word aangetref aan die buitekante van die spoelgronde en hierdie spoelgronde bestaan gewoonlik uit verweringsprodukte van die Tafelbergserie, Bokkeveldserie en die Enon-lae, maar die vloedwaters afkomstig uit die Groot Karoo en Oos-Kaap bring gesteenteprodukte wat van ver aangevoer word. Die Kamanassierivier, wat in die Langkloof ontspring en die Olifantsrivier, wat van sy standhoudendste aanlope uit die Swartberge ontvang, maar sy oorsprong in die Groot Karoo het, is standhoudende riviere. Gedurende die kenmerkende lang intense droogtes het albei riviere egter al gaan staan. As die hellings tussen 3? en 7? is, is dit steeds r edelik geskik vir besproeiing. Aangesien groot gedeeltes van die Oudtshoorn-distrik se plase gebiede insluit met groter hellings, het dit aanpassing van boerdery-metodes gekos, maar is daar steeds suksesvol op skuinstes aanplantings van byvoorbeeld lusern gemaak.106 Potensi?le bewerkbare grond word groter in aanvraag soos landbouontwikkeling toeneem en daarom word daar al met sukses deur middel van sprinkelbesproeiing selfs op vlak grond teen hellings geboer. Die vrugbare oewer- en spoelgrond word meestal vir die verbouing van groente, groentesaad, tabak en kontantgewasse gebruik, terwyl die klipperige vlakker grond dikwels suksesvol met wingerd beplant is. Wingerd wil goedgedreineerde grond h? en die klipperige hange-grond is dus daarvoor geskik, terwyl die kleigrond wat meestal in die riviervalleie aangetref word nie geskik is vir wingerd nie. Geograwe noem die grond in die riviervalleie ?tuinbougrond?. Dit word dikwels vir die aanplant van lusern gebruik maar wanneer wisselbou toegepas word, word groente en tabak hier verbou. Die tabakplant aard goed in vrugbare, betreklik swaar grond langs die riviere en aangesien die valleie meer beskut is, verhoed dit beskadiging van die tabakplant deur ryp, hael en sterk wind. Daar is ook genoeg besproeiingswater in die valleie beskikbaar omdat tabak ?n redelik dorstige plant is en genoeg water benodig om ?n goeie kwaliteit te lewer.107 ?n Nadeel van die Oudtshoorn-distrik is dat dele tot soveel as 85 % uit veld bestaan waarop die verbouing van gewasse nie kan plaasvind nie. Daarom word die beskikbare landbougrond so intensief bewerk. Daar word wel diere (bokke, skape en beeste) aangehou in hierdie tipe veld en selfs volstruise kan daar aangehou word as die bosse nie so hoog is dat dit die vere sal beskadig nie. Die produktiwiteit van die veld word bepaal deur die plantegroei. 1.4.10 Natuurlike plantegroei ?n Ou naam van die Klein Karoo, Kannaland, wat veral deur die rolprentvervaardiger Jans Rautenbach weer in die volksmond geplaas is, kom heelwaarskynlik van die Kannabos wat 106Ibid., pp. 26 ? 33. 107Ibid., p. 123. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 28 28 wydverspreid daar voorkom. Kannabos is deur die Khoi en San as narkotiese middel gebruik deur dit te kou. 108 Die Klein Karoo is biologies ongelooflik ryk. Die grootste gedeelte l? in die Sukkulente Karoo wat een van 34 internasionaal erkende bio-diversiteitsbrandpunte (?hotspots?) is. Daar is net drie van hierdie brandpunte in Suid-Afrika en aldrie oorvleuel in die Klein Karoo. Een van die belangrikste eienskappe van so ?n brandpunt is dat dit ten minste 1500 spesies moet bevat waarvan 40 % endemies moet wees. 400 spesies kom slegs in die Klein Karoo voor.109 Die groot variasie in die plantegroei is aan die topografie en klimaat te danke. Aan die natter hange van die berge sal die plantegroei opmerklik verskil van die plat dro?r vlaktes. Die volstruisboerdery het die laerliggende dele van die Klein Karoo al baie verniel. Onoordeelkundige landboumetodes, soos te veel volstruise in ?n kamp, het hiertoe bygedra.110 Die gebrek aan groter plante wat deur die bre? plat pote van die volstruise vertrap is, het die kors van die aarde beskadig. Ernstige gronderosie kom dan makliker voor wanneer dit oormatig baie re?n. In die laaste dekade ( 2001 -2010) alleen is oor die R500 miljoen in die distrik aan die herstel van infrastruktuur na vloede bestee. As water so vinnig afloop oor harde, plantlose grond, vind daar ook nie aanvulling van die ondergrondse watertafel plaas nie. Baie plantsoorte kom onder groot druk as die watertafel vir te lank te veel daal.111 Opvallend van die Klein Karoo is die gebrek aan gras. Slegs met uitsondering en na uitsonderlike goeie re?n kom daar graspolle langs die paaie voor en net plek-plek in die veld. Die vyf soorte plantegroeigordels wat aangetref word, is die volgende: a) Skyn Fynbos. Waar die re?nval ho?r as 400mm per jaar is en op hoogtes van meer as 9 000m kom hierdie fynbos in die sandsteenberge se suur grond voor. Dit bestaan uit ho? bosse wat dikwels proteasoorte insluit en ook kleiner heide-agtige plante. Talle kleiner bossies maak die veld taamlik dig. Die gebrek aan nitrate in die grond in die Mediterreense klimaatsone is die teelaarde van die fynbos.112 b) Bergrenosterveld. Hierdie plantegroei kom voor waar die re?nval tussen 250 ? 400mm per jaar is en bevat talle bossiesoorte soos die kapokbossie, harpuis, bitterbos, vygies, rooisaadgras en olifantgras en daar is kleinvee wat wel hiervan eet. Hierdie plantegroei is dus van meer waarde vir die boer as die vorige groepering. Ander bronne gee ?n ho?r re?nval as tipies van die streek, naamlik 300 ? 600mm, en noem dat kleigrond hier 108 J van Tonder, The Little Karoo, Human & Rousseau, Kaapstad, 1998, p. 7. 109J Vlok, Plants of the Klein Karoo, pp. 1 ? 3. 110 Anon., Volstruishandleiding, pp. 177 ? 179. 111J Vlok, Plants of the Klein Karoo, pp. 5 ? 8. 112D van Zyl, South African weather, p. 45. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 29 29 aanwesig is wat erosie verminder. Die renosterbos en ander bossies wat hier voorkom, is ryk aan prote?ne en dus geskik vir wilde herbivore en kleinvee op plase.113 c) Sukkulente Rantestruikeveld. Soos die naam aandui, word baie alwyne, geelmelkbos, spekboom, noem-noem, wildepruim, gwarrie en granaatbos hier aangetref in die streek waar die re?nval tussen 200 ? 300 mm per jaar is. In droogtetye word die spekboom, wat baie volop is, saam met die blaaie van die garingbome opgekerf as voer vir volstruise. Die boere het hierdie mengsel (wat dikwels ook met molasse gemeng word om dit meer aanloklik vir die diere te maak) al laat toets by die Grootfontein Landbou- kollege waar bevind is dat dit ?n ho? voedingswaarde het weens die baie prote?ne daarin. Dit verskaf ook die nodige vog en groenigheid aan volstruise in droogtetoestande in ?n andersins dro?voerdieet. Vandag word die spekboom as een van die grootste aanvullers van suurstof tot die atmosfeer beskou. Die grond waarin hierdie plantegroei voorkom, is die skaliegrond van die Bokkeveldserie en die Enon-gronde. Die botterboom, wat ook in groot getalle hier voorkom, se blare word wel deur kleinvee en wilde diere ge?et. 114 d) Gebroke Karoo. Die drakrag van hierdie veld is groter as bogenoemde gebiede, alhoewel die plante met minder as 250mm re?nval per jaar kan klaarkom. Dit bevat ook baie klein soorte bossies en struike wat in die nabankgronde van die Bokkeveldserie en op die Enon-gronde voorkom. Nabankgronde is gelaagde gesteentes: skalies wat afgewissel word met sandsteen en kwartsiet. Dit vorm dikwels ?n golwende landskap waarin die bruin verweerde sandsteen as heuwels uitstaan.115 Dit moet egter onderskei word van dorbank, wat ?n harde ondeurdringbare laag is. 116 e) Die Sukkulent Karoo. Ook hierdie plante kom op die Enon-gronde voor en kan oorleef met ?n re?nval van 100 ? 200 mm per jaar. Vetplante en vygies oorheers hierdie streek terwyl bome en struike net langs rivierlope aangetref word. As die re?nval in die winter baie goed was, vertoon hierdie plante ?n blommeprag in die lente wat met Namakwaland vergelyk kan word. 117 113 L. Nell, the Garden Route and Little Karoo, p. 205. 114Ibid., pp. 205-206. 115 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23,Junie 1978, p. 8. 116Ibid., p.9. 117 NC Tait, ?n Geografiese studie van die Noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudtshoorn omgewing, pp. 139 ? 142. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 30 30 1.4.11 SAMEVATTING Daar is sekere geografiese faktore wat konstant is en waarmee ?n boer in ?n spesifieke landstreek altyd rekening moet hou. In die Oudtshoorn-distrik sal die ingeslotenheid tussen twee bergreekse altyd ?n effek op die potensiaal van boerdery h?. Die topografiese eienskappe het die ontwikkelingspotensiaal van die streek vir baie jare gekniehalter omdat die beskikbaarheid van markte buite bereik van die produseerder was as gevolg van die gebrek aan goeie verbindingsroetes met die markte en uitvoerhawens. Die Outeniekwaberge het die vogtige re?nwinde vanuit die suide afgesny en as dit nie was dat die ho?r Swartberge gesorg het vir konveksiere?n nie, sou die streek veel dro?r gewees het. Sneeu op die Swartberge vul die watervoorraad in die winter aan en voed die bergriviere . Die ingeslotenheid van die streek het veroorsaak dat die hitte van neerdalende lug die vallei met uitermate ho? temperature in die somer gelaat het. Dit het ook ?n bepalende faktor geword in die keuse van boerderyvertakkings. Saam met herhalende droogtes het die ho? temperature die volstruisboerdery aangemoedig aangesien die volstruis aangepas is vir sulke klimaatstoestande. Hiermee saam was daar deurgaans ?n soeke na gewasse, soos groentesaad, wat die ho? temperature kan weerstaan of selfs daaronder kan gedy. Net so sal die konserwatiewe bewaring en gebruik van water altyd ?n prioriteit bly in die Oudtshoorn-distrik aangesien dit die belangrikste en bepalende faktor in die boerderybedryf is. Die relatiewe klein bewerkingspotensiaal van die streek het die aanplant van gewasse bepaal en kon die vrugbare riviervalleie intensief bewerk word, maar sodra daar egter wegbeweeg is van die besproeiingsareas, moes noukeurig besluit word hoe om die ariede grond te benut. Die potensiaal vir ?n goeie landboustreek in die Oudtshoorn-distrik is aanwesig solank die faktore van kwesbaarheid te?gewerk kan word. Die uiterstes in die klimaat kan tot ?n mate beheer word, maar nooit verander word nie. Hoe doeltreffend die boer in hierdie distrik hulpmiddels aangewend het om probleme op te los, hoe beter het dit met sy boerdery gegaan. Deur te fokus op die positiewe aspekte soos vrugbare grond, beskikbare water en die vermo? om te kan diversifiseer, kon die landbouer die talle negatiewe aspekte soos droogtes, veranderende markaanvraag, vloede, kwesbare toegangsroetes, ensovoorts oorkom om suksesvol in hierdie distrik te boer . Die volstruisboerdery het deur sy laagte- en hoogtepunte gegaan, maar in die volgende hoofstuk sal die hierdie boerdery in diepte bespreek word. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 31 31 HOOFSTUK 2 DIE ONTSTAAN EN UITBREIDING VAN VOLSTRUISBOERDERY 2.1 INLEIDING As al die geografiese faktore van die Oudtshoorn-distrik in ag geneem word, moes die landbouer die negatiewe gevolge van die geografie probeer oorkom en ?n weg probeer vind om nogtans suksesvol te kon boer. Die gebrek aan voldoende water as gevolg van herhaalde droogtes het ?n bepalende rol in die keuse van landbou-aktiwiteite gespeel. Voordat die hoofbron van besproeiingswater, die Olifantsrivier, wat deur die middel van die streek vloei, en ook die talle bergriviere opgedam is, was die boer genoodsaak om net op die oewergronde van die riviere intensief te boer. Die herhalende vloede, wat droogteperiodes opgevolg het, het dan nog groter skade aangerig omdat die oewergronde daardeur verspoel of heeltemal weggespoel is. Die aanvang van volstruisboerdery in hierdie streek het ?n onverwagse positiwiteit gebring in die sin dat die negatiewe natuurfaktore soos ho? temperature in die somer, lae temperature in die winter en ?n deurlopende watertekort, verklein is omdat volstruisboerdery ten spyte van hierdie uiterstes suksesvol was. As daar van die landboupotensiaal van die Oudtshoorn-distrik gepraat word, word die potensiaal van volstruisboerdery voorop gestel omdat dit vir soveel jare, van voor 1880 tot na 1980, die hoofboerdery was en is met die uitsondering van die ongeveer dertig jaar1 na die val van die volstruisveremark in 1914. Volstruise kan op gedeeltes van die weiveld en ook in die dro?landgebiede aangehou word, wat nie vir die ander gemengde boerdery-aktiwiteite van die Klein Karoo gebruik kan word nie. Onbesproeide gronde het meestal ?n lae drakrag en volstruise wat daarop aangehou word, moet gevoer word. Die onbesproeide gronde dra verder min by tot die produksie van ander produkte.2 Die volgende tabel toon aan hoeveel hektaar teen 1978 onder besproeiing was. Dit dui ook aan dat die weiveld, waarvan ?n groot gedeelte vir volstruisboerdery gebruik is, die grootste gebied beslaan. 1Hierdie is ?n baie moeilike syfer om te bepaal omdat dit van boer tot boer verskil het.Privaat onderhoude: W Dicker, 20.01.12 en B Visser, 25.01.12. 2 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23,Junie 1978, p. 120. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 32 32 Tabel 2.1: Oppervlakte bewerkte grond en weiveld3 Distrik Besproeiing Dro?land Plantasie Weiveld Oudtshoorn 20 440 ha 14 440 ha 790 ha 212 230 ha Godlonton het in sy brosjure oor Oudtshoorn in 1914, toe die tekens van die val van die veremark reeds daar was, verklaar dat jy nie oor Oudtshoorn kon skryf sonder om die storie van die ?koningsvo?l? te vertel nie. Vir baie mense dwarsoor Suid-Afrika en ook in sommige oorsese lande is die woord ?Oudtshoorn? sinoniem met volstruis. Vir buitestaanders het hierdie assosiasie voorspoed en sukses beteken.4 Godlonton definieer volstruisboerdery nie as ?n deurlopende suksestorie nie en verklaar dat Oudtshoorn oor die jare baie terugslae verduur het.5 Hierdie deurlopende terugslae het nie in 1914 opgehou nie, maar tot 1980 en daarna voortgeduur. Daarom is dit nodig om die redes waarom die volstruis meegehelp het om die Oudthoorn-distrik tot ?n val, maar ook tot voorspoed te lei, te ontleed. In 1978 het P E Claassen verduidelik dat die weers- en ander omstandighede die produksie van die meeste produkte in hierdie streek van jaar tot jaar laat wissel het. Veegetalle, veral van skape en bokke, het sedert 1963 aansienlik afgeneem, maar die produksie van volstruisprodukte, veral vere, het sedert 1970 aansienlik toegeneem.6 Al die ander landbouprodukte van hierdie streek word afsonderlik bespreek en almal het ?n fluktuasie in belangrikheid beleef, maar die volstruis het altyd die een konstante faktor gebly wat nie ge?gnoreer kon word wanneer daar oor die landbou van die Klein Karoo geskryf word nie. In 1974, toe vere nog die belangrikste bron van inkomste was, is daar ?n voltydse navorser, mnr. Derick Swart, deur die Klein Karoo Landbouko?perasie aangestel en toe die klem na vleisproduksie verskuif het, is navorsingsbehoeftes weer daarby aangepas.7 Daar is deurgaans na die voedingsbehoeftes van die volstruis in al sy ontwikkelingstadia gekyk en inligting is aan boere deurgegee. Entstowwe is ook ontwikkel om die siektetoestande teen te werk.8 Volstruisprodukte het teen die einde van die periode van hierdie studie die grootste bydrae tot die inkomste van die streek gelewer .9 2.2 DIE OORSPRONG VAN VOLSTRUISBOERDERY IN DIE KLEIN KAROO Die benaming van die Klein Karoo as volstruisgebied dateer uit ?n vervloe? tyd. Reeds in die jaar 1689 het die ontdekkingsreisiger, Izak Schrijver, in opdrag van die Kaapse goewerneur, Simon van der Stel, ?n ekspedisie na hierdie gebied onderneem met die doel om die inheemse bevolking te 3 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23,Junie 1978, p. 85. 4B G Godlonton, Oudtshoorn and its farms, pp. 5 -6. 5Ibid., p. 6. 6 P E Claassen, Beplanningstudie van die Klein Karoo, Instituutverslag no.23,Junie 1978, p. 120. 7S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p. 80. 8Ibid.,p. 80. 9 M Leibold en A P Melck, Ondersoek na die ekonomiese groeipotensiaal van Oudtshoorn , Buro vir Ekonomiese Ondersoek, Stellenbosch, 1980. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 33 33 ontmoet. Hy moes uitvind waar die koloniale nedersetters wildsvelle en ivoor in die hande kon kry. Schrijver en vyf-en-twintig goedgewapende mans het met ?n olifantpad oor die Outeniqua ?berge gereis en het op hierdie vrugbare, dog deels barre vallei wat vandag as die Klein Karoo bekend staan, afgekyk. Interessant is dat onder die verskeidenheid wildsoorte wat hulle daar aangetref het, groot troppe wilde volstruise was. Uit die talle San-tekeninge in die bakkranse en grotte in die Klein Karoo blyk dit duidelik dat die San die volstruis en sy produkte, veral die eiers en vere gebruik het en seker die vleis ook ge?et het, indien hulle die wilde volstruise kon uitoorl?. Die San het ook die gebreekte eierdoppe in ronde vorms verwerk, gaatjies daarin gemaak en dit met boksenings ingeryg vir krale.10 Hierdie praktyk word al vir baie jare deur gestremdes in Oudtshoorn en Dysselsdorp voortgesit. Hulle het juwele daarvan gemaak en selfs die heel doppe word oral as aandenkings of versierings vir die huis verkoop.11 Volgens Arthur Douglas, een van die baanbrekers van volstruisboerdery in Suid-Afrika en die eerste man wat volstruiseiers kunsmatig uitgebroei het, is daar genoeg getuienis dat wilde volstruise oral in Suid-Afrika, maar veral in die destydse Kaapkolonie gevind is. Die algemene indruk dat die volstruis ?n woestyndier is, is nie heeltemal korrek nie. Sy aanpasbaarheid is duidelik uit die feit dat daar selfs in die koue, nat Engeland in 2012 al 35 volstruisplase was. In die Kaapkolonie het die volstruis na die dro?r dele van die gebied uitgewyk as gevolg van die mens se betreding van sy habitat. Die intrekkers (koloniste en Khoisan) het met beeste, skape en boerbokke begin boer en die wilde volstruise het na minder gesogte landbou-areas uitgewyk. Die volstruisveer is toe nog nie as belangrik geag nie, die wildheid en gevaar van die volstruis het geen boer aangetrek nie en dus het die volstruis aangepas en oorleef in semi-woestyntoestande. Die feit dat die volstruis die vinnigste dier op twee pote is, het met hulle oorlewing gehelp. Hulle kan tot 60 kilometer per uur hardloop en kan binne slegs 1,5 tot 2 sekondes weer tot stilstand kom.12 In die gebiede waarheen die volstruis migreer het, was ook talle wilde diere soos leeus, wilde honde, jakkalse, ensovoorts wat die volstruis se voortbestaan bedreig het.13 Wat die beeld van die volstruis as woestyndier versterk het, is dat hy ?n ?kameelhoender?, of ?kameelvo?l? in ou tale soos Farsi (wat steeds die voertaal in Iran en dele van Afganistan is) genoem word.14 Sy plat pote kan maklik en vinnig op sand beweeg. Die volstruis kan ook soos ?n kameel lank sonder water klaarkom. Sy voetspoor lyk baie soos ?n kameel s?n, omdat een van die twee groot tone die hele gewig van die volstruis dra as hy hardloop en hierdie ?sool? los dieselfde spoor as ?n ander sandloper, die kameel. 15 10Ibid., p. 2. 11 Privaat onderhoud : P M le Roux, 20.01.2012. 12 P Wagner, Die volstruisverhaal, Chameleon Press, Kaapstad, 1986, p.14. 13A Douglas, Ostrich Farming in South Africa, p. 18. 14 E Baker, As ?n Pou kon vlieg, Tafelberg-Uitgewers Bpk., Kaapstad, 1980, p.9. 15 P Wagner, Die volstruisverhaal, p.15. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 34 34 Ook in die vrugbare valleie van die Calitzdorp?gebied, wat onder die Oudthoorn-distrik val (sien Figuur 1.1,p. 9 ), word verskillende produkte gekweek, maar alreeds teen 1871 het mense verwys na die volstruis as ?quite the rage?. Volstruisboerdery het die boere baie in tye van knellende droogtes gehelp wanneer landbougewasse as gevolg van ekstreme klimaatstoestande tot niet gegaan het. In 1880 het ene ?JJV? van die Paarl geskryf dat Calitzdorp met sy vrugbaarheid en sy aangename klimaat sonder groot koste in ?n lushof omskep kon word. Tabak was die vernaamste boerdery, maar volstruisboerdery was ook baie gewild. Die voorspoed en laagtepunte van die volstruisbedryf is ook hier ondervind en boere wat ondergegaan het, het veral na die Transvaalse goudvelde toe vertrek om in die myne te gaan werk.16 Die jaar 1863 word geredelik deur die industrie self beskou as die amptelike aanvangsdatum van die volstruisbedryf in die Oudtshoorn-distrik. ?n Honderd jaar later is daar feesgevier om die eeufees van die bedryf te herdenk en dit kon met reg gedoen word omdat die volstruisbedryf teen 1963 weer sy regmatige plek in die Oudtshoorn?landboubedryf teruggekry het.17 In 1863 was die volstruisbedryf nog grotendeels in Grahamstown gesentreer met Arthur Douglas as leidende figuur. Tog is daar nog talle wilde volstruise gejag en doodgemaak totdat Wet No.12 van 1870 deurgevoer is waardeur die jag van wilde volstruise onwettig gemaak is. Die wet het die volgende bepaal: ?No person shall kill, catch, capture, hunt, of wound any ostrich, not being domesticated, without having first obtained a licence to kill ostriches, under a penalty of any sum not less than ?30 sterling, and not exceeding ?50 sterling for the first offence, and not less than ?40, and not exceeding ?100 for every subsequent offence...? 18 Die roekelose jag van wilde volstruise het hierdie vo?ls tot op die rand van uitwisseling gedryf, derhalwe het die makmaak van die volstruis, tesame met hierdie wet, volstruisboere se bedryf gevestig.19 Wetgewing ter beskerming van wilde volstruise is eers deur die Kaapkolonie en later ook in die Transvaal deur Wet No. 10 van 1870 aanvaar.20 2.3 DIE VEREDELING VAN VOLSTRUISBOERDERYMETODES Die amptelike jaarboek van die Unieregering het ook die veredelingsproses van die volstruisboerdery as die redding van die volstruis aangegee.21 Voordat die volstruisbedryf in Suid- Afrika posgevat het, is volstruise in Noord-Afrika makgemaak deurdat die inwoners hulle in klein kampe aangehou het om hulle vere te pluk. As die wilde volstruis eers aan die hardloop raak, kan selfs ?n vinnige perd hom nie inhardloop nie. Deur die volstruise in kampe aan te hou, kon die vere 16 H C Hopkins, NGK Calitzdorp, p. 129. 17 F Goldie, The Golden Bird, p. 46. 18Ibid., p. 48. 19J A de Kock, et al, Guidelines for successful Ostrich Farming, Inligtingstuk van die Dept. van Landbou, p. 1. 20 D J van Zyl Smit, Volstruisboerdery in die Klein Karoo, p.3. 21Official Year Book of the Union of South Africa. 1910 ? 1917, No.2.- 1918, Government Printer, Pretoria, 1919. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 35 35 beter benut word. Hulle wou egter nie voortplant in die klein kampies nie. Drie baanbrekerboere uit die Oudtshoorn omgewing, ene Olivier, Raubenheimer en Van der Westhuizen, het hierdie probleem oorkom deur ?n kleiner aantal volstruise van beide geslagte in groter kampe aan te hou en waar hulle wel gepaar het. ?n Fransman, ene Chagot van Algeri?, was hulle voor, maar as gevolg van gebrekkige kommunikasie-infrastruktuur in daardie jare, was die Oudtshoorn-boere nie bekend met sy telingsmetodes nie. Daar was ook ?n paar boere in die Kaapkolonie wat volstruise suksesvol in aanhouding voor die Oudtshoorn-boere geteel het. Hulle was ene Von Malitz en Booysen van Graaff-Reinet, Kinnear van Beaufort-Wes, Gouws van Klipplaat en Douglas van die distrik Albani? in die Oos-Kaap. Soos reeds genoem, was Arthur Douglas die bekendste en hy dra die titel van ?eerste volstruisboer? in Suid-Afrika.22 Volstruise paar net as hulle seker is dat daar kos gaan wees vir die klein volstruisies wanneer hulle uitbroei. Daarom paar hulle dikwels na goeie re?n of as dit koeler word en daar tekens van re?n is. Omdat daar aanvanklik nog baie wilde diere in die Oudtshoorn-omgewing was, is die makker volstruis egter dikwels deur roofdiere aangeval, hulle het makliker siek geword in volstruiskampe en dikwels ook hulle bene gebreek as hulle vir iets geskrik het en hulself dan teen omheinings beseer het. Volgens Lawrence Green was hulle ?accident-prone to a high degree?. Max Rose, wat sedert 1895 vir amper 60 jaar ?n belangrike volstruisboer in die Oudtshoorn-distrik was, het verklaar dat hy min volstruise gesien het wat dood is aan natuurlike oorsake en dat tot 90% van alle sterftes aan gebreekte bene te wyte was.23 So vroeg as 1890 het Annie Martin die volgende oor volstruissterftes geskryf: ?The worst and most frequent accidents by which ostriches contrive to make away with themselves are broken legs.... The bone seems almost as brittle as porcelain...? 24 Volstruisboere is egter van mening dat die bene sterk is, maar net as gevolg van hulle lengte maklik breek as die vo?l skrik en teen iets vashardloop.25 Twee eeue gelede het die eerste wit boere hulle in die Klein Karoo gevestig en volgens beskikbare inligting is daar reeds vroeg in 1838 vere van wilde volstruise oorsee uitgevoer.26 Teen 1850 is ook die vere van makgemaakte (?domesticated?) volstruise uitgevoer.27 ?n Ander bron meld dat volstruisvere ter waarde van 115 590 riksdaalders teen 1821 uit die Kaapkolonie na Europa uitgevoer is.28 Die volstruisbedryf was aanvanklik oor die hele Kaapkolonie versprei en Oudtshoorn het nie die kern daarvan gevorm soos later die geval was nie. Dit was eers vanaf 1870 (alhoewel 1863 lukraak gekies is as aanvangsdatum soos hierbo vermeld is) dat Oudtshoorn meer en meer die mekka van volstruisboerdery in Suid-Afrika geword het as gevolg van sy ideale klimaat: droog en warm, maar tog met genoeg besproeiingswater vir die kweek van noodsaaklike voeding soos 22 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie, 1990, p.2. 23 Lawrence G Green, Karoo, p. 127. 24 A Martin, Home life on an Ostrich Farm, pp.147 -148. 25 Privaat onderhoud: PM le Roux, 13.05.2012. 26J H Louw, Die volstruisbedryf en die Klein Karoo Landbouko?perasie, 1990, p. 2 27Ibid., p. 2. Geen spesifieke land word egter in hierdie data oor uitgevoerde volstruisvere genoem nie. 28 L Nell, the Garden Route and Little Karoo, p. 163. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 36 36 lusern vir die volstruis. Na die Anglo Boere-oorlog (1899 ? 1902) het die prys van volstruisvere die hoogte ingeskiet. Die bekende volstruisbaanbreker, Arthur Douglas, het ook die eerste broeimasjien in die Oos-Kaap ontwerp waarin volstruiseiers uitgebroei kon word sonder dat die wyfie bedags en die mannetjies snags op die eiers moes sit om dit warm te hou totdat die kleintjies uitgebroei het. Hy het reeds in 1869 met ?n broeimasjien begin eksperimenteer. ?n Paar eiers is altyd in die nes gelos en ?n paar is verwyder en in die broeimasjien gesit. Die wyfie tel dan die eiers, vind hulle is te min om op te broei en l? dan nog. Sodoende l? sy dertig in plaas van die gebruiklike sestien tot drie-en-twintig eiers. Toe die magistraat van Oudtshoorn, ene mnr Scholtz, lusern aangeplant het as aanvullende volstruisvoer in die 1870?s, was dit die perfekte aanvulling vir die volstruisdieet en word dit tot vandag toe nog as die belangrikste voeding vir die volstruis geag. 29 Die volstruis eet net plantmateriaal.30 En as hierdie plantmateriaal uit sukkulente (vetplante) bestaan, vervang dit water in die volstruis se dieet. Volgens Arthur Douglas het veral broeivo?ls nie water nodig nie as die broeikamp groot genoeg is en hulle toegang tot die Karoo-veld het. Hy het verklaar dat baie broeivo?ls vir jare nie beskikbare water gehad het nie, maar dat die boer maar moes sorg vir water as hulle afgekamp word en daar nie volop sukkulente in die kampe was nie.31 Aangesien grond in die Oudtshoorn-distrik waardevol is, is die broeikampies kleiner en die natuurlike plantegroei nie meer aanwesig nie. Gevolglik moet water dus aan die vo?ls voorsien word, veral in die baie warm somermaande. Douglas beskryf sy eksperimentering in ?n boek wat in 1881 verskyn het. Hy het deeglike navorsing oor enige kunsmatige uitbroeimetodes wat deur die eeue gebruik is, gedoen. Menige volstruisboer was uiters skepties toe hy in 1868 ?n broeimasjien ingevoer het waarmee hy baie mislukkings gehad het, maar later ook baie suksesse. ?n Opname van die laat 1980?s het getoon dat 40% van boere in die Klein Karoo van beide kunsmatige en natuurlike broeimetodes gebruik gemaak het, terwyl 29% slegs natuurlik laat broei. Baie boere laat persone wat daarin spesialiseer om volstruiskuikens met broeimasjiene uit te broei, toe om hulle volstruise se eiers professioneel uit te broei.32 Daar was spesiale omstandighede waar die gebruik van ?n broeimasjien in die jare voor 1918 aangewend is. Die Oos-Kaap, waar Douglas geboer het, was gedurende die broeitydperk natter as die Klein Karoo en so kon eiers deur die broeimasjien uitgebroei word. Die broeimasjien is ook aangewend as die broeipaar volstruise geweier het om op die neste gaan sit. Tog was die regeringskommissie van 1918, wat die oorsake van die ineenstorting van die volstruisveremark 29 L Nell, the Garden Route and Little Karoo, p. 163. 30 M Andries de Wit, Volstruise vir Afrika, p. 11. 31 A Douglas, Ostrich Farming in South Africa, p. 99. 32 Anon., Bedryfsondersoek oor die volstruisbedryf in die RSA, (Verslag) 1993, p. 12. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 37 37 ondersoek het, teen die oormatige gebruik van die broeimasjien gekant, aangesien dit die onbeheerde aanwas van volstruise veroorsaak en die aanbod die aanvraag oorskrei het.33 D J van Zyl Smit het in 1964 beweer dat Suid-Afrika reeds vir ?n eeu die monopolie op volstruisvere gehad het en sedert 1870 meer vere as alle ander lande tesame geproduseer het.34 Van Zyl het sy bewerings op die Encyclopedia Brittannica en di? opinie van MF Wormser gegrond. Sy argument was dat daar nie geldige statistieke oor ander lande se volstruisgetalle of volstruisboergetalle bestaan het nie, alhoewel daar van volstruisboerdery in Egipte, Algeri?, Kaliforni? en die suidelike state van die VSA gepraat is. Florida in die VSA het oor geen statistieke vir volstruise na 1920 beskik nie en vir Kaliforni? en Arizona het daar slegs tot 1909 statistiese gegewens bestaan. Die Acclimatisation Society of Paris het die waarde van die vere besef en aan Algeri? en Senegal hulp verleen om volstruise mak te maak en daarmee te boer. In Algeri? is groot sukses op die korter duur behaal, maar volstruisboerderye naby Florence, Madrid, Marseilles en ander dele van Europa, wat ook Engeland ingesluit het, het gou tot niet gegaan.35 In 1884 het die Kaapse regering ?n ho? uitvoerbelasting op volstruise en volstruiseiers gehef ten einde sy monopolie te beskerm.36 In elke werk wat al oor die volstruis geskryf is, word aandag gegee aan al die ander plekke in Suid- Afrika en in die w?reld waar daar al met volstruise met meer of minder sukses geboer is. Tog is die uitspraak telkemale dat dit die klimaat van Oudtshoorn is wat dit steeds die suksesvolste streek maak om met volstruise te boer. So het ene Le Roux in Fay Goldie se boek verklaar: ?Being indigenous to desert countries the ostrich prefers a dry climate. It has been found that a diet of lucerne ? no other food is necessary- suits it admirably.... Conditions in the Oudtshoorn area are therefore near perfect for raising ostriches; the climate is inclined to be arid, it is an excellent lucerne-growing region, and our gravelly soil contains all the stones necessary.? 37 Tot in 1990, voor die afskaffing van die eenkanaalbemarking van die volstruisbedryf, was ongeveer 96/97% van die volstruisbedryf vanaf Oudtshoorn as middelpunt ook in Calitzdorp en Ladismith, Prins Albert, De Rust en Willomore gesetel. In daardie stadium was daar ook kleiner volstruisboerdery- aktiwiteite in Aberdeen, Graaff-Reinet en Patensie in die Oos-Kaap.38 Dit verg ook ?n geharde boer met baie deursettingsvermo? wat nie terugdeins vir die veeleisende taak van volstruisboerdery nie. Handleidings met voorskrifte vir volstruisboerdery het eers in die afgelope veertig jaar verskyn. In die beginjare, waaroor hierdie studie handel, was ondervinding en ?n harde leerskool die vernaamste hulpmiddel vir die volstruisboer van die Klein Karoo. P M le 33U.G. 12 ? ?18, Official Year Book of the Union of South Africa,1917-18, Government Printer, Pretoria, 1918, p.5. 34DJ van Z Smit, Volstruisboerdery in die Klein Karoo, p. 1. 35F Goldie, The Golden Bird, p. 47. 36Ibid., p. 3. 37Ibid., p. 57. 38 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie, 1990, p. 11. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 38 38 Roux, ?n volstruisboer van Oudtshoorn, is van mening dat daar baie waardevolle inligting in Douglas se boek van 1881 is wat steeds op volstruisboerdery van toepassing is.39 Wat was so besonders aan die volstruisveer dat dit soveel mense tot groot rykdom en net soveel mense tot groot armoede gelei het? Volgens D J van Zyl Smit het die luuksheid en prag van ?n volgroeide mannetjievolstruis se wit pluime mense deur die eeue bekoor. Wilde volstruise is meestal doodgemaak vir hulle vere, want hulle het voor Bybelse tye reeds in die Arabiese woestyn, Palestina en Persi? voorgekom. In die tien fabelagtige jare van 1904 tot 1914 het 1kg wit pluime byvoorbeeld R400 gehaal en vir ?n paar broeivo?ls in die Oudtshoorn-distrik is R2 000 per vo?l betaal.40 Dit is belangrik om daarop te wys dat vir volstruisboerdery in daardie tydperk net die wit pluime van belang was. Die vel, lyfvere en die vleis is eers veel later na waarde geag en bemark. In 1913 was volstruispluime naas goud, diamante en wol die vierde belangrikste uitvoerproduk van Suid-Afrika. Dit was die sogenaamde ?boom?-jare van die volstruisbedryf. 41 Uit die tydperk toe die wit pluime so gesog was, het ?n klompie boere in die Klein Karoo meestertelers van volstruise met goeie pluime geword. In die De Rust-omgewing het mnre. P M le Roux, G Meiring, D Redelinghuys en Leroux van der Westhuizen telers van uitnemendheid geword en in die Oudtshoorn-omgewing was dit mnre. Johann le Roux en Johan Olivier.42 Soos wat beesboere die beste bul en beste teelmateriaal onder koeie in die hande probeer kry het om ?n goeie stoet daar te stel, het die volstruisboer dieselfde gedoen. Die keuse van watter volstruismannetjie saam met watter twee wyfies afgekamp word sodat hulle nageslag goeie vere kon lewer, was die teler se vernaamste taak.43 Selfs na die val van die veremark in 1914 het ?n klompie boere hulle beste volstruise as teelmateriaal behou en ook nog gereeld die volstruise gepluk en die vo?ls met dieselfde sorg behandel as voor die val van die mark. Vismotte was die grootste vyand van gebergde vere en daarom het van daardie boere die mooi pluime en ook die ander soorte vere in kiste gepak met lae koerantpapier tussenin. Die ouer soort drukkersink, wat spesifiek vir die druk van koerante gebruik is, was giftig vir vismotte. Toe die aanvraag na goeie vere weer vergroot het, kon hulle dit op die mark stoot en het hulle baie goeie pryse behaal. Daardie vere is meestal direk oorsee gestuur, aangesien dit nog voor die stigting van enige ko?perasie was. Twee Le Roux-broers is in 1908 na Europa om ?n dokter in Duitsland te besoek oor die verkryging van ?n glasoog vir een van die broers, maar hulle het ook talle ander 39 Privaat onderhoud: P M le Roux, 20.10.2011. 40 Ter wille van moderne perspektief is die bedrae van Britse pond na Rand oorgeskakel en is natuurlik in geldwaarde baie meer aangesien ?n groot plaas in die Klein Karoo vir ?R6 000 ( bereken op die aanvanklike oorskakeling van pond na rand in 1961 waar ?1= R2) gekoop is. 41DJ van Z Smit, Volstruisboerdery in die Klein Karoo, p. 10. 42 Farmer?s Weekly, 10.01.1962,p.17, ( F Goldie:The ostrich makes a come-back); Privaat onderhoude met O Olivier,15.11.2011, PM le Roux,13.01.2012 en P Schoeman, 15.01.2012. 43 Privaat onderhoud, P le Roux, 20.01.2012 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 39 39 lande besoek en kontakte opgebou. Na die val van die veremark het hulle die vere na hierdie kontakte gestuur.44 In ?n artikel in die Farmers? Weekly word die verhaal van een van die telers, Johann le Roux, vertel. Die patroon wat sy telingsprogram gevolg het, was ook die geval by die ander telers wat hier bo genoem is. Eerstens is die telingsprogram van vader na seun oorgedra tot in die vierde geslag. Aangesien daar min handleidings en hulpmiddele was, het die jong boer by sy pa die fyner kunsies van teling geleer. Mnr Johann le Roux van Bakenskraal naby Oudtshoorn was ook bekend vir sy Frieslandstoet, wat die noodsaaklikheid van gemengde boerdery beklemtoon het en dat baie boere wel die insig gehad het om nie net op volstruisboerdery te fokus nie. In die jare na die val van die veremark het hy sy beste volstruise gehou. Hy het op ?n kleiner skaal met hulle geteel, maar die telery nooit verwaarloos nie.45 Hierdie telers was perfeksioniste wat nooit hulle program van seleksie van goeie volstruise laat vaar het nie. Die glans, sterkte, lengte, vorm en digtheid van die vere van hulle volstruise was baie belangrik.46 Hierdie deursettingsvermo? en selektiewe teling het die boere in die 1960?s en 1970?s ryklik beloon met die gereelde veilings wat deur die Klein Karoo Landbou-ko?perasie gehou is toe die aanvraag na goeie vere weer gestabiliseer het.47 Die Official Year Book of the Union of South Africa. 1910 ? 1917, No.2.- 1918, berig dat ?methods of chick- rearing have been elaborated, and by selective breeding the plume has been brought to a high state of perfection?? 48. Solank die teler finansieel sterk genoeg was om deur die swak ekonomiese tye hierdie goeie broeivo?ls te kon behou, kon sy nageslag vyf, ses dekades later die vrugte daarvan pluk. Op een plaas in die Oudemuragie-vallei is ?n Riempie ? mannetjie se ouderdom as 60 jaar aangeteken, wat daarop wys dat volstruise baie lank kon leef.49 Die doelwit van hierdie telers was om met behulp van die regte voeding ?n ?vet? veer, een wat blink en nie dof lyk nie, in te teel. Hierdie praktyk is ook reeds in 1881 deur Arthur Douglas aanbeveel.50 Die breedte van die wit pluim het sy aansien en prys verhoog en dan was daar ?n paar spesiale broeivo?ls wat vere met gekartelde en gekrulde vere gelewer het wat geen gelyke elders ter w?reld gehad het nie.51 Somerset Playne skryf dat daar eers sedert die 1890?s ?n meer doelgerigte poging onder volstruisboere ontstaan het om op ?n georganiseerde wyse met volstruise te begin teel. Teen 1911 was daar al ?n hele paar gerespekteerde volstuistelers en die Kaapse uniale regering het gesorg dat hierdie teelmateriaal nie die land kon verlaat nie deur wetgewing in te stel. Die vere is uitgevoer, maar nie die volstruise nie. Daar is toe reeds besef dat die klimaat van ?n 44 C P Nel Museum Argief, Dagboek van P M le Roux, 1908; Privaat onderhoud: P M le Roux, 20.01.2012. 45 Farmer?s Weekly, 10.01.1962, p.17 ( F Goldie:The ostrich makes a come-back). 46 F Goldie, The Golden Bird, p. 58. 47Ibid., p. 49. 48 Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1917 No. 2 ? 1918, Government Printer; Pretoria, 1919. 49 Privaat onderhoud: PM le Roux, 20.05.2012. Die Riempie-volstruise was ?n spesifieke bloedlyn van baie goeie volstruise. 50 A Douglas, Ostrich Farming in South Africa, p. 97. 51 Privaat onderhoude: PM le Roux, 20.05.2012; O Olivier, 16.02.2012 en P Schoeman, 13.03.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 40 40 streek belangrik vir suksesvolle volstruisboerdery was. Playne verwys na ?certain crisp climates where there is not much moisture?. 52 Hy l? ook klem op die groot rol wat die verbouing van lusern gespeel het in ?n suksesvolle volstruisboerdery. Aangesien lusern se voedingswaarde baie hoog is, het dit die kwaliteit van die veer baie verbeter.53 Figuur 2.1: Swart gekartelde langstof en wit mannetjiepluime van S D P le Roux, Oudemuragie, distrik De Rust 52 S Playne, Cape Colony, (Cape Province) Its History, Commerce, Industries and Resources, J C Juta & Co., Londen, 1911, p.53. 53Ibid., p.53. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 41 41 54 Figuur 2.2 : P.M. le Roux, by ?n bos mannetjie witpluime wat in 2012 reeds 35 jaar oud was Die foto is ?n bewys dat goeie vere baie lank geberg kan word sonder om kwaliteit in te boet soos gebeur het na die val van die veremark in 1914. Die witpluime het steeds die krul en blink voorkoms as gevolg van die aanwesigheid van vet in die vere. Die wilde volstruis se veer was nie van so ?n goeie kwaliteit as di? van ?n geteelde vo?l nie, aangesien die regte voeding, bestuur van die vo?ls en veral die telingproses die veer se gehalte baie verbeter het. Daar is wel met groot moeite teelvo?ls van Noord-Afrika ingevoer om nuwe bloedlyne in te bring, maar dit het steeds by die individuele teler berus om die regte mannetjievolstruis met die regte twee wyfievolstruise af te kamp sodat hulle kon broei om die beste kuiken met die beste vere te lewer. 55 Teen 1913 het die verspreiding van volstruise soos volg daar uitgesien: in die Kaapprovinsie 757 000 en in die ander provinsies gesamentlik slegs 19 000. In die Oudtshoorn-distrik het 110 000 (14,5%) van die vo?ls voorgekom, terwyl die naas grootste gebied Uitenhage was met 43 000 volstruise. Hierdie statistieke vertel die hele verhaal van die ?boom? (vergelyk 1913 se volstruisgetalle met die res) en die versigtige optimisme wat weer later geleidelik gegroei het met die hernude belangstelling in die volstruisbedryf. 56 54 Foto geneem, 12.05.2012, troue van kleindogter van SDP le Roux te Tulbagh. 55C J Nel,Guidelines for successful Ostrich Farming, Inligtingsbrosjure, Dept. van Landbou, g.d., p. 2. 56Twee ander bronne gee die getal volstruise in 1913 as 1 miljoen aan. Sien Volstruishandleiding, uitgegee deur die Department Landbou, Wes-Kaap, p. 1 en F Goldie, The Golden Bird, p. 50. Sien ook DJ van Z Smit, Volstruisboerdery in die Klein Karoo, pp.10,11;The Farmers?Weekly, Januarie 1962. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 42 42 Tabel 2.2: Sensusstatistieke oor volstruisgetalle in Suid-Afrika 1880-1890 1891-1900 1913 1918 1932 1940 1964-1966 1990 ?200 000 ?300 000 776 000 tot 1 miljoen 314 000 30 000 20 000 65 000 ? 70 000 120 000 2.4 DIE TYDPERK VAN 1914 TOT 1945 Die jare 1914 ? 1924 was die ongelukkigste jare van die volstruisbedryf. Die een oomblik was die volstruisboer op die kruin van sukses en skatryk en die volgende dag was daar geen mark vir sy produkte, naamlik sy vere, nie en het die volstruis gevolglik ook geen waarde gehad nie. Die boere het by die regering vir ?n ondersoek na hierdie toedrag van sake gevra en om hulp gaan aanklop. Uiteindelik is ?n Regeringskommissie van Ondersoek na die Volstruisbedryf in 1916 aangestel en vergaderings is op verskeie plekke gehou. 57 Die uitslag van hierdie kommissie het in 1918 verskyn. Die kommissie het bevind dat daar sewe redes vir die val van die volstruisveremark verantwoordelik was. Die modes het verander en veral die volstruisveerhoede van die dames het afgewaai in die nuwe vervoermiddel van die tyd, die motorkar. Die motorkar van die periode was oop en onbeskut wat die afwaai van hoede vergemaklik het. ?n Tweede rede was die agitasie van die anti-pluimorganisasies in die buiteland. Dit het bestaan uit diereliefhebbers wat gedink het dat die boere die volstruise beseer het as die vere gepluk word. Alreeds in 1911 het Somerset Playne geskryf: ?Only lamentable ignorance of the subject can be answerable for such misstatements and misrepresentations.? 58 Hy het verder verduidelik dat die veer afgeknip en die stompie in die vel van die volstruise gelos word totdat dit droog word en die uitgroei van die nuwe veer die stompie as?t ware uitstoot. Die volstruis sal dikwels self ook die stompie uittrek as dit hom irriteer en om plek te maak vir die nuwe veer.59 Dit was eers na die besoek van die Britse koning en sy gesin aan Suid-Afrika in 1947 dat die wankonsepsie oor die seermaak van die volstruis tydens die plukproses heeltemal verwyder is. Die Wit Trein, wat die koningsgesin vervoer het, het by Le Roux-stasie, distrik Oudtshoorn, stilgehou en die koningsgesin het daar uitgeklim. Prinses Elizabeth het daar die geleentheid gekry om self ?n volstruispluim te knip en te sien dat dit met naelknip vergelyk kan word en so kon die w?reld hoor dat die ?anti-plumage?-wetgewing van die 1900?s ongegrond was.60 Ander faktore was voortdurende ekonomiese depressies, die Eerste W?reldoorlog, oorproduksie en onordelike bemarking. Goldie noem verder dat daar nie vragspasie op die skepe tydens die Eerste W?reldoorlog vir vere was nie, omdat al die beskikbare spasie vir oorlogstoerusting gebruik 57 M Andries de Wit, Volstruise van Afrika, p. 4. 58 S. Playne, Cape Colony,p.55. 59Ibid., p.55. 60 S van Waart, Paleise van Pluime, pp.176-177. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 43 43 is.61 Volgens die kommissie van ondersoek was die belangrikste rede vir die val van die veremark egter oorproduksie en onordelike bemarking. Volgens Sarah Stein se Plumes, Ostrich Feathers, Jews, and a Lost World of Global Commerce, wil dit voorkom of Jode die hele verebedryf heel ordelik en met groot sukses bestuur het. As gevolg van familiebande in Suid-Afrika, Londen, Parys en New York het die verekopers van Oudtshoorn die vere uitgevoer na die genoemde w?reldstede waar dit verwerk is. Jong Joodse meisies en seuns uit Rusland en die latere USSR en sy satelietstate is as werkers in die fabrieke aangewend waar die vere verwerk is in allerlei mode-artikels. Die familiekonneksies van die Jode het die verwerkte produkte dan weer na die afsetgebiede en verkoopspunte versprei. Wat die nie- Joodse boer in die Oudtshoorn- distrik egter gehinder het, is dat hulle min seggenskap oor hulle produk gehad het en dat hullle uitgelewer was aan die Joodse koper. Stein wys op talle plekke in haar boek op die negatiewe aspekte van die Joodse betrokkenheid in die verebedryf.62 Sy kritiseer die gebruik van kinders in die vereverwerkingsfabrieke, veral in Londen. Daarby wys sy ook daarop dat net soveel, indien nie meer nie, Jode as Afrikaners bankrot verklaar is na die val van die veremark. Talle verhale in Stein se boek vertel van hoe swaar baie Joodse families in hierdie globale netwerk van verebemarking gekry het na die val van die veremark, wat wys hoe nou hulle aan die volstruisbedryf verbind was.63 Uit talle onderhoude met nie-Joodse boere blyk dit dat die reaksie ten opsigte van die Joodse handelaars positief was. Daar was in sommige huise ?n kamer uitgehou en reggemaak vir die Joodse smous. Mnr BDL Grundling, ?n bekende wynmaker van Oudtshoorn, het die plaassmouskamer aan die skrywer uitgewys en ook vertel dat sy pa die Joodse smous as sy ?koerant? en bron van inligting gesien het. So sou sy pa die smous van sy beroemde soetwyn gee en dan wag het om al die nuusgebeure van die kontrei te hoor. Die smous het in al die huise van sy verkopers gekom en het ver en wyd gereis en kon dus verslag doen oor die boerdery-aktiwiteite van die hele distrik.64 Ook die latere Minister van Landbou, PMK le Roux, moes as ?n jong seun sy kamer met die smous deel. Le Roux se pa het die smous in sy huis verwelkom , maar die voorwaarde gestel dat die smous aan tafel moes bly sit terwyl die gesin huisgodsdiens gehou het. Hyself het nie alkohol gedrink nie, maar van sy goeie brandewyn in vaatjies gehou en voordat ?n prys vir sy vere vasgestel is, kon die smous eers van die verskillende jare se brandewyn proe. Hierdie heer Le Roux het sodoende altyd goeie pryse vir sy vere gekry. 65 R Wallace, ?n professor van die Universiteit van Edinburgh, Skotland, het hom in sy boek oor die landbou van die Kaapkolonie egter baie meer kras oor die Joodse smouse of kopers uitgespreek. 61 F Goldie, The Golden Bird, p. 50. 62 S Stein, Plumes, pp.49- 52. 63Ibid., pp. 49 ? 52, 79, 80. 64 Privaat onderhoud: BDL Grundling, 25.06.2012. 65 Privaat onderhoud: GC ( Swepie) le Roux, 27.06.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 44 44 Hy het aanbeveel dat as die boere van die Oudtshoorn-distrik suksesvol met volstruise wou boer, hulle die volgende moes regkry: ?some effective means of exposing and combating the usurious practice of feather pedlars, frequently German, Polish, or Russian Jews of a low type, who swarm about the country as feather buyers ?. Volgens Wallace het die boere met min formele onderrig en nie genoeg kennis van besigheidpraktyke nie, die aangebode kontant van die Joodse smouse sonder bevraagtekening aanvaar. Hy gaan voort om die onetiese maniere waarop hulle die boere betaal het in detail te beskryf. Hy stel dit onomwonde dat nadat die boere klaar ingeloop was, ?the rogues divide the plunder among them.? 66 Tog was alle boere nie so na?ef nie en het hulle later agter die kap van die byl gekom as dit by besigheid kom. Van die Joodse handelaars soos Derek Fisch het later verklaar dat die boere so goed by die Joodse handelaars van saketransaksies geleer het dat hulle ?meer skelm as die Jode? geword het.67 Wat ook interessant is uit Stein se boek is, is dat die Amerikaners as verwerkers en eindprodukkopers gedurende die ?boom?-tydperk die waarde van die volstruis terde? besef het en self met volstruise begin boer het. Gevolglik is baie geld in volstruisplase in Kaliforni? bel?. Daar is geboer met volstruise vir die vere, maar daar is ook ?n skouplaas bedryf wat wel ?n profyt gelewer het. Tog is Suid-Afrikaanse vere steeds verkies ten spyte van die feit dat dit ?n lang skeepsreis moes deurstaan sodat baie van die vere klam en gekreukeld in die VSA aangekom het. Stein haal ?n koerantberig aan wat verklaar dat ? feather merchants perceived ?the difference between the California and South African ostrich feathers...as marked as the difference between California and Burgundy claret,? adding: ?Merchants have not given a hospitable welcome to the American bird.? ? 68 Ook is die weerstand teen Amerikaanse vere vermeerder deurdat die Amerikaanse vereprodusente meer gevra het vir hul vere as wat die ingevoerde Suid-Afrikaanse produk gekos het. 69 Dit dui alles daarop dat die volstruisboer relatief min betaal is en dat die Joodse middelman en Joodse eindverkoper met die grootste deel van die wins weggestap het. Die boere het gedink dat die val van die veremark in 1914 slegs tydelik sou wees soos die vorige kere aan die begin van die twintigste eeu en aan die einde van die negentiende eeu. Na die verwoestende Eerste W?reldoorlog was daar egter nie meer plek vir die ligsinnige veremodes nie. Die damesmodes van Europa het vir altyd verander na meer dienlike kleredrag met strak snyerspakkies. ?Ostrich plumes were an aristocratic look in origin ? even when popularized for the middle and low classes, their inspiration remained blue-blooded. In quick succession during World War One, Europe lost most of its powerful aristocracies, as the Austro- Hungarian, Hapsburg, 66 R Wallace, Farming Industries of Cape Colony,1896, p.21. 67 Privaat onderhoud: S Muller, 26.06.2012. 68 S Stein, Plumes, pp. 129 ? 135. 69Ibid., p. 135. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 45 45 Prussian and Russian empires all fell. Never again would fantasies of aristocratic elegance carry the same chic authority.? 70 Henry Ford met sy oop Model T-Ford-motor het die veregetooide groot dameshoed van die modetoneel laat verdwyn ? die hoede het afgewaai en moes met ?n dienlike ?bonnet? wat kon vasbind onder die ken, of slegs met ?n serp, vervang word. Veergetooide vrouehoede was totaal ongeskik vir die nuwe voertuie. Selfs in die motors met dakke op is die duur vere op die hoede beskadig en in die oop motors is die vere deur die windwrywing verwoes of is die hoed bloot afgewaai as gevolg van die baie delikate versierings wat saam met die vere op die groot opgetooide hoede was.71 Die boere het swaar gekry na die val van die veremark, maar het gou geleer om hulle boerderye te diversifiseer. Gemengde boerdery was altyd ?n kenmerk van die Oudtshoorn-distrik, maar baie het die kweek van ?n verskeidenheid produkte, veral tabak en wingerd, tydens die bloeitydperk agterwe? gelaat. Nou het hulle weer daarop teruggeval, maar die gereelde droogtes en die depresssietoestande wat veral in die 1930?s ?n groot invloed op boerdery in die hele Suid-Afrika gehad het, het baie boere bankrot laat speel. Die toename van ?armblankes? was ?n kenmerk van hierdie tydperk en in die hoofstuk oor tabakverbouing word die rol van die bywoners op die plase in meer besonderhede bespreek. Verder meld ?n boer in ?n onderhoud dat daar ?n ontvolking van die Klein Karoo plaasgevind het as gevolg van drie belangrike gebeurtenisse. Die eerste was die val van die volstruisveremark teen c. 1914. Daarna het die Groot Griep van 1918 talle mense laat sterf en omdat families uitgedun en ontwrig was na die epidemie, het oorblywende familielede verkies om ?n nuwe begin in die myne in die noorde van Suid-Afrika te gaan maak of na landbouskemas soos Vaalharts aan die Oranje-rivier te verhuis. ?n Derde rede was die Groot Depressie van 1929 met sy negatiewe ekonomiese gevolge, tesame met die droogtejare van die vroe? 1930?s.72 Blanke bywoners was aan die orde van die dag en hulle en ook ander gesinne uit die boeregemeenskap het na die mineraalryke noorde verhuis om daar vir ?n kontantloon in die myne en aanverwante nywerhede te gaan werk.73 ?n Boer uit die De Rust-distrik onthou ook dat daar vier bywonerfamilies in die Poort op hulle plaas gebly het, waarvan een gesin na die myne vertrek het.74 Die bekende Klein Karoo skrywer, Abraham H. de Vries, skryf so oor die veremark se val: ?Die volstruisveertyd was ?n oornagaff?re. Oornag het mense ryk geword, oornag brandarm.? 75 Daar was egter uitsonderings onder di? landbouers wat na die val van die veremark finansieel uiters swaar gelewe het. Die Potgieter-broers het teen 1911 reeds uitgestrekte eiendomme tot 70 R Nixon, Dreambirds, pp. 89 ? 90. 71Ibid., pp. 90 ? 91. 72 Privaat onderhoud: BDL Grundling, 25.05.2012. 73 Privaat onderhoud: W Dicker, 20.01.2012. 74 Privaat onderhoud: AJA Schoeman, 11.03.2010. 75 A H de Vries, Die Klein Karoo, ?n legkaart, p. 8. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 46 46 teenaan, asook in Oudtshoorn besit. Op hulle plaas, Rietfontein, het hulle 6 000 volstruise aangehou wat dit, volgens Hopkins, in daardie stadium die grootste volstruisplaas ter w?reld gemaak het.76 Hulle het slim boerderymetodes gehad en vroegtydig gediversifiseer sodat die ineenstorting van die veremark hulle nie benadeel het nie. Godlonton het ook in sy brosjure van 1914 oor Oudtshoorn se landboubedrywighede daarop gewys hoe diversifikasie reeds by praktiese boere soos die Potgieters gemanifesteer het. Mnr J E Potgieter was een van drie broers wat teen 1913 3 000 morg grond onder besproeiing en 7 000 volstruise gehad het. Hy was van mening dat die informasie wat in 1913 in die Cape Times verskyn het, dat die landbou-opbrengs van die Oudtshoorn-distrik ?600 000 was, verkeerd bereken is en dat die bedrag eerder nader aan een miljoen pond was. Godlonton het ook verwys na reuse bedrae wat die Potgieters uit vrugte en wingerd gemaak het.77 Die ?bust?78 van die veremark het hulle eerder bevoordeel deurdat hulle baie sukkelende boere tydens die bloeitydperk gehelp het om grond te bekom of om volstruise te koop en daarom kon hulle daardie plase later in besit neem omdat die skuldenaars na die val van die veremark nie hulle skulde kon delg nie.79 So het een van die drie Potgieter-broers in 1913 ?n plaas vir ?2 500 gekoop en nog een vir ?3 166 in 1920 na die val van die veremark en die einde van die Eerste W?reldoorlog. In 1921 het hy ?n Ford-motor vir ?536 gekoop en aan die Ontvanger van Inkomste ?598 betaal. Hy het geld van ter waarde van ?3 000 van een rekening na ?n beleggingsrekening geskuif en in 1920 aan homself ?n tjek van ?100 vir vakansiedoeleindes uitgemaak. Dit was die familie se geld om te spandeer tydens hulle vakansie aan die Reebok- kus naby Mosselbaai. Soon Potgieter, ?n nasaat van daardie boer, het self te kenne gegee dat een van die drie Potgieter-broers n? die bankrotveiling van ?n plaas na die weduwee en verkoper van die plaas gegaan het om haar trou- en verloofring te eis omdat die bedrag wat die bankrotveiling opgelewer het nie die volle skuld op die eiendom vereffen het nie.80 Die skade wat die val van die veremark gelaat het, het vir lank ?n uitwerking op die psige van die gewone Afrikanerboer van die Oudtshoorn-distrik gelaat. Families was geag of verag deur hul hantering van die opbloei en val van die volstruisveermark.81 76 H C Hopkins, NGK Calitzdorp, p. 129. 77 B G Godlonton, Oudtshoorn and its Farms,pp.16 ? 17. 78 Die opbloei en ongekende goeie pryse vir volstruisvere word die ?boom? genoem en die val van die veremark na 1914 word die ?bust? genoem. 79 H C Hopkins, NGK Calitzdorp, p. 129. 80 Privaat onderhoud: Soon Potgieter, 13.03.2011. 81 Prviaat onderhoud: P le Roux: 16:01:12. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 47 47 Tabel 2.3: Die hoeveelhede en waarde van Volstruisvere wat deur die Unie van Suid-Afrika van 1903 tot 1917 uitgevoer is82 Jaar Hoeveelheid vere in pond gewig. WAARDE Totaal Gemiddelde prys per lb 1903 490 066 ? 945 001 ?1 18s 7 d 1913 1 023 307 ?2 953 587 ?2 17s 9d 1914 755 325 ?1 342 717 ?1 15s 6d 1917 219 048 ? 175 019 ?0 15s 11d In Tabel 2.3 kan gesien word hoe drasties die waarde van die vere in 1914 geval het en hoe laag dit steeds teen 1917 as gevolg van ongunstige handelstoestande tydens die Eerste W?reldoorlog was. ?n Paar maande nadat Die Burger in 1915 vir die eerste keer verskyn het, het PW Pohl, wat ?n produkte en kommissie-agent was, so berig oor ?n vereveiling in Port Elizabeth: ?VEREN ? Publike verkoping verdaagde Maandag namiddag, toen 2 228 lbs.tegen ?1 062 verkocht werden. De mark sloot seer swak.? 83 Tabel 2.4: Die hoeveelhede en waarde van Volstruisvere wat van die Unie van Suid-Afrika van 1918 tot 1919 uitgevoer is84 Jaar Hoeveelheid vere in pond gewig WAARDE Totaal Gemiddelde prys per lb 1918 108 924 ? 88 628 ?0 16s 3 d 1919 904 611 ?1 646 014 ?1 16s 5d 1921 296 711 ? 461 533 ?1 11s 1d Uit Tabel 2.4 kan gesien word dat daar wel ?n oplewing in 1919 was wat tot 1920 voortgeduur het. In 1920, na die ondertekening van die Vredesverdrag van Versailles van 1919, het volstruisveerpryse weer gestyg en die Official Handbook of the Union of South Africa, 1910 ? 1920, stel dit so: na die be?indiging van die oorlog het die vere-industrie gou weer na normaal teruggekeer. Voor die middel van 1919 is normale pryse weer vir vere betaal. Goeie pryse is ook vir goeie broeivolstruise en kuikens betaal. Dit het voorgekom asof hierdie oplewing permanent kon wees. 85 Toe die verslag gedruk is, was die gevoel van optimisme na die oorlog en die ho?r pryse ?n motivering vir so ?n positiewe verslag, maar die oplewing was egter nie volhoubaar nie, 82Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1917, No.2.- 1918, Government Printer, Pretoria,1919, p.430. 83Die Burger, 18 Augustus 1915. 84Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1921,No.5.- 1922, Government Printer, Pretoria, p.515. 85Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1920, No.4.- 1921,Government Printer, Pretoria, p.524. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 48 48 soos Tabel 2.4. duidelik aantoon. In die daaropvolgende amptelike jaarboek van die Unie is daar redes gegee waarom die oplewing van korte duur was. Daar word van die post-oorlogse depressie, wat ?n natuurlike verskynsel na ?n oorlog was, gepraat en ook van die swak wisselkoers van die Unie se geldeenheid na die oorlog. Die verslag stel dit dat die volstruisboere ?n duur les geleer het deur op skuld plase en volstruise te koop en uitsluitlik op volstruisboerdery te fokus.86 Die volgende tabel illustreer die vermindering van die getal volstruise na die val van die veremark: Tabel 2.5: Aantal volstruise in Suid-Afrika in 1913, voor die val van die veremark en in 1916 na die val van die veremark JARE 1913 1916 KAAP 757 000 379 400 NATAL 4 200 4 200 TRANSVAAL 9 000 8 900 ORANJE VRYSTAAT 9 700 6 400 TOTAAL 779 900 398 900 87 Uit Tabel 2.5 kan gesien word hoe die boere vertroue in die volstruis verloor het. Geen boer kan diere aanhou wat nie ?n inkomste genereer nie. Aangesien slegs die vere in daardie stadium van waarde was en die prys van vere so geval het, wou boere so gou as moontlik van hulle volstruise ontslae raak. Tabel 2.6: Insolvensies in Oudtshoorn en in die Unie van Suid-Afrika JAAR NIE-BOERE BOERE TOTAAL vir Oudtshoorn TOTAAL vir die Unie. 1910 14 4 18 799 1913 5 7 12 1 106 1914 30 20 50 1 502 1915 29 34 63 1 212 1916 16 9 25 905 1919 1 1 2 433 88 Uit Tabel 2.6 kan afgelei word dat die boere en veral di? in die Oudtshoorn-distrik eerste deur die val van die veremark benadeel is, maar toe die insolvensies van die boere teen 1916 afgeneem het, het insolvensies van ander besighede steeds voorgeduur as gevolg van die rimpeleffek van die afname in koopkrag deur die boere en hulle werkers. Dit moet in gedagte gehou word dat daar 86Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1922, No.6.- 1923,Government Printer, Pretoria, p.508. 87DJ van Z Smit, Volstruisboerdery in die Klein Karoo, pp. 11-12. Gegewens verkry uit die publikasie is aangepas vir die doeleindes van hierdie studie en slegs relevante geselekteerde data is gebruik. 88Ibid.,pp.11-12. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 49 49 in hierdie periode, behalwe vir die tabakfabrieke, min tot geen ander industrie?, wat nie aanverwant aan die volstruisbedryf in Oudtshoorn was, bestaan het nie. Volgens D van Zyl is volstruisboerdery met die val van die veremark nie net in die Oudtshoorn? distrik bedryf nie, maar ook in die Oos-Kaap en in ander gebiede hoofsaaklik in die destydse Kaapprovinsie. Die moontlikheid bestaan dus dat die Unie-syfer van bankrotskappe die geakkumuleerde gevolge van die ineenstorting van die veremark bevat. 89 Tabel 2.7: Hoeveelheid, en waarde van volstruisvere uitgevoer deur Kaapse hawens, 1912 ? 1917 JAAR HOEVEELHEID (?000s lbs.) WAARDE (?000S ? ) Waarde per pond 1912 999 2, 609 2.61 1913 1,023 2, 953 2.88 1914 755 1, 342 1.77 1915 949 743 0.78 1916 452 486 1.07 1917 219 175 0.79 90 Uit Tabel 2.7 kan gesien word hoe die hoeveelheid vere wat uitgevoer is, gedaal het vanaf 1913 na 1917. Die waarde van die vere in 1917 was ook maar net 27 % van di? van 1913 se waarde. Dit is die ware gevolg van die ineenstorting van die volstruisveremark. Hierdie tabel, soos die ander, is noodsaaklik om die volle omvang van die val van die veremark kwantitatief te illustreer. Daaruit kan die uitwerking op die ekonomie van die streek en die effek op elke huishouding in die Oudtshoorn-distrik waargeneem word. Voortspruitend daaruit ontstaan die vraag hoe die boere en die distrik weer op hulle voete gekom het na so ?n reuse verskuiwing in die fokusproduk van ?n streek. Tabel 2.8: Moontlike getal plase waar volstruise teen 30 Junie 1916 nog aangehou is Kaapprovinsie 7 975 Natal 44 Transvaal 228 Oranje Vrystaat 367 Totaal 8 614 91 89 D van Zyl, Natuurlike gebiede in Oudtshoorn, 1944. 90Official Year Book of The Union of South Africa, nr.2, 1910 ? 1917, p. 580; Officieel Jaarboek van de Unie, nr. 1, 1917, p. 412 ; D van Zyl, Natuurlike gebiede in Oudtshoorn, p. 41. 91Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1917, No.2.- 1918, Government Printer, Pretoria, 1919, p.430. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 50 50 Uit Tabel 2.8 kan gesien word dat die meeste volstruise teen 1916 nog in die Kaapprovinsie voorgekom het aangesien baie van die boere nie geweet het wat om met hul volstruise te doen na die val van die veremark nie. Om hulle te slag, was nie ?n opsie nie omdat die vel en karkas nog nie gebruik is nie. Die finansieel sterker boer kon sy volstruise behou met die hoop dat die mark mettertyd sou herstel. Van Zyl verduidelik verder dat die totale bevolking van Oudtshoorn en sy distrik moes aanpas by die nuwe ekonomiese toestande, aangesien nie net die boere nie, maar ook besighede, arbeiders en alle aanverwante instellings hulself moes rehabiliteer ten einde nuttig te kon funksioneer in die maatskaplike orde. Hy stel dit so: ?Selfs die bodem moes volgens utiliteitsbeginsels ge?ksploiteer word, en lusern wat tot dusver nog altyd gedien het as voer vir volstruise, moes plek maak vir tabak en wingerde.?92 F C Smith se artikel in Boerdery in Suid-Afrika dui op versigtigheid weens die vrees om weer jou lewe te bou rondom ?n luukse artikel wat van die modew?reld afhanklik was. Daardie versigtigheid was tot in die 1970?s te bespeur by baie boerefamilies wat saam met hulle ouers en voorouers die uitspattigheid en spandabelrigheid van die ?boom? en die armoede na die val van die veremark deurgemaak het. In die kort verslag wat in Desember 1926 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn het, is slegs gemeld dat dit twyfelagtig was of volstruisboerdery ooit weer die peil sou bereik wat dit in die periode 1912-1913 bereik het. Daar is ook na die nuwe ko?perasie verwys wat toe die vere- opbrengs beheer het. 93 In die Engelse weergawe van die tydskrif is daar in die jaarverslag van die Wes-Kaapse landbou- aktiwiteite vir 1926 die volgende geskryf: ?While it is undoubtedly out of the question that the ostrich industry will ever again return to the position it held thirteen years ago, efforts are being made through the co-operative organization to maintain the industry, which has been greatly reduced, on a stable basis. The Government, through the Land Bank, has assisted by means of a loan, and it is hoped that a sufficient measure of succcess will be achieved... Efforts continue overseas to encourage the use of ostrich feathers in connection with women?s dress, and the present indications are not unpromising.? 94 Dit is interessant dat daar by Grootfontein Landbou-kollege in die Oos-Kaap in Desember 1926 wel ?n kursus in volstruisteling, - voeding, en ? broeikasmetodes as deel van hulle kurrikulum aangebied is.95 92D van Zyl, Natuurlike gebiede in Oudtshoorn, 1944, p. 54. 93Boerdery in Suid-Afrika, Desember 1926, p. 321. I.p.v. hierdie ko?perasie sien p.62. 94Farming in SA, Des 1926, p. 295. 95Ibid., p. 349. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 51 51 Om die bemarking meer ordelik en onder hulle eie beheer te kry, het die boere van Oudtshoorn toe ?n ko?perasie, die Suid-Afrikaanse Volstruisboere Ko?perasie Beperk, in 1926 gestig, maar nie sonder aanvanklike probleme nie. Die Landbank moes die volstruisboere help, maar die bank was van mening dat skenkings aan volstruisboere gemaak moes word sodat hulle suksesvol kon oorskakel na ander boerdery-vertakkings, byvoorbeeld suiwelboerdery. Die mislukking van hierdie ko?perasie word in die hoofstuk oor ko?peratiewe bemarking behandel, asook die latere stigting van ?n suksesvolle ko?perasie. Die staat het uiteindelik tog geld bewillig om die volstruisbedryf te help en daarna het die Landbank ook gehelp. Aangesien die staat ko?peratiewe instellings ondersteun het, is die genoemde ko?perasie op 27 Februarie 1926 gestig. Die stigterslede was meestal van Oudtshoorn : SP le Roux, Max Rose, J Schoeman, S Schoeman, J Meiring, JE Potgieter en A Hooper. Die uitsonderings was S Nel en W Nel van Calitzdorp en W Grobbelaar van Kirkwood. Die geografiese verspreiding van die direksielede is ook ?n aanduiding hoe sterk die volstruisbedryf in daardie jare rondom Oudtshoorn gesentreer was. Die ko?perasie se vernaamste doel was om markte vir die vere te kry, maar hulle kon nie daarin slaag nie. ?n Bietjie vere is plaaslik verkoop, maar die w?reld daar buite het nog nie weer belanggestel in so ?n luukse item nie.96 Die Groot Depressie van 1929 wat in die VSA begin en w?reldwyd uitgekring het, het ook nie gehelp met die stabilisering van luukse mode-artikels nie en die Suid-Afrikaanse Volstruisboere Ko?perasie Beperk van Oudtshoorn moes sy deure in 1930 sluit. Die likwidasie is eers in 1944 finaal afgehandel.97 Gedurende die res van die twintigerjare het ander boerdery-aktiwiteite die botoon in die Klein Karoo gevoer met die volstruis definitief in die agtergrond. Tog word daar in die tydskrif Boerdery in Suid-Afrika van Mei 1926 verslag gedoen dat daar na die val van die veremark wel belangstelling in die korter en bre?r veer was. Dit is oorsee veral vir die maak van waaiers en as versierings vir aandrokke en hoedjies gebruik. Die artikelskrywer, ?n pluimveelektor aan die Grootfonteinse Landboukollege, het die volstruisboer aangemoedig om by teling veral aandag aan die kwaliteit en breedte van die veer te gee.98 Dit het dus daarop gedui dat daar in daardie stadium nog tot ?n beperkte mate ?n mark vir vere bestaan het. Dieselfde lektor was teenwoordig by die Suid-Afrikaanse Pawiljoen tydens die Britse Ryk Tentoonstelling van 1926 en daar is ?n half-dosyn gelooide volstruisvelle vertoon. Volstruisvelle is aanvanklik as onbelangrik beskou en is saam met die karkas van die dooie volstruis begrawe gedurende die tydperk van die vere-?boom?. Groot was die belangstelling dus in die volstruisvel op hierdie uitstalling omdat niemand voorheen bewus was van die unieke eienskappe daarvan nie. F 96 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie, 1990, pp. 5,6. 97 Ibid., p.6. 98F C Smith, Boerdery in Suid-Afrika, Mei 1926, p. 47. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 52 52 C Smith, die artikelskrywer, het egter verklaar dat volstruisleer twee opvallende eienskappe besit. Die een is die duursaamheid daarvan en die ander sy totale onrekbaarheid. Daar is dus minder moontlikheid dat skoene wat daarvan gemaak is hul fatsoen sal verloor as skoene wat van ander leer gemaak is.99 Daar is ook ander artikels soos beursies, dameshandsakkies, sakboekies, ensovoorts uit volstruisleer gemaak en dis verstommend dat daar reeds in 1926 ?n goeie uitvoermark vir volstruisvelle tussen Suid-Afrika, Amerika en Europa bestaan het. Smith het egter gewaarsku dat dit steeds ?n modegier was soos die gebruik van akkedis-, slang- en krokodilvel en dat boere nie moes dink dat dit ?n totale oplewing in die volstruisbedryf was nie. Smith het in daardie stadium voorspel dat volstruisvelmodes ? ?n gril-mode? was en nie baie lank sou duur nie. Hy het wel genoem dat volstruisleer met die veergaatjies daarin baie sierlik gemaak kon word en dat dit uniek was en baie moeilik om na te maak.100 Soos reeds genoem, het die Groot Depressie van 1929 en die 1930?s se droogte ook die Klein Karoo negatief be?nvloed en het die meeste boere net oorleef as gevolg van diverse boerdery- vertakkings soos heuning, suiwel, neute, lemoene, sagte vrugte, tabak, wyn, brandewyn,ensovoorts. Uit die statistiese gegewens van die amptelike jaarboek van 1932-33 blyk dit dat volstruisveer toe glad nie meer as uitvoerproduk belangrik geag is nie. Die verslag skryf dit toe aan vroue-modes wat verander het. In die Kaapprovinsie is die getal volstruise toe aangegee as 31 204 teenoor die hoogtepunt van 1913 met 756 923.101 In die jaarboek van 1946 is daar verduidelik dat volstruisboerdery as van so min waarde geag is dat daar nie eers landbousensus oor volstruisgetalle vir baie jare gehou is nie. Die jare waarvoor geen volstruisgetalle beskikbaar is nie, is 1927 ? 1929, 1934 ? 1936 en 1938- 1939. Die Jaarboek is egter ook nie gereeld tydens die duur van die Tweede W?reldoorlog gepubliseer nie. 102 Wat interessant is, is dat Max Rose, ?n groot en bekende Joodse volstruisboer van Oudtshoorn, ?n groot hoeveelheid vere in Londen geberg het in die jare na die val van die veremark totdat die mark in die laat veertigerjare verbeter het. Die vere is daar geberg om enige moontlike oplewing in die veremark onmiddellik te kon benut. Stein noem ook dat Rose saam met die Barron-broers en die Klass-familie van die min Joodse families was wat na die val van die veremark steeds geloof in die volstruis behou het en aangehou het om te boer en te handel in volstruisprodukte.103 Volgens Stein is Rose in ?n stadium beskou as ?die volstruiskoning van die w?reld?. Hy was ook die een 99Ibid., p. 56. 100Ibid., p. 56. 101Official Year Book of the Union of South Africa, No.15,1932 ? 1933, Government Printer, Pretoria, 1934,p.392. 102Official Year Book of the Union of South Africa.,1946. No.23.- 1946, Government Printer, Pretoria,1947, p.44 (chap.xix). 103Ibid., p. 51. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 53 53 persoon wat ter verdediging van die volstruisbedryf teen die ?anti-plummage? ?gevoel in die buiteland ges? het dat ?n volstruis nie seerkry as sy vere gepluk word nie soos wat die mens nie seerkry as sy hare gesny word nie. Sy broers was sy vennote in Londen en hulle het die bemarking van die volstruisvere daar behartig. 104 Jack Klass vertel dat sy pa, Bennie, as handelaar die val van die veremark ekonomies oorleef het en aangehou het met handeldryf in ander produkte soos lusern en tabak, maar ook vere gekoop en geberg het. Hyself verwys na sy pa en di? se vennoot, Lazarus, as smouse en meld dat hulle nooit plase besit het voordat die Klein Karoo Landbouko?perasie (KKLK) die eenkanaalbemarking in 1958 op volstruisprodukte ingestel het nie. Toe het hulle baie plase gekoop en groot met volstruise begin boer. Deur hulle goeie Joodse kontakte oorsee het hulle tot in die 1950?s die opgekoopte vere verwerk en daarmee gespekuleer totdat hulle ?rens oorsee ?n afsetpunt kon kry. Hulle het ook volstruisvelle opgekoop en volstruisbiltong gemaak. Hiermee het hulle aangehou selfs nadat hulle van handelaars na produsente verander het. 105 In November 1930 het Boerdery in Suid-Afrika berig dat daar gedurende die finansi?le jaar wat op 31 Januarie 1930 ge?indig het, volstruisvere ter waarde van ?14 102 deur die Suid-Afrikaanse Volstruis Boere Ko?perasie verkoop is in vergelyking met die lae bedrae van ?1 625 in 1928 en ?2 937 in 1929.106 Dit verteenwoordig nogal ?n aansienlike styging en was vir seker goeie nuus vir die volstruisboer wat die kern van sy volstruistroppe na die val van die veremark in 1914 behou het. Maar die belangstelling en wins was nog nie genoeg om die ko?perasie van ondergang te red en volstruisboerdery weer lewensvatbaar te maak nie. Na 1930 het die Groot Depressie se invloed en die droogte van die dertigerjare se negatiewe impak die volstruisbedryf ook ten volle getref. Aan die einde van hierdie periode het die uitbreek van die Tweede W?reldoorlog in 1939 uitgebreek, wat eweneens alle boerdery-aktiwiteite van luukse goedere op die agtergrond geskuif het.107 So verklaar Wagner: ?A brief revival of the feather in fashion, and experiments in the tanning of the ostrich skin, almost brought the industry back to life in the late 1930?s. Then World War Two intervened.? 108 2.5 DIE VOLSTRUISBEDRYF NA DIE TWEEDE W?RELDOORLOG N? die Tweede W?reldoorlog het die aanvraag na die volstruisprodukte mettertyd weer toegeneem en aangesien dit steeds die mees ideale landbouproduk vir die klimaatstoestande in die Klein Karoo was, het die volstruis weereens die vernaamste bron van inkomste vir ?n hele aantal boere tot in die 1980?s geword. Meer en meer boere het met hernieude toewyding met 104Ibid., p. 177. 105 Privaat onderhoud: J Klass, 26.06.2012. 106 Boerdery in SA, November 1930, p.402. 107 Privaat onderhoud: P M le Roux, 17.06.2012. 108 P Wagner, Die Volstruisverhaal, p.25. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 54 54 volstruise begin boer omdat die mark verbeter het. In die Oudtshoorn-distrik het die volstruisgetalle van 32 000 tot 100 000 gestyg en ?n jaarlikse inkomste van R16 000 000 is uit die volstruisbedryf in die distrik gegenereer.109 Die Klein Karoo Landbouko?perasie (voortaan KKLK) is in 1945 gestig en dit het ?n positiewe verandering in die benadering tot volstruisboerdery tot gevolg gehad. In die hoofstuk oor ko?peratiewe bemarking word die vooruitgang van die bemarking van alle volstruisprodukte volledig bespreek, maar dit moet hier genoem word dat alhoewel die vere?opbrengs weer in belangrikheid sedert die Tweede W?reldoorlog toegeneem het, die volledige verwerking van volstruisprodukte eers in die laat 1950?s begin posvat het. In Die Huisgenoot van 1946 het die volgende opskrif verskyn: ?Boom? op die volstruismark. Die sub-opskrif was: Pryse wat laat dink aan die ?Goeie ou dae?. Die onbekende rubriekskrywer het verklaar dat enige opgebergde vere wat nog in Europa was deur die Tweede W?reldoorlog vernietig is. Vere was veral in die VSA, Kanada, Australi? en ?n deel van Tsjeggo Slowakye in aanvraag. Daar word egter geen rede vir die aanvraag gegee nie, slegs dat die vere-aanbod beperk en die aanvraag groot was. Daar is getwyfel of hierdie oplewing standhoudend sou wees. Verder is genoem dat die prys vir ?n goeie broeivo?l toe tussen ?70 en ?100 was. In die ?boom? was dit ?150 tot ?200. Maar die ?70 tot ?100 prysvlakke van die 1940?s was veel ho?r as wat in baie jare vir broeivo?ls betaal is.110 Tog het ene mnr. P J Botha op 14 Maart 1956 in die Farmers? Weekly geskryf: ?The R2 000-a-bird era with 20 bedroomed ?volstruishuise? belongs to the past. But gone, too, are the dreadful ?dead? years that followed after the big slump.? 111 Die toename in belangrikheid van die volstruisvel en die verwerking van die hele karkas van die vo?l het volstruisboerdery meer divers en dus meer winsgewend gemaak. Die vere was ook nie meer slegs vir hoede gebruik nie, maar ook vir verewaaiers, stola?s, kunsblomme en aandhandsakke, sowel as in Rio de Janeiro se bekende karnaval-kostuums. Die kaberetvertonings van Parys se bekende teaters en nagklubs soos die Lido en Moulin Rouge en Follies Berg?re het baie vere gebruik. Vereboa?s het vir lank weer ?n mode-item geraak en met vere aan aandrokke het die goeie pluime weer ?n doel gehad. Volstruisvere is deur al die bekende modehuise van Europa soos Christian Dior, Nina Ricci, Le Marie, Herm?s en selfs in Hollywood gebruik.112 Die lyfvere, wat in die ?boom?-jare geminag is, is nou in ?n baie groot maat vir verestoffers gebruik. Een Japanese motorvervaardiger het aan die einde van die 1970?s en die begin van die 1980?s in elke luukse model van sy motors selfs ?n verestoffer gesit.113 109 J Burman, The Little Karoo, p. 112. 110Die Huisgenoot, 02.09.1946 (? ?Boom? op die volstruismark? ). 111 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie, 1990, p. 10. 112 M Anley, Ossie the Ostrich, p. 28. 113 Privaat onderhoud: P Schoeman, 20.11.2011. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 55 55 Wat vleis betref, is die eerste volstruise te Waaikraal in die distrik van Oudtshoorn naby Dysselsdorp in 1959 kommersie?l geslag en op 1 Januarie 1965 is die huidige abattoir op Oudtshoorn in gebruik geneem. Vir die eerste keer is die waarde van volstruisbiltong besef en net soos wildsbiltong het dit aanvanklik ?n beperkte mark gehad. Die eerste drogingsproses het ?n baie harde produk gelewer waarop menige biltongentoesias ?n tand gebreek het. Later is die proses verbeter en het volstruisbiltong gewilder begin word. Die ander vleis van die volstruis het ook eers ?n baie beperkte en lokale mark gehad en steeds was met sekere snitte summier weggedoen. Daardie snitte, soos die maag en lewer, het wel later gesogte items geword.114 Die vleis het in gewildheid toegeneem soos wat gesondheidsbewustheid onder mense w?reldwyd toegeneem het en die vetvrye volstruisvleis is tot aan die begin van 2011 oor die w?reld heen uitgevoer. Daarna het die vo?lgriepepidemie nuwe teenspoed vir die volstruisvleisbedryf gebring. Teen 1975/1976 was die klemverskuiwing van vere na die vel en vleis ?n voldonge feit. Van ?n inkomste van R7 miljoen het die vere net R3 miljoen bygedra.115 2.6 SAMEVATTING In hierdie studie waar na die geskiedenis van landbou in die Oudtshoorn-streek gekyk word, staan die volstruis en volstruisboerdery sentraal. Nadat daar tydens die ?boom? net op vereproduksie gekonsentreer is, het die boere van hierdie streek mettertyd geleer dat die vel en die vleis net so belangrik is. Gemengde boerdery was ook altyd deel van die streek en daarom sal in die volgende hoofstukke op die ander landbouprodukte gefokus word. Volstruisboerdery was egter maar altyd die hoofbedryf van die Klein Karoo, behalwe vir die jare na 1914 tot na die Tweede W?reldoorlog. C J Langenhoven het dit al in 1915 in Die Burger raak opgesom: ?Ons was hier maar altyd ?n bietjie agter en agteraf, want afgesluit of liewers ingesluit deur die grote Swart- en Outenikwaberge, het die grote publiek nie veul (sic) van ons gehoor nie, behalwe mooi struisvere, lekker lemoene, lekker twak en menigvuldige waterprosesse [watersake] waardeur ons baie advokate lekker vet gemaak het.? 116 Alhoewel die vele probleme altyd deel van die volstruisboerdery was, het die herhaalde terugslae die boere geleer hoe om dit te hanteer. Die klimaat van uiterstes in die Klein Karoo het die volstruisboer geleer hoe om dit tot sy voordeel te gebruik. Vir elke probleem moes ?n oplossing gevind word en uit hierdie ondervinding is ?n gesonde lewensvatbare bedryf tot stand gebring. Harde werk en goeie bemarkingsmetodes was tot 1980 deel van die sukses van die volstruisbedryf in die Oudtshoorn-distrik. 114 J A de Kock, et al, Guidelines for successful Ostrich Farming, g.d., g.p., p. 3. 115 J A de Kock, et al, Guidelines for successful Ostrich Farming, g.d., g.p., p. 3. 116Die Burger, 9 Augustus 1915. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 56 56 HOOFSTUK 3 TABAK ? GEWAS VAN STABILITEIT1 3.1 DIE ONTSTAAN EN GROEI VAN TABAKVERBOUING IN DIE OUDTSHOORN- DISTRIK Gemengde boerdery is teen c.1850 in die Klein Karoo beoefen. Vrugbare grond, leiwater en selfversorging het die boere, wat voor die bou van goeie passe en goeie vervoermiddels afgesny was van markte, daartoe genoodsaak. Tabak was op menige plaas in die Oudtshoorn-distrik een van daardie gemengde boerderyvertakkings. Die een produk wat die boer deur elke droogteperiode, en veral deur die ?boom? en ?bust? van die volstruisveremark gedra het, was tabak. Elke boer waarmee ?n onderhoud gevoer is, het bevestig dat tabak die een produk was waarmee deurlopend geboer is.2 So onthou Olive Brigman in haar joernaal oor die sestig jaar in die Klein Karoo die tabakindustrie: ?Plug tobacco 3was Oudtshoorn?s first love and it was made and sold here long before the ostrich feather brought wealth and tragedy to this quiet region. The ostrich feather boom was born and died, but the tobacco growing still goes on ?? 4. In die Van Riebeeck-gedenkuitgawe, History of Oudtshoorn, word Oudtshoorn as een van die oudste en belangrikste tabakproduserende streke in die hele Suid-Afrika beskryf.5 Dit word beaam deur D F Marais in sy studie oor die ko?peratiewe bemarking van blaartabak in Suid-Afrika.6 Inheemse stamme in Suid-Afrika het tabaksaad deur middel van ruilhandel van die Portugese seevaarders gekry en dit geplant, maar blanke boere het in verskeie distrikte soos Oudtshoorn, Patensie, Parys, die Oos- en Noord-Transvaal en in die Wes-Kaap eers sedert die Hollanders se besetting van die Kaap in 1652 met tabak begin boer. Met die koms van die Britse Setlaars in 1820 na Suid-Afrika het die tabakbedryf ?n groot stimulus gekry. Die aanvraag na tabakprodukte is vergroot en in die Oos-Kaap, waar die meeste Setlaars hulle gevestig het, het die tabakboerdery 1 In die omvangstaal van die Klein Karoo word die woord ? tabak? nie eintlik gebruik nie en word daar in die algemeen na ?twak? verwys. 2 Privaat onderhoude: P le Roux, O Olivier, B Visser, I Barron en ander, Januarie 2011 ? Julie 2012. 3 ?Plug tobacco? is die gebruiksnaam in Engels vir pruimtabak. 4 O Brigman, 60 years in the Little Karoo, Ongepubliseerde manuskrip, p. 36. 5 M Boehmke and S Goldblatt, History of Oudtshoorn, Nasionale Pers, Kaapstad, 1952, p. 41. 6 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika (Ongepubliseerde M A ? verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika, Maart 1957), p.62. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 57 57 ook begin. Oudtshoorn word egter oor die algemeen as een van die oudste en grootste tabakproduserende streke in die vroegste geskiedenis van die tabakbedryf in Suid-Afrika beskou.7 Sedert 1865 was tabak die belangrikste akkerbouproduk van die Klein Karoo en veral as kontantgewas. Tussen al die fases van die volstruisbedryf het die tabakbedryf standvastig bly staan, alhoewel dit nie altyd deur die boere as belangrik geag is nie. Godlonton beweer dat daar selfs voor die ontstaan van die dorp Oudtshoorn reeds tabak in die distrik geplant is. Hy gee 1845 as die moontlike aanvangsdatum aan.8 Uit ?n totale produksie van 1 632 746 lb9 tabak wat in die Kaapkolonie gedurende 1865 geproduseer is, het Oudtshoorn-distrik 966 641 lb10 geproduseer, dus 59,2% van die hele kolonie se produksie. In 1875 was dit 2 376 570 lb11 uit ?n totaal van 3 060 241 lb12 of 77,7%. Van Waart verklaar dat dit ?n N G Kerk-predikant van Oudtshoorn, ds. George William Stegmann jr., was wat in 1880 uit sy skrale inkomste tabaksaad uit Virgini? in die VSA ingevoer en aan sy brandarm gemeentelede gegee het om mee te boer.13 Baie boere het roltabak op hulle plase geproduseer voordat daar fabrieke op Oudtshoorn ontstaan het. Die tabak is in rolle verwerk - ?n proses waarin die blaar gesweet, gerol en opgedraai word. Die rolle is verkoop vir rook-, snuif- en pruimdoeleindes aan alle bevolkingsgroepe in die Oudtshoorn-distrik, maar grotendeels vir pyptabak gebruik.14 Lawrence Green skryf van ?n boer wat in 1882 tot soveel as 80 000 lb tabak op ses morge grond geoes het.15 Reeds in 1886 het die Cape of Good Hope Official Handbook verklaar dat die vrugbare valleie van Oudtshoorn die grootste tabakoeste in die Kaapkolonie opgelewer het en dat tot 4 000 lb tabak van twee morge grond geoes is. Nog ?n voordeel van tabakboerdery was dat kleinboere met net ?n paar morg vrugbare grond tot hulle beskikking tabak met sukses kon verbou. Waar baie grond nodig was vir ander kontantgewasse soos koring en mielies, was tabakboerdery geskik vir ?n produsent wat op klein skaal gewerk het en dan hoofsaaklik familie-arbeid gebruik het.16 Tabakboerdery was dus geskik vir die arm boer wat baie geldelike verliese gely het na die val van die veremark in 1914. Al is baie boere se plase teruggevat om hulle skuld te delg, het ryker boere hulle soms toegelaat om ?n paar morg tabak om ?n deel op die ryk boer se plaas te plant. Om as ?n bywoner of ?n voorman by ?n ryker boer te gaan werk, was dikwels die enigste uitkoms vir boere wat swaar deur 7Ibid., p.3. 8 J Burman, The Little Karoo, p. 108. 9 1 pond (lb) = 0,4536kg 10 1 pond (lb) = 0,4536kg 11 1 pond (lb) = 0,4536kg 12 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.3. 13 Landbouweekblad, 02.05.1975,pp.12-17, (S van Waart : Neem voortou in nuwe pruimtabak-era). 14Ibid., p. 4. 15 Lawrence Green, Karoo, p. 121. 1kg = 2.2 pond, 1 morg = 100vk jaart, 1,1960 vk jaart = 1 vk meter. 16 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.31. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 58 58 die val van die veremark getref is.17 Die Cape of Good Hope Official Handbook van 1886 verwys ook na suksesvolle tabakbesproeiing wat in die Klein Karoo toegepas is.18 In verskeie publikasies is bespiegel dat die grond van die valleie in die Oudtshoorn-distrik so vrugbaar was dat net besproeiingswater nodig was vir die suksesvolle verbouing van tabak. Groot gewag is gemaak van die hoeveelheid kunsmis of natuurlike kraalmis wat as ?n re?l in die ander tabakproduserende streke nodig was vir die suksesvolle verbouing van tabak.19 As gevolg van die klem op besproeiingswater as vereiste by die verbouing van tabak in die Oudtshoorn-distrik, is daar nie altyd noukeurig genoeg na die klimaat- en grondbehoeftes gelet nie.20 Na jare se intensiewe boerdery in die Klein Karoo moes veral tabakboere later meer aandag aan bemestingtoevoegings gee. Wisselbou is nodig en is toegepas, maar grond se vrugbaarheid neem af na herhaalde gebruik. Baie bok-en skaapmis is wel later op die tabakplase vir bemesting gebruik alhoewel die vrugbare grond hierdie streek aanvanklik ?n voorsprong gegee het bo ander streke met minder vrugbare grond.21 Tydens en na die Anglo Boere-oorlog (1899 -1902) het die vraag na tabakprodukte in Suid-Afrika, veral in die twee Boere Republieke wat direk by die oorlog betrokke was, geweldig toegeneem.22 Dit was egter eers na die aanvang van 1900 dat die eerste sigaretfabriek in Suid-Afrika geopen het, maar dit was nie in Oudtshoorn nie.23 Toe daar met die beperkte vervaardiging van sigare in Oudtshoorn begin is, is Hollanders uit Nederland gewerf om daarmee te help.24 Sigare was egter nooit ?n groot of belangrike produk van die streek nie. Isadore Barron, ?n handelaar van tabak- en volstruisprodukte, het ?n gaping in die mark gesien en klein sigaartjies uit Swede en Finland na Oudtshoorn ingevoer en deur die hele Suid-Afrika versprei aangesien hy die alleenreg op die invoer daarvan gehad het. 25 Klaarblyklik het Hendrik Stephanus Spies, ook bekend as ?Rooi Hekkies Spies?, ook tabaksaad van Virgini? ingevoer.26 Die roltabakbedryf in die Oudtshoorn-distrik was ?n florende bedryf en daarvoor is meestal Virginiese tabak, wat goed daar geaard het, gebruik.27 Virginiese tabak, wat na die deelstaat Virgini? genoem is, is ook in hele Kaapkolonie verbou omdat dit luggedroog of oondgedroog kon word. Die oorgrote hoeveelheid blare van Virginiese tabak het ?n ligte tekstuur en kleur en word meestal vir die vervaardiging van pypmengsels en sigarette gebruik. Daar is egter 17 Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 18Cape of Good Hope, Official Handbook,1886, p.232. 19Ibid., pp. 233 ? 234. 20 Anon., Die Goue Blaar, p.55. 21 Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 22 Anon., Die Goue Blaar, p.135. 23 J A S van Niekerk, ?n Oorsig oor die ontwikkeling van die Landbouko?perasie in die RSA, Promedia-Publikasies, Silverton, 1982, p.87. 24 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.4. 25 Privaat onderhoud: I Barron, 15.02.2012. Privaat onderhoude: PM le Roux, 27.02.2012 en O Olivier, 14.02.2012, bevestig Barron se sigaarinvoere. 26 Anon., Kango ? Historical Overview, 2001, p.43. 27 Anon., Produksie van Virginia-Tabak in die Unie van Suid-Afrika., Pamflet No. 188, Staatsdrukker, 1938, p.5. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 59 59 ook Virginiese tabak wat swaarder en donkerder van kleur is en dit word vir snuif-, pruim- en pyptabak gebruik.28 Volstruisboerdery het teen 1905 al sy eerste opbloei beleef, maar drie Spies ?broers het volgehou om met entoesiasme tabak op enige beskikbare grond te plant. Boere was so meegevoer deur die ho? pryse van volstruisvere dat hulle elke stukkie grond met lusern wou beplant sodat dit vir volstruisvoer gebruik kon word. Tog het die Spies-broers, Stoffel, Hekkie en Flip, voldoende grond in die hande gekry om steeds genoeg tabak te kon plant. Hulle het in die vrugbare Schoemanshoek-vallei en Matjiesrivier aan die voet van die Swartberg geboer.29 In 1915 is daar tabak deur ?De Schoeman Broers en andere Afrikaner Broers en Zusters in die Oudtshoorn distrik? na Bloemfontein se gevangenis vir rebelle van die 1914-rebellie gestuur. Die rebelle het ?n bedankingsbrief vir hierdie groot geskenk geskryf en die 95 handtekeninge daarin het onder andere di? van genl. Christiaan de Wet ingesluit.30 3.2 DIE VERBOUING VAN TABAK Luggedroogde tabak het behels dat die geoeste tabakblare in skure gehang en deur die warm Klein Karoo-lug gedroog is. Voor 1930 was daar geen plek in Suid-Afrika waar tabak deur oonde gedroog is nie. 31 N? 1930 het ?n paar Oudtshoornse boere teen ho? koste droogoonde laat bou, maar die eindproduk was nie baie suksesvol nie weens ?n gebrek aan geur. Volgens twee van hierdie boere, mnre JJ en AJA Schoeman, was die ho? chloor- en nikotieninhoud van die oonddroogtabak in die Oudtshoorn-distrik teenproduktief vir geur.32 In ander dele van Suid-Afrika is droogoonde met veel groter sukses as in die Oudtshoorn-distrik aangewend. Die Oudtshoorn- oondgedroogde tabak is uitsluitlik as ?n vuller vir sigarette gebruik en moes dan met ander soorte tabak soos Indiese of Brasiliaanse tabak vermeng word om geur in te bring en die ho? chloor-en nikotieninhoud in die eindproduk te verlaag.33 Warm en helder sonskyndae is nodig vir die groeiproses van hierdie tropiese of sub-tropiese gewas. Die tabak moet reeds geoes wees voordat enige ryp voorkom omdat die tabakplant baie vatbaar vir rypskade is. Alhoewel tabak gereelde re?n moet kry, het die leiwater van die Klein Karoo vir goeie oeste gesorg in die afwesigheid van goeie en gereelde re?nbuie. Soos reeds in 28 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.5. 29 Ibid., p. 43. 30 C P Nel Museum Argief, Aschman- l?ers, Die Burger, 1 Maart 1951. 31Anon., Produksie van Virginia-Tabak in die Unie van Suid-Afrika, Pamphlet No.188, Staatsdrukker, Pretoria, 1938, p. 6. 32 Privaat onderhoud: AJA Schoeman, 15.02.2012. 33 C P Nel Museum-argief, Piet Coetzee: Voordrag van die laaste voorsitter van Kango Wyn- en Tabakko?perasie,1.9.2010, p.7. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 60 60 hoofstuk een gesien is, kom haelbuie nie gereeld in die Klein Karoo voor nie.34 Van die 1950?s af was daar egter versekering teen haelskade vir die boer beskikbaar.35 Die soort tabak wat die beste resultate vir die Oudtshoorn- boer gelewer het, was die Groot Swazi of Piet Retief-Swazi-vari?teite. Vir roltabak is die Regop en Haasoor-vari?teite verbou en gebruik.36 Aangesien die toepassing van wisselbou vir die tabakboer noodsaaklik is om siektes te bekamp of te voorkom, het dit goed by die landboutoestande van die Klein Karoo ingepas. Volgens ?n voormalige tabakboer van Oudtshoorn, mnr.K de Jager, is die beste grond op ?n plaas uitgehou vir tabak, maar het hulle selde twee jaar na mekaar tabak op dieselfde land geplant. Uitsonderlike vrugbare grond is soms twee jaar na mekaar vir tabak gebruik. 37 Gemengde boerdery, waar verskillende gewasse om die beurt op dieselfde stuk land verbou word, was nog altyd aan die orde van die dag in hierdie streek en so is siektes, wat in die grond voorkom, tot die minimum beperk. Gewasse soos mielies, koring, hawer en gars kon met sukses op vorige tabaklande verbou word sonder om deur aalwurm besmet te word.38 Taylor verklaar dat die blaar van die tabakplant van die Oudtshoorn-distrik besonder groot was, ?n swaar, dog growwe tekstuur gehad het en goed gebrand het. Hy verwys ook na die ho? nikotieninhoud, wat later as ?n nadeel beskou is, maar die groot blare en goeie verbrandingseienskap het wel voordele vir die tabakboere ingehou.39 ?n Proefterrein by die proefplaas te Rustenburg het die volgende data aangaande wisselbou opgelewer, wat ook op die landboumetodes van die Klein Karoo van toepassing is. In die Oudtshoorn-distrik is lusern meestal in plaas van mielies en hawer geplant. Aangesien boere heelwat kraalmis in die lande vir die tabak ingeploeg het, het die lusern baie geil gegroei as dit met tabak afgewissel is.40 Tabel 3.1: Tabel van wisselboumetodes in die Rustenburg-distrik41 Oktober 1960 ? Mei 1961 Somer: tabak Mei 1961 ? Oktober 1961 Winter : koring, hawer Oktober 1961 ? Mei 1962 Somer: sunhemp Mei 1962 ? Oktober 1962 Winter : hawer November 1962 ? Mei 1963 Somer: mielies Mei 1963 - Oktober 1963 Winter: braak Oktober 1963 ? 1 Maart 1964 Somer : tabak 34 Ibid., pp. 8 ? 9. 35 Privaatversameling, Mnr. C J Meyer, Rietvlei, Le Roux-stasie:Korrespondensie, Bestuurder Kango Tabak - C J Meyer, 18.5.1965. 36Anon., Produksie van Virginia-Tabak in die Unie van Suid-Afrika, Pamphlet No.188, Staatsdrukker, Pretoria, 1938,p. 14. 37 Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 38 Anon., Produksie van Virginia-Tabak in die Unie van Suid-Afrika, p. 14. 39 H W Taylor, Tobacco in South Africa, p. 27. 40 Privaat onderhoud: P M le Roux, 06.01.2012. 41 J R Niewenhuis, Virginiese Tabak ( Ongepubliseeerde MA-verhandeling, US, 1967), p.60. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 61 61 Die data in tabel 3.1 bevat nie gegewens oor lusern nie omdat dit in Rustenburg beproef is, maar mielies en hawer en ook sunhemp is met sukses met lusern of patats of enige gewas wat goed in die Oudtshoorn-distrik geaard het, vervang.42 Na die val van die veremark het die swakbetaalde en oorwerkte bywoners gewoonlik die taak gekry om ?n nuwe land met tabak te plant. Dit was ?n groot werk aangesien tabaksaad eers in beddings geplant word waarna die saailinge versigtig met die hand in goedvoorbereide lande geplant word. Lusernlande, wat vir vier tot vyf jaar deur volstruise bewei en uitgetrap is en te veel onkruid bevat het, is eers vir ?n jaar vir tabakverbouing gebruik voordat nuwe lusern daar aangeplant is. Dit is wat met ?n sogenaamde ?skoonmaakproses? bedoel word.43 Meneer P M le Roux, ?n veteraanboer van tabakverbouing in die Oudtshoorn-distrik, het die ?skoonmaakproses? soos volg verduidelik: Aangesien daar nie soveel ontsmettingsmiddels vir grond in daardie jare was nie, het ?n boer na ?n tabakoes die ou tabakstronke en ou los blare wat nog op die land rondgel? het, in die grond ingeploeg. Hierdie tabakafval was so sterk en dat dit die aalwurms in die grond doodgemaak, die grond ?ontsmet? en ook tekstuur daaraan gegee het. 44 Die aalwurm is een van die grootste peste vir die Suid-Afrikaanse tabakboer. Dit word deur tabakboere en - kundiges nie as ?n insek beskou nie, maar dit is ?n klein draadvormige wurmpie, wat die wortels van die tabakplant aanval45 en sodanig beskadig dat die voeding van die plant daardeur gestrem word. 46 Nadat die grond ?n ruk so gel? het, kon die boer dan weer ploeg en lusern of ander gewasse met sukses daar verbou. Aangesien die volstruise op die lusernlande gewei het, en ook ander vee soos skape, beeste en bokke, was daardie grond organies goed bemes in die afwesigheid van kommersi?le kunsmis. Sodra daardie lande dan weer vir tabak gebruik is, was dit ryk genoeg aan bemesting om ?n suksesvolle tabakoes te lewer. Hierdie vindingryke en slim gebruik van beskikbare hulpbronne het veroorsaak dat die boere van die Klein Karoo hulle koppe kon oplig na die val van die veremark. ?n Ander boer praat weer van ?nuwe grond? waarop tabak geplant is en waarmee hy bedoel dat daar nie vantevore tabak daarop verbou was nie. Pauline Smith het ook in haar joernaal van haar besoek aan die Oudtshoorn-distrik in 1913-1914 gemeld dat tabak in nuwe lande, waar die veld skoongemaak is van bossies en klippe, met groot sukses geplant is. Verder het sy te kenne gegee dat lusern daarna met goeie resultate op so ?n land geplant kon word. 47 Dan is baie skaap-en 42 Privaat onderhoud: P M le Roux, 06.01.2012. 43J R Niewenhuis, Virginiese Tabak ( Ongepubliseeerde MA-verhandeling, US, 1967), p. 39. 44 Privaat onderhoud: P M le Roux, 15.12.2011. Le Roux het hierdie proses by wyle Flippie Lategan geleer. 45 Volgens die HAT is dit ?n nematode, waarvan daar 100 verskillende soorte is. Onder 15? C of oor 35? C gaan dit dood. 46 Anon., Die Goue Blaar, p. 66. 47 P Smith, Secret Fire, The 1913-14 South African Journal of Pauline Smith, University of Natal Press, Pietermaritzburg Press, 1997, p.29. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 62 62 bokmis in die land ingeploeg voordat die tabakplantjies daarop aangeplant is. Eers wanneer die plantjies een voet (?30cm) hoog was, is kunsmis oor die land gestrooi. Sekere noodsaaklike voedingstowwe moet in die grond aanwesig wees omdat die somtotaal van al hierdie voedingstowwe ?n belangrike invloed op die kwaliteit en kwantiteit van die blaarproduksie van die tabakplant het.48 Dus moes die boer sorg dat die grond ook baie stikstof bevat.49 Tabak het egter ook heelwat water nodig en is daarom meestal in die waterryke valleie van die Klein Karoo aan die voet van die Swartberge verbou. Die vallei noord van Oudtshoorn aan die voetheuwels van die Swartberge wat dikwels die Kango genoem word, Matjiesrivier, die valleie in die ooste na De Rust se kant en anderkant De Rust, asook die valleie in die weste, na Calitzdorp se kant was tabakproduserende streke. Navorsingsresultate het getoon dat die optimum omgewingstemperatuur vir die kweek van tabak tussen 24 ? C en 32 ? C is en dat enige omgewingstemperatuur buite hierdie grense die aantal blare per plant benadeel.50 Die warm somertemperature in die Klein Karoo was dus uiters geskik vir die kweek van tabak. Boere kon dieselfde soort tabak in die Oudtshoorn-distrik as in ander dele van Suid-Afrika geplant het, maar die plaaslike voginhoud van die grond, die grondtipe en die omstandighede tydens die aanplant van die tabakplantjie sal veroorsaak dat ?n totaal ander produk met sy eie unieke eienskappe gelewer word. 51 Figuur 3.1: ?n Tipiese toneel op ?n tabakplaas in die Oudtshoorn-distrik 48 W W Garner, The Production of Tobacco, p.62. 49 Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 50 J N de Kock, Invloed van ?n Nagbreek op Groeiontwikkeling en verwante opbrengsfaktore van Virginiese tabak onder koue, kort fotoperiodes ( Ongepubliseerde MA- verhandeling, US),1987, p. 37. 51J Hanna, 1934, Agricultural Co?peration in Tobacco, http://www.jstor.org/stable, [ November 2011], p.294. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 63 63 52 Die wa staan eenkant waarmee die tabakblare vanuit die land na die skuur vervoer is. Die bondels tabakblare word dan in rye in die lugdroogskuur opgehang deur mans en veral baie vrouens. 3.3 DIE OPRIGTING VAN TABAKFABRIEKE IN OUDTSHOORN A A Pocock het in 1882 die eerste klein rol- en kerftabakfabriek op Oudtshoorn opgerig. Daar is onsekerheid oor die sukses, aldan nie, van Pocock se fabriek, maar ?n advertensie het wel in 1886 in die Oudtshoorn Courant Almanak verskyn waarin sy tabak geadverteer is. Verder het die Oudtshoorn Courant in 1888 berig dat die Cango Tobacco Co., ?n ander tabakfabriek, daarin geslaag het om goeie ?rookblare?53 te kweek.54 Sedert die begin van die twintigste eeu het fabrikante die produk in blaarvorm begin koop vir die vervaardiging van pypmengsels en sigarette. Die Spies-broers se roltabakfabriek is in 1901 geopen.55 Benewens roltabak was die Spies-broers ook die eerstes wat daaraan gedink het om die tabak op te kerf en in sakkies vir pyptabak te verkoop. Rooi Hekkies het ?n lusernsnymasjien gebruik om die tabak mee op te kerf om die gewenste pyptabak te verkry. Selfs na die stigting van die Kango Tabak Ko?perasie in 1926 het die Spies-broers voortgegaan met hul baie suksesvolle onderneming en in 1975 was van die Spies-nasate onder leiding van Luther Spies steeds besig om tabak in hul eie fabriek te verwerk.56 Volgens die Tabakbeheerraad se publikasie, Die Goue Blaar, is ?n bestendige produksie van pyptabak teen 1970 toe reeds vir ?n honderd jaar gehandhaaf.57 Dit het daartoe gelei dat verskeie tabakverwerkingsfabrieke op Oudtshoorn ontstaan het. Godlonton skryf in 1921 dat daar vier belangrike tabakfabrieke was, naamlik Chambers & De Jager Bros., F Schenk wat Oudtshoorn toe gestuur was deur die regering as tabakdeskundige maar toe sy eie fabriek in 1890 begin het, die Schoeman -broers en Spies Broers.58 3.4 DIE KO?PERATIEWE VERBOUING EN BEMARKING VAN TABAK In die laat 19e eeu moes die tabakboere van Oudtshoorn die markgeleenthede en die hawe van Mosselbaai gebruik om hulle tabak van die hand te sit. Daar was toe nog nie veilings op Oudtshoorn gehou nie. ?n Groot hoeveelheid tabak is plaaslik gebruik en aan Joodse smouse verkoop. Hierdie smouse het met togwaens die hele Kaapkolonie, en soms selfs verder, deurreis en die tabak verkwansel.59 Rol- en pruimtabak was met togwaens tot sover as Basoetoland (die 52 Anon., Die Goue Blaar, p.86. 53 So genoem deur tabakprodusente omdat dit vir sigarette gebruik is. 54Anon., Die Goue Blaar, Tabakbeheerraad se uitgawe oor die Suid-AfrikaanseTabaknywerheid, Muller en Retief Edms. Bpk.,1970, p.43. 55Ibid., p.43. 56Ibid., pp.12 ? 17. 57 Anon., Die Goue Blaar,1970, p. 56. 58 B G Godlonton, Oudtshoorn and its farms, p. 39. 59A Appel, ?n Sosio-Ekonomiese Studie, p. 163. ?n Togwa was ?n ossewa waarmee gereis is om te smous. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 64 64 huidige Lesotho) en die Vrystaat geneem en is dikwels vir beeste en perde geruil.60 Nogtans het baie tabak, na onsuksesvolle togte om dit elders te gaan verkoop, na Oudtshoorn teruggekom. Gevolglik was die bedryfs- en bemarkingskoste hoog. Die kommersi?le belangrikheid van tabak het saam met die bevolking van Suid-Afrika toegeneem en mettertyd het boere nie meer net na die onmiddellike omgewing vir verbruikers van hulle tabakprodukte gekyk nie. Die Oudtshoorn-tabakboer het besef dat hulle die smake en voorkeure van die hele land en sy inwoners in aanmerking moes neem by die verbouing en bemarking van hulle produk. 61 Transvaalse boere in die Rustenburgse omgewing het ?n baie goeie kwaliteit tabak begin lewer en die tabakboer van die Klein Karoo moes daarmee meeding. Die eerste tabakko?perasie in Suid- Afrika, die Magaliesbergse Ko?peratiewe Tabakplantersvereniging (voortaan MKTV), is so vroeg as 1909 gestig.In daardie stadium is die tabakboerdery in die Oudtshoorn-distrik heeltemal deur die ?boom? van die volstruisveremark oorskadu en was georganiseerde bemarking van tabak nie ?n prioriteit nie. Soos Pauline Smith dit gestel het: ?Ostrich farming is the ruin of crops of any kind.? 62 Volgens B G Godlonton was die hooffokus op die voer en versorging van die volstruis en tabakverbouing is eers daarna as ?n ?cleansing process? 63 gebruik. Hierdie proses is reeds in die onderafdeling oor die verbouing van tabak behandel. Na die val van die veremark het die situasie heeltemal verander en was tabakboerdery die strooihalm waarna menige boer gegryp het. ?n Deurlopende probleem vanaf die ontstaan van tabakboerdery in die 1860?s tot in 192664 toe die Kango Tabakko?perasie op Oudtshoorn gestig is, was dat die boere oorgelewer was aan die Joodse kopers.65 Voor die koms van die smous het die boer die tabak self op sy plaas verwerk en is dit dikwels as ruilmiddel gebruik. Arbeid is dikwels met tabakprodukte beloon. Deur die loop van die twintigste eeu was dit baie keer die gebruik dat Joodse kopers na plase gekom het om pryse te beding en die produk onmiddellik geneem of later kom haal is.66 Soos in die hoofstuk oor volstruisboerdery aangetoon is, was die Afrikanerboer oor die algemeen redelik na?ef met transaksies. Hulle het besef dat hulle nie vir hulle produkte na waarde betaal is nie, maar voor die koms van ko?perasies wat pryse beheer het, was hulle oorgelewer aan Joodse handelaars met wie die boere meestal op goeie voet verkeer het. Met die aanvang van die tabakproduksie was dit grotendeels Joodse smouse wat deur die land gereis het om die boere se tabak verkoop te kry soos hier bo verduidelik is. 60 M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudtshoorn,1952, pp. 41-42. 61 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.3. 62 P Smith, Secret Fire, p.29. 63 B G Godlonton, Oudtshoorn and its farms,p. 39. 64Cape of Good Hope, Official handbook, 1886, p. 110. 65 J Burman, The Little Karoo, p. 110. 66 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.8. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 65 65 Joodse handelaars het hulle op Oudtshoorn gevestig toe grootskaalse tabakproduksie in die distrik aan die begin van die twintigste eeu ?n aanvang geneem het. Hulle het egter steeds gereis om die tabak verder te verkoop. Die Joodse handelaar het die produkte, hetsy tabak of volstruisvere en selfs oortollige lusern wat die boer wou verkoop, vir kontant opgekoop. Die boere het geglo dat die Joodse middelmanne vooraf besluit het wat hulle bereid was om vir ?n produk te betaal en die boere dus geen onderhandelingsvermo? gehad het nie.67 Daar is ook tabakmarkte gehou waartydens die verskillende Joodse kopers teen mekaar gebie het. Die veremark in Port Elizabeth het tot laat in die 1970?s op dieselfde wyse gefunksioneer. Boere het gesorg dat hulle produk netjies en volgens voorskrif op die mark gelewer word en dan het die kopers daarop gebie.68 Baie boere was verplig om hulle tabak vinnig, sodra dit gereed was vir bemarking, te verkoop ten einde hulle finansi?le verpligtinge na te kom. Die mark was dan oorlaai met tabak en dit het die pryse laag gehou.69 Boere was dikwels van Joodse middelmanne afhanklik omdat hulle inkomste altyd onvoorspelbaar en wisselend was.Joodse winkels kon aan hulle lewensmiddele verskaf wat hulle nodig gehad het voordat hulle oeste gelewer en hulle daarvoor betaal is.70 Jode was die eienaars van talle winkels en verskaffers van landboubenodighede op Oudtshoorn en die Afrikanerboere kon ?op skuld? by hulle koop solank hulle dan hul tabakoeste aan die Joodse handelaar verkoop het. 71 Hierdie praktyk het landswyd in boerderygemeenskappe voorgekom. Die tabakboer was self ook aandadig aan die laer tabakpryse omdat hulle dikwels nie sorgvuldig genoeg die nodige gradering gedoen het nie en die blaar van die tabakplant nie altyd aan die vereistes van die mark voldoen het nie.72 Selfs in Virgini? in die VSA het tabakboere dikwels amper die helfte van hulle oes deur swak hantering en gradering tot niet laat gaan.73 Kwaliteit by tabak is ?n relatiewe term aangesien die tabakkwaliteit en waarvoor dit aangewend word, afhang van verskeie faktore soos die nikotieninhoud, kleur, geur, aroma, lyf, tekstuur, brandbaarheid en grootte van die blaar.74 As Virginiese tabak vir sigarette gebruik wil word, moet die blaar ?n fyn tekstuur h?, dun wees en lig in gewig.75 Vir pyptabak kon die blaar swaarder, groter en meer volgeur wees. Hierdie eienskappe word grootliks deur die grondtipe of deur seleksie van plantmateriaal oor ?n lang periode bepaal.76 Tot in die 1960?s is die boere in omsendbriewe van die 67 D Coetzee, 2005, Fires and Feathers: Acculturation, Arson and the Jewish Community in Oudtshoorn, South Africa, 1914 ? 1948, Springer Publishers,http://www.jstor.org, [24.11.2011], p.150. 68 Privaat onderhoude: J Matthews, 2.12.11 en P le Roux, 15.12.11. 69 F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.8. 70 D Coetzee, 2005, Fires and Feathers: Acculturation, Arson and the Jewish Community in Oudtshoorn, South Africa, 1914 ? 1948, Springer Publishers, http://www.jstor.org, [24.11.2011], p.150. 71 Ibid., pp. 147 ? 150. 72 F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p. 8. 73 B G Godlonton, Oudtshoorn and its farms, p.41. 74 H W Taylor, Tobacco in South Africa, p. 27. 75Ibid.,p.9. 76Ibid., pp.37-38. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 66 66 toe reeds gestigte tabakko?perasie gemaan om hulle graderings op te skerp en om die regte grootte blaar te produseer.77 In 1904 het tabakboere in Suid-Afrika gepoog om saam te werk in een organisasie, maar hierdie vereniging is egter binne twee jaar ontbind. ?n Leier in die tabakbedryf, C W Otterman, het ?n studie gemaak van ko?perasies in die buiteland en kan beskou word as die vader van die MKTV Ko?perasie op Rustenburg. Ook in die Oudtshoorn-distrik is die voordele van hierdie studie en van die gesamentlike hantering van tabak deur landbouleiers soos S P le Roux, die LV van Oudtshoorn, en andere, ingesien.78 Die boere mag na?ef voorgekom het, maar hulle het wel deeglik besef dat hulle harde werk nie altyd beloon is nie. Finansi?le sekuriteit was dringend nodig in die landboubedryf en nie slegs in die tabakbedryf nie. Die mark is dikwels deur die kopers gemanipuleer en nie altyd deur die kwaliteit van die tabak nie.79 Tog moes die Oudtshoorn-distrik tot 1926 wag vir ?n volwaardige tabakko?perasie. In 1904 was die volstruisbedryf steeds op ?n goeie voet en aan die opbou na die hoogtepunt van finansi?le voorspoed in die bedryf teen 1913. Dit was eers na die val van die veremark dat daar met erns na grootskaalse tabakverbouing en tabakverwerking en die gesamentlike bemarking daarvan gekyk is. In 1923 het landbouleiers in die Oos-Kaap ook probeer om ?n ko?peratiewe beweging vir tabakboere aan die gang te sit om die finansi?le en bemarkingsbekommernisse van hierdie boere te verminder.80 Die probleme was egter te groot en daar het niks van gekom nie. Tog het die boere meer en meer tabak geproduseer, veral in die Oudtshoorn-distrik, om die geldelike verliese van die val van die veremark te bowe te kom. Dit het egter die pryse verder laat daal.81 Selfs al is die meeste aandag aan volstruise gegee, het besigheidsmanne en boere egter besef dat Oudtshoorn self tabak moes verwerk in ?n bemarkbare produk. Lusernlande is omgeploeg en tabak is geplant. Soos vroe?r genoem, is die eerste tabakfabrieke alreeds in die negentiende eeu opgerig om tabak te verwerk.82 So byvoorbeeld het Rooi Hekkies Spies ?n ou beproefde resep vir sy roltabak gebruik. 83Hy het dwarsoor Suid-Afrika bekend geword vir sy Rooi Spies-tabak. Hy het self gesorg dat sy kopers dwarsoor die land sy tabakprodukte gereeld en stiptelik gekry het en was bekend vir sy uitstekende bemarking en kli?ntediens. 77 Privaatversameling: CJ Meyer: Verskeie omsendbriewe. 78 J A S van Niekerk, ?n Oorsig oor die ontwikkeling van die Landbouko?perasie in die RSA, p.88. 79 Privaat onderhoud, J Matthews, 2.12.11. 80Farming in South Africa, Februarie 1927,p.410 (V F Olivier: Establishing a Co-operative Tobacco Society). 81Ibid.,p. 410. 82 C P Nel Museum-argief, M.Boehmke, boek 3, p.72. 83Landbouweekblad, 2.9.1975,pp.12-17, (S van Waart: Neem voortou in nuwe pruimtabak-era). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 67 67 Figuur 3.2: ?n Voorbeeld van Spies-tabakprodukte84 In 1912, toe die volstruisveer-?boom? nog hoogty gevier het, was daar slegs twee tabakfabrieke in Oudtshoorn, maar teen 1916 was daar twaalf goedgevestigde tabakfabrieke. In 1926, toe die ko?perasie gestig is, het dit tot sestien toegeneem. Voorstanders van industrialisasie het dus die verebloeitydperk as teenproduktief gesien en het gehoop dat die hernude belangstelling in tabak en die verwerking daarvan Oudtshoorn as dorp kon laat groei.85 Die totale produksie van tabak in Suid-Afrika het van 16 961 000 lb in 1910/11 tot 21 380 000 lb in 1926/27 gestyg. Verbeterde besproeiingsmetodes en die bou van damme in die Oudtshoorn- distrik, asook in die ander tabak-produserende streke van die land, het die produksiesyfers opgestoot. Die totstandkoming van die Kango Tabakko?perasie in 1926 en ?n groter aanvraag na tabak het ook ?n groot rol gespeel om produksie te verhoog. 86 Die stigtingsvergadering van Kango Ko?peratiewe Tabakmaatskappy Beperk is alreeds op 28 Oktober 1925 te Oudtshoorn gehou. Verskeie ander vergaderings is egter gehou, soos in Desember 1925, om die boere te probeer oortuig dat ?n ko?perasie die enigste opsie was om die lae pryse en kwesbaarheid van wisselende grootte oeste te? te werk.87 Die Kango is op 12 Februarie 1926 geregistreer, maar aangesien dit ?n nuwe konsep vir baie tabakboere was, moes baie van hulle nog van die lewensvatbaatheid daarvan oortuig word. As die geskiedenis van ko?perasiewese in die VSA bestudeer word, blyk dit dat daar ook nie ?n maklike pad vir die tabakindustrie was nie.88 By die stigtingsvergadering van Kango was daar veertien stigterslede wat 84Ibid., pp. 12 ? 17. 85 C.P Nel Museum-argief, M.Boehmke , oorgetikte nota?s van Boek 3. 86 Ibid., pp.6,7. 87Farming in South Africa, Februarie 1927, p.410, (V F Olivier: Establishing a Co-operative Tobacco Society). Voortaan sal slegs die woord ?Kango? gebruik word as na hierdie organisasie verwys word, aangesien die relevante bronne so daarna verwys. 88 J Hanna, 1934, Agricultural Co?peration in Tobacco, http://www.jstor.org/stable, [24.11.2011]. pp.301 - 303. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 68 68 in totaal 390 aandele teen 2/- (twee sjielings = 20c) per aandeel aangekoop het.89 Met die registrasie op 12 Februarie 1926 was daar reeds 1 244 lede en dit het toegeneem tot 1 941 in 1933 en 2 084 in 1941.90 Na die registrasie van Kango in Februarie 1926 het ?n klousule inwerking getree wat alle boere van Oudtshoorn, Uniondale, Prins Albert, George, Calitzdorp en Ladismith gedwing het om hulle tabak aan die nuwe ko?perasie te lewer en net vir eie gebruik tabak uit te hou.91 Die LV van Oudtshoorn, advokaat S P le Roux, het tydens ?n politieke vergadering op Oudtshoorn ter ondersteuning van die nuwe Pakt-regering,92 op 25 Junie 1926, aan die boere ges? dat die regering ten gunste van die ko?peratiewe beweging was. Om die boere van hierdie siening te oortuig, het hy ook gemeld dat die invoer van swak gehalte tabak uit Rhodesi? verbied sou word.93 Die sukses van hierdie ko?perasie was te danke aan die samewerking van die tabakboere en die goeie organisasie binne hierdie bedryf.94 As politikus het S P le Roux altyd na die tabakboere omgesien omdat hy self geboer het in die De Rust-omgewing, wat onder die distrik van Oudtshoorn geresorteer het. Hy het ?n LL.B ?graad buitemuurs aan die Grey-Universiteitskollege in die Vrystaat behaal na sy voorgraadse studie aan die Universiteit van Stellenbosch. Alhoewel hy tot die Kaapse balie toegelaat is, het hy die advokatuur betreklik gou vir die boerdery verruil wat sy eerste en grootste belangstelling was.95 Hy het ook in 1920 die oprigting van Boere-Saamwerk Beperk, ?n landbouvereniging vir die suid- westelike Kaapland, aangevoer wat ten doel gehad het om volstruisboere in die onsekere tye n? die ineenstorting van die veremark by te staan en hulle van advies te bedien om naas volstruise ook met ander gewasse en vee te boer. Een van daardie gewasse was tabak en in 1926 het Le Roux die inisiatief vir die oprigting van die Kango-Tabakko?perasie geneem.96 S P le Roux was Minister van Landbou van 1948 tot 1958, ?n stigterslid en voorsitter van die Kango Tabakko?perasie van 1926 tot 1948, lid van die Tabakbeheerraad van 1935 tot 1948 en het op Sentabak se beheerraad van 1929 tot 1947 gedien.97 Toe Le Roux in 1959 ?n ere-doktorsgraad van die Universiteit van die Vrystaat ontvang het, is daar in besonder melding gemaak van die feit dat hy ?n uitnemende kampvegter was vir die beginsel van gesonde bemarking van landbouprodukte. Ook dat hy hom beywer het vir die daarstelling van maatre?ls om die boer teen onsimpatieke krediteure te beskerm; asook om grondverarming te 89 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.62. 90 Ibid., p.62. 91Farming in South Africa, Februarie 1927,p.410, (V F Olivier: Establishing a Co-operative Tobacco Society), p. 410. 92 Die Pakt-regering het in 1924 aan bewind gekom en het bestaan uit ?n samewerkingsooreenkoms tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty. 93C P Nel Museum Argief, Oudtshoorn Courant, 25.06.1926. 94S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p. 12. 95 J C Kannemeyer, Leroux: ?n Lewe, Protea Boekhuis, Pretoria, 2008, p.36. 96Ibid,. p. 37. 97 Anon., Die Goue Blaar, p.146. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 69 69 bestry. Hy was ook ?n voorstander van die skepping en uitbou van beter navorsingsfasiliteite en vir die beter opleiding van die boer.98 Sentabak (die Sentrale Ko?peratiewe Tabakmaatskappy van Suid-Afrika) is op 22 Junie 1926 as mondstuk van al die georganiseerde tabakprodusente gestig.99 Die doel van Sentabak was om al die afsonderlike ko?perasies van al die tabakstreke in Suid-Afrika in een oorhoofse ko?perasie te verenig wat die bemarking en prysvasstelling van tabak kon beheer.100 Die Kango Ko?peratiewe Tabakmaatskappy Beperk is op 25 Mei 1927 by Sentabak ge-affilieer. 101 Sentabak het dus die mondstuk van al die tabakprodusente geword en so al die tabakboere se belange behartig.102 In 1927, ?n jaar na die totstandkoming van Kango, is met verwondering berig dat Kango ? 83 000 aan sy lede uitbetaal het. Kango se profyt was ? 40 000 en die kassiere in die bank was so besig op die dag van die uitbetaling soos hulle laas tydens die ?boom? van die volstruisveer was. Dit was ?n groot dag, omdat die tabakboer nie meer uitgelewer was aan spekulatiewe pryse wat lukraak deur die Joodse kopers betaal is nie. 103 Volgens Coetzee was die direksies van die ko?perasies in Suid-Afrika politieke instellings wat daarop gekonsentreer het om die mag van die Joodse sakemanne te verbreek. Hy regverdig sy stelling deur daarop te wys dat die hele direksie van Kango uit Afrikaners bestaan het met die Nasionale Party LV, S P le Roux, as eerste voorsitter. Sol Green, ?n Joodse tabakfabriekeienaar het besorgde Joodse tabakfabriekeienaars in ?n protes teen die stigting van Kango in 1926 gelei. In plaas daarvan dat hulle hul tabak by die plaaslike boere kon koop, het Kango nou die aankoop en verkope van tabak beheer. Die protes was teen die beheer van die voorraad beskikbare tabak deur ?n ?vyandige? instansie. Deur middel van ?n spesifieke bepaling vir die Oudtshoorn-distrik het ?n 100% verhoging in lone vir die tabakbedryf gegeld, maar dit het die plaaslike kompetisie onder tabakvervaardigers vererger en hulle insetkoste verhoog. Sommige Joodse tabakfabriekeienaars het Kango daarvoor blameer.104 Tog het ?n bekende Joodse sakeman, wat ook ?n destydse tabakfabriekeienaar was, Isidore Barron, die volgende stelling gemaak: ?Kango is gestig om iets op te bou terwyl die latere landbouko?perasie [die Klein Karoo Landbouko?perasie wat in 1945 opgerig is] gestig is om iets af te breek.? 105 Barron het die stigting van Kango nie as negatief ervaar nie, want hulle kon desondanks die beheer van die tabakhandel voortgaan met hulle besigheid. Wat Barron wel getref 98 J C Kannemeyer, Leroux: ?n Lewe, pp. 42 -43. 99Ibid., p. 134. 100 J A S van Niekerk, ?n Oorsig oor die ontwikkeling van Landbouko?perasie in die RSA,1982, p.88. 101 W R Kolver, Beheerde Bemarking van Tabak in Suid-Afrika,(Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, PU vir CHO,1962), p.37. 102 Ibid.,p. 38. 103Oudtshoorn Courant, 25.02.27. 104 D Coetzee,2005, Fires and Feathers: Acculturation, Arson and the Jewish Community in Oudtshoorn, South Africa, 1914 ? 1948, Springer Publishers,http://www.jstor.org, [24.11.2011], p.151. 105 Sien meer hieroor in hoofstuk drie oor die Klein Karoo Ko?perasie. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 70 70 het, was dat hy na die bewindsoorname van die Nasionale Party in 1948 sy besighede (volstruisbiltongmakery, winkel, tabak-en volstruisvereverwerkingsfabrieke) na Oudtshoorn se nywerheidsgebied moes verskuif. Sy besighede was in Dysselsdorp (20 km vanaf Oudtshoorn) en dit is volgens die Groepsgebiede Wet (1950) as ?n Kleurlinggebied verklaar. Gevolglik moes hy sonder kompensasie sy besighede daar sluit. 106 Volgens Victor Olivier, wat in 1927 ?n tabak- en katoenbeampte in Oudtshoorn was, was die motiewe vir die stigting van Kango die volgende: om stabiliteit in die tabakbedryf te kry; om vir ho?r pryse te beding; om die rou produk op standaard te bring; om die besigheidsmetodes van die boer te verbeter; om produksie van tabak te verhoog en om nuwe markte vir tabak te vind.107 Tog kon Sentabak dit nie verhoed dat die landboubedryf en ook die tabakbedryf erg deur die w?reldwye depressie, wat in 1929 in die VSA begin het en tot in die 1930?s voortgeduur het, getref is nie. Hierdie ekonomiese toestand was internasionaal van aard en maatre?ls is deur middel van spesiale beheerwetgewing geneem om tydelike verligting deur prysverhogings te bring.vir die plaaslike suiwel-, mielie-, tabak-, slagvee en koringbedrywe.108 In die Oudtshoorn-distrik het welgestelde Joodse handelaars weer hulp aan die boere verleen, aangesien die Groot Depressie ook met ?n vernietigende droogte gepaard gegaan het. Die nie-Joodse boere het gereeld by Joodse besighede hulle aankope gedoen. Kango kon nie genoegsame hulp aan die boere verleen nie en die Joodse handelaar het die boere op skuld laat koop. Die boere het besef dat hulle nie die bemarkingskontakte en sakevermo? van die Joodse handelaars gehad het nie en het dus steeds baie van hulle produkte aan Joodse kopers verkoop.109 Gedurende die Tweede W?reldoorlog was daar verskeie voorvalle van brandstigting in Oudtshoorn. Dit was altyd in die nag sodat geen persoon ooit beseer is nie. Slegs Joodse tabakfabrieke en -winkels het deurgeloop. Die brandweer was stadig om te reageer en om hulp te gaan verleen. Daar is geglo dat dit deur die anti- Britse Ossewabrandwag-lede, wat teen die geldmag van die Jode gekant was, gepleeg is, maar niemand is ooit aangekeer nie. Soms was daar nie water in die tenks van die brandweerwaens nie en die verskoning wat gebruik is, was dat daar in daardie stadium waterbeperkings op Oudtshoorn was. Dit het vir die Joodse eienaars van die fabrieke en winkels baie verdag voorgekom, veral omdat die gereg nie veel gedoen het om die brandstigters te probeer aankeer nie. Die verhouding tussen die Afrikaanse boer en sy Joodse voorsiener het op die oog af dieselfde gebly, maar die anti-Britse gevoel onder die Nasionaal- gesinde Afrikaner gedurende die oorlogsjare was baie sterk. Die Jode was meestal pro-Brits en dit het tot die wrywing bygedra. Nasionaal -gesinde boere het soos genl. JBM Hertzog gevoel dat 106 Privaat onderhoud: I Barron, 16.02.2012. 107Farming in South Africa, Februarie 1927, ),p. 410 (V F Olivier: Establishing a Co-operative Tobacco Society). 108 W R Kolver, Beheerde Bemarking van Tabak in Suid-Afrika, p. 57. 109 D Coetzee, 2005, Fires and Feathers: Acculturation, Arson and the Jewish Community in Oudtshoorn, South Africa, 1914 ? 1948, Springer Publishers,http://www.jstor.org, [24.11.2011], p.152. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 71 71 Suid-Afrika nie aan die kant van die Geallieerde magte in die oorlog moes gaan deelneem het nie. Na afloop van die oorlog het die brandstigting opgehou en het die verhouding tussen die verskillende nasionaliteite op Oudtshoorn weer na normaal teruggekeer. 110 ?n Grafiek van Kolver toon aan dat die aantal tabakboere in die Klein Karoo van 1941 tot 1960 geleidelik getaan het. Die gehalte van Rustenburgse tabak, asook di? van ander streke in Suid- Afrika was beter as Oudtshoorn s?n, veral vir die maak van sigarette. Rol-en snuiftabak se gewildheid was ook aan die afneem. Turkse tabak is uitsluitlik vir die maak van sigarette gebruik en dit was nooit in die Oudtshoorn-distrik geplant nie.111 Die Goue Blaar verklaar ook dat Turkse tabak destyds die mees gesogte vari?teit vir die vervaardiging van sigarette was, maar in 1970 het ligte lugdroogtabak en by uitstek die oondgedroogde blaar die mark oorheers. Tog was die tabakfabriekeienaars op die dorp bedag op veranderde aanvraag na tabakprodukte en het die nodige tabak van buite die distrik aangekoop.112 A L Matthews het veral van Patensie in die Oos- Kaap goeie tabak aangekoop vir sy fabriek in Oudtshoorn.113 Dit was alles steeds vir pyp-, rol- en pruimtabakproduksie. 110D Coetzee,2005, Fires and Feathers: Acculturation, Arson and the Jewish Community in Oudtshoorn, South Africa, 1914 ? 1948, Springer Publishers, http://www.jstor.org,[ [24.11.2011],pp. 143 ? 167. Die Ossewabrandwag was ?n ultra- regse, kwasi-milit?re, anti-Britse and anti-Joodse groepering wat in 1938 tot stand gekom het. 111 Privaat onderhoud: PM le Roux, 06.01.2012. 112 Anon., Die Goue Blaar, pp. 135 ? 139. 113 Privaat onderhoud: J Matthews, 2.12.2011. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 72 72 Figuur 3.3: Skousertifikate van A L Matthews: 1919 en 1925 Hierbo is bewyse van pryse wat A L Matthews al in 1919 en 1925 vir sy tabak in Port Elizabeth gewen het. Dit is ?n bewys van die ho? kwaliteit van die tabak van die Oudtshoorn-distrik. Dit is deur sy seun, John Matthews bewaar maar is agter glas en nie meer in ?n goeie toestand nie. 114 114 Privaat versameling, John Matthews. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 73 73 Figuur 3.4 ?n Tabaksakkie van die Matthews-tabakfabriek115 Produksie het soos altyd gefluktueer vanwe? klimatologiese invloede, maar die heropkoms as ?t ware van die volstruisboerdery in die 1950?s en 1960?s ten koste van die aantal tabakboere was ?n gegewe.116 Na die Tweede W?reldoorlog het die volstruisbedryf weer sterk op sy voete gekom, maar tabakproduksie het nooit verdwyn nie. Die aanvraag na tabakblaar het nie sterk skommelinge ondergaan nie, maar die skerpste toename in aanvraag het sedert die Tweede W?reldoorlog, van 1946 tot 1954 voorgekom.117 Tabakproduksie in die Oudtshoorn-distrik het sedert die laat 1950?s afgeneem aangesien die gehalte van die oonddroogtabak van die Transvaalse streke beter was vir die maak van sigarette. Die gewildheid van pruim- en snuiftabak het ook afgeneem. Soos welvaart toegeneem het, het sigaretverkope gestyg en Oudtshoorn se lugdroogtabak was meerendeels nie daarvoor geskik nie.118 Die sterk Kango Tabakko?perasie het gesorg dat die verminderde aantal tabakboere steeds goeie pryse vir hulle produk behaal het. Kango het self die tabak, wat deels vir pyp en deels vir sigarette gebruik is, verwerk.119 Kango het as ?n rolmodel vir ander landbouko?perasies gedien omdat daar nou meer sekuriteit in die bedryf was. Die suksesvolle stigting van die Klein Karoo Landbouko?perasie in 1945 is ?n bewys hiervan. In 1952 was die ledetal van Kango 2 164 en die ingeskrewe kapitaal ?9,598. Die reserwe en ander fondse het in daardie stadium ?118,129 bedra. Die ko?perasie se werksaamhede het die ontvang, sorteer, baal en verkoop van Virginiese bladtabak onder die volgende groepe ingesluit: sigaret-tipe, pyptabak-tipe, roltabak-tipe en snuiftabak-tipe.120 Volgens Boehmke was die voordele van Kango dat die bemarking van tabak beter gedoen is en met die totstandkoming van die Tabakbeheerraad in 1935 is dit verder verbeter. Nog ?n pluspunt was die aanmoediging wat tabakboere gekry het om ?n beter kwaliteit tabak te produseer. Ook het 115 Ibid. 116 W R Kolver, Beheerde Bemarking van Tabak in Suid-Afrika, p. 104. 117 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p. 156. 118 Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 119 J Burman, The Little Karoo, p. 112. 120 Anon., Eeufeesgedenkprogram van Oudthoorn, 1847 ? 1947, p. 21. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 74 74 ?n gesonde samewerkingsgees onder die tabakboere posgevat.121 Wat egter interessant is, is dat soos verbeterde boerderymetodes ge?mplementeer is, die Klein Karoo meer tabak gelewer het, maar tog het minder boere tabak aangeplant het.122 Wanneer daar ?n oorproduksie van een soort tabak was, soos Oudtshoorn se gewildste ligte lugdroogtabak, het die laer verkoopprys soos vasgestel deur Kango Tabakko?perasie of Sentabak die aanplant daarvan ontmoedig. Dit was dan ook nie so gesog onder die kopers nie.123 Die boer kon veral aan sy voorskotprys vir tabak sien as daar ?n oorproduksie of verlaagde aanvraag was. Sodra die voorskot minder was, kon die boer pro- aktief optree deur minder tabak aan te plant.124 Ko?perasies was dit aan hulle lede verskuldig om hulle deur middel van omsendbriewe in te lig oor die stand van die tabakbemarking.125 In die statistieke van 1926 tot 1954 word aangetoon dat die totale aantal leweransiers aan Kango min gewissel het. Die Rustenburgse tabakko?perasie, MKTV, is vroe?r gestig en het altyd veel meer tabak gelewer, maar dieselfde fluktasies getoon. 126 Uit Tabel 3.2 kan gesien word hoe sterk Kango teen 1959 nog was en dat hierdie ko?perasie net voor MKTV die knie moes buig ten opsigte van tonnemaat gelewer. 121 C P Nel Museum-argief, M.Boehmke-versameling, nota?s, g.d. 122 Ibid., p.109. 123 Ibid., p.149. 124 Ibid,. p.181. 125 Ibid., p. 182. 126 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p.200. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 75 75 Tabel 3.2: Gemiddelde Gewig Virginiese Tabak per produsent aan Ko?perasies afgelewer, 1941 ? 1959 (Bron: Sentabak) MKTV Piet Retief Kango Gamtoos 1941 1942 1943 1944 1945 1946 1947 1948 1949 1950 1951 1952 1953 1954 1955 1956 1957 1958 1959 1895 2000 2979 2083 3219 2798 4012 4313 4520 4342 4303 4066 4148 4241 3486 5130 6185 7770 7137 99 557 877 794 873 882 1001 997 757 853 722 736 945 861 3360 3264 2482 3104 2783 2680 3491 3287 3451 2510 3006 2806 3421 2787 3173 4014 3537 3787 3711 5148 4764 5312 4964 6043 1912 2095 1946 2881 2349 2151 2710 3740 3041 3025 3528 3145 3108 3210 3534 3417 3268 3147 3677 127 Die opbrengs van beide die twee groot ko?perasies het deur die jare na gelang van klimaatstoestande gewissel, soos in hierdie tabel gesien kan word, maar Kango kon deur die jare sy posisie as tweede grootste tabakko?perasie behou. ?n Omsendbrief van die ko?perasie, gedateer 30 November 1962, is ?n goeie weerspie?ling van die stand van die tabakbedryf in daardie stadium. Eerstens blyk dit dat daar gereeld wenke en voorskrifte aan die tabakboer gegee is hoe om sy produk te verbeter. Die korrekte sortering was belangrik aangesien die Suid-Afrikaanse produk in daardie stadium in groter hoeveelhede na die buiteland uitgevoer is. Die bewerking van die tabakoes moes dus so wetenskaplik korrek as moontlik geskied.Tweedens is die hulp van beamptes aangebied om die boer te help met die korrekte sortering. Derdens is daar ?n beroep op die lede gedoen om hulle aanplantings van tabak te vergroot omdat daar geen afsetprobleme was nie. Vierdens is die boere gemaan om versekering teen haelskade uit te neem. Vyfdens is boere aangeraai om op die amptelike orgaan van die Ko?peratiewe Landbou Beweging, ?Georganiseerde Landbou?, in te teken, want dit het hulle voorligting oor boerderymetodes gegee. Hierdie maandelikse blad sou die boer ook op hoogte hou van die strominge binne die landbou in die land.128 127 D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, p. 379. 128 Privaatversameling, CJ Meyer: Omsendbrief van Kango gedateer, 30.11.1962. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 76 76 Die omsendbrief van 1962 het ook aangedui dat die boere bemoedig is nadat goeie re?n oor die distrik voorgekom het, na ?n vorige swak jaar in die bedryf, wat daarop dui dat tabak ook soos ander landbouprodukte deur droogtes en markskommelinge benadeel is. Kango het hulle omsendbriewe gebruik om telkens die belangrikheid van die tabakboerdery in die Oudsthoorn- distrik te onderstreep.129In Desember 1963 is die tabakboere ook ingelig oor moontlike gevaarlike siektes en plae wat die tabakoes kon benadeel en daar is klem gel? op die voordele van natuurlike bemesting van die tabaklande met bok-, skaap- of kraalmis, aangesien kunsmis die gronde se bakteriese werking sou vernietig. Alle werkers moes ook baie gereeld hulle hande onder lopende water en met seep was en veral nie rook as hulle met tabakplantjies gewerk het nie. Daar is vasgestel dat daar ?n virus in sigarette, pyptabak, en sigare voorkom wat die plantjies kon besmet.130 Daar is ook detail gegee oor hoe die saaibeddings berook moes word om dit te ontsmet voordat die tabakplantjies geplant kon word.131 Die belangrikste gevolg van die georganiseerde bemarking en groei in die tabakbedryf was dat dit tot die rehabilitasie van die distrik na die val van die veremark bygedra het. Die surplus tabak is verkoop aan United Tobacco Company (UTC), wat in 1904 gestig is, en aan fabrieke in Johannesburg. 132 Volgens Boehmke was die verbouing van tabak een van die suksesvolste landbou-ondernemings in die Klein Karoo gedurende die jare wat hierdie studie dek. Die goeie klimaat, vrugbare alluviale grond, goeie wetgewing vir ko?peratiewe bemarking, plaaslike ondersteuning aan tabakboere en die direkteur, mnr. JJS Naud?, se twintig-jaarlange toegewyde organisatoriese en kreatiewe voorsitterskap van die Kango Tabakko?perasie, was hiervoor verantwoordelik. Naud? was hoofbestuurder van Kango Tabakko?perasie van 1926 tot 1955.133 In 1961 moes van die tabakboere klaarblyklik al bekommerd oor hulle bedryf gewees het, want in ?n omsendbrief is hulle verseker dat die bedryf kerngesond is en dat hulle nie moedeloos moes word nie. Goeie gehalte tabak en die regte sortering en bewerking daarvan moes altyd ?n prioriteit bly, het die ko?perasie gemaan.134 ?n Spesiale algemene vergadering van Kango Tabakko?perasie, wat in April 1962 gehou is, het daarop gedui dat daar ?n geldtekort was en is daar toestemming vir ?n lening van die Landbank gevra om lede se voorskotte te kon betaal.135 Dit is tog ?n aanduiding dat die bekommernis van die tabakboere nie heeltemal ongegrond was nie. Die aanvraag na verskillende soorte tabak het ook deur fases gegaan. Na die Eerste W?reldoorlog was die behoefte aan ?n ligter tipe tabak groter en is daar wegbeweeg van donker tabak, wat 129 Ibid., Omsendbrief van Kango gedateer, 18.04.1961. 130 Ibid., Omsendbrief van Kango gedateer, 9.12. 1963. 131 Ibid., Omsendbrief van KTK gedateer, 01.04.1964. 132 Anon., Die Goue Blaar, p.146. 133Ibid., p.146. 134 Privaatversameling, C J Meyer: Omsendbrief van Kango, 18.04.1961. 135 Privaatversameling, C J Meyer: Omsendbrief van Kango, 16.04.1962. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 77 77 meestal vir rol- en pyptabak gebruik is.136 Na die Eerste W?reldoorlog het al hoe meer vrouens begin rook. Goeie advertensies en die gebruik van bekende aktrises in rolprente wat rook, het vrouens oortuig dat die rookgewoonte ook vir hulle geskik was. Die stres wat oorlogvoering meebring, verhoog meestal die gebruik van tabakprodukte. Die spanning van oorlo? het sigarette uiters gewild gemaak onder soldate wat na die oorlogsfront gestuur is, maar ook vir diegene wat tuis gebuk gegaan het onder die spanning van byvoorbeeld verlange, moontlike bombardemente en ?n gebrek aan voldoende voedsel. Daarby het meer en meer mense met stygende welvaart ook begin rook. Die welvaart van lande was gemeet aan hulle verbruik van tabakprodukte en volgens tabelle wat Marais gee, was die mees ontwikkelde lande ook die grootste verbruikers van tabakprodukte. Behalwe dat die welvaart en die algemene lewenstandaard van die bevolking aan die sigaretverkope gemeet is, het verstedeliking ook veroorsaak dat meer mense gerook het. Die verkope van sigarette het ook ?n stygende tendens in die twintigste eeu getoon. Teenoor die ontwikkelde lande was Suid- Afrika se verbruik egter nog baie laag, wat die sigaretmark ?n beperkte faktor gemaak het. 137 Met die stigting van Rembrandt in ?n ou meul in die Paarl in 1949 het die grootskaalse vervaardiging van sigarette in Suid-Afrika begin. In 1970 het hierdie groep reeds 50 fabrieke in 23 lande op al ses kontinente gehad en hulle sigarette word in meer as 160 lande verkoop.138 Alhoewel daar nog vir baie jare deur die nie-blanke arbeiders gepruim is, het die toename in welvaart onder alle bevolkingsgroepe veroorsaak dat rokers meestal sigarette begin verkies het. Twee belangrike faktore wat veroorsaak het dat Oudtshoorn se tabak nie as ?n re?l vir sigarette gebruik kon word nie, was die te ho? nikotieninhoud en die aanwesigheid van chloor in die tabak. Die chloorinhoud van veral die tabak wat uit die Stompdrift-dam besproei is, was te hoog en was as gevolg van brakwater wat daar voorgekom het. ?n Bekende wynboer en wynkeldereienaar het ook vertel dat tabak vroe?r een van hulle suksesvolle gewasse in die Volmoed-streek, wes van Oudtshoorn, was, maar dat hulle die aanplant daarvan moes staak omdat al hulle besproeiingswater uit die Olifantsrivier, waarin die Stompdriftdam gele? is, gekom het. Die brakwater het tabakverbouing in die Volmoed-streek laat verdwyn aangesien die tabak afgegradeer en die uitbetaling was minder was.139 Selfs die tabakboere wat uit die bergriviere besproei het, het ook die probleem van ?n te ho? chloorinhoud ondervind. Selfs al was die chloorinhoud minder as di? van die plase langs die Olifantsrivier wat uit die Stompdriftdam gevoed is, was die nikotien-inhoud in elk geval orals te hoog. Aksies teen die rookgewoonte was aan die toeneem in die 1970?s en die ho? nikotieninhoud van die Oudtshoorn-distrik se tabak het 136D F Marais, Aspekte van die Ko?peratiewe bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika, pp.6,7. 137 Ibid., p. 220. 138 Anon., Gehalte bo alles. Die verhaal van Rembrandt, Printpak Bpk.,Kaapstad, 1977, p. 1. 139 Privaat onderhoud: BDL Grundling, 25.11.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 78 78 veroorsaak dat tabakboerdery onbetalend geword het.140 Virginiese tabak, wat hoofsaaklik in die Oudtshoorn-distrik geplant is, het oor die algemeen ?n ho?r nikotieninhoud as Turkse tabak.141 Sedert 1970 het daar dus ?n geleidelike afname in die produksie van tabak in die Oudtshoorn- distrik plaasgevind wat aan verskeie faktore gekoppel kan word. Die feit dat oonddroogtabak nie so suksesvol in hierdie distrik was nie, kan een van die redes wees. In die De Rust-omgewing het twee boere droogoonde teen ho? koste opgerig en na teleurstellende resultate het hulle die produksie van oonddroogtabak gestaak en ook minder tabak aangeplant. Een van die boere, AJA Schoeman, het goeie ondervinding van oonddroogtabak in die destydse Rhodesi? opgedoen toe hy vir vier jaar daar gewerk het. D??r is die oonde met houtvure gestook, maar die oonde wat op die De Rust-plase opgerig is, het met elektrisiteit gewerk en was dus gesofistikeerd.142 . Die groot probleem was egter die t? ho? nikotieninhoud as gevolg van te ho? soutinhoud en die aanwesigheid van chloor in die meeste besproeiingsgronde. As raadgewer aan boere het mnr. Bennie Visser ook dikwels met veral die brakgronde wat uit die Olifantsrivier besproei is, te doen gekry en dit is volgens sy mening die hoofoorsaak vir die afname in die aanplant van tabak in die Oudtshoorn ?distrik.143 ?n Ander rede vir die verminderde tabakproduksie was ook die heropkoms van die volstruisboerdery wat ?n verbeterde opbrengs gelewer het vandat elke deel van die volstruis as produkte gebruik is. Aangesien die veer nie meer die enigste waardevolle deel van die volstruis was nie, het baie meer boere tot die volstruisbedryf toegetree omdat die vel en die hele karkas nou geld ingebring het. Die Kango Tabakko?perasie het in 1975 begin om ook druiwe in te neem en ?n wynkelder is begin. Baie wingerd is nou in die omgewing aangeplant in die plek van tabak. Maar grondliggend was die feit dat die sigaretaanvraag, in die plek van pruim- en pyptabak wat grotendeels in die Oudtshoorn-distrik verbou is, die belangrikste oorsaak was om tabakboerdery weer op die agtergrond te skuif. Ook was Turkse tabak die meeste in aanvraag vir die vervaardiging van sigarette en hierdie vari?teit is nie in die Oudtshoorn-distrik geplant nie soos reeds gemeld is. Die klimaat was nie geskik vir die kweek van Turkse tabak nie.144 3.5 ARBEID Algaande het al hoe meer van die boere die voordele van tabakverbouing ingesien. As ?n baie arbeidsintensiewe vertakking van die landbou is dit juis in daardie periode (na 1914 en die val van die veremark) nie as ?n nadeel beskou nie. Bywoners was volop beskikbaar vir tabakverbouing na die val van die veremark. Hulle was blanke boere wat hulle plase verloor het, of ?armblankes?, wat 140 Privaat onderhoud: B Visser, 16.02.2012. 141 Privaat onderhoud: A J A Schoeman, 15.02.2012. 142 Privaat onderhoud: A J A Schoeman, 15.02.2012; Dagboeke van A J A Schoeman, 1967-1984. 143 Privaat onderhoud: B Visser, 16.02.2012, voorligtingsbeampte by die Oudtshoorn Proefplaas vanaf 1966 ? 2004. 144 Anon., Die Goue Blaar, p.136. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 79 79 nie ?n bestaan op ander gebiede kon maak nie en wat op die plase van welgestelde boere in die Klein Karoo gewoon en gewerk het. Daar was talle huise in die Klein Karoo wat deur bywoners bewoon is en wat teen die 1970?s vir bewoning deur nie-blanke arbeiders gebruik is toe blanke bywoners as verskynsel op plase verdwyn het met die versterking van die ekonomie.145 Pauline Smith het ook tydens haar besoek aan die Oudtshoorn-omgewing gemeld dat ene mnr Bergh van Vlakteplaas in die De Rust-omgewing al sy tabaklande aan sy bywoners gegee het om dit vir hom om ?n deel te beplant. 146 Benewens blanke bywoners was daar ?n groot hoeveelheid bruin arbeiders, beide mans en vrouens, werksaam vir die plant, top, skoonmaak, pluk en bewerking van tabak. Tabak is deurgaans ?n baie arbeidintensiewe landbougewas omdat min van die werk op die tabakland deur masjiene gedoen kan word. As die oes van die blare nie met die hand gedoen word nie, kan baie skade aan die steeds ontwikkelende blare gedoen word. Die ryp blare moet noukeurig met die hand afgesny word. Nie-blanke werkers is, volgens sommige bronne, goed betaal om die tabak (wat vir ?n paar dae gefermenteer het) te draai in die bekende roltabak. Die tabakfabrieke het ook baie werk aan blanke en nie-blanke arbeiders gebied. Volgens die Cape of Good Hope Official Handbook van 1886 was die betaling goed, omdat daar gemeen is dat die werk met tabak hulle gesondheid aangetas het.147 Sarah Stein beweer weer dat tabakfabrieke alle werkers swak betaal het as gevolg van die gebrek aan ander werksgeleenthede in die volstruis- en boubedryf. Tydens die ?boom? is daar baie gebou as gevolg van die oormaat geld op alle vlakke van die samelewing in die Oudtshoorn-distrik, maar na die ?bust? is daar min gebou. By die gebrek aan kompetisie was die lone nie net min nie, maar was die werksomstandighede ook swak.148 In ?n ander artikel word weer beweer dat die tabakwerkers baie gesond was en nooit verkoue of griep gekry het nie vanwe? die ontsmettingseienskap van die sterk tabakaroma wat in hulle werksplek aanwesig was.149 John Matthews, die seun van ?n tabakfabriekeienaar van Oudtshoorn, het vertel dat sy pa, A L Matthews, ?n lokaal moes inrig waar die werkers kon ontspan en hulle etes kon nuttig. Hyself het geen vrou in diens geneem nie terwyl baie vrouens in van die ander fabrieke met die tabak gewerk het. Later het hy egter die ontspanningslokaal vir ?n ander doel gebruik omdat die werkers dit verkies het om buite langs die straat te sit terwyl hulle ge?et het. Buiten dat die werkers meer sosiaal kon verkeer op straat, was die buitelug, die vars lug, ook goed vir hulle gesondheid. 150 Kritici en buitestanders het oor die gesondheidstoestande in die tabakbedryf getwyfel, terwyl fabriekeienaars die werksomstandighede geregverdig het. Aangesien die verkre? getuienis van die nageslag van die oorspronklike tabakfabriekeienaars onvoldoende is, en daar 145 Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 146 P Smith, Secret Fire, p.29. 147Cape of Good Hope, Official Handbook, 1886, p.234. 148 S Stein, Plumes, Yale University Press, New Haven, 2008, p.52. 149Landbouweekblad, 02.09.1975, pp. 12 ? 17 (S van Waart: Neem voortou in nuwe pruimtabak-era). 150Ibid. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 80 80 ook geen afdoende argivale dokumente oor die werksomstandighede van tabakfabriekwerkers verkry kon word nie, kan daar egter geen ingeligte afleiding oor hierdie omstandighede gemaak word nie. ?n Tabakfabriek wat in 1980 nog in produksie was, het slegs 150 werksgeleenthede gebied teenoor ?n industrie wat in die 1920?s en vroe? 1930?s die plaaslike arbeidsmag oorheers het. Al die tabakfabrieke het in daardie jare tussen 1300 en 1600 mense in diens gehad.151 Arbeiders was veral in die Depressiejare bly oor werksgeleenthede en daarom was daar nie baie klagtes oor die gesondheidsaspekte nie. Om roltabak te produseer, is die tabak in loog gedompel en dan gelos om droog te word. Dit was die sogenaamde sweetproses. Arbeiders moes dan die tabakblare weer oop maak en dit om asse of spoele draai. Die loog het hulle hande vol sere gemaak. Baie het Vaseline gebruik om hulle hande te beskerm en ook om aan die roltabak ?n mooi blink voorkoms te gee.152 Van die werkers het getuig dat hulle plat op die vloer moes sit om die tabak so te kon rol met die asse of spoele tussen hulle voete en dat die tabakdampe baie sterk was. Sodra hulle opgehou werk en uit die fabriek gekom het, het hulle begin hoes en vir die hele nag lank gehoes.153 Hierdie is ?n feit wat die fabriekeienaars sou ontken het. In die foto verskyn ?n werker,Sophie Dido, wat 75 jaar oud was toe die foto geneem is, wat besig is om roltabak te draai.154 Figuur 3.5: ?n Illustrasie uit 1975 aangaande die draai van roltabak 151 P. Buirski, Poverty in Oudtshoorn, 1984, pp. 26,27 152Ibid., pp.27,28. 153Ibid., pp.28,29. 154Landbouweekblad, 02.09.1975, pp.12- 17,(S van Waart: Neem voortou in nuwe pruimtabak-era). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 81 81 3.6 SAMEVATTING Daar word steeds op klein skaal tabak in die Oudtshoorn-distrik geplant, maar dit is nie meer die groot rolspeler van destyds nie. In 1994 het ?n boer ?n prys van R600 van Kango ontvang as tweede prys vir sy goeie tabak, wat ?n bewys is dat ?n goeie produk steeds deur Kango aanvaar en bemark is.155 Die feit dat die volstruis die landboubedryf van Oudtshoorn opnuut oorheers het, het hierdie prestasies egter in die skadu gestel. Tog kan die waarde van die rol wat tabak in die jare, 1914 tot 1980, in die landbou van die Klein Karoo gespeel het nooit onderskat word nie. 155 Privaatversameling: P M le Roux: Brief van gelukwense wat ingesluit was saam met die tjek, 26.05.1994. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 82 82 HOOFSTUK 4 KO?PERATIEWE VOORUITGANG: DIE STIGTING EN GROEI VAN DIE KLEIN KAROO LANDBOUKO?PERASIE, 1945-1980 4.1 INLEIDING Aangesien tabak vanaf 1926 met sukses ko?peratief bemark is, het die vooruitstrewende boere in die Oudtshoorn-distrik besef hulle sou moes saamstaan en saamwerk om ander landbouprodukte ook ko?peratief te bemark. Die eerste poging tot ko?peratiewe samewerking was toe die Suid- Afrikaanse Volstruisboere Ko?perasie op 20 en 21 Desember 1925 gestig is. Volgens J L Louw is hierdie ko?perasie deur sewe Afrikaanse boere en ?twee Joodse vriende? gestig, maar hy vermeld geen hulle name nie.1 Die hoofdoel van hierdie ko?perasie was om die volstruisboere wat nog na die val van die veremark in 1914 swaar gekry het te help, asook om vere te bemark. Die Landbouweekblad het in Maart 1926 berig dat S P le Roux, die LV van Oudtshoorn en self ?n boer in die Oudtshoorn-distrik, ?n pleidooi in die parlement ter ondersteuning van ?n ko?perasie gelewer het. Le Roux het verklaar dat daar in daardie stadium slegs tabakko?perasies in Suid-Afrika gestig was en dat hy die ondersteuning van meer as 75% van die volstruisboere gehad het om te vra vir ?n volstruis- ko?perasie. Hy het aangevoer dat die meeste volstruisboere ten gunste was van ?n stelsel van beheerde pryse vir hulle vere. Een belangrike rede was dat volstruisvere duurder verkoop moes word sodat dit weer as ?n weelde artikel gesien kon word. Le Roux wou seker maak dat swakker vere nie die Europese mark bereik nie en dat die Europe?rs dit weer as ?n ekslusiewe weelde-artikel sou sien. Alhoewel hy wel deeglik besef het dat die aanvraag in daardie stadium nog beperk en swak was, wou hy die persepsie van die modebase verander.2 Sy pleidooi was suksesvol en die mosie is deur albei huise van die parlement aangeneem.3 Soos in hoofstuk twee oor die volstruis bespreek is, was daar klein opflikkerings in die pryse van volstruisvere, maar oor die algemeen was die mark en veral die aanvraag na volstruisvere nog baie traag. Net ?n klein klompie boere kon dit bekostig om nog volstruise teen 1926 aan te hou en die meeste boere van die Oudtshoorn-distrik het oorgeskakel na ander boerdery-aktiwiteite. Tog wou Le Roux seker maak dat die goeie teelmateriaal wat oor die jare opgebou is nie verlore gaan nie en dat die volstruisveer na waarde geag word. 1 J L Louw, Klein Karoo Landbouko?perasie en die volstruisbedryf waarby inbegrepe is die eenkanaalbemarking daarvan, p.3. 2Die Landbouweekblad, 31 Maart 1952, p. 5569. 3Ibid., p. 5569. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 83 83 In die periode van 1926 tot 1940 is ongeveer R82 000 se vere deur hierdie ko?perasie verkoop. Al het die staat R240 000 se lenings van Landbank gewaarborg, is die ko?perasie na ?n sukkelbestaan van ongeveer twintig jaar gelikwideer. Die ko?perasie se probleem was dat hulle nie standhoudende markte vir die vere kon kry nie. Sake is verder bemoeilik omdat private kopers steeds besigheid gedoen het en vere self uitgevoer het. Max Rose, een van die belangrikste volstruisboere en ook ?n direkteur van hierdie ko?perasie, het byvoorbeeld self ook nog privaat vere uitgevoer. Daarom het die ko?perasie in 1930 sy deure gesluit en nie verder vere in ontvangs geneem nie.4 Na ?n lang likwidasieproses is die ko?perasie in 1944 finaal gelikwideer.5 Die boere het steeds bly glo dat ?n ko?perasie dringend nodig was. Na die Groot Depressie van 1929 en sy jarelange be?nvloeding van die w?reldekonomie het die groot droogte van die 1930?s gekom en boere in die Klein Karoo het desperaat gesoek na ekonomiese verligting. En toe breek die Tweede W?reldoorlog in 1939 uit wat die vraag na luukse goedere soos volstruisvere verder gestriem het. Die laaste strooi was onstabiele marktoestande tydens die Tweede W?reldoorlog. Die marktoestande was swak, nie net vir vere nie, maar vir alle landbouprodukte soos ook koring en lusernsaad en ?hooi. Elke boer was op homself aangewese en hy moes maar raai hoeveel sy makelaar van ?n produk sou koop en veral wat hy daarvoor sou betaal.6 ?n Ouer boer van die distrik het vertel hoe sy pa hom na die insameling van hulle koringoes van handelaar na handelaar gestuur het met ?n sakkie vol koring as ?n monster. Hy moes dan uitvind waar hy die beste prys kon kry. Aangesien dit vir hom nie ?n baie aanvaarbare manier was om die koringoes te verkoop was nie, was die koms van die ko?perasie ?n verligting.7 In die tydperk vanaf die eerste vergadering van ?n groepie boere op 5 April 1945 tot die volgende byeenkoms op 25 Mei 1945, is daar ?n opname gemaak van hoeveel geld en geboue benodig sou word en ook watter produkte deur so ?n ko?perasie bemark sou kon word. Lede sou aandele kon koop teen ?1 elk om te help met die finansiering van so ?n ko?perasie en die Landbank sou verder help met vaste lenings en seisoenlenings vir die boere. Die bemarking van volstruisvere was nie hulle prioriteit nie omdat die aanvraag steeds swak en sporadies was. Baie Afrikaner-boere het ?n goeie verhouding met die Joodse kopers van hulle vere gehad op ?n een tot een basis. Hulle wou nie hierdie verhouding verbreek nie en was dus aanvanklik nie ten gunste van ?n ko?peratiewe bemarking vir hulle vere nie. 8 Die produkte wat deur hierdie nuwe ko?perasie bemark sou word, was voorlopig die volgende: lusern, lusernsaad, suikerbone, ander bone, koring, neute, hooi, 4 J L Louw, Die volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, p.5. 5 Ibid., p. 6. 6 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p 14. 7 Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 8 D Coetzee, Immigrants to Citizens, (Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Kaapstad, 2000), p. 24. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 84 84 groentesaad en heuning.9 P K le Roux, ?n boer van Doornkraal, De Rust en LV van Victoria-Wes, was die eerste voorsitter. Hy het ook later Minister van Landbou geword. Die rol wat die suksesvolle Kango Tabak Ko?perasie gespeel het om die landbouko?perasie tot stand te bring, was ondersteunend en baie belangrik. Aangesien die boere reeds die vrugte van suksesvolle tabakbemarking deur Kango gepluk het, was hulle bereid om ook hulle ander produkte ko?peratief te laat hanteer en bemark.10 Hierdie tabakko?perasie het hulle sekretaris, mnr Dan Maree, afgestaan om te help met die stigting van die nuwe ko?perasie. Hulle het ook van hul eie fondse beskikbaar gestel om die nuwe ko?perasie op die been te kry. 11 Ongeveer 120 Klein Karoo- boere het in die ou Drilsaal in Oudtshoorn bymekaar gekom om die saak in diepte te bespreek en op 13 Augustus 1945 is die Klein Karoo Landbouko?perasie (KKLK) amptelik geregistreer. Die vernaamste aktiwiteit waarvoor die nuwe KKLK verantwoordelik was, was die verspreiding en verkoop van lusernsaad. Maar die grondliggende bestuurskwessies was demokratiese beheer, doeltreffende dienslewering, ordelike bemarking van landbouprodukte, seggenskap in realistiese prysbepaling vir landbouprodukte en algemene stabiliteit. Die hoofrede vir die stigting van die KKLK was die skommelings in die lusernsaadprys aangesien die Klein Karoo 99% van Suid-Afrika se lusernsaad geproduseer het. 12 Die feit dat die stigting van die KKLK net na die einde van die Tweede W?reldoorlog plaasgevind het, het ?n onverwagse voordeel vir die nuwe ko?perasie ingehou. Die vliegtuigloodse van die Britse Lugmag op Oudtshoorn het na die oorlog leeggestaan en ?n boer uit die De Rust?omgewing, Manie Redelinghuys, het hier ?n geleentheid gesien. As lid van die weermagkommando?s het hy tydens ?n weermagfunksie te hore gekom dat die loodse te koop was. Max Rose, die groot volstruisboer, wou dit koop, maar die nuwe direksie van die KKLK het n? Manie Redelinghuys se wenk dadelik ondersoek ingestel. Die twee vliegtuigloodse met die aangrensende geboutjies en die hoofkwartier van die Britse Lugmag op Oudtshoorn was naby die spoorlyn en die terrein was geteer. SP le Roux, die LV van Oudtshoorn, het die hulp van die Minister van Landbou en die Minister van Nywerhede gevra en so is die geboue gekoop vir die gebruik van die nuutgestigde ko?perasie.13 Die wordingsjare tussen 1946 en 1951 was nie maklik nie en die direksielede, PK le Roux, Dan Maree, Louis de Jager en Schalk van der Westhuizen, moes alles in die stryd werp om na alle aspekte om te sien.14 Baie Joodse boere wat aanvanklik teen die ko?perasiewese gekant was, het later by die KKLKaangesluit, maar is selde indien ooit op die direksie verkies. Van die groot Joodse boere soos Chaikel Lazarus en Jack Klass het egter die meeste aandele gekoop toe die KKLK 9 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, pp. 14, 15. 10 M Boehmke and S Goldblatt (eds) ,History of Oudtshoorn, 1952, p.42. 11 Privaat onderhoud: J Maree, 03.03.2012. 12 M Boehmke and S Goldblatt (eds), History of Oudtshoorn, 1952, p.18. 13Ibid., pp.17,18. 14 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, pp .9, 10. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 85 85 gestig is, wat tog wys dat hulle ?n toekoms in die ko?perasiewese gesien het. Van die grootste aandeelhouers was Lazarus en Klass (300), L de Jager (200) en PJS Terblanche (150). ?n Stuk of 50 boere het elk 100 aandele gekoop.15 Daar is subtiel teen die Joodse boere gediskrimineer en alhoewel die oorgrote meerderheid Afrikaner-boere nie teen die Jode gekant was nie, was daar tog individue in leiersposisies wat bedreig gevoel het deur die suksesvolle Joodse boere soos die Klass-, Markus- en Fisch-families.16 ?n Groot Joodse besigheidsman soos Isadore Barron het gevoel dat die KKLK net gestig is om die Joodse sakeman van Oudtshoorn uit die prentjie te kry. 17 Hy was reg omdat die meeste boere gevoel het dat hulle nie ?n regverdige seggenskap in die vasstelling van pryse vir hulle produkte gehad het in die tydperk toe die transaksies met die Joodse kopers die botoon gevoer het nie.18 Sarah Stein stel dit nog sterker aangesien sy meen dat die Afrikaner-boere die Joodse handelaars die skuld vir die val van die veremark in 1914 gegee het: ?Middlemen with contacts abroad, speculators, buyers, foreigners ? all thinly veiled code words for Jews ? were described in the paper 19 as nefarious parties that should be barred from the industry in the future.? 20 Hier verwys sy reeds na die stigting van die KKLK wat sy beskou as gestig deur rasistiese, xenofobiese Nasionale Party-aanhangers, wat die Jode wou uitsluit. Sy meld dat die ko?peratiewe beweging gerugsteun was deur nasionaal- sosialistiese Afrikaners wat anti-semities en Nazi-ge?nspireerd was. Volgens haar wou die Afrikaner die landbou ekslusief beheer en die rol van enige Joodse handelaar eers verklein en daarna uitwis.21 Die weersin van die Jode teenoor die stigting van die KKLK word bevestig deur die volgende gegewens. Isidore Barron het hom in 2012 baie sterk teen die KKLK uitgespreek wat daaop dui dat die stigting van KKLK na al hierdie jare hom steeds gehinder het. Hy het ges? dat Kango Tabakko?perasie gestig is om iets op te bou, maar dat die KKLK gestig is om iets af te breek. Die afbreek verwys na die jarelange verhouding tussen die Joodse koper, waarvan hy een van talle was, en hulle leweransiers, die Afrikaner-boere. Hy het homself egter as ?n baie suksesvolle vereverwerker en ?uitvoerder bewys, aangesien hy ?n groot verefabriek en ?n winkel in Oudtshoorn gehad het. Sy besigheid is dus nie na 1945 deur die stigting van KKLK as sodanig geraak nie, maar eers toe die eenkanaal-bemarking na 1958 ingetree het. Ongelukkig kon hy nie die sluitingsdatum van sy besighede onthou nie, maar ander boere onthou dat dit nog tot in die 1970?s besigheid gedoen het.22 15 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p. 18. 16 D Coetzee, Immigrants to Citizens, pp.184-185. 17 Privaat onderhoud: I Barron, 16.02.2012. 18 Privaat onderhoude: B Visser, 16.02.2012, J Maree, 03.03.2012 en O Olivier, 14.02.2012. 19 D Coetzee, Immigrants to Citizens, Ongetekende brief, heelwaarskynlik van R D Davis, ?n plaaseienaar in 1914, pp.55- 58. 20 S Stein, Plumes, p. 52. 21Ibid., pp.52,53. 22 Privaat onderhoud: PM le Roux, 05.03.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 86 86 Die Afrikaner-eksklusiwiteit van die KKLK het die Joodse handelaars en sommige boere ontstel.23 Sommige Afrikaner-boere wou spesifiek ?n Jood op die direksie van die KKLK gehad het omdat hulle gevoel het dat die Joodse sakemanne meer kennis en ervaring van verkoopstegnieke en moontlike afsetpunte gehad het. Dit het egter nie gebeur nie.24 Die perspektief van die twee partye oor die stigting van die KKLK sal dus altyd verskil omdat die Afrikaner-boere as die begunstigdes gesien word en die Joodse handelaars as die benadeeldes. Sarah Stein stel die houding van die Jode teenoor die KKLK sterker met haar woorde: ?Today, the few Jews who remained in the business remember the cooperative movement with open disdain.? 25 ?n Heeltemal ander opinie is di? van Jack Klass, wat hierbo genoem is as een van die grootste aandeelhouers van die nuwe KKLK. In die hoofstuk 2 is ook daarop gewys dat sy pa, Bennie en sy vennoot, Lazarus, geen grond besit het nie en net as smouse ?n bestaan gemaak het. Na die stigting van die KKLK en veral na die instelling van die eenkanaalbemarking in die laat 1950?s het hulle begin grond koop en soos hy dit self stel, was hulle nou produseerders en nie meer handelaars nie. Teen 2012 het Jack Klass baie grond om Oudtshoorn besit en het tot 1000 hektaar besproeiingsgrond gehad. Hy het dus die KKLK tot sy voordeel gebruik en het dit nie as ?n negatiewe gebeurtenis gesien nie. Hulle het vere op die veilings van die KKLK gekoop, verwerk en steeds van hulle oorsese kontakte gebruik gemaak om dit te verkoop. 26 Tog het baie Afrikaner-boere die Joodse kopers as die uitbuiters gesien. Die kritiek teen die KKLK vanuit die geledere van die Afrikaner-boer het eers later toegeneem omdat die amptenary te veel betaal is en die topstruktuur te swaar geword het.27 In 4.7. word die omstredenheid aangaande die meriete van die KKLK verder bespreek. Die ledetal van die KKLK het gegroei van 629 lede met die stigting in 1945 tot 1 738 in 1960. In 1970 was die ledetal 1 413 28 wat toegeskryf kan word aan die aantal kleiner boere wat die bedryf verlaat het. Hierdie tendens was landswyd soos wat lewensvatbare plase groter geword het.29 Die boere kon ook implemente en trekkers by die ko?perasie koop en ?n werktuigkundige is aangestel om stukkende trekkers en implemente te herstel.30 Lede was per omsendbriewe op hoogte gehou van alle boerdery-sake en in die omsendbriewe is ook tweedehandse implemente, wat in goeie werkende toestand was, aan die boere te koop aangebied. 31 Daar is ook aan die boere meegedeel dat die ko?perasie die volgende beskikbaar gehad het: omheiningsmateriaal, sement, 23 Privaat onderhoude: I Barron, 15.02.2012 en PM le Roux, 05.03.2012. 24 D Coetzee, Immigrants to Citizens, p. 188. 25 S Stein, Plumes, p.53. 26 Privaat onderhoud: J Klass, 26.06.2012. 27 Privaat onderhoude: B Visser, 15.02.2012; J Maree, 3.03.2012 en I Barron, 15.02.2012. 28 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p. 92. 29 Privaat onderhoud: B Visser, 25.01.2012. 30 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, pp. 21,23, 64. 31 Privaat versameling, C J Meyer: Korrespondensie, 18.05.1965. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 87 87 sinkplate, kunsmis, spuitstof en veevoer.32 Ander dienste, soos ko?peratiewe winkels as deel van die ko?perasie, het oral posgevat. As geheel kon die KKLK teen 1980 as ?n sukses beskou word. 4.2 LUSERNSAAD Mnr Dan Maree, wat reeds die sukses van Kango Tabakko?perasie meegemaak het en toe die KKLK met die aanvangsjare gehelp het, het van die begin af ges? dat daar na ander produkte naas die volstruis gekyk moes word. 33 Met die bemarking van die lusernsaad het dit aanvanklik nie maklik gegaan nie. Die handel van al die lusernsaad was in die hande van Max Rose. Die Jode, waarvan hy die belangrikste was, het ?n monopolie op die hantering van lusernsaad gehad. Daarom het die voorsitter van die nuutgestigde KKLK, PK le Roux wat ?n persoonlike vriend van Rose was, na hom gegaan en hom versoek of hy nie dit wou oorweeg om sy saadhandel en kennis na die KKLK te bring nie. Rose was ?n vrygesel en het baie min geslaap, sodat hy baie tyd aan sy besigheid en plase kon spandeer. Na samesprekings met sy lusernleweransiers het Rose wel ingestem om ?n lid te word en sy lusernbesigheid na die KKLK te bring.34 In goeie jare was daar ?n oorproduksie wat laer pryse tot gevolg gehad het en tydens groot droogtes (wat min of meer in siklusse van agt jaar voorgekom het) 35 was die oeste weer te klein. ?n Internasionale deurbraak is gemaak deur die verkryging van ?n kontrak by Unesco wat deur die Minister van Landbou hanteer is. Dit was in die jare voordat die buiteland die volle implikasie van die Nasionale Party se apartheidsbeleid besef het en het nog nie negatief daarop reageer nie. Die Nasionale Party het in 1948 aan bewind gekom en alhoewel ?n hele paar apartheidswette in 1952 reeds ingestel was, het internasionale sanksies teen die landbouprodukte van Suid-Afrika eers veel later gekom. Die voortdurende skommeling in lusernsaadpryse het die boere laat besef dat ?n beheerskema ingestel moes word. By wyse van Proklamasie nr. 22 van 1952 is ?n Lusernsaadbeheerraad gestig en op 2 Julie 1952 is ?n vasgestelde prys vir die beste en swakste graad lusernsaad daargestel. Die produsent het ?n voorskot van 80% by lewering gekry. 36 Lusernsaad is uitgevoer en ander nuwer vari?teite is ingevoer. Daar is ook baie navorsing gedoen om die saad te veredel - alles faktore wat daarop dui dat die bemarking nie rigied en stagnant was nie. Prysvasstelling moedig egter ook die swartmark aan en volgens verskeie boere en amptenare in later jare is baie lusernsaad teen ho?r pryse onwettig in die nag uit die Klein Karoo weggery.37 Boere in ander dele van die land wou nie die ho? pryse by hulle ko?perasies betaal nie en het kontakte met lusernsaadboere in die Oudtshoorn-distrik opgebou. Elke volstruisboer wat lusern vir voer geplant het, het altyd ?n land of twee laat staan sodat dit saad kon skiet in die warm 32 Ibid. 33 Privaat onderhoud: G le Roux, 27.06.2012. 34 Privaat onderhoud: G le Roux, 27.06.2012. 35 Privaat onderhoud met ?n vorige voorsitter van die direksie van KKLK, Snyman le Roux: 16.09.1975. 36 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, pp. 19,20. 37 Privaat onderhoude: P le Roux, 20.01.2012; O Olivier, 14.01.2012 en B Visser, 15.01.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 88 88 somermaande. Baie het dan van die saad vir hulle eie gebruik gehou en die res verkoop. Die KKLK het volgens die boere ?n lae prys vir hulle saad betaal, maar teen ?n veel ho?r prys aan die ander landbouko?perasies in die land verkoop. As so ?n boer dan gekontak word deur ?n voornemende koper was dit aanloklik om vinnig van die saad te verkoop sonder dat dit deur die streng keuringsproses van die ko?perasie moes gaan. Baie van die boere wat op die swart mark lusernsaad gekoop het, het saad vol dodder gekoop omdat dit nie na wense skoongemaak was nie. Dodder is ?n parasitiese rankplant, ?n onkruid, wat baie soos lusernsaad gelyk het en wat oor die lusernplant gerank het. Die doddersaad was moeilik om uit die lusernsaad te kry en moes met ?n spesiale skoonmaakmasjien, wat magnete bevat het, tussen die lusernsaad uitgehaal word. ?n Gewone wanmasjien, wat die meeste boere besit het, kon nie die dodder tussen die lusernsaad verwyder nie. Die spesiale skoonmaakmasjien het die koste van skoonmaak dus aansienlik verhoog.38 Daarom was die vinniger verkoop van lusernsaad op die swartmark ?n makliker en goedkoper opsie. ?n Rede waarom die KKLK duurder vir sy skoongemaakte lusernsaad gevra het, was omdat hulle die lusernsaad op ?n hoogs gespesialiseerde wyse skoongemaak het. Hulle het oor goeie wanmasjiene, swaartekragmasjiene en kombinasie-magnetiese masjiene beskik. In surplustye het hulle groot hoeveelhede saad skoongemaak vir uitvoerdoeleindes en die suiwerheid van hulle saad het voldoen aan w?reldstandaarde. Die KKLK het in 1970 fasiliteite gehad om ongeveer 40 000 x 100lb (?220kg) sakkies lusernsaad per jaar skoon te maak.39 Boere oral in Suid-Afrika het nog altyd die waarde van lusern besef en dit word wyd oor die land aangeplant vir die ho? voedingswaarde daarvan. Langs die Oranjerivier word groot lande lusern vir veevoer aangeplant, maar so ook in die Vrystaat, Oos-Kaap, Boland en ander streke. Al word lusern gedroog en gebaal, verloor dit nie sy voedingswaarde nie. Langs die Oranjerivier, met sy ho? potensiaal gronde en dro? lug, kry die boere geleentheid om lusern te droog en ?n ho? gehalte voer te produseer. Wanneer lusern uitgeploeg word om ander gewasse te plant, word die organiese suurstof wat die wortels van lusern afgegee het, stadig vrygestel en dit laat die nuwe gewas baie welig groei.40 Daarom was hierdie boere maar te gretig om op die swartmark lusernsaad van die Oudtshoorn-distrik aan te koop. In 1957 is lusernhooi41 deur die parlement as landbouproduk verklaar en het die KKLK dit reggekry om die hooi deur eenkanaalbemarking te bemark. Op 21 Maart 1958 is ?n proklamasie uitgevaardig dat alle lusernhooi wat in die distrikte van Oudtshoorn, Calitzdorp, Willowmore, Prins Albert en George noord van die Outeniekwaberge geproduseer word, nie verkoop of anders van die hand 38 Privaat onderhoude: O Olivier, 14.02.2012; B Visser, 15.02.2012 en P le Roux, 20.01.2012. 39Anon., Die Klein Karoo Landbouko?perasie Bpk. 1945 ? 1970, p. 26. 40 Privaat onderhoud: B Visser, 15.02.2012. 41 Lusernhooi is die gedroogde lusernplant wat afgesny, gedroog en gebaal word en in hierdie vorm steeds ?n baie ho? voedingswaarde het. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 89 89 gesit mag word, as deur die KKLK nie. Die KKLK het toe reeds op verskeie strategiese plekke hooiskure opgerig vir die opberging van lusernhooi. Weens sy ho? prote?newaarde (tussen 9 en 18%) en sy bekendheid vir ?n fyn tekstuur, was die Klein Karoo se lusernhooiprodukte baie gesog. Die KKLK het mobiele maaleenhede, waarmee lusernhooi tot lusernmeel gemaal kan word, gehad. Die lusernstingels en blare wat verkry word tydens die dors van lusernsaad is tot lusernstoppelmeel verwerk. 42 Byeboerdery is van wesenlike belang vir die bestuiwing van die lusernsaad en daarom het die KKLK van 1964 voorsiening gemaak vir die verpakking en bemarking van heuning wat sy lede geproduseer het. Hierdie lusernheuning is weens sy besondere smaak baie gesog oor die hele land.43 Ondanks probleme rakende te min besproeiingswater tydens droogtes, droogtehulp aan boere en die onvermo? van sekere boere om die voordele van beheerrade in te sien, was die lusernsaadboerdery suksesvol en bestendig bestuur deur die toedoen van die KKLK. Daar word gereken dat lusernsaad, saam met die volstruis, verantwoordelik was vir die sukses van die KKLK.44 4.3 GROENTESAAD Alhoewel die KKLK eers in 1980, wat die afsnypunt van hierdie studie is, volwaardig tot die groentesaadmark toegetree het, moet daar genoem word dat dit toe reeds vir jare in die Klein Karoo geproduseer is. Reeds gedurende die Tweede W?reldoorlog het daar ?n tekort aan groentesaad ontstaan omdat dit nie uit Hongarye ingevoer kon word weens die oorlogstoestande nie. Advokaat J G N Strauss, die Minister van Landbou van die destydse SAP-regering, het boere aangemoedig om groentesaad te kweek. ?n Klompie boere in die Rooirivier-omgewing in die Oudtshoorn-distrik, het tydens die Tweede W?reldoorlog daarmee begin. Lank voor hierdie regeringsaanmoediging het ?n vrou, Emily Wannenburg, al begin om uiesaad in die Rooirivier- distrik te kweek. Toe die boere aangemoedig is om groentesaad te kweek, het die Wannenburgs hulle kennis gebruik om ook beet- en wortelsaad saam met die uiesaad te kweek. Die klimaat van die Klein Karoo is uitstekend geskik vir die kweek van saad omdat die warm, dro? somers baie goed vir die oes van die saad is en daar ook genoeg besproeiingswater is tydens die groeifase. Besproeiingswater is verkry uit die bergriviere wat uit die Swart-, Outeniqua en Kamannassieberge vloei. Groentesaadbewerking is baie arbeidintensief aangesien die saad eers in beddings geplant word. Daarna word die plantjies met die hand in rye in die land geplant. In die geval van uie word bolle in die grond gevorm waarna die bolle uitgehaal en geb?re word. In die 42Anon., Die Klein Karoo Landbouko?perasie Bpk. 1945 ? 1970, p. 31. 43Ibid., p. 56. 44 Privaat onderhoud: G le Roux, 27.06.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 90 90 volgende plantseisoen word die bolle weer met die hand in die land geplant; dit groei en groot saadkoppe word gevorm wat dan weer met die hand geoes word. Daar is nou dorsmasjiene wat uiesaad kan oes, maar dit was nie voor 1980 die gebruik nie omdat die saadkoppe nie gelyktydig ryp word nie. Die saad moet dan uitgewan word met ?n wanmasjien en kom dan in sakke vir verkope. Die groentesaad is in die jare voor 1980 met leivore deur ?n waterleier natgemaak en later is meestal sprinkelbesproeiing gebruik. 45 Voor die toetrede van die KKLK het die boere hulle saad aan die groot saadmaatskappye soos Starke Ayers, Kirchoffs en die Suid-Afrikaanse Saadbeurs verkoop.46 In die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se verslag wat in 1980 verskyn het, word berig dat groentesaad saam met lusernsaad die tweede grootste bruto-inkomste in die Oudtshoorn-streek gelewer het. Die produksie van groentesaad het ?n konstante groeitendens getoon en alles het daarop gedui dat dit in die toekoms ?n nog groter bydrae tot die ekonomie sou lewer. 47 4.4 VOLSTRUISVERE Die KKLK het reeds sedert 2 April 1947 begin met veilings vir volstruisvere en dit was teen 1955 ?n groot uitkoms vir die plaaslike boere. Elke boer het sy vere klaar uitgesorteer en dit was dan op houtrakke uitgepak vir die voornemende kopers om eers voor die veilings te takseer.48 45 Privaat onderhoud: P M le Roux, 13.02.2012. 46 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l,pp.70,71. 47 M Leipold, Ondersoek na die ekonomiese groeipotensiaal van Oudtshoorn, 1980, p. (i). 48 Privaat onderhoud: P M le Roux, 20.01.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 91 91 Figuur 4.1: ?n Vereveiling in 195049 Op die foto is die volgende kopers aanwesig:Jacob Wilck, Abe Berman, Isaac Nurick van Ladismith, Chaikel Lazarus, Derek Fisch en ook Max Rose. ?n Katalogus is getik met die aanduidings van elke ?lot? vere. ?n Waardasie is op die katalogus aangebring om ?n aanduiding van die kwaliteit vere te gee, maar daarna het die kopers self besluit watter vere hulle wou koop en het teen mekaar gebie. Daarom was goeie vere met goeie pryse beloon. Die name van die telers of veerprodusente was nie in die katalogus nie, maar die kopers was baie goed bekend met die kwaliteit van die verskillende telers se vere.50 Hierdie veilings is tot 1970 in die raadsaal van die KKLK gehou. Ongeveer 1 200 lotte wat ?n gemiddelde gewig van 20 000 lb (?440 000kg) verteenwoordig, is per veiling teen ongeveer R100 000 in totaal verkoop.51 Die groot hoeveelheid vere wat te koop aangebied is, het veroorsaak dat die veilings terug na die groot vliegtuigloods, wat aan die KKLK behoort , geskuif is. 52 Daar was ?n hele paar plaaslike Joodse kopers soos Chaikel Lazarus, Nathan Barron, Derek Fisch en Jossie Lewitton, maar een van die grootste kopers en kenners van volstruisvere was A J Pudney, ?n Engelsman uit Port Elizabeth. Hy was ook die enigste verekoper wat nie in 1980 uitgekoop is deur die KKLK nie. 53 Teen 2012 het sy kleinseun steeds vere in Oudtshoorn 49 Foto uit die versameling van Jack Klass. 50 Privaat onderhoud: P le Roux, 20.01.2012. 51Anon., Die Klein Karoo Landbouko?perasie Bpk. 1945 ? 1970, p. 35. 52 Privaat onderhoud: PM le Roux, 06.07.2012. 53 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p.25. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 92 92 gekoop.54 Soms het ene Kunda uit Israel en Marcel Habib uit Algiers ook na die veilings gekom en vereboere onthou ook ?n Fransman (naam onbekend) wat kom vere koop het.55 Kunda was met een van Lazarus, Jack Klass se vennoot, se dogters getroud en het hom na sy skoonpa se dood by die Klass & Lazarus vennootskap aangesluit.56 Die goeie veretelers onder die volstruisboere het graag sake met Pudney gedoen en oor die jare ?n goeie verhouding met hom opgebou. Hulle het presies geweet na watter soort vere hy soek en hulle het gesorg dat hulle vir daardie soort vere teel. 57 Die KKLK het in 1970 ?n tabel saamgestel om die vergelyking tussen die verepryse tydens die ?boom? met daardie jaar s?n te vergelyk. Tabel 4.1: Pryse is per pond vere58 1912 1970 Mannetjie witvere Mannetjie kortstof Mannetjie langstof Mannetjie sterte ? 69. 10 ? 2-2-6 ? 10-10 ? 6-10 R 45-00 R 7-50 R 5-00 R 4-00 Ligte wyfie witvere Wyfiekortstof Wyfiesterte Dekvere Kuikenpenne ? 33 ? 13-6 ? 2-7-6 ? 14 ? 6 R 15-00 R 6-50 R 3-50 R 6-00 R 8-00 Hier kan gesien word dat ten spyte van die sukses van die verebedryf teen 1970 dit nog steeds nie by die uitermate ho? pryse van die ? boom? gekom het nie. Geeneen van die 1970 ?pryse is ho?r as die 1912 ?syfers nie, veral nie as daar na die intrinsieke waarde van die pond in 1912 gekyk word nie. In die vroe?re jare het slagvolstruise baie min geld gegenereer. Die direksie het toe na eenkanaalbemarking59 gekyk en dit in 1958 vir vere en in 1959 vir die slagvolstruis reggekry om hierdie bemarkingstelsel in te stel. Mnr JL Louw, hoofbestuurder van die KKLK, meld dat as gevolg van baie probleme en onstabiele markte is op versoek van ongeveer 98% van die volstruisboere van Suid-Afrika eenkanaalbemarkingstelsel ingestel. Daar is gedurende 1958/59 deur wetgewing bepaal dat alle volstruisprodukte in Suid-Afrika geproduseer via ?n eenkanaalbemarkingstelsel 54 Privaat onderhoud: J Klass, 26.06.2012. 55 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p. 25. 56 Privaat onderhoud: Jack Klass, 26.06.2012. 57 Privaat onderhoud: P le Roux, 20.01.2012. 58Anon., Die Klein Karoo Landbouko?perasie Bpk. 1945 ? 1970, p. 37. 59 Eenkanaalbemarking beteken dat alle produkte deur een kanaal versprei en bemark moet word. Al het ?n boer dus met volstruise in die Oos-Kaap geboer, moes sy volstruise na Oudtshoorn vervoer word om daar geslag te word. Dit het die KKLK alleenreg op die verkoop en verspreiding van volstruisprodukte gegee. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 93 93 bemark moes word.60 As gevolg van die nie-beskikbaarheid van die menings van ander volstruisboere buite die landboustreek van Oudtshoorn, kan Louw se siening egter nie bevestig word nie en sou hierdie groep boere heelwaarskynlik anders oor eenkanaalbemarking kon gevoel het. Nogtans was die enkelkanaalbemarking die grootste enkele gebeurtenis tot voordeel van die volstruisprodusente van die Oudtshoorn-distrik en gevolglik ook vir die ekonomie van die Klein Karoo-streek. Alle volstruisprodukte kon dus net deur die KKLK verkoop word.61 Probleme soos droogtes in die 1950?s het volstruisveerpryse laat daal, maar ook in daardie geval kon die KKLK raad gee omdat hulle oor inligting beskik het dat die boere te veel volstruise per hektaar aangehou het.62 Goeie voeding was noodsaaklik vir die produksie van goeie vere. Gedurende groot droogtes het die boere noodgedwonge garing- en spekbome met ?n kerfmasjien tot kuilvoer opgekap en molasse daaroor gegooi sodat die volstruise dit kon vreet. Monsters van die garing- en spekbome is deur die boere na die Grootfontein Landboukollege te Middelburg gestuur vir bepaling van die voedingswaarde. Die resultate het aangedui dat hierdie mengsel ?n goeie plaasvervanger vir lusern was. 63 As ?n boer dit kon bekostig, was mielies egter die beste voedingstof om gehalte vere tydens droogtetye te lewer. In 1964 het Die Landbouweekblad mnr. S D P le Roux, wat toe reeds vir twintig jaar goeie volstruise geteel het, aangehaal wat van mening was dat mielies veral ?n baie goeie pluksel met genoeg vet in die vere kon teweeg bring.64 JL Louw, ?n voormalige hoofbestuurder van KKLK, het die eenkanaalbemarkingstelsel verdedig en die argument verwerp dat dit ?n monopolie geskep het. Volgens hom was dit ?n ontsaglike verantwoordelikheid en dat die KKLK onder Artikel 241 van die Ko?peratiewe Wet gestaan het. Dit het die KKLK die beweegruimte gegee om doelgerig op die drie bene van die volstruisbedryf te konsentreer, naamlik die vere, die karkas en die vel. 65 Die KKLK het maandeliks volstruisveerveilings gehou en sewe tot agt kopers het die verelotte vooraf deurgekyk. Hulle het dan gebie op die verskillende lotte en veral die goeie vere het goeie pryse behaal, soos reeds hierbo verduidelik is. 66 Alhoewel die boere tevrede was met die stelsel, wou die direksie van die KKLK die boer met minder goeie vere ook help en daarom is die stelsel in die vroe? 1980?s verander.67 Die KKLK het die volgende probleme in die bestaande veilingsmetodes wat sedert 5 Maart 1947 ge?mplementeer is, gesien: daar was te min kopers, die kopers was nie finansie?l sterk genoeg nie of het nie behoorlike finansi?le re?lings getref nie; daar was onstabiele pryse vir die verskillende boere vir 60 J L Louw, Klein Karoo Landbouko?perasie en die volstruisbedryf waarby inbegrepe is die eenkanaalbemarking daarvan, pp. 1,2. 61 Ibid., p.2. 62 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p. 19. 63 Privaat onderhoude: PM le Roux, 20.01.2012 en B Visser, 15.02.2012. 64Landbouweekblad, 27.10.1964, p.5, ( ?Gehalte is di? Volstruisboer se Geheim?). 65J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, pp. 9,10. 66 Ibid., pp.10,11. 67 Ibid., p. 16. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 94 94 dieselfde gehalte en tipe vere op dieselfde veilings en soms is vere nie verkoop nie terwyl die volgende klompe verelotte vir die volgende veiling reeds gelewer was.68 Die meeste telers van goeie vere kon egter geen fout met hierdie stelsel vind nie en die meeste van hulle het baie goeie pryse vir hulle vere gekry en dus geweldig by hierdie stelsel gebaat.69 In Die Landbouweekblad van 4 Augustus 1959 word berig dat mnr. S D P le Roux, Oudemuragie, distrik De Rust, gemiddeld ? 8 uit die vere van een volstruis gekry het. Tydens die honderste veiling op Oudtshoorn het hy ? 5 10s per pond vir wit mannetjievere gekry, 55s vir stofvere en 35s vir stertvere. 70 In ?n uitgawe van dieselfde tydskrif in 1964 word die sukses van hierdie boer en die goeie pryse vir goeie vere wat hy behaal het, herbevestig.71 Die Oudtshoorn Courant van 1976 skryf onder die opskrif ?Rekord-rekord ?? dat dieselfde boer sewe rekord pryse vir sy vere behaal het op die destydse veiling.72 Die direksie het verskeie oorsese toere onderneem om markte vir die boere se volstruisprodukte te soek en het ook goeie bande met vereverwerkers in die VSA, Europa en Asi? gevestig.73 Die einde van goeie geld vir goeie vere het in die vroe? 1980?s as gevolg van ?n verandering in die bemarkingsmetodes van die KKLK gevolg, maar dit val buite die omvang van hierdie studie. Die aantal boere, veral die toegewyde telers wat kwaliteit vere gelewer het, moes na 1983 oorskakel na die massa-produksie van volstruise vir hulle velle en vleis.74 Dit het saamgeval met die uitkoop van alle verehandelaars, behalwe A J Putney, vir ?n paar miljoen rand in 1980. Die KKLK het toe 65% van die veremark beheer en Putney 35%.75 4.5 VOLSTRUISVELLE EN BEMARKINGSPROBLEME Volstruisleer se waarde kon reeds in 1926 na waarde geskat gewees het, 76 maar dit het veel langer geduur voordat die regte bemarking ?n goeie inkomste vir die boer uit die volstruisvel besorg het. Die pad n? 1970, toe die volstruisleerbedryf sy regmatige plek ingeneem het met die ingebruikneming van die leerlooiery in Oudtshoorn, was lank en moeilik. Toe die boer begin besef dat die vel van die vo?l wat hy net as veerprodusent gesien het ook waarde het, was sy enigste opsie om die nat vel aan rondgaande kopers (smouse) te verkoop. Die boer is aanges? om die velle met growwe sout in te vryf om dit te bewaar tot die volgende besoek 68 J L Louw, Klein Karoo Landbouko?perasie en die volstruisbedryf waarby inbegrepe is die eenkanaalbemarking daarvan, p.4. 69 Privaat onderhoude: P M le Roux, 3.03.2012; O Olivier, 14.02.2012; B Visser, 16.02.2012 en J Maree, 3.03.2012. 70 Landbouweekblad, 04.08.2012, p.55 (Vrotmaag by Volstruise, Welslae met Doseermiddel). 71 Landbouweekblad, 27.10.1964, p.5 (Gehalte is die Volstruisboer se Geheim). 72Oudtshoorn Courant, 04.10.1976. 73 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, pp.16,17. 74 Privaat onderhoud: P M le Roux, 20.01.2012. 75 J L Louw, Die volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, pp.12,16,17. 76 In hoofstuk twee word vertel van die W?reld Ekspo in Engeland in 1926 waar ses volstruisvelle vertoon is en die goeie kwaliteit van volstruisleer voorgehou is. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 95 95 van die smous. Na die stigting van die KKLK is die velle op dieselfde wyse aan die ko?perasie gelewer. Firmas in Frankryk, Holland en Engeland het die velle gelooi en dan die finale afgewerkte leer w?reldwyd bemark deur dit aan verskillende leerverwerkers wat ?n verskeidenheid leerartikels vervaardig het. Tog was dit nie ?n vloeiende bedryf met ?n gereelde aflewering nie. Dit het fluktuasie in vraag veroorsaak wat teruggevoer is tot by die ko?perasie wat dikwels opgeskeep gesit het met voorrade rou velle wat uiters bederfbaar was ? ?n baie ongunstige en kwesbare posisie om in te wees.77 In 1967 is daar dus besef dat die enigste opsie was om ?n eie looiery op te rig en dan self vir die bemarking van die verwerkte volstruisleer te sorg. Die bestuur van die Klein Karoo Landbouko?perasie het besluit om die situasie te verbeter en het Johann Wilken na Engeland gestuur om eerstehandse kennis oor die looi van velle te gaan opdoen. Johann Wilken was ?n leerlooier van Grahamstad en het ingewillig om die KKLK te kom help en ook om vir so lank as wat dit nodig was oorsee te gaan leer hoe om volstruisvelle te looi. In daardie stadium was Arnold de Jager, ?n boer van Buffelsdrift, distrik Oudtshoorn, die voorsitter van die KKLK en hy het tydens ?n private oorsese reis probeer om ?n leerlooiery te kry wat vir Johann Wilken sal oplei. In Engeland het hy eers ?n bloutjie by sommige firmas geloop omdat hulle heeltemal te veel gevra het vir sulke opleiding. By ?n firma in Londen, Rowe & Son, was daar op daardie stadium reeds ?n paar volstruisvelle gelooi en hulle het sonder enige besware en teen ?n baie billike vergoeding ingestem om Wilken te leer. Sy taak was toe om in vier maande die looitegniek van hierdie unieke leer onder die knie te kry. 78 Masjiene wat gladde leer gelooi het, sou die unieke knoppies beskadig en ?n looier van Duitsland is genader om met daardie probleem te help.79 In die beginjare het die looi van die volstruisvel unieke uitdagings gestel. Omdat die vo?l in half-woestyntoestande leef, het hy gewoonlik groot vetreserwes in horisontale, veselagtige lae onder die vel. Die onre?lmatige vorm van die vel en die diep veerwortels stel ook spesifieke vereistes.80?n Hollandse volstruisleerlooier, ene Gast, het die geheime van volstruisvel looi geken en hy het Suid-Afrika toe gekom om vir Wilken verder te leer. 81Behalwe vir Johann Wilken wat oorsee gestuur is, het ook twee direkteure, Snyman le Roux en Arnold de Jager en ?n amptenaar, P Greef, Rome, Milaan, Z?rich, Basel, Frankfurt, Amsterdam, Almelo, Londen en Parys besoek met die opdrag om alle looierygeboue, - masjiene en ?toerusting te ondersoek.82 Gedurende 1970 is die leerlooiery in Oudtshoorn geopen en het al die harde werk ter voorbereiding van hierdie groot gebeurtenis vrugte afgewerp. In 1973 is die looiery se kapasiteit 77 Ibid., p. 13. 78 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p.33. 79Ibid., pp. 44 ? 46. 80Ibid., p. 34. 81 Privaat onderhoud: G Olivier, 20.09.2012. 82 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p.29. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 96 96 verdubbel.83 Behalwe dat die velle toe in Oudtshoorn gelooi is, is dit ook in ongeveer sestig basiese kleure gekleur en daarna aan leerartikelvervaardigers verkoop: plaaslik maar meerendeels oorsee. Daar is duidelike voorwaardes aan die vervaardigers van volstruisleerartikels, plaaslik sowel as buitelands, gestel: hulle kon daardie leer in artikels verwerk en dit dan vryelik verkoop waar die fabrikant dit goedgedink het, maar hulle kon nie die leer self weer verkoop het nie.84 Volgens Koos Fourie, die bemarkingsbestuurder van KKLK in die belangrikste bemarkingsjare van die leer, 1975 ? 1981, het Johann Wilken nie die genoegsame erkenning vir sy fenomenale werk gekry nie. Carl Noll, ?n Duitser het die ?saddle finish? ontwikkel en vir Wilken kom leer, wat toe hierdie nuwe afwerking van volstruisleer verder vervolmaak het.85 Eers is die volstruisleer net volgens die ?classic finish? 86 gelooi, maar toe meer van die skeenleer van die volstruis gebruik is, het Wilken besef dat die gewone leer daarby afgesteek het. Die skeenleer blink meer en lyk baie soos die eksotiese krokodilleer. Die nuwe ?saddle finish? het die gewone volstruisleer ook meer glans gegee en dadelik die aandag van leerhandelaars oor die w?reld heen getrek. 87 Hier onder is twee voorbeelde van handsakke wat van die vel van die skeenbeen van die volstruis gemaak is. Dit is uiteraard duurder items as die gewone volstruisleer omdat die skeen van die volstruis dikwels seerkry en dan nie gebruik kan word nie. Ook beslaan die skeen ?n veel kleiner deel van die volstruis. Die derde foto is van ?n handsak van gewone volstruisleer. Tog kan die glans van die ?saddle finish? ook op die gewone volstruisleerhandsak gesien word.88 89 Figuur 4.2: Volstruisleerhandsakke Hierdie saalafwerking (?saddle finish?) het die leer geskik gemaak vir leerstewels of ?cowboy- stewels? wat veral in die VSA groot aftrek gekry het. Wilken was verantwoordelik vir ?n multimiljoen- rand uitbreiding wat ook na sporttoerusting soos gholfsakke, ensovoorts uitgebrei het omdat die leer met die saalafwerking meer waterbestand was.90 ?n Sekere deel van die leer word vir klere 83 J L Louw, Die volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, p.12. 84 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l , p. 14.. 85 Privaat onderhoud: G Olivier, 20.09.2012. 86 Die gewone effens dowwer knoppiesleer. 87 Privaat onderhoud: K Fourie, 12.07.2012. 88 Foto?s : A le Roux. 90 S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, p.36. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 97 97 soos baadjies en jasse gebruik, maar hierdie leer is spesiaal uitgesoek en is ligter en sagter as die gewone leer.91 Die volgende probleem het opgeduik toe die looiery puik leer gelewer het. Dit was ?n duur looiery om te bedryf en dan moes die duursame en weelde-artikels van volstruisleer nog bemark en verkoop ook word. N? 1970 was die grootste uitdaging vir die KKLK dus die bemarking van die leer, meestal in die buiteland. Daar was nooit ?n bestendige mark vir volstruisleer nie, omdat elke velkoper voor die oprigting van die leerlooiery in Oudtshoorn aan verskillende oorsese kopers hulle velle gelewer het. N? 1970 moes daar agente aangestel word om ?n bestendige mark te verseker.92 Om bemarkingskanale daar te stel, het lede van die direksie en van die amptenare van die KKLK in 1972 studiereise na Europa, die Verre Ooste en die Amerikas onderneem. In die buiteland is agentskappe gestig wat almal suksesvolle leerhandelaars van ho? aansien was. Een was in Dallas, Texas gevestig en hy het die Amerikas bedien. Daar was ook agente vir Frankryk, Belgi?, Oostenryk, Switserland en vir die destydse Wes-Duitsland aangestel. Die reklame-firma J W Thomson van Parys, Frankryk, het alreeds sedert 1970 die reklame vir die modevere in die buiteland gedoen. Hulle het in 1975 ook begin om die oorhoofse reklame vir volstruisleer te doen. 93 Die oliekrisis van 1973 het ?n insinking in die volstruisleerbedryf veroorsaak met ?n verminderde aanvraag en gevolglike oorproduksie in die Klein Karoo. Aangesien die volstruis toe as produk in sy geheel gebruik is, het die boere op grootskaal met volstruise geboer. Baie boere het oorgegaan na die lewering van slagvo?ls omdat die gehalte van hulle volstruise se vere nie lonend was nie en omdat die pryse vir die velle toegeneem het. ?n Slagvo?l het in die laat 1950?s slegs R6 vir die boer ingebring, maar in 1967 was dit R23, in 1977 R106 en in 1987/88 R600.94 Die geskikste vel vir die w?reldmark is een van 125 tot 135 vierkante dm ( ? 317,5 tot 342,9 vierkante cm) afkomstig wat ?n volstruis van ongeveer 15 tot 16 maande oud was.95 Soos reeds ges?, was oorproduksie vir die KKLK en sy bemarkers ?n probleem. Die kritiek teen die oorsese reise van die direksielede en amptenare het toegeneem ten spyte van al die goeie syfers wat deur die KKLK voorgehou is. Van die direkteure kon nie eers goeie Engels praat nie en veral in die beginjare van die reise was hulle gebrek aan kundigheid oor internasionale ekonomiese onderhandelings duidelik te bespeur. Daar is ook nie kundiges op vakgebiede (soos bemarking en vere-of leerkennis) saamgeneem nie en die amptenare, wat die reise meegemaak het, het geen 91 Privaat versameling, KKLK: J P Yzelle, looiery bestuurder, 23.01.1990. 92 J L Louw, Die volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, p.12. 93 Ibid.,p. 12. 94 J L Louw, Die volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 1990, pp. 13, 14. 95 Anon., KKLK-argief: Getikte nota?s, 19.05.1990. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 98 98 opleiding gehad nie. Die Joodse kopers en bemarkers het as gevolg van hulle wydverspreide netwerke van familie en sakevennote kennis van bemarking opgebou. Hierdie netwerke is oor geslagte heen opgebou, maar die KKLK het nie hierdie voorreg gehad nie. Die gebrekkig kennis van Engels is dikwels as ?n grap deur die onderskeie direksielede self vertel, maar te dikwels is die boere benadeel deur sulke swak onderhandelingsvermo?. 96 Toe Koos Fourie in 1975 as bemarkingsbestuurder van die KKLK aangestel is, is daar tydens sy onderhoud aan hom gevra of hy taalvaardig in Engels was. Dit was hy wel en daarom het hy deel gehad aan baie suksesvolle sendings wat uitsluitlik op die bemarking van leer gemik was. Die KKLK het oor baie opgebergde velle beskik toe hy hom by die KKLK aangesluit het en daarom was sy taak meer dringend. Hy vertel van die goeie werk wat die Paryse firma, Walter Thompson, met die bemarking van volstruisleer gedoen het sodat van die groot Franse en Europese modehuise spoedig al hoe meer artikels van volstruisleer vervaardig het. Fourie het die belangrikheid van daardie gereelde besoeke aan hul agente in die oorsese lande beklemtoon, nie net om kontakte op te bou nie, maar ook om met persoonlike besoeke die vennootskap te herbevestig en om nuwe modetendense van KKLK weer te gee. Tydens die groot leerskou in 1977 in Parys is daar ?n dinee gehou deur die KKLK vir al sy leeragente. Fourie beskou di? spoggeleentheid as ?n noodsaaklike byeenbring van mense met gedeelde belange in die KKLK en daarom was dit volgens hom ?n groot sukses. 97 Met al die uitbreidings en uitgawes, soos onthale, het die KKLK onder groot druk gekom. Selfs uit die parlement was daar kritiek, maar die ko?perasie het in hulle produk geglo en eenvoudig voortgegaan om die looiery nog verder te verbeter. Die kritiek was veral gemik teen die leen van geld by die Landbank vir die looiery se verbeteringe. Navorsing en produkontwikkeling was ?n deurlopende taak van die looiery-tegnici en hierin is hulle sterk gesteun deur die direksie en bestuur. Tegnici is gereeld na die buiteland vir studiereise op hulle gebied gestuur. Teen 1976/77 het al hierdie gesamentlike pogings begin vrugte afwerp en is bemarkingsuksesse in al die bemarkingsareas ondervind.98 Sodoende het die KKLK die grondslag gel? vir ?n bedryf wat teen 1995 ?n omset van R350 miljoen sou h?.99 4.6 VOLSTRUISKARKASSE Aanvanklik is die volstruis se vleis meestal slegs vir biltong gebruik. In ?n Oudtshoorn Courant van 1925 is berig dat daar grootskaalse volstruisslagtery in die Oudtshoorn-distrik plaasgevind het. Presies waar dit gedoen is, word nie genoem nie, maar die koerant het wel verklaar dat dit onder 96 Privaat onderhoud: B Visser, 16.02.2012. 97 Privaat onderhoud: K Fourie, 12.07.2012. 98 J L Louw, Die Volstruisbedryf en KKLK, pp. 14,15. 99 Ibid., pp. 14,15. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 99 99 baie onsanit?re toestande plaasgevind het. 100 Inligting oor die eerste volstruisabattoir in W B Appel se studie meld slegs dat daar ?n slagtery by Waaikraal (tussen De Rust en Oudtshoorn) in bedryf was. Appel meld dat die omstandighede baie primitief was met geen higi?ne nie, maar geen verdere detail word verskaf nie. 101 Volgens Isidore Barron, ?n gewese volstruishandelaar en besigheidsman van Oudtshoorn, was dit sy pa wat daar volstruise geslag het en hulle die eerstes wat volstruisbiltong gemaak het. Hulle het natuurlik probeer om dit so higi?nies as moontlik te doen, maar het nie oor moderne fasiliteite soos di? van die KKLK se abattoir beskik nie.102 G le Roux, ?n besoeker aan Dykie Tooch, ?n ander Joodse biltongmaker van Dysselsdorp, se primitiewe biltongdroogfasiliteit in daardie beginjare, het ook verklaar dat hy na die besoek homself voorgeneem het om nooit volstruisbiltong te eet nie. Dit was volgens Le Roux eenvoudig nie higi?nies genoeg nie. 103 Die meeste dooie volstruise waarmee die boere te doen gehad het, was vo?ls wat op natuurlike wyse op die plase dood is. Dit het veroorsaak dat boere nie die vleis van volstruise wou eet nie. Die vere sou nog van die karkas afgetrek word, maar daarna is die karkas begrawe. Bruin arbeiders het tot in die sestigerjare van die twintigste eeu nog bok- of skaapvleis as deel van hul weeklikse rantsoen gekry en het dus ook nie daaraan gedink om die volstruis se vleis te eet nie. In die 1970?s het al hoe meer arbeiders egter die vleis van die volstruis begin eet indien die vo?l aan natuurlike oorsake, soos ?n gebreekte been, dood is.104Die eerste hoeveelheid volstruisbiltong wat deur die KKLK gemaak is, was ?n hopelose mislukking en hulle het die hulp van ?n ervare biltongmaker, Isadore Barron, ingeroep om teen betaling te kyk wat hy daarmee kon doen. Hy het in daardie stadium steeds volstruisbiltong in sy eie fabriek op Oudtshoorn gemaak nadat die Barrons weens die Groepsgebiede Wet (1950) uit Waaikraal, in die Dysselsdorp-omgewing waar sy pa die biltong gemaak het, moes padgee.Sommige van die biltong kon hy vries om later as hondekos te verwerk, sommige moes hy egter weggooi omdat dit reeds verrot was en die ander het hy as biltong behandel en kon dit red.105 Die balans van die karkas is in karkasmeel verwerk. Hierdie karkasmeel se prote?ninhoud was meer as 50%.106 ?n Volstruisabattoir is in 1964 voltooi en stadig maar seker het vars vleisverkope toegeneem. Die eerste 80 volstruise is op 12 Januarie 1965 geslag. Aanvanklik is net die boude gebruik vir biltong en die vel vir bewerking gehou. Teen 1970 was die biltongmakery ?n hoogs gespesialiseerde afdeling van die KKLK. Goeie boudvleis is gebruik en die vleis het gespesialiseerde verwerking ondergaan voordat dit in elektriese droogkamers gedroog is. Daarna is dit hig?enies verpak.107 Die 100 C P Nel Museum Argief, Oudtshoorn Courant, 6 .11.1925. 101 W B Appel, Getikte aantekeninge: Inligting omtrent die Abattoir, 31.01.1995, p.1. 102 Privaat onderhoud: I Barron, 15.02.2012. 103 Privaat onderhoud : G le Roux, 27.06.2012. 104 Privaat onderhoud: P le Roux, 20.01.2012. 105 Privaat onderhoud: I Barron, 15.02.2012. 106 J L Louw, Die Volstruisbedryf en KKLK, p.18. 107Anon., Die Klein Karoo Landbouko?perasie Bpk. 1945 ? 1970, p. 44. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 100 100 publiek het nie meer hulle neuse vir die biltong opgetrek nie aangesien dit verwant aan wildsbiltong was en dit inderdaad deur die KKLK vervaardig was en nooit deur tuisbedrywe nie. Die werkers by die abattoir kon die nek, vlerkies, lewer, hart en magies vir eie gebruik geneem het. Mnr Jan Jonck, wat daaop aanspraak kon maak dat hy die eerste volstruisblokman in die w?reld was, het ?n slaghuis by die abattoir opgerig. Veral na 1967, met ?n verbeterde slaghuis, het lede van die publiek al hoe meer die beskikbare snitte daar gekoop.108 Eerstens was dit veel goedkoper as ander rooivleissoorte en is dit veral deur die armer deel van die Oudtshoorn-gemeenskap gekoop. Later is die waarde van die vetvrye volstruisvleis deur alle lede van die gemeenskap besef en het verkope plaaslik en dwarsdeur Suid-Afrika toegeneem. Voor die uitbreek van vo?lgriepepidemies is ook begin met groot uitvoere na die gesondheidsbewuste oorsese markte. 109 In die laat sewentigerjare is vars volstruisvleis (fillets en steaks) na Europa en na Switserland in besonder uitgevoer. 110Dit het veral in Europa die status van ?n eksotiese vleissoort verwerf en het gevolglik op die spyskaarte van ekslusiewe en duur restaurante begin verskyn.111 Die vet van volstruisvleis kan maklik en effektief verwyder word en die vleis bevat nie dun are vet soos die meeste ander rooivleissoorte nie. Die voedingswaarde van volstruisvleis vergelyk goed met di? van ander rooivleis, soos bees en skaap. Dit het ?n lae vetinhoud van minder as 0,03% per gram aangesien daar feitlik geen spiervet aanwesig is nie. Hierdie vleis is dus besonder geskik vir persone met ho? cholestrol-vlakke.112 Die groot ontwikkeling op die vleisfront was weer eens nie een man se werk nie, maar ?n ko?peratiewe poging. In die administrasiekantore, om die raadstafel, en selfs in lede se voorhuise is elke stadium fyn beplan om ?n vleismark vir hul produk te kry.113 Daar is ook deur verskeie instansies soos die Universiteit soos Stellenbosch, die Navorsingsinstituut vir Voedsel en Vrugte op Stellenbosch, Onderstepoort te Pretoria en Oudtshoornse proefplaas navorsing gedoen oor die waarde en gebruik van volstruisvleis.114 Dit was egter persone buite die bedryf wat uitgevind het dat volstruisfilette en ook van die ander snitte eintlik prima vleis is. Jans Rautenbach, ?n filmmaker, Gordon Vorster, ?n bekende skilder en akteur en Magnus Penny, ?n Engelsman, het hierdie ?ontdekking? gemaak. Gordon Vorster het baie belanggestel in kosmaak en hy het vir die personeel van die slaghuis gewys hoe om vleis vir sagtheid of taaiheid te toets. Walter Loosli, ?n Switserse vleishandelaar, het hulle ondersteun en daarom is die eerste volstruisfillette ook na Casic in Switserland uitgevoer.115 108 W B Appel, Getikte aantekeninge: Inligting omtrent die Abattoir, 31.01.1995, pp.1,2. 109 Privaat onderhoud: O Olivier, 28.10.2012. 110 Ibid., p. 18. 111 Privaat onderhoud: WJV Baker, gewese diplomaat in die EU, 21.01.2012. 112 Anon., Die slagvolstruis (Abattoir aktiwiteite), g.d. p.1. 113 J L Louw, Die Volstruisbedryf en KKLK, p. 16. 114 Anon., Die slagvolstruis (Abattoir aktiwiteite), g.d. p.1. 115 W B Appel, Getikte aantekeninge: Inligting omtrent die Abattoir, 31.01.95, p.4. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 101 101 Minder gesogte vleissnitte uit ander dele van die karkas is gebruik om troeteldierkos te vervaardig. In die slaghuis van die KKLK is ook verskeie geprosesseerde vleis soos polonie en worsies gemaak en ook later dro?wors. 116 Tabel 4.2: Hoeveelhede en waarde van volstruisprodukte wat deur die Klein-Karoo Landbouko?perasie Bpk., Oudtshoorn, van 1958 tot 1962 hanteer is JAAR VERE se gewig (pond) VERE se waarde in Rand VELLE se gewig (pond) VELLE se waarde in Rand BILTONG Gewig in pond BILTONG Waarde in Rand 1958 75 939 243 843 5 161 41 434 58 246 20 270 1961 98 856 376 050 9 963 219 396 99 516 75 272 1962 103 280 508 202 10 054 221 566 96 345 64 244 117 4.7 KONTROVERSIE OOR DIE WERKWYSE VAN DIE KKLK EN SAMEVATTING VAN DIE VOLSTRUISBEDRYF SE VOORTGESETTE HERLEWING Wetgewing het die eenkanaalbemarking van alle volstruisprodukte deur die KKLK daargestel en daartoe bygedra om ?n sterk volstruisbedryf in Oudtshoorn te vestig. Waar dit aanvanklik deur die meeste boere verwelkom is, het die monopolie van die ko?perasie later egter kritiek ontlok. Aangesien die KKLK nie kompetisie gehad het onder die eenkanaalbemarkingstelsel nie, het hulle te veel geld aan infrastruktuur soos geboue en toerusting bestee. Alhoewel die syfer buite hierdie studietydperk val, kan net genoem word dat die KKLK in 1988 R25 miljoen aan fasiliteite se opgradering bestee het.118 Dit is gedoen met geld wat na die boere moes gegaan het. Die oorhoofse koste het te hoog geword sonder dat daar aandag aan gegee is. Amptenare van die KKLK is meer betaal as amptenare in soortgelyke posisies in Oudtshoorn.119 Die direksie en voorsitter het te veel mag gehad en baie boere het gevoel dat hulle nie meer ?n s? oor die bestuur van sake gehad het nie. Baie van die gewone boere wou nie op die direksie dien nie, alhoewel die direksielede baie goed besoldig is. Die rede is dat ?n boer, wat besorg oor die bestuur van die KKLK was, aanvoorwerk kon doen om tot die direksie verkies te word. Hy sou dan vuur en vlam met sy nuwe taak begin en sy nuwe idees aan die direksie voorl?. Daar het egter 116 Ibid., p. 18. 117D J van Z Smit, Volstruisboerdery in die Klein Karoo, pp. 11, 12. Tabelle is aangepas om aan hierdie studie se vereistes te voldoen en net geselekteerde inligting is gebruik. 118 J Schoeman, Volstruise: Strategie vir die toekoms, Werkstuk vir die Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van Stellenbosch, Julie 1990, p. 5. 119 Privaat onderhoud: B Visser, 16.02.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 102 102 geen deurvoering van sodanige idees geskied nie en mettertyd het so ?n besorgde boer se stem stil geword en het hy ingeval by al die gebruiklike direksiebesluite.120 Daar was ook baie kritiek op die direkteure se oorsese reise, wat volgens sommige boere duur vakansies was sonder genoegsame bewyse van sukses.121 Elke direksielid het ?n beurt gekry om ?n oorsese sending mee te maak ongeag sy bepaalde kennisveld en sy vermo? om ?n bydrae te lewer tot die spesifieke terrein waaroor die sending gegaan het. 122 Die meeste van die direksielede was gesiene lede van die boeregemeenskap, maar het nie noodwendig onderhandelingsvermo? gehad of oor ?n internasionale besigheidsin beskik nie. Sommige boere wat gevra is om hul beskikbaar te stel vir verkiesing op die direksie, het dit nie oorweeg nie, omdat hulle gevoel het dat hul nie oor die nodige kundigheid beskik het nie. Ander boere, wat hulle in die soortgelyke posisie bevind het, was gevlei en het sonder aarseling ingestem.123 ?n Oud-direkteur van die KKLK, wat 34 jaar op die direksie gedien het en baie reise meegemaak het, het vertel dat die direkteure baie kundigheid opgedoen het tydens die reise. Hy het ook veral klem gel? op die waarde van die promosiewerk wat deur hulle gedoen is. Volgens hom was die afskaal in promosie om geld te spaar ?n fout gewees. Sommige direkteure het gekla dat die reklamekoste te hoog was. Hulle besoek aan Pierre Balmain in 1974 het daartoe bygedra dat hierdie bekende mode- ontwerper volstruisleerklere begin maak het. Deur hierdie aksie het ander ontwerpers sy voorbeeld gevolg wat ?n belangrike deurbraak was. Sommige boere het gekla toe die KKLK twintig gelooide velle aan die ontwerper by Dior geskenk het vir motorsitplek ?oortreksels, maar volgens hierdie oud-direkteur het dit onberekenbare advertensiewaarde gehad.124 Kritiek teen die KKLK was daar oor die jare wel, maar terwyl sommige boere genoeg geld gemaak het, het baie nie dieper gekyk na die onderliggende probleme van die ko?perasie nie. Nadat die meeste van die Joodse kopers deur die KKLK uit die mark gedryf is, het die prys van vere begin daal. Veral nadat ?n groot rolspeler in die verebedryf, Derek Fisch gedurende 1980 deur die KKLK uitgekoop is, moes die geld na die KKLK se sakke ( in effek na die leweransiers, naamlik die boere) gegaan het, maar as gevolg van gebrekkige kennis van die internasionale markte het dit nie gebeur nie. Derek Fisch het ?n baie goeie kennis van die internasionale mark en w?reldwye vere-ekonomie gehad. Hy het sy vere en leer van die KKLK gekoop, maar die produkte self verder bemark en plaaslik en oorsee verkoop. Hy het persoonlik op meer as ?n honderd sendings oorsee gegaan, maar altyd alleen en ekonomiese klas gevlieg en nie soos die KKLK-sendings wat graag eersteklas gevlieg het nie. Fisch het ?n baie goeie kennis van vere gehad en gesien hoe swaar die KKLK die eerste tien jaar na sy stigting gekry het. Sy mening was dat die amptenare wat met die vere gewerk het, nie die nodige bedryfskennis gehad het nie. Waar hy altyd die Rand se 120 Privaat onderhoud: B Visser, 16.02.2012. 121 Privaat onderhoud: Wilfred Dicker, 20.01.2012. 122 Privaat onderhoud: P le Roux, 21.06.2012. 123 Privaat onderhoud: S Muller, 26.06.2012. 124 Privaat onderhoud: G Olivier, 20.09.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 103 103 wisselkoers teenoor sy afsetpunte in Europa se wisselkoerse geken het, het hy gevoel dat die KKLK dit nie in ag geneem het nie. Hy het al die syfers wat die KKLK beskikbaar gestel het oor uitbetalings aan boere en wat vir die volstruisprodukte gekry is, baie noukeurig deurgegaan en dikwels aan sy bestuurder ges? dat dit nie geklop het nie. Sy grootste grief was dat die boere nie genoeg betaal is vir hulle produkte nie. Fisch was ook gegrief dat hy die kontakte oorsee gehad het toe die KKLK sy besigheid oorgeneem het, maar dat hulle nie sy insette, wat die w?reld vir hulle sou oopgemaak het, wou gebruik nie. Fisch het Frans geken en was van mening dat van die lede van die KKLK se oorsese sendings ten minste ?n Europese taal moes geken het en natuurlik oor ?n baie goeie vaardigheid in Engels beskik moes het. 125 Koos Fourie, die bemarkingsbestuurder, wat in 1975 eintlik aangestel is om na die bemarking van volstuisleer om te sien, moes ook help met die bemarking van vere nadat die KKLK vir Derek Fisch uitgekoop het. Volgens Fourie het hulle wel al Fisch se kontakte oorsee besoek. Saam met die oordrag van Fisch se belange aan die KKLK het sy vernaamste verekenner, Peter Sparg, gekom om vir die ko?perasie te werk, maar hy was teensinnig om Fourie te help om meer oor die verebedryf te leer. Nie lank na die oorname nie het Sparg ook heeltemal uit die bedryf getree.126 ?n Boer en handelaar soos Jack Klass het sy slagvo?ls aan die KKLK gelewer en hom nie aan negatiewe kritiek gesteur nie. Hy kon daarmee spog dat hy die eerste boer was wat ?n tjek van R1 miljoen van die KKLK as ?n agterskot gekry het. In die goeie jare het hy tussen 15 000 en 20 000 volstruise per jaar by die KKLK geslag. Hy was van mening dat die KKLK baie boere finansie?l sterk gemaak het omdat hulle ?n voor-, middel- en agterskot vir hulle slagvo?ls gekry het.127 Selfs na jare se oorsese sendings het sommige van die KKLK- amptenary steeds nie die nodige kundigheid met betrekking tot oorsese transaksies gehad nie.128 Die KKLK het onder die indruk verkeer dat hulle die mag van die Joodse volstruishandelaars verbreek het, maar eintlik was die Joodse handelaars steeds beter daaraan toe, aangesien diegene wat deur die KKLK uitgekoop is met ?n sak vol geld die bedryf verlaat het. Derek Fisch het ongeveer R2 ? miljoen rand vir die oordrag gekry wat in 1980 nogal ?n aardige bedrag was.129 Met die be?indiging van die gereelde vereveilings in 1983 is die volstruisveertelers gedwing om na slagvo?ls en massaproduksie oor te skakel.130 Mnr JL Louw, ?n vorige hoofbestuurder van die KKLK, het hierdie stap verdedig deur te verklaar dat al die verekopers op die mark vir hul eie rekening opgetree het en dus die toestande in die w?reldmark volgens eie oordeel ge?nterpreteer het. Hy het gemeld dat die KKLK se amptenare deur die jare met hulle buitelandse sendings inligting ingewin het hoe om die stelsel te verander en teen die einde van die 1970?s besluit het om self tot die bemarking van volstruisvere in die 125 Privaat onderhoud: S Muller, 26.06.2012. Muller was 32 jaar lank ?n bestuurder van Derek Fisch se plase. 126 Privaat onderhoud: K Fourie, 12.07.2012. 127 Privaat onderhoud: J Klass, 26.06.2012. 128 Privaat onderhoud: S Muller, 26.06.2012. 129 Privaat onderhoud: B Visser, 16.02.2012. 130 Privaat onderhoud: P M le Roux, 21.06.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 104 104 buiteland toe te tree. Na lang onderhandelings het hulle toe die veremaatskappye van Derek Fisch en Isidore Barron oorgeneem en ge?ntegreer in een volfiliaalmaatskappy van die KKLK. Louw het verder verklaar dat as die KKLK nie in 1980 ingegryp het nie, chaos sou ingetree het met die groter produksie.131 Dit was egter vir die prima-vereteler die doodskoot van die bedryf en binne maande het ?n vrag vere wat v??r 1980 R15 000 sou behaal het, slegs R900 vir die vereboer ingebring. 132 Nog ?n terugslag wat tot die verstadiging van die volstruisveremark gelei het, was die sanksies wat die VSA in 1986 teen Suid-Afrikaanse produkte ingestel het as gevolg van die apartheidsbeleid van die destydse regering.133 Alle uitvoere na die VSA is sedert 1985 verbied, maar die KKLK het ander kanale gevind om die sanksies te omseil. Anti-apartheidsorganisasies het winkels wat Suid- Afrikaanse volstruisprodukte verkoop het, geboikot en selfs gedreig.134 J L Louw, die voormalige hoofbestuurder, het die oorsese reise van die direkteure en amptenare in sy bydrae oor die vyftigste bestaansjaar van die KKLK verdedig. Louw het verklaar dat hy bewus was van skimpe: ?be an official of Klein Karoo and see the world?. Maar dit was volgens hom baie harde werk en hulle het meestal net die binnekante van vliegtuie, hotelkamers en die besigheidskantore van kli?nte gesien. Hyself was 66 keer in die buiteland en hy het die voorafbeplanning en voorbereiding wat v??r die reise plaasgevind het, asook die harde werk daarna, soos verslae, na-versorging en opvolgkorrespondensie, beklemtoon. Oorsese reise was volgens hom broodnodig om goeie gesindheid met agente, kli?nte en vervaardigers en selfs winkels te bou en te behou. Goeie bemarking en reklame kon nooit onderskat word nie, aldus Louw.135 Van die direkteure wat saam met Louw gewerk het, het ?n ho? agting vir sy werkverrigting en werksetiek gehad .136 Ten einde die monopolie op die volstruisbedryf in Oudtshoorn gesetel te hou, is nog ander wette ingestel om te verhoed dat die KKLK sy mag verloor. Kragtens Artikel 17 van die Veeverbeteringswet, Nr 25 van 1977, kon geen volstruise uitgevoer word nie, tensy ?n uitvoerpermit daarvoor deur die Registrateur van die Veeverbeteringswet uitgereik sou word. Geen sodanige permit kon uitgereik word nie, tensy die manlike en vroulike diere wat vir uitvoer bestem was, na gelang van die geval, ontman of die eierstokke verwyder is nie.137 Nou kan gevra word, waarom so ?n wet ingestel is? Aangesien die hele volstruisbedryf van 1960 tot 1980 so suksesvol was, was daar baie lande wat graag in hierdie winsgewende bedryf wou 131 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie, 1990, pp. 16,17. 132 Privaat onderhoude: O Olivier, 14.02.2012, P le Roux, 20.06.2012 en B Visser, 17.02.2012. 133 J L Louw, The essence of the involvement of the Klein Karoo Agricultural Co-op with the Ostrich Industry, 22.03.1990, p.4. 134 J Schoeman, Volstruise: Strategie vir die toekoms, p. 17. ?n Bespreking van die oorsese boikotaksies as gevolg van die regering se apartheidsbeleid val buite die bestek van hierdie studie. 135 J L Louw, Bydrae vir 50e bestaansjaar van KKLK Bpk., 7.01.1995, pp.4. 136 Privaat onderhoud: G C le Roux, 27.06.2012. 137 J L Louw, Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie, 1990, p.20. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 105 105 deel. Die aanvraag uit die buiteland was groot en daarom het talle boere ?n geleentheid gesien om groot geld te verdien deur bevrugte eiers en volstruise uit te voer. Isidore Barron het vertel hoedat hy ?n plaas in die destydse Suidwes-Afrika, nou Namibi?, naby Gobabis gekoop het. Hy het dan sy volstruise uit Oudtshoorn soontoe aangery en dit van daar af na die VSA per vliegtuig uitgevoer. So is ook bevrugte eiers op allerlei onwettige maniere uitgevoer. Later, toe die eenkanaalbemarking tot ?n einde gekom het, het Barron volstruise vanaf die George-lughawe uitgevlieg.138 Ook het ene Ferreira het baie volstruise na Kazakstan uitgevoer.139 ?n Ambassade-lid van Suid-Afrika het in 2005 gesien dat daar duisende volstruise was op die ariede dele van Kazakstan, wat groot ooreenkomste met die tipe plantegroei van die Klein Karoo toon, voorgekom het.140 Die effek van hierdie onwettige uitvoere is byvoorbeeld weerspie?l in ?n brief van mnr J L Louw in 1990 aan ene mnr IM van Rooyen van Kimberley. Louw het gemeld dat die KKLK se groot bekommernis in daardie stadium was dat Suid-Afrika se buurlande en veral ook die VSA, Australi? en Israel, op groot skaal besig was om met volstruise te boer.141 In 1993 het die eenkanaalbemarking van volstruisprodukte tot ?n einde gekom. ?n Voormalige bemarkingsbestuurder het reeds met sy bedanking in 1981 bedenkinge gehad oor die vermo? van die KKLK om suksesvol staande te bly as eenkanaalbemarking hulle nie meer beskerm het nie. Hy het gevoel dat die direkteure, wat meestal net goeie boere was en dikwels nie oor meer bemarkings- en finansi?le kwalifikasies beskik het nie, te veel mag gehad het en aan amptenare, wat aangestel is juis vir hulle nodige vaardighede, voorges? het oor hoe hulle hul werk moet doen. Hyself het as gevolg hiervan uit sy baie interessante en bevredigende amp bedank.142 Na die eenkanaalbemarkingstelsel tot ?n einde gekom het, het die mag van die KKLK verminder, aangesien enige persoon in Suid-Afrika toe volstruise kon aanhou en slag waar hulle wou en bemark soos dit hulle gepas het. Dr J D Burger, ?n veearts in diens van die KKLK, het gewaarsku dat die toekoms van di? Oudtshoorn-distrik se boere na 1993 nie meer so sekuur was nie. Te veel boere het met volstruise begin boer en oorproduksie het ?n werklike probleem geword. Vanaf 1987 tot 1993 het die aantal broeivo?ls met 47% toegeneem. Burger het ook teen die verlies aan kwaliteit van alle volstruisprodukte en die onnodige en duur infrastruktuuruitbreidings gewaarsku. Die boer moes dus sy produk se kwesbaarheid in ag neem. Die boere van die 1990?s het die val van die veremark van 1914 en die risiko van oorbeklemtoning van die volstruisboerdery egter vergeet en voortgegaan om al hulle aandag aan die volstruis te gee.143 138 Privaat onderhoud: I Barron, 16.02.2012. 139 Privaat onderhoud: P M le Roux, 23.06.2012. 140 Privaat onderhoud: B Moolman, 07.03.2012. 141 KKLK ?argief, Brief van JL Louw, 30.07.1990. 142 Privaat onderhoud: K Fourie, 12.07.2012. 143 Privaat versameling, KKLK: Dr J D Burger se geleentheidstoespraak ter herdenking aan die 50e bestaansjaar van die KKLK, 18.08.1995. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 106 106 Stadigaan is daar weer ?n mark vir vere opgebou, maar die verekopers was individue met ?n besigheidsin en goeie kontakte. Mnr. Larry Markus, ?n Joodse boer met goeie kontakte soos deur sy pa, Monty Markus en ander Joodse familielede opgebou, het teen 2012 steeds vere versamel en teen goeie pryse verkoop.144 Wat Sarah Stein oor die oorheersing van Jode in die globale verspreiding van luukse volstruisprodukte met die draai van die vorige eeu gemeld het, is vandag nog van toepassing. Die rede wat sy aangee vir hierdie Joodse oorheersing was dat hulle lede van die moderne Oos-Europese, Medittereense en Anglofiele diaspora was. As gevolg daarvan het hulle kontakte w?reldwyd oor kulturele en politieke verskille heen gestrek.145 Teen 2012 was daar egter ook ?n aantal suksesvolle nie-Joodse verehandelaars in Oudtshoorn, wat daarop wys dat hulle oor die jare lesse in verkoopstegnieke geleer het en ook kon floreer nadat die mag van die KKLK verbreek was. 4.8 SAMEVATTING Alles in ag genome, het die KKLK die volstruisbedryf op ?n gesonde voet geplaas in die jare na die Tweede W?reldoorlog en dit uitgebrei tot die belangrikste landboukomponent van die Oudtshoorn- distrik. Ongeag die kritiek wat uitgespreek is, en ongeag die netelige posisie waarin die volstruisbedryf hom teen die begin van die 21ste eeu bevind het, is talle Klein Karoo-boere baie verskuldig aan die optrede en besluitneming van die KKLK tot in 1980 en daarna. 144 Privaat onderhoud: L Markus, 20.06.2012. 145 S Stein, Plumes, p. 151. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 107 107 HOOFSTUK 5 WINGERD EN WYN, ?N WINSGEWENDE LANDBOU-VERTAKKING VAN DIE OUDTSHOORN-DISTRIK 5.1 INLEIDING Ten einde die toepaslike wetgewing en terminologie rondom wynverbouing in die Oudtshoorn- distrikte te begryp, word daar kortliks op hierdie aspekte gefokus. Die Kaapkolonie se drankwet van 1886 het gepoog om die distillering van brandewyn te kontrolleer en om ?n uniforme standaard van brandewynproduksie daar te stel. Alle wynboere moes ?n lisensie h?, sonder dat daar kontrole was oor die toerusting wat gebruik is om sterk drank mee te stook. ? Dop?-brandewyn1 is ook toegelaat en die verwarrendste was die benaming ?brandewyn? wat aan enige distillaat gegee is. Die distillaat kon van wyn, druiwe, turksvy, perskes of enige vrug gekom het. Eers in 1909 is onderskeid gemaak tussen ?wynbrandewyn? en ander distillate. Tydens die ?boom? ?jare van die volstruisbedryf (1912 ? 1914) het nie net Oudtshoorn-boere nie, maar boere oral in die Kaapprovinsie hulle wingerde uitgetrek om eerder met volstruise te boer. Na die val van die veremark was daar net nie genoeg brandewyn in die mark beskikbaar nie. Daarom was die sogenaamde ? KWV-wet? van 1924 baie belangrik om die hele industrie teen onder- of oorproduksie te beskerm en om prysvasstelling en markte te verseker.2 Verdere wetgewing is in 1940 en 1970 ingestel wat veral die uitvoermark gevestig het omdat daar toe streng regulering oor die kwaliteit van brandewyn was.3 5.2 GEOGRAFIE EN GRONDFAKTORE Die vrugbare oewergronde langs die riviere van die Klein Karoo is gebruik vir kontantoeste soos tabak, lusern en ander groente- en vrugtesoorte,en waarvoor genoeg water benodig word. Dro?r en meer klipperige grond beslaan ?n groot gedeelte van die vallei en kom gewoonlik ook teen die hellings van die voetheuwels van die genoemde bergreekse voor. Dit is op hierdie gronde waar daar gewoonlik wingerd aangeplant is. Daar is groot variasie in die kwaliteit van grond in die Klein Karoo, want alhoewel dit oorheersend baie vrugbare kleigrond is, is daar ook sanderige gedeeltes waarop wingerd of ander gewasse geplant kan word. Kleigrond se tekstuur kan verbeter word deur 1Dopbrandewyn is ?n lae kwaliteit brandewyn. Wanneer brandewyn gestook word en die eerste aftreksel van die doppe afgegooi word, is water op die doppe gegooi en eers is net ?n flou wyn gekry. Hierdie aftreksel is dan toegelaat om op die doppe te gis, vandaar die benaming ?dop-brandewyn?. Dit het ook ?n ander smaak as die brandewyn wat van die eerste proses van gisting verkry is. Aldus GC le Roux, wynboer van Doornkraal, distrik De Rust, 06.09.2012. 2A Brink, The Essence of the Grape, Saayman&Weber, Kaapstad, 1992, pp. 50-51. 3Ibid., p. 56. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 108 108 dit met kalk te behandel of deur kaf, strooi, bossies en groen plante in te ploeg. Kleigrond se voordeel is dat dit die vog beter behou. Die beste terroir vir wingerd is gebroke grond:?n mengsel van sand- en leemgrond. Dit word sanderige kleigrond genoem omdat dit ook klippe bevat en in die Klein Karoo lewer dit ?n beter kwaliteit wyn.Klippe oefen ?n gunstige invloed op die grond uit, omdat vog in die nag daarop kondenseer.4 Daar kom egter makliker ryp in die oewergronde naby die riviere voor, wat weer nadelig vir wingerde is. 5 Die moedergesteente van die Klein Karoo is Bokkeveld-skalies waarvan die rooi Karoogrond stam. Hoewel daar wingerde op hierdie gronde aangel? is, is die meeste aanplantings op die sanderige, alluviale grond langs die rivierlope. 6 Terwyl die hitte en gereelde droogtes van die Klein Karoo dikwels as nadelig beskou word, het dit voordele vir die aanplant van wingerd ingehou. ?n Dro? grondtipe is verkiesliker as te nat grond, want dan ontwikkel die wortelstok diep wortels opsoek na water wat op die lange duur goed is vir die wingerdstok. Nat gronde se nadele is dat die wingerd te welig groei en dan te min druiwe dra. Onkruid groei ook net so lustig van te veel vog en daarby is nat grond kouer. Wyne van natter gronde is gewoonlik ligter, bevat meer albumiene7, en hou nie so goed as wyne van wingerde in dro?r gronde. 8 4Landbouweekblad, 21.05.1919, pp.30,31 (A I Perold: ?Wijnbouw en Wijnbereiding?). 5Ibid., p.31. 6Anon., Wyn, KWV, Kaap en Transvaal Drukkers Bpk., Kaapstad, 1975, p. 42. 7Albumien is ?n eiwitstof van ?n groep prote?nes wat oplosbaar is in water en by verhitting stol. 8Anon., Wyn, p. 265. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 109 109 Tabel 5.1 illlustreer die hoeveelheid wingerd wat daar aan die einde van die 19e eeu in die Klein Karoo aangeplant is. Tabel 5.1: Uitbreiding van wynbou OUDTSHOORN KAAPKOLONIE 1865 1875 1865 1875 Oppervlakte van wingerde (morg) Persentasie - toename 597 693 16 % 7 643 8 588 12% Getal wingerd- stokke Persentasie - toename 3 496 900 5 808 574 66% 55 300 025 69 910 215 26% Getal stokke per morg Persentasie ? toename 5 875 8 381 43% 7 235 8 140 13% Gellings wyn gelewer Persentasie - toename 22 175 45 962 107% 3 237 428 4 485 665 38% Gellings brandewyn gelewer Persentasie - toename 55 701 155 324 179% 1 067 832 1 422 931 33% 9 5.3 DIE AANVANG VAN WINGERDVERBOUING IN DIE OUDTSHOORN-DISTRIK Op die meeste plase waar daar wingerd aangeplant is, was daar meestal ook ?n stookketel waarmee die wingerdboer sy eie witblits en brandewyn van sy druiwe en mampoer uit ander vrugte gemaak het. Reeds aan die begin van 1883 het M J Schoeman van Vlakteplaas, distrik Oudtshoorn, twee brandewynketels met ?tinnen slangen?10 uit Duitsland ingevoer.11 Die omvang van brandewynproduksie in die streek blyk voorts daaruit dat 13 % van alle stookketels in die Kaapkolonie teen 1891 in die Oudtshoorn-distrik aangetref is. Daarmee het Oudtshoorn-boere ook die derde meeste van hierdie apparate besit. 12 Omdat gemengde boerdery ?n kenmerk van die meeste plase in die Klein Karoo was, bloot omdat hulle aan hul eie behoeftes moes en wou voorsien en baie ver van ?n winkel of dorp was, het baie plase ook wingerd gehad. Benewens vir 9A Appel, Oudtshoorn: ?n Sosio-ekonomiese studie, Die Staatsdrukker, Pretoria, 1988, p. 171. 10Die tuit van die stookketel was van koper gemaak. 11A Appel, Oudtshoorn: ?n Sosio-ekonomiese studie, p. 173. 12Ibid., p. 174. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 110 110 die maak van wyn, brandewyn, mos en asyn was die droog van die hanepootdruiwe vir die beste rosyne baie gesog. 13 Aangesien die klimaat meestal tot uitermatig warm in die somer neig, was soetwyn-kultivars soos Hanepoot en Muskadel baie gewild en is daar behalwe vir brandewyn en witblits, meestal en aanvanklik net soetwyne, sjerrie en port in die Klein Karoo gemaak. Wit hanepoot is die Muscat d? Alexandrie-vari?teit, wat lank reeds in Europa en Noord-Afrika bekend was. Rooi hanepoot het egter in Constantia in die Kaap ontstaan van ?n loot wat rooi druiwe gedra het aan ?n stok van wit hanepoot. Hermitage, nog ?n gewilde kultivar van die Klein Karoo, het reeds in 1869 in die Kaap aangekom. Die boerebrandewyn14 of ?Cangobrandewyn?, wat oral in die Klein Karoo gemaak is, is gebruik om aan die medisinale behoeftes van die boere te voldoen. Met die byvoeging van kruie of speserye is boegoebrandewyn en naeltjiebrandewyn gemaak.15 Met die ontdekking en ontginning van diamante en goud het die vraag na veral brandewyn in die binneland egter sterk toegeneem.16 Reeds teen die twintigerjare van die negentiende eeu het die Klein Karoo 6 % van die Kaapkolonie se brandewyn gelewer. Alhoewel die Bolandse streke altyd meer gelewer het, was wingerdbou teen die twintigste eeu nogtans ?n gevestigde boerderypraktyk in die Oudtshoorn-distrik. Met die verhoging van die vereprys, wat in 1912 en voor die val in 1914 ongekende hoogtes bereik het, was baie boere ontsteld toe van hulle mede-boere ?n gevestigde landboubedryf soos die wynbedryf vernietig het om liewer volstruise aan te hou. Die presiese omvang van die vervanging van wingerde met volstruiskampe kan nie bepaal word nie, maar daar is genoeg aanduidings dat dit wel gebeur het. Wingerde neem ?n paar jaar om volwassenheid te bereik voordat daar ?n beduidende oes gelewer kan word en daarom was dit ?n ontstellende tendens dat wingerde summier uitgekap is om plek te maak vir volstruiskampe. Die boere was nietemin meegevoer deur die ho? verepryse. Die feit dat Oudtshoorn teen 1891 die vierde grootste leweransier van brandewyn in die destydse Kaapkolonie was, het boere aan die begin van die twintigste eeu egter nie verhinder om hul wingerde met volstruiskampe te vervang nie.17 In sy brosjure van 1914 het Godlonton die volgende waarskuwing aan boere gerig: ? I would, however, venture to offer a little warning to agriculturists in South Africa. ... Do not abandon any other profitable agricultural undertaking for the ostrich....Many holders of small farms of say 10 to 20 morgen under water have pulled up their vines, fruit trees and cereals and gone in for ostriches; and now, whilst they are struggling to pay off mortages,or the interest on the mortages, which they had to effect in order to raise the where-withal to purchase the birds which have taken the place of 13 Privaat onderhoud: GC le Roux, 01.10.2012. 14 ?n Ander naam vir witblits. 15S van Waart, Swartberg en sy mense, J P van der Walt, 1989, p.71. 16Landbouweekblad, 21.05.1919, p.31 ( A I Perold,?Wijnbouw en Wijnbereiding?). 17Ibid., p. 174. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 111 111 their vineyards, brandy has gone up to ?40 a leaguer18, whilst, alas, there is a heavy fall in feathers: the bank or the mortagee is putting on the screw, and the wretched man is cursing his stupidity or cupidity ? or both.? 19 Om wingerd aan te plant, verg baie arbeid en onkoste om die wingerdstokke aan te koop, te plant, later op te lei en te snoei op die regte tye- alles faktore wat dit ?n langtermynbelegging maak. Die wingerdstok lewer eers na twee tot vier jaar die soort oes waaruit wins gemaak kan word. Toe die wingerde dus uitgetrek is tydens die volstruisvere-?boom?, kon dit nie sommer dadelik weer aangeplant word nie, veral nie deur ?n boer wat in ?n geldelike verknorsing na die ineenstorting van die veremark was nie. 20 Al was die boere swaar getref deur die ineenstorting van die volstruisveremark het hulle in daardie stadium die voordeel van beter besproeiingsmetodes en fasiliteite, wat nie voorheen bestaan het nie, gehad. Daarom kon die verbouing van graan, lusern, tabak en groente voortgaan. Baie boere het ook melkkoeie aangehou aangesien die suiwelboerdery gesond was en vir ?n kontantvloei gesorg het. Vir die boere wat hulle wingerde behou het, was daar ook besproeiingswater beskikbaar om hulle deur droogtes te help.21 Soos reeds gemeld, het so te s? elke plaas in die Oudtshoorn-distrik ?n stookketel en wingerd gehad. So is daar teen 1882 nie minder nie as 116 stooklisensies in die Oudtshoorn-distrik uitgereik. 22 Op elke plaas met ?n stookketel was daar ook drie soorte bome: ?n lemoen-, ?n vye- en ?n Treurwilgerboom. Die lemoenblare is gebruik om die tuit van die pyp, wat uit die stookketel kom, te verleng en om ?n lemoengeur aan die distillaat te gee.23 Die ander twee bome was vir skaduwee, omdat druiwe op die warmste tyd (Februarie en Maart) van die jaar gepluk word. Die vye het die innerlike versterk tydens die harde werk by die stookketel. Die distillaat wat deur die kelders geproduseer is, het bestaan uit ?n voorloop, die hart en die naloop. Die voorloop moet afgetap en weggegooi word anders verswak dit die kwaliteit van die distillaat en van die eindproduk, brandewyn. Die voorloop bevat onsuiwer tersi?re alkohol en olies terwyl die hart ( gedeelte van die distillaat wat by brandewynstokery voor die naloop en na die voorloop oorgestook word en brandewyn uitmaak) etiel alkohol bevat en nie met die voor- en naloop gemeng moet word nie. Die naloop bevat ook olies wat dit onsuiwer maak.24 Voordat daar meetinstrumente beskikbaar was wat gehelp het met die onderskeid tussen hierdie verskillende stadiums, het die boer dit met sy vingers gevoel. Deur jare se ondervinding en werk met sy produk kon die wynboer ?voel? dat die naloop meer seperig as die hart was . Waarvoor die naloop wel goed was, was om die skaafmerke 18Leaguers = l?ers/ leggers = 127 gelling of ongeveer 577 liters,1 gelling= 4,546 liter, 1 l?er /leaguer = 5,715 hektoliters. 19 B G Godlonton, Oudtshoorn and its farms, p. 25. 20 Privaat onderhoud: R Meyer, 13.06.2012. 21M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudtshoorn, 1952, p. 41. 22Privaat versameling: R Meyer,The Oudtshoorn Courant, Vol.VIII, No. 261, Lisensies uitgereik in November 1882. 23Privaatversameling, R Meyer: Getikte memo aangaande Mons Ruber en Potketel Brandewyn. 24Privaat onderhoud: GC le Roux, 06.09.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 112 112 wat tuie op trekdiere soos donkies of perde gemaak het, reg te dokter. Al het die trekdier ?n rou seer gehad en was hy teen die aand stukkend geskaaf, het die boer hom net goed met naloop gesmeer, die wond goed natgemaak, en die volgende oggend was die wond gesond, aldus mnr. C J Meyer.25 ?n Ander wynboer van Doornkraal, distrik De Rust, Gerrit le Roux, beklemtoon ook die medisinale waarde van die naloop, veral vir die behandeling van seer- en skaafplekke. As dit egter gedrink sou word, veroorsaak dit kwaai hoofpyn vir die drinker. 26 Reeds in 1886 is daar in die Official Handbook of the Cape of Good Hope melding gemaak van die vrugbare grond van die Oudtshoorn-distrik wat uiters geskik was vir die maak van wyn. Selfs al is die wingerde op die minder vrugbare grond geplant soos hierbo vermeld, was dit steeds meer vrugbaar as in baie ander dele van Suid-Afrika. Volgens die skrywer van die Official Handbook of the Cape of Good Hope was die fisiese toestande en die chemiese samestelling van die grond eienaardig en was hy van mening dat dit ?n beter opbrengs per hektaar as die meeste ander wingerdproduserende plekke in die w?reld gelewer het.? A bed of ferruginous marl, the so ?called ?kalkband?, stretches for miles and miles almost at the same level through the lowlands of the districts of Worcester, Robertson, Montagu, Ladismith, and Oudtshoorn.? 27 Hierdie ?kalkband ? verweer maklik om ?n diep, ryk losserige grond te vorm. Die Oudtshoorn-wingerde val onder die binnelandse indeling van die wynstreke teenoor die kusstreke, wat drasties van die binnelandse wynstreke verskil.28 Die opbrengs van die binnelandse streke was oor die algemeen 3 l?ers of meer per 1000 wynstokke, of sou in moderne terme op 173 hektoliters per 10, 000 wynstokke neerkom.29 Wyn wat teen 1926 deur Suid-Afrika gelewer is, is nog nie as goed genoeg beskou om uitgevoer te word nie. Tog het Suid-Afrika in 1925 130 000 l?ers wyn na Engeland uitgevoer, alhoewel Australi? in daardie stadium alreeds 260 000 l?ers uitgevoer het. Die Oudtshoorn-distrik het egter ook geld uit die byprodukte van wingerd soos moskonfyt, asyn, rosyntjies en mos gemaak.30Die boere het baie lae pryse vir hulle wyn gekry en het daarom nie baie wyn uitgevoer nie. Hulle kon ook nie met die Franse wyne kompeteer nie en het wyn meestal net vir eie gebruik en verkope in Suid-Afrika geproduseer.31 25Privaatversameling, CJ Meyer: Transkripsie van radiopraatjie gelewer op 03.07.1984, pp.7 ? 9. 26 Privaat onderhoud: GC le Roux, 06.09.2012. 27Official Handbookof the Cape of Good Hope, 1886, p.267. 28Ibid., pp. 266 ? 267. 29Ibid., p. 273. 30Landbouweekblad, 29:09:1926, p.1169 ( ? Wynbou in Suid-Afrika? ). 31 Wyn, p.42. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 113 113 Die belangrikste kultivars wat teen 1975 in die Klein Karoo aangeplant is, is die volgende: Fransdruif (Palomino), Hanepoot (Muscat d?Alexandrie), Hermitage (Cinsaut Noir), Muskadel (Muscadelle) en Steen (Chenin Blanc).32 5.4 DIE ONTSTAAN VAN PRIVAAT KELDERS 5.4.1 Excelsior Na die val van die veremark het ?n desperate John Schoeman van die plaas,Vlakteplaas, in die De Rust ? omgewing die raad van die bekende wynkenner, prof. A IPerold van Stellenbosch, gevra. Perold het hom aangeraai om wingerde aan te plant en sy eie wyn te maak.33Op die klipperige gronde van die plaas is verskillende vari?teite soos Frans en Hanepoot in 1931 aangeplant en daar is soetwyn, witblits en moskonfyt gemaak.Die Schoemans besit diep, vrugbare, sanderige leemgrond langs die Olifantsrivier en nader aan die Swartberge kleileemgrond waar sneeu in die winter standhoudende water verseker.Die swakker druiweproduk is gestook en later is alle wyn op die plaas self gebottel. Schoeman het self bemarking gedoen deur sy wyn te probeer verkwansel aan hotelle op dorpies waarlangs die spoorlyn geloop het,. Die dorpies se hotelle was gewoonlik naby die stasies gebou. Daar was nog nie drankwinkels nie, maar slegs die drankafsetpunte , of ?off-sales?, wat deel van die hotel was. As die hotelle dan wyn bestel het, is dit in houtvaatjies met die trein na hulle gestuur. Schoeman kon nie net sy wyn aan die hotelle bemark nie omdat hulle ?n volle reeks van drankprodukte wou gehad het. Daarom moes hy ook van ander kelders wyn inkoop en selfs bier aankoop. Daarbenewens het John Schoeman met die maak van dro?wyne ge?ksperimenteer, maar die probleem was dat sulke wyne maklik suur geword het omdat die verkoeling van wyn toe nog nie so gesofistikeerd was nie. Daarom het dro?wyne aanvanklik in die Klein Karoo as ?suurwyn? bekend gestaan.34 32Ibid. 33Privaat onderhoud: DJ Schoeman, 26.07.2012. 34Privaat onderhoud: DJ Schoeman, 26.07.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 114 114 Figuur 5.1: Foto?s van John Schoeman en sy nageslag se wynkelder wat steeds vandag gebruik word en dokumente van vorige transaksies.Hierdie is bewyse van die bier wat aangekoop is in 1950, etikette wat bestel is en ?n foto van Danie Schoeman, die huidige eienaar van Excelsior kelder by die ouer houtvate wat vroe?r gebruik is. Figuur 5.2: Korrespondensie met The Friend, ?n Bloemfonteinse koerant Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 115 115 35 Hierdie is ?n voorbeeld van hoe ver en wyd die Schoemans hulle wyn geadverteer het. Hieronder is etikette uit die 1950?s toe die Schoemans nog onder die naam, Excelsior, hulle wyn bemark het. Baie van die name op die etikette mag sedert die Europese Unie se verbod op die gebruik van Europese name in die 1980?s nie meer gebruik word nie. Voorbeelde hiervan is sjerrie en Malmsey ( Spaanse soetwyn). Figuur 5.3 Wynbotteletikette van Excelsior Jurie, John Schoeman se seun, het ook innoverend geboer en gesien dat sy werkers swaar kry deur so baie te buk gedurende oestyd. Daarom het hy sy wingerde ho?r as normaalweg gelig sodat die werkers meer gemaklik staande kon oes. Hy het ook rog en hawer in die rye tussen die wingerde gedurende herfs geplant. Na die winter is dit in die grond ingewerk om die tekstuur 35Privaat versameling van DJ Schoeman, foto?s geneem deur A le Roux. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 116 116 daarvan te verbeter.36 Tydens die Britse koninklike besoek aan die Klein Karoo in die Wittrein in 1947 is daar ook met druiwe wat van Excelsior, die Schoemans se plaas op Vlakteplaas en Basie Meyer van Mons Ruber s?n gekom het, twee spesiale wyne gemaak. Daar is Royal Ruby van rooi Muskadel-druiwe en Royal Amber van die wit Muskadel-druiwe gemaak. 37 Teen 2012 is Excelsior se soetwyne steeds wyd in die Klein Karoo onder die naam His Masters Choice verkoop, aangesien hulle die handelsnaam Excelsior aan ?n ander kelder afgestaan het in die periode toe die Schoemans nie self wyn gebottel het nie. Deur die jare het hulle in groot maat aan groothandelaars soos Uniewyn en later Distell hul wyn gelewer, maar vanaf 2000 bottel John Schoeman se kleinseun ook self weer. 38 5.4.2 Mons Ruber Die plaas Mons Ruber, wat onder die bekende Rooikoppe naby De Rust gele? is, maak brandewyn, soetwyne en dro?wyne.Die naam Mons Ruber is die Latyns vir ?rooi berge?. Mons Ruber-kelder, wat eers as Orange Grove bekend was, is in 1929 aan die Meyer-familie verkoop wat toe steeds gely het onder die vernietigende effek van die veremark se val. Daar was ?n wynkelder met agt distilleringsketels op die plaas wat al sedert 1850 in werking was. Hierdie agt kleiner stookketels kon elk 65 gellings vloeistof bevat.39 Twee groot waterpompe het deur middel van stoom gewerk. Die stoom is deur houtvure opgewek waarvoor ?n groot hoeveelheid hout benodig is. Daarom is daar ook ?n koekepan gebou wat die hout van die nabygele? Rooikoppe deur middel van staalspore vervoer het. In die jare van die Groot Depressie (na 1929) en die groot droogte van die vroe? 1930?s, toe die Meyers die plaas gekoop het, was dit moeilik om ?n plaas op te bou. Soos oral in die Klein Karoo is hier ook gemengde boerderypraktyke toegepas om ?n inkomste te genereer. Beeste en bokke is aangehou en tabak, koring, aartappels, patats, lusern,sitrus en uie is op die plaas verbou. Die wynkelder is in daardie stadium slegs vir die maak van witblits gebruik. Tydens stooktyd moes die agt stookketels van Maandae-oggende tot Saterdag-aande pal van hitte-energie voorsien word. Die vure is op ?n Maandagoggend aan die brand gesteek en daar was pal twee mans per stookketel aan diens om die vure te stook. Hierdie sestien mans is deur nog sestien afgelos omdat die stokery dwarsdeur die dag en nag aangehou het. Daar was dus 32 mans nodig om die stookketels te beman. Die witblitsstokery het van 1929 tot 1936 aangehou.40 Witblits is ?n onverdunde, rou, nie-verouderde distillaat gemaak van druiwe wat meer vergelykbaar 36Dit was voordat die spesiale smal trekkers, wat spesifiek vir ploeg tussen die wingerdeontwerp is, op die mark was. 37 Privaat onderhoud: DJ Schoeman, 26.07.2012. 38 Privaat onderhoud: DJ Schoeman, 26.07.2012. 39 Privaatversameling, CJ Meyer: Transkripsie van radiopraatjie gelewer op 03.07.1984. 40Privaatversameling, R Meyer: Short History of the Mons Ruber Estate, (Getikte memorandum) ,pp. 1 ? 4. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 117 117 is met tequila41, saki 42 en schnapps43 as met brandewyn, wat baie meer verfynd is. In die noorde van Suid-Afrika word iets soortgelyks gemaak van ander vrugte soos perskes en word dan meestal ?mampoer? genoem.44 Die eienaar van Mons Ruber het die agt stookketels in 1936 met een vertinte groot stookketel vervang om verstaanbare redes. Net een lisensie moes toe bekom word en veel minder mannekrag is benodig. Vier tenks is van konkreet gebou wat elk 14 000 liters distillaat kon hou. ?n Wynpomp is ook aangekoop. Voortaan is die doppe en die mos geskei sodat daar met die maak van wyn begin kon word.45 Die regering het op elke klein stoker toegeslaan en hulle ketels vernietig.46 Die regering het so streng opgetree omdat baie stokers nie vir hulle lisensies betaal het nie.Dit het ook ?n einde gemaak aan ?n potensi?le lewensvatbare brandewynproduserende streek.47 Hierdie optrede kon beswaarlik op ?n slegter tyd gekom het, want baie boere het ?n kontantvloei uit die verkoop van witblits verkry wat teen 1936 tot niet was. Die Oudtshoorn-omgewing het ?n periode van groot armoede as gevolg van droogte en die Depressie beleef en die verlies van hierdie witblits inkomste was ?n swaar slag vir die boere van die distrik. Baie van hierdie boere het gevolglik tot in die uithoeke van die land gereis om met hulle witblits te ?smokkel?. Dit het ook ?n einde gemaak aan ?n potensi?le lewensvatbare brandewynproduserende streek.48 ?n Ander rede vir die totnietmaking van die individuele stookketels was dat die regering die handel in drank aan groot monopolie? en groot besighede wou gee. As die eienaar van ?n stooklisensie gesterf het, is die lisensie nie aan sy nasate heruitgereik nie en so het die aantal stokers in die Oudtshoorn-distrik oor die jare drasties verminder. Die regering wou ook oorproduksie en swak distillaat beheer en voorkom.49 Die agt kleiner stookketels van Mons Ruberis so fyn en flenters deur regeringsamptenare geslaan dat die eienaar nie eers die metaal as skrootmetaal kon verkoop nie.Die stookketels wat uit koper gemaak is, was aanvanklik baie werd, maar nie nadat die regeringsamptenare daarmee klaar was nie. 50 41 ?n Sterk, alkoholiese,Meksikaanse drank gedistilleer van ?n tropiese plant, Agave. 42 ?n Japannese alkoholiese drank gemaak van gefermenteerde rys. 43 ?n Sterk alkoholiese drank gemaak van gedistilleerde graan, wat veral in Duitsland geproduseer word. 44Privaatversameling, R Meyer: Some information about distilling and Brandy production at Mons Ruber, ( Getikte memorandum),p.2. 45 Privaat onderhoud: R Meyer, 11.06.2012. 46 Sien 5.5. 47Privaat versameling, R Meyer: Short History of the Mons Ruber Estate, ( Getikte memorandum) ,pp. 1 ? 4. Privaatversameling, R Meyer: Some information about distilling and Brandy production at Mons Ruber, (Getikte memorandum), p.1. 48 Ibid. 49Privaatversameling, R Meyer: Some information about distilling and Brandy production at Mons Ruber, (Getikte memorandum), p.1. 50 Ibid. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 118 118 In die vyftigerjare het Mons Ruber elektrisiteit met ?n privaat kragopwekker ingespan om die distilleringsproses te vergemaklik en ?n hidrouliese pers en drie ekstra tenks is in die 1960?s ge?nstalleer. Alhoewel volstruise sedert die stigting en vooruitgang van die Klein Karoo Landbouko?perasie in 1945 weer ?n bemarkbare kommoditeit geword het, was die eienaar van Mons Ruber, Basie Meyer en sy seun, Raadus, gedetermineerd om nooit weer uitsluitlik op volstruisboerdery te konsentreer nie. Toe die Britse koninklike familie tydens hulle besoek aan Suid-Afrika in 1947 op die plaas onthaal is, was dit om volstruisboerdery van naderby te sien en nie die dekades-lange wynmakery nie. Transvalia Uitgewers het aan die einde van 1959 biografiese inligting van Raadus Meyer aangevra om in ?n publikasie oor ?geskiedkundige gegewens van prominente persone en gesinne? te plaas. Daarin word ?n tipiese voorbeeld van ?n welvarende plaas in die Oudtshoorn-distrik met sy diverse aktiwiteite uitgebeeld. Die boerdery het in daardie stadium hoofsaaklik uit 850 volstruise, die verbouing van 100 morg lusern, 10 morg tabak en sowat 35 000 wingerdstokke, 100 morg koring en wintergraan bestaan.51 Met die afsterwe van Basie Meyer in 1970 het die plaas reeds verskeie toekennings vir sy soetwyne gekry en ?n groothandelaar het belanggestel om al die wyn te koop. Daarom kon Raadus grootskaalse verbeteringe aan die kelder aanbring. Dit was ook die jaar dat hulle Eskom?krag gekry het wat baie gehelp het om die onkoste laag tehou. Terwyl Basie Meyer skepties was oor die gebruik van die sanderige grond vir wingerd, het sy seun, Raadus, gesien dat wingerd baie goed daar aard. Veral hulle Muskadel-desertwyn was baie bekend en is in 1977 as kampioen desertwyn van die Klein Karoo gekroon. Gewoonlik is net Muskadel vir die produksie van soetwyn gebruik, maar sedert die aanplanting van Cabernet Sauvignon is ook ?n rooi Jeripigo daarvan gemaak.52 Soos op die meeste wingerdplase in die Oudtshoorn-distrik was die druiwevari?teite op Mons Ruber,benewens Muskadel, ook Frans, Hanepoot en Steen. In die 1940?s het die Meyers weer brandewyn begin stook en Rad?, Raadus Meyer se seun, het teen 2012 steeds dieselfde stookketel gebruik. Hy is ook heelwaarskynlik een van die min brandwynstokers wat ?n houtvuur gebruik om sy stookketel te verwarm. Soos sy voorvaders het hy steeds Muscat d?Alexandrie (Hanepoot) as stookdruif gebruik.53 Daar was ook onderlinge samewerking tussen die privaatkelders. So het Raadus Meyer van sy oortollige druiwe per trein na Jurie Schoeman van Excelsior gestuur. Die datums van die druiwe- versendings ( Februarie, dus parstyd) dui byvoorbeeld daarop dat Mons Ruber tydens die seisoen van 1964 te veel druiwe vir sy kelder se kapasiteit gehad het. Gevolglik is verskeie kiste druiwe per trein vanaf Le Roux-stasie na Vlakteplaas-stasie versend. 54 Sy seun, Rad? Meyer, berig so daaroor: ?Op ?n stadium (waarskynlik in die 1950?s) het ons van ons druiwe begin lewer aan die 51Privaat versameling: C J Meyer, Proefkopie van biografie en korrespondensie met Transvalia Uitgewers, 3.12.1959. 52Privaat versameling: R Meyer, Short History of the Mons Ruber Estate, ( getikte memorandum) , pp. 1 ? 4. 53Anon., Fire Water: South African Brandy, pp.130,132. 54 Sien Privaatversameling, C J Meyer: SAS & H, Goederevragbriewe, 12.02.1964, 17.02.1964, 19.02.1964, 20.02.1964, 27.02.1964 en 28.02.1964. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 119 119 Schoemans van Vlakteplaas (Excelsior). Hulle het ?n groothandellisensie gehad en het druiwe van die omgewing ingekoop. Die kassies druiwe is op Le Rouxstasie gelaai en per trein tot op Vlakteplaas-stasie gestuur. Ons het nie plek gehad vir al die druiwe in ons kelder nie, maar ek vermoed nou dat die finansies ook ?n rol gespeel het. Dit was waarskynlik meer winsgewend om dit vir wyn te verkoop as om dit vir?n poelprys as witblits aan die KWV te lewer. Jurie Schoeman het ?n groot opset gehad wat goed toegerus was vir sy tyd. Ek onthou dat ek hom op ?n stadium met verkoelingspype sien rondspook het in die kuipe. Toe was dit ?n revolusion?re gedagte. Oom Jurie was op sy dag Dux student op Elsenburg.? 55 5.4.3 Grundheim Grundheim is ?n privaat kelder, gele? 15 km vanaf Oudtshoorn in ?n suidwestelike rigting in Volmoed, wat vroe?r jare as Armoed bekend was. Danie Grundling is die sesde geslag Grundlings op die plaas en het teen 2012 steeds ?n suksesvolle wynkelder en ? winkel bedryf. Aanvanklik het die Grundlings ?n baie gediversifieerde boerdery gehad met koring, tabak, volstruise en lusernsaad, maar soos baie ander boere ook wingerd gehad. Grundling se oupagrootjie het in die jare 1880 ? 1888 tot in Bloemfontein met soetwyn gesmous. Die binnelandse boere was baie bly om soetwyn en witblits of brandewyn in die hande te kon kry, maar het nie kontantgeld gehad nie. Gevolglik het hulle met vee daarvoor in ?n ruiltransaksie betaal. So het die meeste Klein Karoo- boere van sulke togte teruggekom met allerlei bokke, beeste,skape en hoenders.Toe Danie se oupa in 1911 oorlede is, was die volstruisbedryf nog so gesond dat die veiling van ?n klomp volstruise, wat na sy dood gehou is, twee dae in plaas van net ?n halwe dag geduur het. Die oorledene was slegs 34 jaar oud met sy afsterwe, maar het toe alreeds plase in die Aberdeen- en Patensie-distrikte gehad. Gelukkig was daar ?n bywoner, ene Albertyn, wat kon voortgaan met die boerdery en vir die jong erfgenaam, Danie se pa, alles oor die boerdery kon leer.56 Na die val van die veremark in 1914 het Danie se pa en Albertyn in 1918 begin om baie wingerd aan te plant. Hulle het begin om hul eie druiwe te pars, maar dit was te min om self te verwerk en hulle het ook nie oor ?n eie handelslisensie beskik nie. Daarom het hy sy wyn aan ?n Duitser, H H Heugh, ?n groothandelaar op Oudthoorn, gelewer. Heugh was die verspreider van die wyn en enige persoon kon soetwyn in ?n houtvaatjie of glasbottel by hom koop. Met die stigting van die KWV in 1918 moes die wynmakers hul stookwyn na Robertson aanry en met die stigting van Uniewyn in 1950 het hulle ook wyn aan daardie maatskappy gelewer. Heugh was een van die stigterslede van Uniewyn.57 55Privaatversameling, R Meyer: Korrespondensie met A le Roux, 03.03.2012. Elsenburg verwys na die landboukollege buite Stellenbosch. 56 Privaat onderhoud: BDL Grundling, 25.06.2012. 57 Privaat onderhoud: BDL Grundling, 25.06.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 120 120 Figuur 5.4: Bladsye uit Danie Grundling se wynvoorraadboek Hierdie is bladsye uit Danie Grundling se wynvoorraadboek wat wys op hul lewering van wyn aan Heugh (c.1942 - ) en later aan Uniewyn (c.1953 - ). Hier kan ook gesien word dat Volmoed toe nog Armoed geheet het.58 Tot in 1955 is daar Muskadel op Grundheim vir Uniewyn gemaak, maar vanaf 1956 het die Grundlings self soetwyn gemaak omdaarmee te smous. Alhoewel Danie Grundling reeds in 1956 begin boer het en baie aandag aan sy wingerd en wynmakery gegee het, het hy eersin 1984 ?n wynhandelslisensie gekry na ?n aansoekproses wat twee jaar geduur het.Daarna kon hy sy eie wyn, brandewyn en likeur maak en kommersie?l in ?n wynhuis op die plaas verkoop.Volgens Grundling is witblits die eerste fase van ?n potketelbrandewyn en daarom het so baie boere net witblits gemaak omdat hulle nie die fasiliteite of geduld gehad het om brandewyn te maak nie. Alhoewel Grundling ?n stigterslid van die wyngedeelte van Kango Tabak en Wynko?perasie was, 58Privaat versameling, BDL Grundling: Voorraadboek, c. 1942 tot c. 1959. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 121 121 noem hy homself ?n entrepreneur en nie ?n ko?peratiewe persoon nie. Na die toekenning van sy handelslisensie het hy sy versterkte wyne en likeure binnelands sowel as buitelands verkoop. 59 Figuur 5.5: Danie Grundling by sy kelder en verkoopspunt, Grundheim, Volmoed, distrik Oudtshoorn60 5.4.4 Domein Doornkraal ?n Ander privaat kelder met ?n wynhuis en wynhandelslisensie is Doornkraal, wat aan Gerrit le Roux behoort. Vanaf hierdie plaas is daar ook sedert die laat 1800?s met togwaens dro?vrugte, tabak en witblits binnelands deur Gerrit se oupagrootjie gesmous omdat hulle ook soos amper elke boer in die De Rust- en Oudtshoorn-distrik hulle eie wingerd gehad het.61 Met die ontdekking van diamante en later goud het die vraag na sterk drank n? 1871 binnelands toegeneem. Om die vervoer van drank ekonomies te maak, was dit meestal sterk drank soos witblits en brandewyn wat na die binneland vervoer is, veral ook omdat spiritualie? nie maklik tydens lang vervoerafstande bederf het nie.62 Tot in die 1990?s het Doornkraal Nagmaalswyn aan die plaaslike NG?gemeente op De Rust verskaf. Gert le Roux het elke jaar die surplus van die soetwyn en brandewyn wat hy gemaak het in houtvaatjies gestoor, min wetende dat die drank daarin verouder het en eintlik ?n baie goeie verouderde produk geword het.63 Die brandewyn is as ekstra loon gehou vir sy arbeiders wat deur die nag moes waterlei soos dikwels met die leibeurte in die Klein Karoo gebeur het. C J Langenhoven het die waterbeurte vir die De Rust-distrik en al die bergriviere uitgewerk en omdat water so ?n kosbare kommoditeit in daardie streek is, moes leibeurte maar deur die nag geneem word as dit ?n spesifieke boer se beurt 59Privaat onderhoud: BDL Grundling, 25.06.2012. 60Foto geneem deur A le Roux, 25.06.2012. 61 Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. 62A Brink, The Essence of the Grape, Saayman & Weber, Kaapstad, 1992, p.37. 63 Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 122 122 was. Die ander ?uitverkorenes? wat van Gert le Roux se brandewyn kon drink, was Joodse smouse wat kom volstruisvere koop het.64 Le Roux was egter ?n teler in hart en siel en kon die val van die veremark nie verwerk nie. Hy het aangehou met die teel van perde en muile en ander diere, maar sy seun, PK le Roux, die latere Minister van Landbou in die Verwoerd- en Vorster-kabinette, moes sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch in 1923 staak om op die plaas te kom boer.65 As 19-jarige jong boer was PK le Roux bewus van die stigting van die KWV en die voordele wat dit vir die wynbedryf kon inhou. Daarom het hy nog wingerd aangeplant en kuipe vir soetwyn gebou. Baie van die boere in die Klein Karoo het hulle teen die 1920?s meer begin toel? op die maak van soetwyne en nie meer slegs witblits nie. Die rede daarvoor was dat die soetwyn vir Nagmaal, doopgeleenthede, troues en vir huisgebruik gemaak is. Le Roux wou ?n mark vir sy soetwyn kry, maar van die groot maatskappye wou eintlik net sy druiwe koop om self wyn te maak, want dan was hulle wins groter. Hy is toe Boland toe met die vaatjies surplus soetwyn wat deur die jare deur sy pa geberg is om by Monis, ?n groot drankmaatskappy in die Boland,te gaan aanklop. Monis was baie be?ndruk met veral die ouer soetwyne en het ingestem om Doornkraal se soetwyn te koop. Hierdie vennootskap het vir 35 jaar aangehou. Le Roux moes ook soos elke ander wingerdboer elke jaar sy kwota stookwyn aan die KWV lewer.66 Nadat PK le Roux se seun, Gerrit, sy B.Sc-graad met wynbereiding en wingerdbou aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het, het ook hy op Doornkraal begin boer. Gerrit het begin om Steendruiwe en ook rooiwynsoorte aan te plant om te kan eksperimenteer met die maak van dro?wyne.67 Teen 1980 het sy wingerde uit Steen, S?millon, Colombar, Pinotage en Tinta Barocca kultivars bestaan.68 In 1972 is die stelsel van Wyn van Oorsprong vir die wynbedryf ingestel, waardeur volgens wetgewing aan elke wynstreekin Suid-Afrika sy eie identiteit gegee is. Om te kon kwalifiseer as ?n ?Wyn van Oorsprong? moes 80% van ?n wyn afkomstig wees uit die gebied wat aangedui is op die etiket. In Junie 1972 is die konsepregulasies in die vorm van wetgewing aanvaar, en sodoende het die Suid-Afrikaanse Wyn-van-Oorsprongstelsel sy finale beslag gekry. Die eerste wyne met die se?l van die Wyn- en Spiritusraad het in 1973 verskyn en die reaksie op die stelsel was uitstekend.69 Dus kon Gerrit le Roux in 1976 ook sy eie soetwyn begin bottel, maar die bottelering is later deur die Kango Tabak- en Wynko?perasie oorgeneem. Kango Tabakko?perasie het in 1975 die Kango Tabak- en Wynko?perasie geword toe hulle wyn begin inneem het. 70 64A Brink, The Essence of the Grape, p. 83. I.v.m. die lisensie vir drank en vergoeding aan arbeiders , sien ook hoofstuk 6, p.184. 65 Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. 66 Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. 67Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. 68J Kench, et al, The Complete Book of South African Wine, p.269. 69D J van Zyl, KWV, 1918 ? 1993, p. 76. 70 Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 123 123 Toe die Stellenbosse Boerewynmakery Monis oorgekoop het, het hulle egter nie meer Doornkraal se wyn aangekoop nie. Gevolglik het Gerrit in 1978 sy eie wynhuis, wat ook sy eie verkoopspunt is, oopgemaak. As direkteur van die Kango Tabak- en Wynko?perasie het hy eers aan hulle ?n versoek gerig om op Dysselsdorp ?n wynhuis te begin waar hulle ook hul wyne kon verkoop. Die versoek is afgekeur en hy het voortgegaan met die oprigting van die wynhuis op ?n ander plaas, Die Krans, distrik De Rust, wat ook aan hom behoort het. Teen 2012 het dit steeds besigheid gedoen en sy eie en ook ander kelders van die Klein Karoo se wyne verkoop. Le Roux gee eer aan Frans Malan van Simonsig in die Stellenbosch-distrik wat hom aangemoedig het om al sy wyne, droog en soet, te bottel, te etiketteer en self te bemark.71 Frans Malan was een van die voorspraakmakers vir die Wyn-van- Oorsprongstelsel en vir die wynroetes wat in 1971 begin is en waaruit die Klein Karoo Wynroete ook ontstaan het.72 Albei hierdie inisiatiewe het die Oudtshoorn- distrik se wynboere teen 1980 tot voordeel gestrek. 5.4.5 Boplaas en Die Krans73 Die bekende wynmakers van Calitzdorp, die Nels, het later veral as Port-vervaardigers naam gemaak. Danie Nel, die pa van Carel Nel van Boplaas, was een van die bekendste brandewynstokers van die Klein Karoo. Hy was reeds die sewende geslag wat daar geboer het. Sy oupagrootjie het begin om brandewyn met ?n ossewa na Worcester te vervoer vanwaar dit per trein na die Kaap vir uitvoer na Engeland gebring is. Die huidige eienaar van Boplaas, Carel Nel, is deur sy pa oorsee gestuur om die fyner kunsies met die maak van wyn, cognac, port en sjampanje te leer. 74 Danie Nel en sy broer het tot aan die einde van die 1970?s saam geboer, maar toe het hulle hul grond verdeel. Na die afsterwe van sy broer het Danie en sy seun, Carel saam geboer op Boplaas. Die Krans, wat vandag net so ?n suksesvolle privaatkelder is en net sulke goeie port maak, word deur Boets Nel besit. Sy neef, Stroebel boer en maak wyn saam met hom.75 5.5 DIE INVLOED VAN DIE KWV OP DIE WINGERD EN WYNBOU IN DIE KLEIN KAROO Op 13 Desember 1916 is daar in die Paarl besluit om?n ko?peratiewe wynkelder te stig en dit is as die Ko-operatiewe Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika Beperkt(KWV) geregistreer.76 Die volstruisveer ?boom? het nie net ?n invloed op die Oudtshoorn-distrik se wynproduksie gehad nie, maar veel verder gestrek. Van die Klein Karoo tot in die Breede Riviervallei het die volstruis die plek van wingerde ingeneem. Baie wingerde is vernietig om plek te maak vir lusernlande waarop 71Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. 72D J van Zyl, KWV, 1918 ? 1993, pp. 74 ? 77. 73Die landgoed, Die Krans was tot na 1980 bekend as Die Krans, maar dit het na die jaar 2000 verander na De Krans. 74A Brink, The Essence of the Grape, p.87. 75 Privaat onderhoud: B Nel, 20.07.2012. 76M Fridjhon and A Murray, Conspiracy of the giants. The South African Liquor Industry, Divarts Stein Publishers, 2001, p. 4. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 124 124 volstruise aangehou kon word. In die Oudtshoorn-distrik is ongeveer tien miljoen wingerdstokke uitgehaal. Na die val van die veremark in 1914 het boere weer te veel wingerde aangeplant. Teen 1918 was daar ongeveer 87 miljoen wingerdstokke in die wynlande van die Boland en Klein Karoo. Daar is 56 miljoen liters wyn, waarvoor daar nie ?n mark was nie, gemaak.77 Voor die stigting van die KWV het wynboere geen beheer oor wynpryse gehad nie. Met die amptelike stigting van die KWV op 8 Januarie 1918 het wynpryse baie verbeter, want voortaan is dit gekontroleer.Waar stookwyn kort tevore nog ?4 per l?er was, het die prys spoedig baie geklim en staan in 1919 op ?12 per l?er. Ge?nte wingerdstokke se prys het verhoog en baie wingerde is aangeplant omdat die vraag hoog was.78 Die eerste voorsitter van die KWV, C W H Kohler, se eerste doelwit was om die prys van wyn en brandewyn te reguleer en om ook vir ?n goeie afset van die wingerdboere se produkte te sorg. Slegs bona fide wyn- en brandewynprodusente kon lede van die KWV word.79 Drankhandelaars en kopers kon toe ook slegs by die KWV aankope doen. Dit was egter nie einde van die probleme nie, want baie boere wou nie dadelik by die KWV aansluit nie en het die pryse gemanipuleer. Met die hulp en persoonlike bemiddeling van Generaal Jan Smuts het die KWV in 1924 wettige status verkry deur middel van die Wyn en Spiritus Kontrole Wet. Die gewysigde wetsontwerp, met die titel Wet op de Kontr?le over Wijn en Spirituali?n, 1924, het op 21 Maart 1924 van krag geword. Die KWV het nou wetlike beheer oor die verkoop van distilleerwyn, brandewyn en wynspiritualie? gekry, maar ?goeiewyn? 80 was van die bepalings van die wet uitgesluit. 81 ?Goeiewyn? was ?n benaming wat destyds gebruik is om die verskil in kwaliteit tussen stookwyn en goeie kwaliteit wyn aan te dui. Van toe af het die KWV die mag gehad om die pryse vas te stel, oorskot te beheer en te bepaal hoeveel van die oes die boer vir selfgebruik kon hou en watter deel hy aan die KWV moes lewer. Met die mag van die wet agter die KWV, kon die maatskappy die middele skep om namens sy lede hul produkte op die voordeligste wyse van die hand te sit. Generaal Smuts se waarskuwing het egter nog weerklink dat die KWV in die praktyk bewys moes lewer dat die vertroue in hom geregverdig was.82 Gelukkig vir die KWV het die onstabiele marktoestande wat van 1921 tot 1924 geheers het, baie wynboere hulle wingerde laat verminder. Daarom kon die KWV net 40% van die oes in 1927 tot surpluswyn verklaar. Dit is sover moontlik tot spiritus en brandewyn verwerk en minstens drie jaar lank verouder voordat dit verkoop is.83 Die implikasie van die totstandkoming van die KWV vir die wingerdboere van die Klein Karoo was dat alle privaat stokers toe verbied is om hulle eie ketels te besit. Slegs ?n beperkte hoeveelheid 77 J Kench, et al, The Complete Book of South African Wine, C Struik, Kaapstad, 1983, p.32. 78Ibid., p. 31. 79M Fridjhon and A Murray, Conspiracy of the giants. The South African Liquor Industry, Divarts Stein Publishers, 2001, p.33. 80D J van Zyl, KWV, 1918 ? 1993, p.46. Die term goeiewyn het vonkelwyn, port, sjerrie en dro?wyn ingesluit. 81D J van Zyl, KWV, 1918 ? 1993, p.26. 82Ibid.,p. 26. 83Ibid., p.26. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 125 125 lisensies is aan individuele stokers uitgereik. Hulle kon 15 gellings proef brandewyn vir eie gebruik terughou, maar die res moes hulle aan die KWV lewer. Die distillaat wat aan die KWV gelewer is, was ook voortaan aan ?n kwaliteitstoets onderworpe. Inspekteurs van die KWV het die distillaat kom toets en dan moes die senuweeagtige boer op ?n verslag wag. Indien goedkeuring verkry is, moes hy inderhaas die ossewa inspan, kos vir ?n paar dae inpak en dan die reis na die naaste KWV- depot met sy distillaat afl?. Vir die Oudtshoorn-distrik se boere was dit in Robertson en so ?n tog kon tot drie dae duur. Die distillaat moes nie van sy kwaliteit inboet nie en moes derhalwe so gou dienlik vervoer en afgelewer word.84 Die KWV se bestaande geriewe was onvoldoende en hulle het grond vir ?n stokery en kelder op Robertson gekoop. Die geboue is in 1926 voltooi om die surpluswyn te verwerk. 85 Alle stookketels wat nie aan die standaarde van die KWV voldoen het nie, moes vernietig word. Veral van die kleiner stookketels is inderhaas weggesteek en met hulle is nog onwettig gestook. Voornemende kopers of drinkers is in kodetaal laat weet wanneer die distillaat drinkbaar was en dan het baie kopers dit sommer uit die slang van die ketels kom tap.86 Tog het baie wynboere van die Oudtshoorn-distrik gesien dat hulle kredietwaardigheid by finansi?le instellings verbeter het en dat die waarde van hulle plase stabiel gebly het en daarom het meer en meer lede van die KWV geword.87 Gedurende die vroe? dertigerjare is die Kaapse wynbedryf en die KWV, soos ander landbouvertakkings in Suid-Afrika, ook blootgestel aan die negatiewe gevolge van die Groot Depressie, wat in 1929 in die VSA begin het. Geld was skaars en alkohol was ?n luukse artikel sodat drankverbruik landswyd afgeneem het. Vir goeiewyn het die boere nog ?n redelike prys gekry en lede van die KWV het ook ?n dividend van 5 % gekry wat wynboere gehelp het gedurende die moeilike Depressiejare. 88 Die KWV het ?n welkome uitkoms gebied vir diegene wat nie al hulle distillaat plaaslik kon verkoop nie. In ruil vir die verpligting wat die KWV aanvaar het om alle stookwyn in te neem, moes die lede afstand doen van hul reg om vryelik daaroor te beskik. Al het die privaat kelder Mons Ruber ?n Landbou-distilleerderslisensie gehad, het hulle ook aanvanklik al hulle distillaat aan die KWV gelewer.89 Met die promulgering van die wysigingswet op 15 Mei 1940 het die KWV ook die beheer oor goeiewyn oorgeneem. Die Wysigingswet op die Kontrole oor Wyn en Spiritualie?, 1940 ( No. 23 van 1940) het die KWV ten opsigte van die vasgestelde minimumprys vir sowel goeiewyn as distilleerwyn of spiritus tot die Unie van Suid-Afrika se grense beperk. Dit was ?n toegewing aan die 84A Brink, The Essence of the Grape,pp.54-56. 85D J van Zyl, KWV, 1918 ? 1993, pp. 26 -27. 86A Brink, The Essence of the Grape, pp.54 ? 56. 87D J van Zyl, KWV, 1918 ? 1993, pp. 26. 88Ibid.,p. 30. 89Privaatversameling: R Meyer, Mons Ruber en Potketel Brandewyn ( getikte memorandum). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 126 126 wynhandelaars wat nou byvoorbeeld ook in Rhodesi? (Zimbabwe) met oorsese brandewyn kon kompeteer.90 Mons Ruber het hul distillaat in ?n meer gekonsentreerde en suiwerder vorm, toe al brandewyn genoem, na die KWV-depot in Robertson gestuur.91 Op ?n ander ontvangsbewys van die KWV in 1960 is geskryf dat die distillaat ?Klas A? en ?goedgekeurde boerbrandewyn92 vir herverstoking? was.93 Daar is ?n bewys van twaalf vate brandewyn wat in 1964 per spoor na Robertson gestuur is. In die vrag-debietnota van die KWV is die distillaat deur die KWV ?boerbrandewyn? genoem.94 Mons Ruber het ook ?n dro?r wyn, wat in die omgang as ?Vaaljapie? bekend gestaan het, privaat aan boere vir hulle arbeiders verkoop. Vaaljapie is ?n wyn van laer kwaliteit wat onder die dopstelsel aan die arbeiders gegee is.95 Verder het boere druiwe-asyn by die privaatkelders vir huisgebruik gekoop.96 Individuele boere uit ander dele van die land byvoorbeeld ene W J J de Bruyn van Hartswater ,het ook wyn vir hulle arbeiders van Raadus Meyer van Mons Ruber bestel. In Meyer se korrespondensie aan De Bruyn meld hy ook dat hy soetwyn en dro? sjerrie per spoor kon stuur as die koper meer as 4 gelling op ?n keer sou bestel.97 In ?n omsendbrief van die KWV in Januarie 1960 is boere ingelig dat hulle nie meer van permit KC.13 gebruik kon maak nie en dus nie meer ?goeiewyn? aan verbruikers kon verkoop nie. Streng re?ls is aan die boere voorgel? indien hulle die oes van 1960 wou verkoop. Aangesien die oes- en parsseisoen(Februarie en Maart) toe nog voorgel? het, moes die wynboere streng let op die regulasies.98 ?n Wynlisensie is wel aan C J Meyer (Raadus) in 1960 uitgereik wat verseker het dat hy steeds wyn vir ander doeleiendes as distillering kon verkoop.99 5.6 UNIEWYN In 1941 het M Boehmke geskryf dat daar meer as ?n miljoen wingerdstokke in die distrik van Oudtshoorn was en dat die kontrei se wyn wyd bemark is.100 In die SA Hotel Review van November 1949 word berig dat Uniewyn (Union Wine and Spirit Corporation, Ltd.) ?n nuwe groot wynkelder in Oudtshoorn gebou het. In hierdie kelder wou hulle brandewyn deur al sy verskillende produksiefases geneem het totdat ?n goeie brandewyn gelewer kon word. Distilleringstoerusting is uit Frankryk ingevoer. Verder was dit hulle voorneme om goeie gehalte soetwyne te maak omdat 90D J van Zyl, KWV, 1918 ? 1993, pp. 46 ? 47. 91Privaatversameling, C J Meyer: Vrag debietnota?s, 23.08.1961, 02.06.1961. 92Boerbrandewyn is ?n ander naam vir witblits. 93Privaatversameling, C J Meyer: ontvangsbewys van die KWV, 16.05.1960. 94Privaatversameling, C J Meyer: S A S & H,Goederevragbrief, 23.03.1964. 95Die dopstelsel was die gebruik om aan plaaswerkers elke aand of elke naweek ?n bottel wyn of ?n sopie wyn as deel van hul loon te gee. 96Privaatversameling, C J Meyer: Erkenningsbrief vir wyn en asyn verkope, 19.06.1960. 97 Privaatversameling, C J Meyer: Korrespondensie, R Meyer ? WJJ de Bruyn, 20.03.1967. 98Privaat versameling,C J Meyer: KWV- omsendbrief, 12.01.1960. 99Ibid., C J Meyer, Wynlisensie, 13. 04.1960. 100C P Nel Museum Argief, M. Boehmke-versameling: Koerantknipsel uit The Cape Argus, 29.04.1941. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 127 127 die ho? suikergehalte van die druiwe uit die distrik uiters geskik was daarvoor. Die dro? klimaat en geskikte grond het vir die ho? suikergehalte gesorg. Muskat, rooi en wit Muskadel, Frans, Pontac, Hermitage en Cabernet Sauvignon was die druiwesoorte wat die meeste in die distrik aangeplant is. Al hierdie soorte was geskik vir die maak van soetwyn.101 Voor die oprigting van hierdie wynkelder het die boere hulle wyn na Robertson geneem. Robertson was die naaste KWV-depot, maar die nadeel daarvan was die ho? vervoerkoste. ?n Wynkelder op Oudtshoorn sou ?n aansienlike verhoging in die boer se winsgrens tot gevolg h?. Uniewyn het veral twee baie gewilde soetwyne gemaak, naamlik Royal Amber en Royal Ruby. Dit was die name van die soetwyne waarvan Danie Grundling ook melding gemaak het en wat spesiaal onder daardie name vir die koms van die Koning van Engeland en sy gesin na Suid-Afrika in 1947 gemaak is. Uniewyn het ook brandewyn, jenewer en likeurs gemaak, maar veral op die maak van sjerrie gekonsentreer. Al die nuutste masjinerie en toerusting is in die nuwe aanleg ge?nstalleer wat naby die meeste van Uniewyn se eie wingerde gebou is. Die maatskappy het ook by Spitzkop, teen die Swartberge in die omgewing van De Rust, sy eie wingerdplase gehad. 102 Alhoewel Uniewyn in daardie stadium slegs drie jaar oud was, het die moedermaatskappy reeds in 1894 in Graaff-Reinet ontstaan en is in 1946 op die aandelemark genoteer. Uniewyn het ook die Schoemanello-wynkelder in die Oudtshoorn-distrik oorgeneem. Hierdie wynkelder het aan Jurgens Schoeman behoort wat reeds in 1928 begin wyn maak het. Schoeman was self ?n vooraanstaande wyn-, tabak- en volstruisboer. Daar is talle bewyse in die argief van die C P Nel-museum in Oudtshoorn van wyn wat van Schoemanello-wynkelder in 1937, 1942 en 1943 gekoop is. Schoeman het ook op die direksie van Uniewyn gedien.Bemarking was nie ?n probleem nie omdat Uniewyn sy eie drankwinkels en hotelle besit het waar die drankprodukte te koop aangebied is. Daarby het hulle ook ?n tabakfabriek besit.103 Uniewyn het sy huiswerk deeglik gedoen en gesorg dat hulle die beste druiwe van die onderskeie boere kry. So was daar byvoorbeeld ?n besonderse Hanepoot-wingerdblok voor Gideon Lategan se huis in Oudemuragie, distrik De Rust, wat Uniewyn ge?dentifiseer het sodat jaarliks op die koop van die hele druiwe-oes aangedring kon word.104 Uniewyn het eweneens ?n rol gespeel in die voortuitgang van Mons Ruber soos die huidige eienaar van Mons Ruber berig: ?Uniewyn, so het my pa vertel, het vroe?r met waens, met vate op, by die 101 C P Nel Museum Argief, Aschman versameling: SA Hotel Review, ), November 1949, (R Mulholland: ?Little Karoo? Winery, pp. 21, 23. 102 Ibid. 103C P Nel Museum Argief, Aschman versameling: SA Hotel Review, ), November 1949, (R Mulholland: ?Little Karoo? Winery), pp. 21, 23. 104 Privaat onderhoud: R Meyer, 04.03.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 128 128 plaas omgekom om wyn te koop. Dit was hulle wat in die laat sestigs hom gevra het om wyn vir hulle te maak en op die basis waarvan hy die wingerde en kelder uitgebrei het.? 105 5.7 KO?PERATIEWE BEMARKING 5.7.1 Kango Tabak- en Wynko?perasie In 1974 het Kango Tabak Ko?perasie die wyse besluit geneem om die druiweboere, wat in daardie stadium hul wyndruiwe by Uniewyn gelewer het, te akkommodeer. Kango se wynafdeling het sy ontstaan gehad toe Uniewyn al hoe meer van hul bedrywighede weggeskuif het van Oudtshoorn en later (in die vroe? sewentigs) nie meer druiwe wou inkoop van die plaaslike boere nie. Jan Pickard en Picardi Beleggings was toe in beheer van Uniewyn. Hulle finansi?le probleme het waarskynlik begin toe hulle in die vroe? 1980?s geforseer is om hul drankwinkels te verkoop waarvan hulle ?n enorme aantal gehad het. Toe die regering besluit het om monopolie? in die drankhandel tot niet te maak, moes Uniewyn dit verkoop. Kango het die wingerdboere te hulp gesnel en ?n parskelder met al die nodige toerusting is gebou. Pieter Conradie was die eerste wynmaker en bestuurder. Die kelder het begin pars nog voordat dit heeltemal voltooi was. Dis interessant dat hierdie kelder, volgens R Meyer, nooit ?n groter tonnemaat gepars het as wat in die Oudtshoorn-distrik sedert die 1800?s gepars is nie.106 Die kelder was bevoorreg om drie boerewynmakers op die direksie te h? en dit het baie gehelp om aan die gang kom. Raadus Meyer van Mons Ruber was van die begin af ?n direkteur en baie trots toe hy teen die middel van die 1980?s kon verklaar dat Kango sy skuld binne tien jaar ten volle gedelg het. Die boere het minder vir hul produkte ontvang om dit te kon vermag, maar het die opoffering met trots gedoen.107 Die ander twee direkteure was Jurie Schoeman van Excelsior, Vlakteplaas en Danie Grundling van Grundheim, wie se kelders reeds bespreek is. Aanvanklik het die verkoop van Uniewyn Oudtshoorn ekonomies benadeel, maar die oprigting van die Kango Wynkelder het tot ?n mate daarvoor vergoed.108 In die Wes-Kaapse Argief is korrespondensie waar Kango Ko?peratiewe Tabakmaatskappy aansoek gedoen het om ?n gedeelte van ?n plaas, aangrensend aan hulle bestaande geboue, te koop waarop die wynkelder gebou en ook aanbouings aan die bestaande geboue gedoen moes word. Toestemming vir die bou van die kelder is reeds op 31 Oktober 1973 verleen, maar die amptelike dokumente het dit eers in 1975 bevestig.109 105Privaatversameling, R Meyer: Inligting gestuur aan A le Roux, 03.03.2012. 106 Ibid. 107Ibid. 108Ibid. 109 WCARS, CDP, Vol.50., t.w.14/1 en 14/3, Korrespondensie: Direkteur Plaaslike Bestuur, Munisipaliteit van Oudtshoorn, 13.06.1975. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 129 129 Die naam Kango Wynkelder was gou algemeen bekend.Sedert die ontstaan van die kelder het die Klein Karoo se wynprodukte in kwaliteit toegeneem en die reputasie van sy gehalte wyne het verkope gestimuleer.110 Die nuwe wynkelder het verskeie pryse vir hulle bekende Hanepoot- brandewyn en Kango VO-brandewyn gewen. Hulle eie oorspronklike brandewyne het Boegoe- en Heuningbosbrandewyn ingesluit.111 In daardie stadium was volstruisboerdery al weer aan die opbloei omdat die vel en vleis toe saam met die vere verkoop is. Gevolglik het dit die wyn- en tabakboerdery weer op die agtergrond geskuif.112 Maar die boere het innoverend gedink en Mons Ruber het sultana-druiwe aangeplant vir die varsproduktemark. Sultanas word gouer ryp as Hanepoot en word dus minder deur die dro? Januarie en Februarie-maande geraak.113 5.7.2 Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelder Op 17 Februarie 1928 is die Calitzdorp Vrugte Uitvoerders Ko?peratiewe Maatskappy, Beperkt na vele probleme geregistreer. Probleme is met die koste van die vervoer van vrugte na die uitvoerhawens ondervind en ook met samewerking onder die boere. Die hardkoppigheid van die boere in die algemeen en hulle ingebore onafhanklikheidsgevoel het bygedra tot die probleme. Met die uitbreek van die Tweede W?reldoorlog in 1939 is daar dus herbesin oor die voortbestaan van die maatskappy.114 Ten einde die probleme aan te pak, is besluit om ?n parskelder op te rig as ?n afdeling van hierdie maatskappy. Die naam is toe verander na Calitzdorp Vrugte en Wynkelders Ko?peratiewe Maatskappy Beperk. Hulle het hul stookwyn na Oudtshoorn gestuur, maar daar was krapperigheid oor die t? ho? suikergehalte van die druiwe, swak houtvate, asook die terughou van die KWV-bonus. Die rede vir laasgenoemde kon egter nie opgespoor word nie. Die ko?perasie het toe sy eie stookketel opgerig en in 1940 is hulle eie druiwe daar gepars.In 1951 is nog agt tenks en vier kuipe gebou. Gedurende 1955 is verdere aanbouings by die kelder gedoen, tesame met 32 nuwe wyntenke. 115 Teen 1974 is daar 140 l?er soetwyn, 750 l?er dro?wyn en 1900 l?er stookwyn gelewer. Soos die ander kommersi?le kelders moes die Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelder ?n gedeelte van hulle stookwyn aan die KWV lewer. 1000 l?er stookwyn is daardie jaar aan die KWV-depot in Montagu gelewer.116 Teen 1977 was hierdie kelder se produksie goed op dreef en het hulle wyne in die mark naam gemaak. 1977 was ook die jaar waarin die maatskappy sy vyftigste bestaansjaar 110Financial Mail, 02.06.2006, 111Ibid. 112C P Nel Museum Argief: Nota?s van Piet Coetzee, die laaste voorsitter van Kango Wyn en Tabak, 2010. 113Landbouweekblad, 15.09.1926,p.1051 ( S van Niekerk: ?Sultana druiwe?). 114C J Janse van Rensburg, Die verhaal Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelders Maatskappy Beperk, 1928 ? 2003, Standard Bank, 2003, pp. 19- 26. 115Ibid.,pp.21-27. 116Ibid., p. 29. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 130 130 gevier het. Hulle het toe self hulle wyne gebottel. 117 Op die Nasionale Jongwynskou van 1978 het die kelder die wisseltrofee vir die kampioen rooi tafelwyn, gemaak van Pinotage, asook vier goue medaljes vir Hanepoot Jerepigo en drie brons medaljes vir wit- en rooi tafelwyn gewen.118 F J Pretorius, beter bekend as oom Skillie, het van 1964 tot 1991 op die direksie van hierdie ko?perasie gedien en was voorsitter vanaf 1976 tot 1991. Hy was self ook ?n befaamde witblitsstoker wat die kuns van sy oupa en pa geleer het. In 2012, op 90-jarige ouderdom,het hy steeds R2 vir sy stooklisensie betaal, alhoewel sy seun die boerdery oorgeneem het.Toe hy in 1942 begin boer het, het die Calitzdorp-boere hulle Hanepootdruiwe meestal vir die Suid- Afrikaanse Dro?vrugteraad gedroog om die bekende pitrosyne te produseer. Vars Hanepoot is ook na binnelandse markte gestuur. Vanaf 1947 het Pretorius sy eie houtkissies gemaak. Elke kissie het drie pennies gekos om te maak en die vragkoste was ook drie pennies per kissie. Daarom het die sewe sjielings wat Pretorius per kissie op die Johannesburgse mark gekry het, dit ?n baie lonende bedryf gemaak. Die goeie kwaliteit druiwe is so versend, maar die swak kwaliteit druiwe is gestook in Pretorius se eie koperketel. Vyf-en dertig liter mos het 1,5 liter witblits gemaak. Volgens Pretorius is vars Hanepoot van Calitzdorp reeds in 1929 per skip na Engeland gestuur. Dit is met vragmotors tot in Worcester vervoer waar dit op die trein gelaai is. Vandaar is dit na die Kaapse hawe en in verkoelingsgeriewe op die skepe gelaai. Goeie pryse vir die uitvoerdruiwe het die boere baie gehelp.119 Die voordeel wat die Calitzdorpse wynboere gehad het, was konstante besproeiingswater wat deur hulle dam120 voorsien is. Tussen 1914 en 1918 is die eerste van sy soort in Suid-Afrika, ?n dam met ?n betonwal, in die klowe bokant Calitzdorp gebou. Die boeregemeenskap was baie trots op die feit dat hulle die koste van die dam oor die jare self afbetaal het. Die dam het 500 hektaar landbougrond onder besproeiing gebring en verskaf ook water aan die dorp. As witblitsstoker het Pretorius meestal net vir eie gebruik gestook, want sodra jy jou produk verkoop het, moes jy ?n gedeelte aan die KWV lewer. Sy brandewyn, wat in houtvaatjies geberg is, het uit 50% Hanepoot en 50% Fransdruiwe bestaan . 121 5.8 SAMEVATTING Rolspelers in die plaaslike landboubedryf is dit eens dat dit brandewyn, dro?vrugte en tabak was wat die boere na die val van die veremark en die gevolge van die Groot Depressie, finansieel gedra het. In die moeilike ekonomiese omstandighede, toe al die gewone afsetpunte en markte oneffektief of afwesig was, het die onwettige stook van sterk drank en die onwettige smokkel 117Ibid.,p.31. 118Ibid., p. 33. 119 Privaat onderhoud: F J Pretorius, 25.07.2012. 120Die Calitzdorpdam. Sien C J Janse van Rensburg, Die verhaal Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelders Maatskappy Beperk, 1928-2003, p.13. 121 Privaat onderhoud: F J Pretorius, 25.07.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 131 131 daarmee, die boere ironies genoeg ?n broodnodige inkomste gegee. Hulle het tot in die destydse Rhodesi? handelgedryf, alhoewel die houtvate as ?asyn? gemerk was. Die houtvate is ook eers in asyn gedoop en daarna is die brandewyn of witblits ingegooi en versend. Die reuk van asyn was so sterk dat enige inspekteur wat die vrag sou inspekteer, dadelik sy toestemming gegee het dat die ?asyn? uitgevoer kon word.122 Dit dui daarop dat die Oudtshoornse boere besondere innoveringsvaardighede ontwikkel het vir ekonomiese oorlewing. Baie onwettige stokers is soms wel aan die begin van ?n parsseisoen gevang. Dikwels het daar dan ?n berig in die Oudtshoorn Courant verskyn en as die stoker ?gelukkig? was, ook in Die Burger. Die berig het dan die volle name en adresse van die skuldiges weergegee en die datum vir hulle volgende hofverskyning aangegee. Dit was gewoonlik so twee maande daarna. Hierdie gratis advertensie het egter gesorg dat daardie boere vir die volgende twee maande baie besigheid gedoen het. Wanneer hulle dan later hul boete moes betaal, kon hulle dit maklik doen en het die boetebedrag as ?advertensiekoste? gesien. Weens die gebrek aan dokters, apteke of nabygele? hospitale was veral brandewyn die beste medisinale remedie vir die inwoners van die Klein Karoo en was die stook van jou eie brandewyn amper ?n noodsaaklikheid. Universeel word brandewyn ? die water van die lewe? genoem en in die Oudtshoorn-distrik was dit inderdaad een van die lewensare wat menige boer van ondergang tydens die moeilike ekonomiese tye gered het. 123 Die soetwyne van die Oudtshoorn-distrik was eweneens die redding van menige wingerdboer en was wyd en syd bekend. Alhoewel die klem teen 2012 merendeels van soet na dro?r wyne verskuif het, was die bydrae van die vroe? wynbedryf in die herstel van die landbou in die Klein Karoo steeds ?n belangrike faktor. Alhoewel daar deurlopend wingerde in die Klein Karoo aanwesig was, het die hoofboerdery van hierdie streek, die volstruisboerdery, tydens die ?boom?-tydperk van ho? verepryse amper die wingerdboubedrywighede vernietig. In die drang om te deel in die ekonomiese welvaart van die ?boom? is wingerde uitgehaal sodat lusernlande gevestig kon word. Alles het om die volstruis gedraai. Dit het jare geneem om weer nuwe wingerde te vestig en baie boere was ekonomies so geknak dat daar nie geld was vir die aanplant van wingerde na die val van die veremark nie. Die boere wat hulle wingerde behou het tydens die ?boom? kon hulle egter weer op die produksie van wingerdprodukte soos witblits, tafeldruiwe, asyn, soetwyn en rosyne toel?. Die nuwe wingerde wat na 1914 aangeplant kon word, het die eienaars beloon met ?n gereelde inkomste. Hierdie landbouafdeling het die boere ook genoodsaak om innoverend te dink oor die bemarking van hulle wingerdprodukte en om die moeite te doen om met monsters na voornemende kopers te reis. Hulle het allerlei bemarkingsmetodes beproef en skeppend met hul metodes van bemarking 122Privaat onderhoud: F J Pretorius, 25.07.2012. 123A Brink, The Essence of the Grape, pp.85, 97. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 132 132 omgegaan. Die KWV het baie boere gehelp om van hul stookwyn ontslae te raak en ekonomies daarby te baat, maar ander boere se finansies is ?n knou gegee met die vernietiging van talle stookketels. Die voordeel van die KWV was dat prysvasstelling die wingerdboere ?n vaste inkomste gegee het en dat hulle vroegtydig teen oorproduksie gewaarsku is. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 133 133 HOOFSTUK 6 GEMENGDE BOERDERY: DIE DEURLOPENDE REDDING VAN DIE OUDTSHOORN-DISTRIK 6.1 INLEIDING George Aschman, ?n joernalis wat in Oudtshoorn gebore en geto? is, het in 1948 geskryf dat die mense wat in Oudtshoorn na die val van die volstuisveremark agtergebly het ? as the bulk did, tasted disappointment and bitterness and poverty. But they were no weaklings and over the last 35 years they have pulled themselves up by their bootstraps so effectively that today [1948] the district is as financially stable and as productive and prosperous as any in the Union. Ostrich farming had taught the farmers of Oudtshoorn, no less than the farmers of the whole of South Africa, the lessons of irrigation. These they have applied so well that today their basket is no longer filled only with ostrich eggs, as in the past, but with lucerne hay and seed, tobacco, honey, dairy products, wine and fruit, walnuts, wheat, barley and oats - just the mixture which the wise ones had always advised the district to produce.? 1 Hoofstuk ses handel juis oor hierdie mengsel van produkte, behalwe reeds behandelde onderwerpe soos volstruise, tabak en wyn, wat deur die jare in die Klein Karoo geproduseer is. In die South African Panorama van April 1962 word die volgende geskryf: ?Oudtshoorn is known as the cornucopia2 of the little Karoo. Wheat, tobacco, wine, butter, honey and lucerne are transported from here to the four corners of the Republic.? 3 Gereelde droogtes en wisselende kwaliteit van bougrond in die Oudtshoorn-distrik het die boere deur die geskiedenis van die Klein Karoo altyd genoop om gemengde boerdery toe te pas. Ashman noem hierbo ook dat dit veral die besproeiingsmetodes was wat die gemengde boerdery ondersteun het. Soos in die eerste hoofstuk van hierdie studie gesien is, was die boere in die vallei tussen die twee ho? bergreekse afhanklik van die riviere wat uit die berge voortgevloei het. In hierdie riviere is afkeerslote gemaak waarmee die water na plaasdamme gevoer is. Die boer kon dan uit die plaasdam sy lande natlei. Na die bou van ?n aantal groot damme soos die Melville-, Kamanassie-, en Raubenheimerdamin die bergriviere, en die Stompdriftdam in die Olifantsrivier, wat van oos na wes deur die Klein Karoo vloei, het leibeurte uit hierdie damme die landbou nog beter toegerus om die gereelde droogtes te hanteer. In 1952 het Boehmke en Goldblatt die volgende geskryf: ? Generally speaking each original farm has an irrigation system of its own. 1Oudtshoorn Museum Argief, Aschman- versameling: Centenary of South Africa?s Oldest Boom Town, 1948. 2Cornucopia= horing van oorvloed. 3Oudtshoorn Museum Argief, Aschman- versameling: SA Panorama, April 1962. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 134 134 Die volgende produkte word hier genoem: Aartappels, Bone, Barlewiet/Gort, Botter, Eiers, Eende, Ganse, Gars, Groenvoer, Hawer, Hout, Hoenders, Koring, Kalkoene, Kool, Lemoene,Mielies,Boermeel,Okke rneute, Patats, Pampoene,Pynappels, Rosyne,Uie, Varke ? lewendig,Wortels,Saadhawer. These farms have in course of time become sub-divided to such an extent that what was originally one farm may now be in the hands of thirty of more owners; thus each farm has become an irrigation district in itself. Irrigation has been carried on in this district for several generations and up to about a century ago all the requirements were met by the diversion of the normal flow and freshets of the Olifant?s River and its tributaries.? 4 Daarby het die relatief afgesonderde geografiese uitleg van die Klein Karoo veroorsaak dat boere in hul eie behoeftes moes voorsien voordat beter passe oor die Outeniqua-berge hulle met kusdorpe soos Mosselbaai en George verbind het. Met elke finansi?le terugslag, soos die val van die volstruisveremark in 1914 en die Groot Depressie van die 1930?s, moes die boere van die Oudtshoorn-distrik meer innoverend dink om te kon oorleef en hulle boerdery meer te diversifiseer. Hardwerkende eienaars van plase kon nie hierdie arbeidintensiewe gemengde boerdery alleen hanteer nie en is deur bywoners en veral lojale bruin arbeiders daarmee gehelp. Bywoners kon dikwels om ?n deel sy eie gewasse plant of vee aanhou. Bruin arbeidergesinne het veral in die jare 1914 tot in die 1970?s geslagte lank op een plaas gebly en is uit die eienaars se huis kosgegee. Baie gewasse op die plaas is ook met die spesifieke doel geplant sodat almal op die plaas daarvan kon eet.5 In die Oudtshoorn Courant in 1930 verskyn die volgende markverslag wat wys hoe divers die produkte in die Oudtshoorn-distrik was: 6 Figuur 6.1: Markverslag in Februarie 1930 4M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudtshoorn, p.32. 5Privaat onderhoud: P M le Roux, 10.11.2011. 6Oudtshoorn Courant, 07.02.1930 (Oudtshoorn Morgen Producten Markt Pryzen) . Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 135 135 ?n Tipiese voorbeeld van hoe hierdie gemengde boerdery en oorskakeling tussen boerdery- aktiwiteite ?n boer kon red, kan uit die volgende boer se verhaal gesien word. Louis Lategan van Hazenjacht, distrik Oudtshoorn, het in 1934, toe die droogte en die nagevolge van die Groot Depressie op sy ergste was, met konyne begin boer. Die konyne is vir hulle wol geskeer en die wol is verkoop. Toe dit nie meer betalend was nie, het hy oorgeskakel na hoenderboerdery, hoofsaaklik vir die produksie van eiers. Hy het gemiddeld 1000 eiers per dag van sy l?-henne gekry, wat deur sy baie jong kinders afgevee en verpak moes word vir versending onder andere na Kaapstad toe. As deel van die droogtehulpprogram van die destydse regering was daar subsidies vir die aankoop van mielies wat vir Lategan gehelp het. Teen 1937 is hierdie subsidie egter opgehef en was dit nie meer lonend om hiermee voort te gaan nie. 7 Weer moes Lategan nuut dink om op sy klein plasie te kon oorleef. Hy het toe ?n baie volledige boek oor byeboerdery uit die VSA laat kom en in 1939 op groot skaal met bye begin boer.8Hy het 400 byekorwe gemaak en op sewe verskillende stasies9 naby lusernlande geplaas. Tydens die Tweede W?reldoorlog was suiker baie skaars en sy groot uitkoms het in 1943 gekom toe hy ?6 70010 verdien het vir ?n besending heuning, wat bestem was vir die Britse troepe. Daar was ?n groot aantal Britse vlie?niers op Oudtshoorn gestasioneer waar hulle daagliks met bomwerpers geoefen het. Om die waarde van die geld te besef, moet in ag geneem word dat ?n splinternuwe Ford-motor destyds ?320 gekos het. Lategan kon dus met kontant ?n groot plaas langs sy kleiner plaas aankoop en met meer gemak aangaan met sy boerdery. 11 6.2 LANDBOUVOORLIGTING Dit was vir die opvoeders van die destydse Onderwys Opleidingskollege op Oudtshoorn ?n belangrike saak om die landbou van die distrik ook aan die jongmense bekend te stel en hulle aan te moedig om landbou as ?n moontlike beroep te sien. Die Oudtshoorn Courant berig in 1927 van ?n hele naweek wat hiervoor gehou is. George Zondagh, die LUK van Oudtshoorn, het die ? Oudtshoorn Landbou en Huisflyt Na-week? geopen en dit is deur studente van die opleidingskollege, skoliere van twee ho?rskole, boere en ?n paar dorpenaars bygewoon. Zondagh het die kollege gelukgewens dat hulle ?n landboudepartement gehad het, want volgens hom het te veel mense na die stede gestroom en te min die landbou betree. C W Schmolke, die hoof van die landboudepartement van die kollege, het in sy spreekbeurt daarop gewys dat ses skape in die plek van een ?struisvoel? (sic) aangehou kon word. Hy het ?n beroep op boere gedoen dat die ?struisvoels? agter gelaat moes word en dat die boere Merino- of Afrikanerskape moes aanskaf. 7 Privaat onderhoud: P Lategan, 15.10.2012. 8Meer detail word in die afdeling oor heuningproduksie gegee. 9Byeboere noem ?n versameling van 50 tot 70 korwe op een gegewe plek ?n stasie. 10Die geldeenheid was nog in daardie jare ponde en sjielings en kan nie teen die huidige wisselkoers gemeet of omgesit word nie. 11Privaat onderhoud: P Lategan, 12.09.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 136 136 Hy het ook op die geskiktheid van suiwelboerdery in hierdie distrik gewys, solank die regte koeie aangehou en goeie voeding aan hulle gegee sou word om melkproduksie te vergroot. Hy het dieremis ook as goeie bemesting beskou en daarom voordelig vir die boer se gebruik in sy bougrond. Schmolke het daarop gewys dat 12 270 ton lusernhooi in 1926 uit die distrik uitgevoer is en dat dit ongeveer 3 000 koeie sou kon voed. 12 Die volgende spreker was die bekende wyn- en vrugtekenner, dr I Perold van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het weer voorspraak vir die boer met sagtevrugte en tafeldruiwe gemaak. Perold was van mening dat wingerde en lemoenboorde suksesvol was in die verlede en sulke goeie oeste opgelewer het dat daarmee voort gegaan kon word. Die boere kon, volgens hom, proefnemings maak met perskes en pruime, maar lemoene moes meer aandag kry. Die vari?teite van lemoene waarmee geboer moes word, was Nawels en Valensias13. Perold het die volgende vergelyking tussen die opbrengs per morg van die verskillende landbouaktiwiteite getref. Op een morg lusern kon 25 skape aangehou word wat ?n opbrengs van tussen ?15 tot ?20 kon lewer.Melkkoeie kon ?30 per morg oplewer.Tabak het bewys dat dit tussen ?60 en ?70 kon oplewer.Appelkose, pere en perskes kon selfs teen ?n lae gemiddelde prys tot ?112.10 per morg vir die boer inbring.14 Onder die opskrif Terugkeer tot die Eertydse Lyne van Boerdery is die boere van die Oudtshoorn- distrik in die Oudtshoorn Courant aangemoedig om die ?mislukking van die struisvere-industrie? te vergeet en te onthou dat ?n boer van Calitzdorp in 1926 17 000 kissies Hanepootdruiwe oorsee gestuur het. Na sy onkoste afgetrek is, was sy wins steeds vier sjielings per 20lb kissie, wat daardie boer weer op die pad van sukses geplaas het. Die skrywer van die artikel het vertel dat die boere toe verplig was om na die ou metodes van boerdery oor te slaan en van die ?struisvo?ls? moes vergeet. Tabak, vrugte en suiwelboerdery, tesame met tafeldruiwe, moes toe voorrang geniet.15 In 1947 het ook die volgende inligting in die Oudtshoorn Courantverskyn in verband met die ingesteldheid van die boeregemeenskap teenoor gemengde boerdery. Daar is verslag gedoen oor die effek van die droogte op die koringoes. Ene Jurgens Schoeman het verklaar dat alhoewel die koringoes swakker was as gevolg van die droogte, die goeie lusernoes daarvoor opgemaak het. Die laat ryp het die wingerde beskadig en dit sou die wynoes later benadeel. Maar die tabakprys was ho?r en die boere het op al die grade tabak ?n groter wins gemaak. Die boere is gewaarsku om nie te veel aartappels aan te plant nie, aangesien daar ?n oorproduksie in Suid-Afrika was.16 12 Oudtshoorn Courant, 26.04.1927. 13Perold se spelling. 14Oudtshoorn Courant, 26.04.1927. 15Oudtshoorn Courant, 10.05.1927,(?Terugkeer tot die Eertydse Lyne van Boerdery?). 16 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling:Oudtshoorn Courant, 24.09.1947 (?Wheat crop will be less. Water said to be the cause?). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 137 137 Aangesien daar nie net meer op een produk staatgemaak is nie, kon verliese opgemaak word deur op ander terreine van die boerdery te konsentreer. 6.3 LANDBOU-TOERISME Alhoewel hierdie vertakking van die landbou nie direk na die val van die volstruisveremark plaasgevind het nie, het daar tog ?n bietjie later ?n interessante geldmaakpoging uit die Oudtshoorn-distrik gekom wat in daardie stadium uniek in die w?reld was. In 1938 is die eerste volstruisskouplaas naby Oudtshoorn deur die Hoopers geopen. Highgate sou voortaan die Klein Karoo en sy unieke volstruis aan die besoeker bekendstel. Hierdie baanbrekerswerk het aanleiding gegee tot kompetisie. Later het nog ?n bekende skouplaas, Safari, in 1956 geopen. Willy Hooper se ouers het uit Highgate, ?n klein dorpie noord van Londen, in 1850 ge?migreer en hulle aanvanklik in die George-distrik gevestig waar Willy gebore is. Alhoewel Willy na skool in die poskantoor gewerk het, het hy gou verander van beroep en ?n bestuurder op ?n groot volstruisplaas geword. Die eienaars het hom toegelaat om ook sy eie broeivo?ls aan te hou en daarna die kuikens te verkoop. Uit die kuikenverkope het hy vir agt jaar geld genoeg geld gespaar om Highgate te koop. Aan die begin het dit baie swaar met hom en sy vrou gegaan, maar na 1900, toe die ?boom? van die volstruisvere momentum opgetel het, kon hy goed geld uit die volstruisvere maak. Willy was een van die boere wat nie sy plaas verloor het nie. Die rede daarvoor was dat hy die dramatiese val van die pryse van volstruisvere voorsien het tydens sy besoek aan die buiteland. Hy het dus vroegtydig die nodige voorsorgmaatre?ls getref soos om meer aandag aan ander afdelings van sy boerdery te bestee. Die doel van sy oorsese besoek was om meer oor die kleur van volstruisvelle te gaan leer.17 Alhoewel die KKLK later met die oprigting van sy leerlooiery die looi- en kleurprosesse van die volstruisvel professioneel vervolmaak het, was daar individuele boere wat op hulle eie met die looi en kleur van volstruisvelle ge?ksperimenteer het. Ook die wynboer, C J Meyer, van wie in hoofstuk vyf volledig berig word, het saam met sy vrou talle eksperimente met die kleur van volstruisleer en ?vere gedoen.18 Willy se jong seun, Alex, moes in 1917 na sy pa se afsterwe die plaas oorneem en het aanvanklik veral met heuning en lusern geboer. Hy kon steeds ?n trop van 300 vo?ls aanhou en as die pluime gepluk moes word, het hy dit geberg vir latere verkope toe die prys weer gestyg het. 19 17Privaat onderhoud: A Hooper, 14.02.2012. 18Privaat versameling, C J Meyer: Korrespondensie tussen Duitse kleurselvervaardigers en CJ Meyer, 1963,1964. 19 Highgate Privaat Argief, Anon.: Hooper?s Highgate Ostrich Show Farm 50 years in tourism, Brosjure, Bowles Litho Drukkers. Oudtshoorn. g.d. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 138 138 Alex Hooper het na die buiteland gereis. Hy moes gaan waarneem hoe die buiteland toerisme bedryf sodat lesse daaruit geleer kon word om die volstruisbedryf in Suid-Afrika meer toeganklik en toeriste-vriendelik te maak.20 In 1937 het Alex die bestuurders van die plaaslike hotelle op Oudtshoorn genader en hulle versoek om groepe toeriste na sy plaas te stuur sodat hy hulle meer van volstruisboerdery kon wys. Die volstruisbedryf was nog vir baie plaaslike en oorsese mense ?n unieke en onbekende landboubedryf wat hulle belangstelling geprikkel het. Aangesien Alex van die min Engelssprekende boere in die Oudtshoorn-distrik was en ook ?n groot klomp volstruise op sy plaas gehad het, was hy die ideale persoon om oorsese toeriste oor die volstruisboerdery in te lig. In 1938 het s? seun, Will, sy skoolloopbaan voltooi en met sy pa se ondersteuning en aanmoediging die skouplaas, Highgate, begin. Alhoewel Will reeds in die eerste jaar 102 toeriste op sy plaas ontvang het, het sekere gebeure die situasie gou verander. Na die dood van sy vader in 1940 het die agtienjarige seun alleen-eienaar van die plaas geword en moes hy baie nouer by die boerdery betrokke raak. Landboutoerisme moes ook as gevolg van die Tweede W?reldoorlog wat in 1939 uitgebreek het, vir eers laat vaar word.21 Na die oorlog, het Will se vrou, Beryl, in 1945 weer begin om klein groepies toeriste in die week op ?n toer deur die plaas te neem terwyl Will geboer het en naweke die taak van toergids oorgeneem het. In 1947 het twee reisagentskappe Highgate gevra om weer toeriste-toere op die plaas aan te bied. Die Suid-Afrikaanse Spoorwe? het dieselfde versoek gehad. Die besoekersgetalle vir die jaar 1947 was 800. Die besoekers is volstruise in hulle verskillende stadia van ontwikkeling, van die eierstadium tot by die paringritueel, gewys,asook die verskillende soorte vere en waarvoor elkeen gebruik is.Daar is ook gedemonstreer hoe volstruise gepluk word, ?n volstruiswedren ?derby? met plaaswerkers as ruiters op die r?e van volstruise is gehou en dan kon besoekers self ook op die volstruise ry. Teen 1950 het die besoekerstal na 6 000 per jaar gestyg. Hierdie program was so suksesvol dat daar 34 jaar later tussen 50 000 en 60 000 besoekers die vertoonplaas jaarliks besoek het. 22 In 1952 skryf Jan den Hart in Die Huisgenoot dat daar elke veertien dae ?n luukse bus vol toeriste by Highgate aangekom het. Die toeris kon ornamente, ?modegoedjies? en nog baie ander artikels wat van volstruisvere gemaak is daar koop. In Will Hooper se fabriek het omtrent twintig bruin en wit arbeiders hierdie items vervaardig.23 Die Hooper-baanbrekers was ook hiermee die eerste vervaardigers van allerlei kurio?s uit volstruisprodukte. Hulle het gesien dat toeriste iets wou koop as ?n aandenking van hierdie unieke ervaring. Daar is veral ge?ksperimenteer met die kleur van vere om stoffers en ander vere-artikels te maak. Daar is ook ?n fabriek opgerig waar stola?s en 20J Burman, The Little Karoo, p.111. 21 Privaat onderhoud: A Hooper, 14.02.2012. 22 Privaat onderhoud: A Hooper, 14.02.2012. 23 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling: Die Huisgenoot, 25.04.1952. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 139 139 mantels uit volstruisvere gemaak is. Mansskoene, gemaak van volstruisleer, is uit Frankryk ingevoer en op Highgate verkoop voordat die plaaslike bedryf in staat was om volstruisleerskoene te vervaardig. Will Hooper het ook in 1956 die eerste aandenkingswinkel op Oudtshoorn begin wat veral in volstruisaandenkings gespesialiseer het.24 Die twee uur lange rondleiding op die plaas het ses sjielings gekos waarna tee onder die wilgerbome bedien is. Mevrou Hooper was meestal in die fabriek besig om nuwe mode-items te ontwerp of volstruisprodukte te maak. Die masjiene wat die stoffers gemaak het, het soos ?n outydse draaibank gelyk en die bruin operateur kon vierhonderd stoffers op ?n dag maak. Die hoogtepunt van die toerisbesoeke was egter geleenthede waar besoekers op ?n volstruis se rug kon sit. ?n Volstruis is in ?n vanghok vasgemaak en veral die Amerikaanse besoekers was gaande oor hierdie ervaring.25 Dit was voordat die gidse ?n besoekers later op sekere mak volstruise onder gekontrolleerde omstandighede kon ry. Die toeris kon die aktiwiteite van volstruisboerdery sien, maar aangesien op Highgate ook met lusern, mielies, beeste, skape en bye geboer is, kon die besoeker ?n volledige prentjie van die gemengde boerdery-aktiwiteite van die Oudtshoorn-distrik beleef. ?n Volle outomatiese melkstal is byvoorbeeld aan die besoekers gewys.Aanvanklik was daar nie fasiliteite om etes aan die toeriste te verskaf nie, maar in die 1950?s het die Spoorwe? daarop aangedring dat die toeriste ook daar moes kon eet, aangesien hulle busse weekliks toeriste na Highgate gebring het. Die eerste motorverhuringsmaatskappy, African Car Hire, het ook ryk Amerikaanse vrouens met swart Pontiacs na die skouplaas gebring.26 Die Hoopers het vervolgens begin om tradisionele etes met volstruisprodukte aan die toeriste beskikbaar te stel. Geregte gemaak van volstruiseier en volstruispatee kon bestel word en dan is ?n tradisionele braai ook voorgesit waar volstruisfillet gebruik is.27 Die buitelandse toeriste was meer gewillig om volstruisvleis te eet, maar die meeste Suid-Afrikaanse toeriste het dit baie vreemd gevind en gewoonlik geweier om te eet.28 Die Hoopers het veral klem op die opleiding van hulle gidse gel? en teen 1980 was die meeste gidse veeltalig. Afgesien van die feit dat die gidse die twee amptelike tale van Suid-Afrika29 moes kon praat, was daar altyd ?n paar wat Duits en Frans kon praat. Alex Hooper (Jr), die huidige eienaar van Highgate, het vertel dat sy voorouers altyd die toeriste by die hek van die plaas ontmoet het en dat die gidse hierdie ?tradisie? voortgesit het. Die re?l dat die besoeker eers na die toer betaal, het teen 1980 steeds gegeld. Die Hoopers het gevoel dat hulle eers die toegangsgeld in nadat die tevrede toeris alles gesien en beleef het. As gevolg van goeie bemarking is Highgate 24Privaat onderhoud: A Hooper, 14.02.2012. 25 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling: Die Huisgenoot, 25.04.1952. 26Privaat onderhoud: A Hooper, 14.02.2012. 27 D Alexander: The Highgate Story, inligtingstuk, g.d. 28 Ibid. 29Teen 1980 was daar net twee amptelike tale in Suid-Afrika, naamlik Engels en Afrikaans. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 140 140 oor die w?reld heen op televisieprogramme gesien. Radio- en filmspanne het graag hier opnames kom maak omdat dit so ?n unieke ervaring was. 30 Safari-vertoonplaas, net suid van Oudtshoorn, het later tot stande gekom en min of meer dieselfde wenresep gevolg. Die eienaars van Safari kon ook ?n besoek aan ?n volstruishuis byvoeg, aangesien die een eienaar, Stan Lipschitz, op die plaas in ?n pragtige sandsteenhuis, ?a feather baron?s mansion? 31, gebly het. Safari het ?n interessante oorsprong gehad. Die plaas Welgeluk was na die val van die veremark in 1914 en die Groot Depressie onbewoon. Nathan Lipschitz het uit Litaue gekom en ?n juwelierswinkel in Oudtshoorn gehad. Hy het volstruisvere in sy juwelierswinkel aangekoop en verkoop. ?n Vriend en vennoot van hom, Bramwell Butler, het in 1932 die ?Calcutta Sweepstakes?, ?n perdewedren in Indi?, gewen en vir Nathan 8000 pond geleen om die plaas, Welgeluk, te koop. Lipschitz het nooit self op die plaas gewoon nie, maar ?n groot gemengde boerdery met die hulp van twee voormanne en verskeie bywoners aan die gang gekry. Buiten sy volstruisboerdery, het Lipschitz ook met uie, bye, tabak en koeie geboer. Nathan se seun, Harry en sy vrou, Ida (een van die huidige eienaars van Safari), het op die plaas gaan woon en geboer. In 1956 het Derek Fisch, ?n mede-boer, en Ida Lipschitz begin kyk na die moontlikheid om ook ?n skouplaas te open aangesien talle toeriste aan Ida se deur kom klop het met die versoek om haar huis te sien. Dit is die volstruishuis wat teen 2012 deur haar seun, Stan Lipschitz, bewoon is en waarna hierbo verwys word.32 Mnr Pieter Olivier het die huis tydens die ?boom? van die volstruisveertydperk gebou. Die dakte?ls is uit Belgi?; die loodglasvensters en ? deure uit Holland; die pilare uit Griekeland; die houtwerk uit Indi?; die marmerte?ls in die binnekant van die huis uit Itali? en die vuurherde uit Engeland ingevoer. Slegs die sandsteen is plaaslik uitgehaal. Daar moes ?n toring in so ?n volstruishuis wees om aan te toon dat jy welvarend was, al was die toring net ?n versiering en sonder trappe daarheen. Vier jaar later met die val van die veremark was mnr Olivier egter bankrot en moes hy die plaas verlaat.33 30Privaat onderhoud: A Hooper, 14.02.2012. 31J Burman,The Little Karoo, p. 112. 32Privaat onderhoud: I Lipschitz, 14.02.2012. 33Privaat onderhoud: B Engelbrecht, 14.02.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 141 141 34 Figuur 6.2: Welgeluk, distrik Oudtshoorn: sandsteen volstruishuis, gebou in 1910 Figuur 6.3: Die eerste primitiewe pawiljoen op Safari, waar besoekers kon sit om na die volstruiswedren (?derby?) te kyk 34Foto?s geneem deur A le Roux. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 142 142 35 Figuur 6.4: Die eerste gebou van Safari, wat soos die hoof ontvangslokaal op Skukuza in die Kruger Wildtuin gelyk het. Dit het in 1960 afgebrand, maar is beter en groter herbou, ook met ?n grasdak Na ?n besoek aan Skukuza in die Kruger Wildtuin het Fisch en Lipschitz die Safari-geboue op dieselfde boustyl laat bou en die skouplaas, Safari, het sy deure vir die publiek in 1958 geopen. Hulle wou die Afrika-gevoel met die grasdak en rondawelagtige voorkoms skep.36 Dit was aanvanklik moeilik vir die eienaars van Safari om in die toeristemark te kom aangesien Highgate al lank aan die gang was en derhalwe ?n voordeel ten opsigte van die toeristemark geniet het. Goeie personeel en goeie gidse was deel van Safari se sukses. Die volgende tale is deur van die gidse gepraat: Duits, Spaans en Frans. Baie van die gidse was studente wat by Safari vakansiewerk gedoen het. Ida Lipschitz het hulle opgelei en ook vir talle se studies betaal. Teen 1980 was Safari se plek as volwaardige volstruisskouplaas reeds goed en suksesvol gevestig ten spyte van ?n brand in 1960 wat die ontvangslokaal met sy grasdak vernietig het. 37 6.4 DIE SUIWELBEDRYF Waar elke boer in die 18e en 19e eeu melkkoeie vir huisgebruik aangehou het, het die suiwelbedryf na die val van die volstruisveremark in 1914 in die Oudtshoorn-distrik as lewensaar uitgebrei en is meer kommersie?l bedryf. Die lusernlande wat as volstruisvoer gedien het, was reeds gevestig sodat die boere hul melkkoeie genoegsaam kon voed met hierdie waardevolle weiding. Party boere, wat gewoond was aan die fyn telingsproses met volstruise, het toe oorgeskakel na ?n stoet van goeie melkbeeste. In die Oudtshoorn Courant is in 1939 berig dat uit die 105 Frieslandstoeterye in Suid-Afrika Oudtshoorn-distrik se telers die eerste, tweede, negende, 35Safari-versameling, Safari-plaas, distrik Oudtshoorn. 36 Privaat onderhoud: I Lipschitz, 14.02.2012. 37Privaat onderhoud: I Lipschitz, 14.02.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 143 143 sestiende en 79 ste posisies in die land beklee het. 38 In dieselfde koerant is eweneens berig dat die Oudtshoorn-boere, wat nie oor geregistreerde Frieslandbeeste beskik het nie, uitstekend gevaar het wat melkproduksie per koei aanbetref. So is ene mnr Lipschitz van Welgeluk en Pieter Olivier van die plaas,? die Toreus? , albei van die Oudtshoorn-distrik, geluk gewens omdat hulle prestasies ook in tydskrif, ?Boerdery in Suid-Afrika?, vermeld is.39 In sy studie oor die geskiedenis van Oudtshoorn het Boehmke melding gemaak van ?n hele paar bekende telers soos M Lipschitz, J H Schoeman, Stephen le Roux, P Olivier en andere. 40 Johan le Roux van Bakenskraal, distrik Oudtshoorn, het ?n goeie Friesstoet gehad en daarvoor gesorg dat die plaaslike kaas- en botterfabriek tot in die 1950?s goeie produkte gelewer het.Hierdie stoet is sedert 1907 uit ?n klein kudde goeie teelmateriaal opgebou . Later, in 1934, het Le Roux goeie bulle uit Holland, die stamland van die Fries, ingevoer.41 Die suiwelfabriek, Imperial Cold Storage (ICS), is in 1926 opgerig tydens ?n droogteperiode in die Oudtshoorn-distrik. Die kapasiteit van die fabriek was vir die hantering van 1 000 gellings melk per dag ingerig, maar die droogte het veroorsaak dat daar aanvanklik net 400 gelling42 in 1926 gelewer is.43 Room is van so ver as Graaff-Reinet ontvang en daar is ?n gemiddeld 20 000 pond (=ongeveer 9 000 kg) botter 44 en 20 000 tot 40 000 pond (=ongeveer 9 000 tot 18 000kg) kaas 45 per maand gemaak.46 In ?n publikasie wat deur die stadsklerk van Oudtshoorn in 1926 geskryf is, word gemeld dat hierdie nuwe fabriek vir die maak van kaas, botter, spek en vir die stoor van bederfbare plaasprodukte geopen is. Imperial Cold Storage Co., (SA Ltd.) het die fabriek naby die treinstasie opgerig sodat die vervaardigde produkte per trein versend kon word. Volgens die Oudtshoorn Courant blyk dit duidelik dat ICS ook deur moeilike tye gegaan het. In 1930 is die fabriek na ?n langdurige droogte gesluit. Dit het die boere genoodsaak om te vra vir ?n suiwel- ko?perasie.47 Daar was egter nooit ?n suiwelko?perasie op Oudtshoorn nie. ICS het later weer melk en room ingeneem en tot 1980 suksesvol sake gedoen. Towerkop, ?n suiwelinstansie in Ladismith, het in 1980 die meeste melkerye en suiwelinstansies in die Klein Karoo oorgeneem totdat hulle weer later in geheel deur Parmalat oorgeneem is.48 Die publikasie van die stadsklerk het ook na ?n kondensmelkfabriek, wat deur die SA Condensed Milk Company of Natal in Oudtshoorn opgerig is, verwys.49 In ?n uitgawe van die Oudtshoorn 38Oudtshoorn Courant, 24.01.1939, p.1. 39Ibid., p. 4. 40M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudtshoorn, p. 43. 41 C P Nel Museum Argief: Oudtshoorn Courant, 11.02.1939. 42 1 gelling=4.546 liters. 43 C P Nel-argief,Aschman-versameling:Cape Times, Augustus 1926. 44 1 pond (lb) = 0,4536kg 45 1 pond (lb) = 0,4536kg 46M Boehmke and S Goldblatt (eds):History of Oudtshoorn, p. 43. 47 C P Nel Museum Argief: Oudtshoorn Courant, 05.02.1930 (?Totstandkoming van ?n Ko-operatiewe Melkery? ). 48Privaat onderhoud: J Lategan, 20.09.2012. 49 C P Nel Museum Argief: The Town Clerk, Oudtshoorn SA and the Famous Cango Caves, Bowles Bros. Printers, Oudtshoorn, 1926, p.45. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 144 144 Courant van 1927 is gemeld dat die SA Condensed Milk Company graag ?n kondensmelk-fabriek op Oudtshoorn wou oprig, maar dat daar in daardie stadium te min melk gelewer is as gevolg van die droogte. 50 Daar kon egter geen bewyse gevind word dat ?n kondensmelk-fabriek ooit in Oudtshoorn opgerig is nie, want in 1951 is in die Oudtshoorn Courant berig dat Kosie Raubenheimer die volgende nadele van so ?n moontlike fabriek uitgewys het. Hy was die eienaar van SW Melk Verkopers en het ges? dat so ?n fabriek nie oor naweke en vakansiedae melk sou inneem nie. Dit sou die Oudtshoorn-boere, wat in daardie stadium nog nie oor verkoelingsgeriewe beskik het nie, met die risiko van suur melk in hulle tenks laat. Volgens Raubenheimer is daar toe nog nie genoeg melk in die Oudtshoorn-distrik geproduseer om so ?n fabriek te regverdig nie.51 Hierdie sakeman kon uit ondervinding van mislukkings praat aangesien hy saam met PK le Roux, ?n boer en Volksraadlid vir Oudtshoorn,en nog ?n paar boere tydens die Tweede W?reldoorlog ?n roomysfabriek op Oudtshoorn begin het wat net ?n paar jaar in bedryf was.52 By Armoed (later Volmoed) was ook ?n kaasfabriek wat eers gedurende die droogtes van die laat 1920?s gesluit is, maar weer in 1930 geopen is. Tog is daar te min melk gelewer om so ?n fabriek te regverdig en volhoubaar te bedryf.53 50 C P Nel Museum Argief: Oudtshoorn Courant, 25.03.1927 (?Landboukolom: meer omtrent die gekondenseerde melk fabriek?). 51C P Nel Museum Argief: Oudtshoorn Courant, 27.10.1951 (? Melkfabriek wek baie belangstelling? ). 52Privaatonderhoud: G le Roux, 01.10.2012. 53 C P Nel Museum Argief: Oudtshoorn Courant,10.02.1930 (?Wat ons boere doen: Die Kaasfabriek?). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 145 145 Figuur 6.5: Etikette vir die roomkanne wat per spoor vervoer is54 Nog ?n boer wat selfs tydens die opbloei van die volstruisnywerheid deurgaans ?n intensiewe melkboerdery bedryf het, was Ockie Olivier van die plaas, Welgeluk, distrik Oudtshoorn. Sy pa het reeds in 1936 die eerste Friesbeeste uit Holland ingevoer. Sy stoetkudde van 76 jaar was teen 2012 een van die oudste Friesstoete in Suid-Afrika.55 54 C P Nel Museum Argief: Aschman-versameling: Memo?s en fakture. 55Privaat onderhoud: O Olivier, 14.02.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 146 146 56 Figuur 6.6: Bladsy uit Ockie Olivier se telerstamboek, 3 Mei 1956 Ander melkerye waaroor daar nie meer inligting bekom kon word nie, maar waarvoor daar volgens inligting in die Aschman- versameling wel bewyse bestaan dat melk aan hulle gelewer is, is West Bank Dairies (1920), Lombard Bros Dairy (1919), ?Friesland? Melkery in St Johnstraat, Oudtshoorn(1942) en Kroon Melkery, Hoogstraat, Oudtshoorn(1947).57 ?n Baie belangrike vernuwing in die melkbedryf van Suid-Afrika is op 5 April 1958 deur ene Gawie de Jager op Oudtshoorn begin. Dit was die oprigting van die eerste langlewe-melkfabriek, Presmilk, in die Suid-Kaap. Hierdie Sterimelk, soos dit in die volksmond bekend was, is in ?n glasbottel verkoop en kon vir maande onverkoeld en onoopgemaak hou. Vir talle armer mense was dit ?n welkome uitkoms omdat almal nog nie yskaste besit het nie. Veral aan die dorpe aan die Suid-Kaapse kus was hierdie melk uiters gewild omdat die meeste strandhuise nie yskaste gehad het nie. De Jager se sukses was te wyte aan sy kontak met al sy De Jager-familielede in die Buffelsdrif-boerderygemeenskap net buite Oudtshoorn op die pad na die Kango Grotte. Hulle het hom almal ondersteun deur hulle melk aan sy fabriek te lewer.58 Sterimelk is teen 2012 steeds volgens dieselfde resep gemaak as wat ?n Hollander, wat De Jager aangestel het, dit in 1958 gemaak het. Die melk is gehomogeniseer, wat beteken het dat dit wel verhit is, maar tot onder kookpunt en daarom kon dit so lank kon laat hou. Die Sterimelk het die voorgeskrewe persentasie bottervet bevat, maar het nie ?n roomlagie bo-op gevorm nie.59 Dit is 56Privaat Friesland Stoetboeksertifikaatversameling: O Olivier. 57 C P Nel Museum Argief: Aschman-versameling: Memo?s en fakture. 58Privaat onderhoud: J Matthews, 24.09.2012. 59Privaat onderhoud: Dr D Wege, 15.10.2012. Hier kan gesien word hoe elke teler op ?n le? skets van ?n bees sy Friesbees se kenmerkende kleurverspreiding moes invul. Sodoende kon die telersvereniging sien hoe elke stoetdier daarna uitsien. Hierdie koei, Sarie Welgeluk, kon nou geregistreer word in Bloemfontein. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 147 147 van volroommelk gemaak en die rakleeftyd van ?n onoopgemaakte bottel is ses maande. Nadat die bottel oopgemaak is, kan dit nog vir ongeveer vier dae hou. ?n Vorige bestuurder en mede-eienaar, Daan van Zyl wat in 1971 as suiweldeskundige na Presmilk gekom het, het gemeld dat die bruin bevolking van Oudtshoorn van hulle grootste kli?nte was. Die nek van die glasbottel waarin Sterimelk verkoop is, was presies die regte grootte sodat ?n botteltiet net oorgetrek kon word en so as babavoeding kon dien. Die bestuur van Presmilk het ook die boere aangemoedig om ?n ho? kwaliteit melk aan die fabriek te lewer deur ?n ho?r prys vir melk wat aan hulle standaarde voldoen het, te betaal. ?n Deel van die prys is in die vorm van ?n bonus aan die melkboer betaal as hy aan al die voorwaardes op ?n prestasielys voldoen het. Hulle ander belangrike kli?nte was die Infanterieskool in Oudtshoorn, want Sterimelk kon saam met die troepe na die destydse Suidwes- Afrika en Angola tydens die Grensoorlog gestuur word sonder om sleg te word.60 Parmalat, die suiwelmaatskappy wat teen 2012 steeds Sterimelk vervaardig het, meld dat dit een van die ?ouer produkte? van die suiwelbedryf is en dat die oorspronklike resep steeds gebruik word. Daar is byvoorbeeld van die dienste van universiteitstudente van Oudtshoorn tydens hulle vakansies gebruik gemaak om melk na die fabriek aan te ry. Hulle het ook promosiewerk in die platteland gaan doen om die Sterimelk-produk aan die publiek bekend te stel.61 De Jager se Presmelk-fabriek is later deur vier ander boere oorgekoop, maar slegs Johan Lategan en die bestuurder, Daan van Zyl, was teen 1980 die mede-eienaars.62 Hulle het ook die Van Riebeeck-melkery in George gekoop en teen 1980 al die melkerye in die Suid-Kaap tot so ver as Beaufort-Wes en Knysna besit. In 1980 is alles aan Towerkop, ?n suiwelonderneming van Ladismith in die Klein Karoo, verkoop. Towerkop het ook die ICS in Oudtshoorn oorgeneem en het nie meer daar melk ingeneem nie, maar dit slegs as ?n verkoopspunt vir kaas en botter gebruik.63 Die belangrike rol wat die lewering van melk in die Oudtshoorn-distrik gespeel het, het egter begin taan. Die voorskrifte van ?n groot maatskappy soos Towerkop het die melkproduksie op ?n gewone plaas te duur gemaak. Die installasie van koeltenks, verskerpte higi?ne, beter melkstalle en ander voorskrifte het die produksiekoste opgejaag. Baie van die kleiner melkboere het hulle kudde verminder en net melkkoeie vir huisgebruik aangehou. Die melkvragmotors van ICS het nie meer die melkkanne op talle melk?stands? (houtplatforms) kom oplaai nie en net die groter melkboere se melk is deur Towerkop se koeltenk-tenkers kom oplaai. 64 Melkkanne is nie meer gebruik nie en duur vlekvryestaaltenks moes by ?n melkery opgerig word om die melk verkoel te hou totdat die tenkwaens dit kom aftap het. Die boere wat naby Oudtshoorn gebly het, het hulle kanne melk aanvanklik nog met donkiekarre na Presmelk geneem. N? 1980 was hierdie era verby en het die 60 Privaat onderhoud: D van Zyl, 19.10.2012. 61Privaat onderhoud: J Matthews, 24.09.2012. 62Privaat onderhoud: J Lategan, 20.09.2012. 63Ibid. 64Privaat onderhoud: G Olivier, 20.09.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 148 148 baie duurder tenkwaens melklewering gemoderniseer, maar dit ook onbekostigbaar vir baie boere gemaak. 65 Figuur 6.7: Sterimelkbottels, wat teen 2012 nog beskikbaar was Hierdie melk is teen 2012 nog deur Parmalat in Stellenbosch gebottel, maar die resep vir langlewe melk was nog dieselfde as wat met die aanvang van die Presmelkfabriek in Oudtshoorn in 1958 gebruik is. 6.5 SAGTE- EN SITRUSVRUGTE EN WAATLEMOENE In die Oudtshoorn-distrik was die Calitzdorp-omgewing by uitstek bekend vir sy produksie van sagtevrugte, maar soos alle ander landbou-aktiwiteite wat deel uitmaak van die gemengde boerdery van die Klein Karoo, het elke plaas sy boorde sagtevrugte gehad. In die De Rust- omgewing was daar ook teen 1972 nog groot lemoenplase wat bekend was vir baie soet lemoene. Weereens was die prim?re doel van alle vrugtebome om vrugte aan die huishouding van elke plaas te voorsien. Aangesien die vrugbare grond, besproeiingswater vir die natlei van die bome en die aanvanklike gebrek aan siektes vrugte van hoogstaande gehalte gelewer het, het boere op groter skaal daarmee begin boer en soos hier onder vermeld, die vrugte na Langeberg Ko?perasie vir bewerking gestuur. Die ho? temperature wat aanwesig was tydens die rypwordproses het die suikergehalte van die vrugte verhoog. Behalwe dat die vars vrugte na die Langeberg Ko?perasie 65Ibid. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 149 149 gestuur is, het baie ander boere ook hulle vrugte aan die Suid-Afrikaanse Dro?vrugteraad (SAD) in Wellington in die Boland gelewer. Veral na die sluiting van Langeberg was dit voordelig vir die vrugteboer om eerder self die vrugte te droog en dan die veel ligter produk na Wellington te vervoer. Goeie pryse is behaal vir veral songedroogde dro?vrugte, wat nie met swawel behandel was nie. Op menige plase in die Oudtshoorn-distrik was groot drooginstallasies van draad gemaak, wat droogbane genoem word. Die baie volsonskyndae van die streek is benut vir die droogproses.66 Die sagtevrugte-industrie was in 1914 reeds lank aan die gang. Reeds met die koms van die Britse Setlaars in 1820 het waens vol koring en vrugte na die Oos-Kaap vanaf die Oudtshoorn- distrik gereis om aan die Britte broodnodige landbouprodukte te voorsien. 67 Tydens die 1925 besoek van die hoof ?Horticulturist? van die Unie, ene mnr Tribolet, het hy sy goedkeuring aan die Oudtshoorn-distrik verleen om aanplantings van sitrusboorde op verskeie plase te doen. Die aanplantings van lemoenbome het gewissel van 700 tot 4000 bome per plaas en die algemeenste vari?teit was Washington Navels. Na ?n deeglike besoek aan die hele gebied het Tribolet verklaar: ?South Africa has California beaten and Oudtshoorn has South Africa beaten.? 68 Na die slegste twaalf jaar in die geskiedenis van die dorp word verklaar dat die Oudtshoorn-distrik op die rand van ?n nuwe vooruitstrewende tyd met sy landbou staan. Die ?slegste twaalf jaar? verwys na die twaalf jaar n? die val van die volstruisveremark toe soveel boere bankrot gespeel het en armoede in die hele Oudtshoorn-distrik geheers het.69 Sagtevrugte soos appelkose, pruime en pere is veral sedert die 1920?s in die Calitzdorp-distrik kommersie?l verbou. Soos wat die boere hulle druiwe na die Johannesburgse mark gestuur het, is ook ander vrugte in houtkissies verpak en per trein versend. 70 Die feit dat die wynko?perasie in Calitzdorp in 1928 eers as die Calitzdorp Vrugte Uitvoerders Ko?peratiewe Maatskappy, Beperkt geregistreer en bekend was, dui daarop dat vrugte hulle eerste prioriteit was. Die brief van aansoek om registrasie, gedateer 13 Oktober 1927,het gelui: ? Myne Here, Ons het plan om ?n uitvoer vrugte maatskappy op Ko-operatiewe lyne op te rig om te voorsien in die behoeftes van die vrugte uitvoerders van hierdie area [Calitzdorp].? 71 Die boere het toe reeds hulle vrugte oorsee uitgevoer, maar weens gebrekkige kennis en ho? onkoste het hulle besluit om liewer saam te werk. Hulle wou hul kissies en pakmateriaal deur ?n ko?perasie verkry en hulle vrugte gesamentlik verskeep.72 66 M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudsthoorn, p.39. 67M Boehmke and S Goldblatt (eds.), History of Oudsthoorn, p.39. 68 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling: Oudtshoorn Courant 22.09.1925 (?New Era Dawns in Oudtshoorn?). 69 Ibid. 70Privaat onderhoud: F J Pretorius, 25.07.2012. 71C J Janse van Rensburg: Die verhaal Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelders Maatskappy Beperk, 1928 ? 2003, pp. 15, 16. 72Ibid.,p. 18. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 150 150 Die direksie van hierdie nuutgestigde ko?perasie het ene mnr G Cuthbert van die Sagtevrugte Beurs genooi om hulle oor die vrugtehandel en veral oor die bemarking van vrugte in die buiteland te kom inlig. Teen 1929 is daar ook baie aandag aan die binnelandse mark gegee, weens die probleme met die vind van ?n geskikte uitvoerhawe. Mosselbaai was die naaste hawe, maar is nie geskik bevind nie73 en daar is op die hawe van Port Elizabeth besluit. Die Tweede W?reldoorlog het die uitvoer van vrugte tot ?n stilstand gebring en daarom is daar in 1940, tydens die oorlog, besluit om meer aandag aan wynproduksie te gee en is die naam van die maatskappy na Calitzdorp Vrugte en Wynkelders Ko?peratiewe Maatskappy Beperk verander.74 Boere van die De Rust-distrik het hulle sagtevrugte aan die Langeberg Ko?perasie in Ashton gelewer. Hierdie ko?perasie het aan die einde van 1940 die eerste blikkies ingemaakte vrugte gelewer en was eintlik vir die Swellendam, Montagu en Robertson landboustreke gebou, alhoewel hierdie vrugteverwerkingsaanleg ook vir die vrugteboere van die Klein Karoo tot nut was. Die fabriek het gebaat, aangesien die vraag na soet ingemaakte vrugte tydens die Tweede W?reldoorlog groot was.75 Teen 1960 het hierdie ko?perasie pakkiste en houers aan die boere uitgereik vir die verpakking van hulle appelkose.76 Daar is bewyse van Bulida- en Royal-appelkose wat in die 1963/64 en 1964/65 seisoen aan hierdie ko?perasie gelewer is. Gunstige faktore het dit vir die Klein Karoo sagtevrugteprodusente moontlik gemaak om die produkte redelik ver vanaf die afsetpunt te kweek. Die Langeberg Ko?perasie het selfs ?n vervoertoelaag aan die De Rust ?boere toegestaan, omdat dit ver van Ashton is.77 Die Departement van Landbou-ekonomie en Bemarking het voorgeskrifte aan die boere gegee oor die gradering van appelkose en die bestryding van die vrugtevlieg.78 Daar is in 1945 ook ?n Langeberg-vrugteverwerkingsaanleg naby Mosselbaai gebou, wat teen die einde van daardie jaar in produksie gekom het.79 Die boere van die Oudsthoorn-distrik kon hulle perskes en appelkose nou soontoe vervoer, maar bogenoemde boere het aanvanklik nog verkies om hulle vrugte na die fabriek op Ashton te stuur. Die vervoerkoste was egter veel minder na Mosselbaai en beide taaipit- en lospitperskes is vir verwerking daarheen gestuur.80 So het C J Meyer, die wynboer van Mons Ruber, distrik De Rust, 539 kiste vrugte in 1960 na Langeberg, Mosselbaai gestuur.81 Vyebome het algemeen in die Oudtshoorn-distrik voorgekom en ook in die 73Die hawe is te vlak om groot skepe te hanteer. 74Ibid., pp.20 ? 22. 75 D J van Zyl, Langeberg, 50 jaar van inmaakprestasie, 1940 ? 1990, p.26. 76Privaat versameling, C J Meyer: Faktuur vir bewys van lewering, 09.12.1960. 77Privaat versameling, C J Meyer: Omsendbrief van Langeberg Ko?perasie, November 1964. 78Ibid., 1963. 79 D J van Zyl, Langeberg, 50 jaar van inmaakprestasie, 1940 ? 1990, p. 33. 80Privaatversameling, CJ Meyer: Omsendbrief van Langeberg Ko?perasie, Mosselbaai, 05.02.1963 en rekeningstaat, 24.06.1961. 81Ibid., 03.02.1960. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 151 151 Calitzdorp-distrik het die boere vye gedroog en in pakkies verpak wat ?n goeie inkomste verseker het omdat dit ?n baie gewilde produk onder die verbruikerspubliek was. 82 Waatlemoene, veral die bekende Klondike-waatlemoene van die Klein Karoo, het deur die jare baie boere deur moeilike finansi?le tye gehelp. Reeds so vroeg as 1930 het die Oudtshoorn Courant berig dat waatlemoene van Oudtshoorn na ander dele van Suid-Afrika gestuur is.Die koerant het berig dat die groot waatlemoene wat die distrik gelewer het eintlik ?n nadeel was, want vir bemarkingsdoeleindes was die kleiner of ?halfmaat? waatlemoene ?n veel meer geskikte grootte. As gevolg van die vrugbare grond het die groot waatlemoene tussen 30 en 40 pond (14 tot 18 kg)83 geweeg. Die berig word afgesluit met die woorde: ?Die ou ysroom waatlemoen is maar die beste.?84 Die Icecream-waatlemoen waarna hier verwys word as die sogenaamde ?ysroom?- waatlemoen, was ?n Transvaalse vari?teit wat mooi gelyk het van buite, maar nie so lekker soos die Klondike gesmaak het nie.85 Baie boere was dit eens met Gerhard Olivier, dat die lande vol Klondike-waatlemoene vir kontant in die boer se sak gesorg het. Kopers het met bakkies na Olivier se plaas gekom om vragte waatlemoene te koop. Die vragte is dan veral na die kusdorpe van die Suid-Kaapse kus geneem om daar verkoop te word.86 Die grootste probleem met die Klondike-vari?teit is dat hulle skille dun is en hulle dus maklik oopbars as hulle ryp is. Om die groter markte soos di? van Kaapstad en selfs Johannesburg te bereik, was dus problematies en daarom is daar in later jare na ander vari?teite oorgeslaan. Die waatlemoenboere van die Oudtshoorn-distrik het die kleiner ryp Klondike?s in water laat oopbars en gis en dan later die pitte net uitgewas en die volgende seisoen weer geplant. Waterdromme het sommer in die land gestaan sodat vrot waatlemoene daarin gegooi kon word om te gis. Die halfkroon of 25 sent per groot waatlemoen wat tussen 1950 en 1965 verdien is, was ?n groot uitkoms vir die boere. 87 Saad kon ook by die KKLK gekoop word.88 6.6 HEUNING Die verhaal van Louis Lategan waarmee hierdie hoofstuk begin is, word gestaaf deur die inligting in Die Burger van 1947 waarin gemeld word dat hy in daardie stadium die grootste byeboer in Suid-Afrika was met ongeveer 500 korwe.89 Louis Lategan het op Hazenjacht, distrik Oudtshoorn, met bye geboer nadat sy ander landbou-aktiwiteite weens omstandighede nie meer lonend was nie. Benewens die handleiding wat hy uit die VSA oor die byebedryf aangekoop het, het hy in 1939 ook groter en beter rame en toerusting van die VSA ingevoer waarmee hy sy byeboerdery kon 82Privaat onderhoud: F J Pretorius, 25.07.2012. 83 1 pond= 0.4536 kg. 84 C P Nel Argief: Oudtshoorn Courant, 07.02.1930. 85Privaat onderhoud: GC le Roux, 01.10.2012. 86 Privaat onderhoud: G Olivier, 20.09.2012. 87Privaat onderhoud: G Olivier, 20.09.2012. 88Privaat onderhoud: P le Roux, 24.09.2012. 89 C P Nel Argief, Aschman-versameling:Die Burger, 1.11.1947, (?Waar die heuning vloei?). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 152 152 begin. Die Tweede W?reldoorlog het toe reeds uitgebreek en sy eerste besending toerusting was op ?n skip wat deur die Duitsers gekelder is. Hy het sy bestelling herhaal en gaandeweg groot sukses met sy byeboerdery gehad.90 In 1957 het A F Jooste, die sekretaris van die Byeboerderyvereniging, verklaar dat die Oudtshoorn-distrik in daardie stadium die grootste produksiegebied van heuning was en dat tagtig persent van die Unie se wit heuning daar geproduseer is. Duisende hektare lusernlande was die rede waarom Oudtshoorn sulke groot en mooi heuningoeste gelewer het. Tog het die re?nval ook ?n rol gespeel, want die veldblomme moes in Oktobermaand blom sodat die bye stuifmeel kon kry vir die voeding van die jongby. Lusernblomme het te min stuifmeel en daarom was goeie winterre?ns nodig vir genoegsame veldblomme.91 Soos die grafiek in hoofstuk 1 aandui, kry die Oudtshoorn-distrik verspreide re?n deur die jaar met ?n ho?r neerslag in April, Augustus en Oktober, alhoewel die re?nval altyd wisselvallig bly. Baie van die veldblomme wat die nodige stuifmeel moes verskaf, was gehard en gelukkig nie so afhanklik van re?n nie en het ten spyte van droogte steeds geblom. 92 Teen 1979 het A F Jooste groot handeltransaksies met heuning aangegaan. Hyself het 200 korwe op tien verskillende plekke in die Oudtshoorn-distrik gehad en heuning van so ver as Port Elizabeth, Kirkwood, Calvinia en Beaufort-Wes ingekoop. Hy het die boere aangemoedig om heuning aan hom te lewer, aangesien Switserland 100 ton heuning en ook die VSA baie wou aankoop. Net die aanvraag van die stad New York alleen was 20 ton heuning, want die heuningoes in die VSA is deur oorstromings en droogtes gekniehalter. Die aanvraag uit Australi? was ook groot omdat groot brande hulle heuningoes vernietig het. Jooste het 1979 as ?n goeie heuningjaar vir die Klein Karoo in die vooruitsig gestel omdat goeie re?n die blomme in die veld en die lusern geil laat groei het. 93 6.7 GRAAN EN KATOEN Koring is sedert die 18 de eeu in die Oudtshoorn-distrik geplant. Daar is reeds in 1787 ?n graanskuur in Swellemdam opgerig deur die destydse goewerneur van die Kaapkolonie, C J de Graaff, vir die berg van Oudtshoorn se koring. Die Oudtshoorn-distrik het ook sedert 1820 koring aan die Britse Setlaars in die Oos-Kaap gelewer.94 Omdat die re?nval dikwels wisselvalig en te min was, is die koring meestal vloedbesproei. Die koring onder besproeiing het ho? opbrengste gelewer, maar was aan die anderkant weer geneig om roes te kry.95 Volgens ?n berig in die Oudtshoorn Courant van 1925 was die Oudtshoorn-distrik in daardie stadium die tweede grootste 90Privaat onderhoud: P Lategan, 12.09.2012. 91 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling: 06.02.1957. 92 Privaat onderhoud: P Schoeman, 20.08.2012. 93 C P Nel Museum Argief,Oudtshoorn Courant, 28.09.1979 (?Oorsese lande soek heuning in die Klein Karoo?). 94M Boehmke and S Goldblatt (eds): History of Oudtshoorn, p. 39. 95 C P Nel Museum Argief: Oudtshoorn Courant, 25.06.1925. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 153 153 koringprodusent in Suid-Afrika, maar in 1916 was die oeste swak. Dit was juis in daardie tyd dat die boere van die Klein Karoo goeie koringoeste benodig het omdat die val van die volstruisveremark in 1914 die meeste van hulle in ?n finansi?le krisis gelaat het. Ondanks periodieke droogtes en bogenoemde periodieke swak oeste was koring een van die landbouprodukte wat die boere gehelp het om die negatiewe uitwerking van die val van die volstruisveremark te bowe te kom.96 Al die boere van die Oudtshoorn-distrik met wie daar onderhoude gevoer is, het genoem dat hulle of hul voorvaders op die een of ander stadium koring geplant het. Koring onder besproeiing het uiteraard baie goeie oeste gelewer en die stropers het dikwels gaan stilstaan in die land omdat die koring so dig gestaan het en die stroper dit amper nie kon verwerk nie.97 Ander boere het weer die lang toue vragmotors vol volkoringsakke onthou wat by die Klein Karoo Landbouko?perasie (KKLK) gestaan het om af te laai.98 In 1952 kon die KKLK verslag gee van 85 000 sakke koring met ?n waarde van ?205 000 wat by hulle gelewer is.99 In die herdenkingsboek oor die KKLK van 1970 word daarvan melding gemaak dat dit koring was wat die KKLK gehelp het om sy eerste bestaansjaar, 1945, te oorleef. Koring het ongelukkig altyd ?n wisselvallige oespatroon gehad as gevolg van wisselvalige re?npatrone in die Oudtshoorn-distrik. Hierdie stelling word bewys deur die feit dat die blad meld dat die 1966/1967 oesjaar 31 000 sak koring opgelewer het, terwyl die daaropvolgende oesjaar 240 000 sakke voortgebring het. Dit was veral dro?landkoring wat aan droogte uitgelewer was en daarom het baie boere later net koring onder vloedsproeiing geplant. 100 Jack Klass het genoem dat hy koring en neute geplant het, maar toe die volstruis as geheel verwerk is en die opbrengs uit volstruisboerdery so gestyg het, het hy weer die koring gelos.101 In Oudemuragie, distrik De Rust, het P M le Roux verklaar dat hulle tot in die middel van die 1970?s elke jaar koring geplant het.102 In 1944 het ene Jurie Hanekom ?n wynstokery gekoop en die stokery in ?n koringmeul omskep. Hierdie meul is in 1954 aan Bokomo verkoop. Bokomo (De Boeren Ko-operatieve Molen Maatschappy Beperkt), wat kragtens die Wet op Ko-operatiewe Vereniginge, No 29 van 1939, geregistreer is, is reeds in 1920 in Durbanville gestig.103 In 1980 het Bokomo groot silo?s in Oudtshoorn opgerig. Die eerste meulbestuurder van die Bokomo-verwerkingsaanleg is in 1954 na Oudtshoorn vanaf Malmesbury oorgeplaas. Die meul is dadelik vergroot, onder meer deur die 96Ibid.,25.06.1925. 97Privaat onderhoud: P M le Roux, 24.09.2012. 98Privaat onderhoude: G Olivier, 20.09.2012; J Lategan, 20.09.2012 en AJA Schoeman, 11.02.2011. 99M Boehmke and S Goldblatt (eds):History of Oudtshoorn, p. 42. 100Anon., Die Klein Karoo Landbouko?perasie, 1945 ? 1970, p.31. 101Privaat onderhoud: J Klass, 26.06.2012. 102Privaat onderhoud: P M le Roux, 15.09.2012. 103 C P Nel Museum Argief, Anon.: Bokomo, 70 Jaar van Heilsaamheid, 1920 ? 1995, pp.11,22. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 154 154 installasie van masjiene wat 3,6 ton koring per uur kon maal. Omdat al hoe meer boere koring in massavrag begin lewer het, moes ?n nabygele? perseel in 1980 gekoop en meer silo?s opgerig word. Daar het nog uitbreidings in die 1980?s by die nuwe aanleg in Rademeyerstraat, Oudtshoorn plaasgevind. 104 Die boere het al hulle koring aan die KKLK gelewer en Bokomo het dit in groot maat van eersgenoemde aangekoop. Die KKLK het gradeerders na die plase gestuur om die koring daar vir die boere te gradeer. Dit het die aflaai by die KKLK vir die boere baie vergemaklik. Die koring is altyd in sakke by die KKLK afgelewer. 105 Danie Grundlingh het ook gemeld dat hy koring aan die Kango Tabakko?perasie gelewer het voordat die Klein Karoo Landbouko?perasie in 1945 tot stand gekom het.106 Nog ?n meule in Oudtshoorn waarvan daar argivale bewyse is, is die Queen Street Roller Flour & Feed Mills wat later Tom?s Mill genoem word en deur Walter Thomas begin is. Thomas, wat in 1880 uit Mancester, Engeland, na Suid-Afrika gekom het, het die meule in 1902 begin. Die meel is nog in ou mudsakke afgelewer en die meule is in die laat 1950?s of vroe? 1960?s gesluit.107 Katoen is net in ?n beperkte periode en op ?n beperkte skaal vanaf 1925 in die Oudtshoorn-distrik aangeplant. In 1925 het die Landbouweekblad verklaar dat katoen baie bestand teen droogte was en net genoeg water tydens ontkieming en weer kort daarna moes kry. Dit was meer betalend as mielies en het ?n lang, warm groeiseisoen benodig wat in die Oudtshoorn-distrik aanwesig was. Katoen moes nie voor die middel van Mei ryp gekry het nie, maar daar moes ook genoeg humus in die grond wees. Die vrugbare grond van die Oudtshoorn-distrik was dus uiters geskik daarvoor. Verder het die onbekende skrywer van die artikel gemeld dat daar in die die Waterberg-distrik in die destydse Transvaal ?n bokwa mis per morg gestrooi moes word, asook superfosfaat. Die klein hoeveelheid katoen wat in die Oudtshoorn-distrik geplant is, het hierdie toevoegings egter nie nodig gehad nie omdat die grond meer vrugbaar as in die Transvaal was. 108 In 1925 is telkemale in die Oudtshoorn Courant oor die stand van die katoenoes berig. Op 30 November 1925 is die eerste katoenoes byvoorbeeld per trein vanaf Le Roux-stasie, distrik De Rust, na Durban gestuur. Die katoen is deur die ?groeier? met sy eie hande, sowel as met behulp van bruinvroue en ?kinders se hande gepluk en gebaal.109 Daar was ?n katoenmeule (?ginnery?) in Durban want die vraag na katoen was in daardie stadium groot in die tekstielbedryf as ?n plaasvervanger vir wol. 110 Amper ?n maand later is berig dat die katoenoes nie te goed was nie as gevolg van te veel re?n, wat ruspers voortgebring het. Tog was die katoenboere oor die algemeen 104Ibid., p. 22. 105Privaat onderhoud: J Lategan, 20.09.2012. 106Privaat onderhoud: D Grundlingh, 25.06.2012. 107C P Nel Museum Argief: Korrespondensie, 1960. 108Landbouweekblad, 21.12.1925, p.4507 ( ?Landboukolom: Katoenbaanbrekers?). 109 C P Nel Museum Argief, Oudtshoorn Courant, 7.11.1925. Die Oudtshoorn Courant was toe nog gekombineerd met Boere vriend en Suid-Westelike Chronicle. 110 C P Nel Museum Argief, Oudtshoorn Courant, 30.11.1925 (?Oudtshoorn Cotton?). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 155 155 heel tevrede met hulle eerste oes.111 N? 1925 is daar egter min opgetekende inligting oor enige katoenoes. Aangesien die klimaat en grond geskik was vir die plant van katoen, moes dit die ho? koste van vervoer na die Durbanse verwerkingsaanleg gewees het wat die voornemende katoenkweker gestuit het. 112 6.8 NEUTE Die meeste boere in die Oudtshoorn-distrik het ?n paar okkerneutbome op hulle plase vir eie gebruik gehad. Baie bome het egter so goed gedra en baie so geword dat die boere besef het dat hulle hier met ?n winsgewende bedryf te doen gehad het. Tydens die Tweede W?reldoorlog was die prys vir okkerneute so hoog soos twee tot drie sjielings per pond, maar in 1947 het dit na slegs 1 sjieling per pond gedaal. Party boere het tot 100 sakke okkerneute per jaar geoes en die hele distrik ongeveer 2000 sakke. Die beskikbare bronne vermeld egter nie hoeveel pond in ?n sak was nie. Die beste okkerneute is dan na Accra, in Brits-Wes-Afrika (nou Nigeri?) uitgevoer.113 In 1957 was die distrikte van Oudtshoorn en Calitzdorp die grootste okkerneutproduserende landboustreke in die Unie van Suid-Afrika. Daar was ongeveer 10 000 bome in hierdie distrikte, wat gemiddeld 75 pond ( ongeveer 150kg) okkerneute per boom per jaar gelewer het. Hierdie oes was dikwels veel minder omdat die boere nie ge?nte of veredelde bome gebruik het nie, maar sommer pitbome wat vanself opgekom het. Daarby het kodlingmot, bakteriese swartvlek, miete (soos bryobria en rooispinnekop), dopluise en selfs gebrekkige besproeiingsmetodes tot swak oeste bygedra. Al hierdie probleme was teen 1955 steeds aanwesig toe okkerneute baie duur geraak het as gevolg van swak oeste. Okkerneute kon toe goedkoper vanuit Turkye, Suidwes-Afrika, die Verenigde Koninkryk, Itali?, Portugal en die VSA ingevoer word.114 ?n Plaaslike voorligtingsbeampte van die Departement van Landbou het in 1955 ingespring om die boere te help, want hy het geweet dat die diep gronde langs die takriviere in die bergklowe aan die voetheuwels van die Swartberge die geskikste terroir vir die okkerneut was. Die meeste van hierdie plase was ho?r as 2 000 voet bo seespie?l waar voldoende koue in die winter vir ?n genoegsame rusperiode gesorg het.115 Omdat ?n boom sewe tot agt jaar neem om ?n oes op te lewer, was dit moeilik om ?n boer te oorreed om nuwe ge?nte bome aan te plant as die standaard van sy bome te swak was. Soms het boere klomp pitbome116 gehad waaronder party baie goeie eienskappe gehad het. Hulle sou die voorlopers word van inheemse Suid-Afrikaanse vari?teite. Die voorligtingsbeampte het voortgegaan om na al die slaggate van hierdie boerdery te verwys en om 111Ibid., 21.12.1925. 112 Privaat onderhoud: B Visser, 16.06.2012. 113 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling: Die Burger, 6.10.1947. 114 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling: Oudtshoorn Courant, 31.08.1957 (?Poging om okkerneutboere op ?n gesonder voet te plaas?). 115Ibid., 28.05.1955. 116Okkerneutbome wat van pitte opgekom het en nie op behoorlike onderstamme ge?nt was nie. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 156 156 aan te beveel dat die gifstof DDT die effektiefste middel was om die gevreesde kodlingmot mee te dood. 117 6.9 VEEBOERDERY, UITGESONDER VOLSTRUISE Die meeste boere van die Oudtshoorn-distrik het skape vir huisgebruik aangehou. So ook het ?n hele paar met boerbokke en andere ook met Angora-bokke geboer. Baie van die kleinveekudde het groter geword omdat dit ?n ekonomiese boerderyvertakking was. Die skape en bokke het meestal in die veld gewei en is ook gebruik om die lusernlande, nadat die lusern afgesny was, kaal te vreet voordat dit weer bewerk of natgelei is. Die aanteel kon dan verkoop word om ?n kontantvloei vir die boer te verseker. Sommige boere, soos Jurie Schoeman van Vlakteplaas, distrik De Rust, het egter verder gegaan en teen 1980 ?n stoetkudde van boerbokke opgebou. Boerbokke verdien meer inkomste vir die boer as skape omdat die vleis met min vet gesonder is en dus meer gesog in die verbruikersmark is. Die boerbokke word jonk geslag, aangesien die ouer bokke se vleis wel ?n vreemde reuk het wat vleisverbruikers kan afsit. Die velle is baie sterk en van ?n goeie kwaliteit en dus baie gesog, maar aangesien daar nie genoeg boerbokke in die destydse Kaapprovinsie (insluitende die Oos- Kaap en dele van die Groot en Klein Karoo) was nie, kon daar nie volhoubaar velle aan ?n looiery gelewer word nie. In Florence in Itali? het Joodse entrepreneurs egter ?n florerende velbedryf, naamlik African Goat Skin, bedryf waar Suid-Afrikaanse bokvelle ook gelooi is.118 Teen 2012 het Jurie se seun steeds oor ?n bekende boerbokstoetery beskik. Boerbokke het die voordeel bo skape dat hulle teen die wande van kranse en koppies kan wei en daarom gebruik hulle onbenutte veld, koppies en die voetheuwels van die bergreekse. Daar is min plase in die Klein Karoo waarvan die oppervlakte veld nie die grootste persentasie van daardie plase uitmaak nie. Die bougrond langs die riviere en slote is gesog en produktief, maar beslaan meestal die kleiner persentasie van die totale oppervlakte van ?n plaas in die Oudtshoorn-distrik. Daarom is dit vir die boerbokboer van ekonomiese belang dat hy ?n andersins onbenutte stuk van sy plaas ook produktief kan aanwend.Die aanvraag vir boerbokvleis is veral groot uit die Oos-Kaap en Natal en daarom het talle ander boere teen 1980 ook bokke aangehou.119 Aangesien die Klein Karoo re?nvalgewys natter as die Groot Karoo is, het die teel van wolskape nie groot aftrek gekry nie. Die meeste boere het met ?n kruising van vleis- en wolskape geboer sodat hulle ook iets uit die skeer van skape kon verdien. Die gewildste ras wat in die Oudtshoorn- distrik voorgekom het, was die Dorperskaap. Enkele boere het wolskape aangehou, soos die 117 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling:Oudtshoorn Courant, 06.08.1955, p.4 (?Hoe boere die kwaliteit van okkerneute verbeter?). 118Privaat onderhoud: D Schoeman, 26.07.2012. 119Privaat onderhoud: AJA Schoeman, 12.02.2012 en sy privaat dagboeke van die 1960?s en 1970?s. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 157 157 Lettelle-ras, waarmee P le Roux in die De Rust-omgewing geboer het. Die Lettelle is ook met die Dorper gekruis vir ?n beter wolproduksie, aangesien die prys van wol in die 1970?s hoog was. Elke boer het probeer om sy boerdery so uit te brei dat hy nie weer net op die volstruis sou staatmaak nie. Vir iemand soos P M le Roux, wat graag met diere gewerk het, was wolskape naas vleisskape en ook Herefordbeeste ?n opsie waarmee geboer is. Ander boere het eerder begin om hul opsies uit te brei met ander landbougewasse soos groentesaad en die lewering van vars groente.120 Baie boere in die Oudtshoorn-distrik het ook ?n paar vleisbeeste vir tuisverbruik aangehou en dan die aanteel daarvan verkoop. Die KKLK het gereeld veeveilings by Kansa, die veekrale net buite Oudtshoorn, gehou waar boere hulle beeste, skape en bokke kon verkoop en waar slagters slaggoed kon aankoop.121 In ?n stadium was daar byvoorbeeld drie Hereford-telers in die Oudsthoorn- en De Rust-distrikte wat uitsluitlik vir vleis geteel het.122 Daar is ook bewyse van varkboerderye in die Oudtshoorn-distrik en ?n boer, CJ Meyer, het die varke selfs per trein na Port Elizabeth versend.123 C J Meyer, die wynboer, se varke is in 1961 by die S.A.Stamboekvereniging geregistreer, wat illustreer dat hy ernstig was met die gehalte van sy varkboerdery.124 Hy was so vroeg as 1959 alreeds ?n lid van Spekenham Ko?peratiewe Beperk in Bellville, Kaapstad, wat in varkvleisprodukte gespesialiseer het.125 Daarby het die Oudtshoorn Courant reeds teen 1930 die boere aangemoedig om met varke te boer. Volgens die koerant was dit ?n baie winsgewende boerdery omdat klein varkies nog nie baie kos verorber het nie.126 Varkboerdery is nooit op ?n baie groot skaal beoefen nie, maar altyd as deel van gemengde boerdery. Plaaslike slagters kon net ?n sekere hoeveelheid varke koop en daarby was die Oudtshoorn-boere te ver van die groot vleismarkte in Kaapstad en Port Elizabeth. 127 6.10 LUSERNSAAD EN ? HOOI Saam met die eerste suksesvolle opbloei van die volstruisveremark in die laat 1800?s het die aanplant van lusern in die Oudtshoorn-distrik gekom. Hierdie plant met sy ho? voedingswaarde, soos reeds in hoofstuk 2 verduidelik, was die ideale kos vir die volstruis. Selfs in hooivorm is dit gemaal en met ander kos gemeng om in droogtetye aan die volstruis te voer. Aangesien vloedbesproeiing128 nog grotendeels tot 1980 in die Oudtshoorn-distrik toegepas is, was dit ideaal 120Privaat onderhoud: P M le Roux, 13.09.2012. 121Privaat versameling, C J Meyer: Omsendbrief van die KKLK, 12.12.1963. 122Privaat onderhoud: S Lipschitz, 16.02.2012. 123Privaat versameling, C J Meyer: Vragbrief vir lewende hawe , 09.04.1962. 124Privaat versameling, C J Meyer: Korrespondensie, A van der Merwe - CJ Meyer, 21.07.1961. 125Privaat versameling, C J Meyer: Kennisgewings en omsendbriewe aan lede van Spekenham, 05.10.1959 en 12.10.1960. 126 C P Nel-argief: Oudtshoorn Courant, 07.02.1930. 127 Privaat onderhoud: P M le Roux, 10.09.2012. 128Vloedbesproeiing vind plaas as ?n sloot water geleidelik oor ?n hele land versprei word. Die water word uit ?n sloot gekeer en vloei oor die land terwyl die waterleier met ?n graaf sorg dat die water die hele land diep indring en elke deel van die land benat. Die land is dan baie diep nat en omdat die meeste grond in die Klein Karoo baie klei bevat, hoef die boer vir lank nie weer te besproei nie omdat die kleiagtige grond lank nat bly. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 158 158 vir die lusernplant. Vloedbesproeiing veroorsaak dat die wortelgroei van die lusernplant baie gestimuleer word en baie diep in die grond in groei. Tydens die gereelde droogtes het dit gelyk asof die plant totaal dood is en was dikwels tot op die grond afgevreet deur die volstruis of ander diere, maar sodra dit weer gere?n het, het die lusernplant uitgespruit en weer kort voor lank baie hoog gegroei. 129 Toe die KKLK in 1945 gestig is, was lusernsaadverkope hulle eerste prioriteit aangesien die Klein Karoo in normale jare nagenoeg 99% van Suid-Afrika se lusernsaad gelewer het.130 Na die val van die volstruisveremark het die meeste boere oorgeskakel na ander vertakkings van die landbou en moes van die lusernlande plek maak vir koring of tabak. Tog het die boere gesien van watter nut lusern as veevoer was, en ook dat die verkoop van lusernsaad lonend kon wees. Daarom het hulle nie al die lusernlande tot niet gemaak nie. 131 In die Oudtshoorn Courant van 1949 is die boere teen dodder op hul plase gewaarsku. Die grondbewaringsinspekteur, mnr. J C du Plessis, het geskryf dat dodder ?n baie gevaarlike onkruid was en dat enige boer op wie se plaas hierdie struik gevind sou word volgens die wet vervolg kon word. Lusernsaad waarin dodder gevind is, het dadelik omtrent ?1 per pond in waarde verloor. Die boere het egter beweer dat die dodder uit die riviere versprei het en dat dit vir hulle onmoontlik was om daardie riviere skoon te hou. Ene Louis de Jager het in 1949 by ?n boerevereniging se jaarvergadering daarvan melding gemaak dat sommige boere geweet het dat hulle lusernsaad dodder bevat het en dit dus nie aan die KKLK of ander saadhandelaars verkoop het nie. Hulle het wel hulle saad op die swartmark aan persone verkoop wat nie omgegee het dat hulle dodderbesmette saad koop nie. Sodoende is ander dele van die land ook met dodder besmet.132 Aanvanklik is die lusernhooi in miedens gepak, maar later is dit gebaal en kon dit lank hou en ook verkoop word aan boere in droogtegeteisterde gebiede. Na die eerste vyf jaar van die bestaan van die KKLK in 1950 is daar verslag gedoen van die lusernsaad en ?hooiproduksie. Die grootste struikelblok was steeds die wisseling in grootte van die oeste van jaar tot jaar. Die boere en direksie van die KKLK was vasbeslote dat daar ?n beheerskema vir lusernsaad moes kom. By wyse van Proklamasie nr.22 van 1952 het daar toe ?n Lusernsaadbeheerraad in Oudtshoorn tot stand gekom wat prysvasstelling meegebring het sodat die produsent 80% voorskot by aflewering gekry het .133 Dit het die boere aangespoor om lusernsaad as deel van hulle kontantoeste te sien. Met die geleidelike opbloei van die volstruismark gedurende die 1950?s en 1960?s het die belangrikheid van lusern ook weer toegeneem en teen 2012 was dit steeds ?n belangrike landbouproduk van die Oudtshoorn-distrik. 129Privaat onderhoud: B Visser, 16.02.2012. 130S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, pp.16,17. 131 Privaat onderhoud: AJA Schoeman, 12.02.2012. 132 C P Nel Museum Argief, Aschman-versameling:Oudtshoorn Courant, 23.11.1949. 133S van Waart, Die Goue Kameelvo?l, pp. 19,20. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 159 159 6.11 ARBEIDERS 6.11.1 Blanke Bywoners134 Boere wat aan die begin van die 20ste eeu nie finansieel sterk was nie, het twee keuses gehad. ?f hulle kon geld leen by die banke tydens die opbloei van die volstruisveremark om ook te deel in die welvaart ?f hulle kon hul plasies aan welvarende boere verkoop om dan vir hulle as bywoners te werk. Die voordeel van laasgenoemde opsie was dat hulle dikwels in hulle huise kon aanbly of relatief goeie huise kon bewoon en nog steeds tabak om ?n deel met die eienaar van die plaas plant. Na die val van die veremark in 1914 was die kleinboer met te veel skuld ook genoodsaak om sy plasie te verkoop en as bywoner op ?n welvarende boer se plaas blyplek te soek. In sy werk, The Afrikaners, het Hermann Giliomee bywoners as blanke arbeiders met die behoefte aan meer sosio-ekonomiese voordele as nie-blanke arbeiders beskryf. Giliomee verklaar ook dat een bywoner ?n sekere hoeveelheid grond vir eie gebruik ge?is het waarop ook drie swart arbeidergesinne ?n lewe kon maak.135 In die Oudtshoorn-distrik, met veel minder bewerkbare grond as in die Vrystaat of die Transvaal, het bywoners dikwels geen grond vir eie gebruik gekry nie.136 Soos in die hoofstuk oor tabakverbouing in die Oudtshoorn-distrik beskryf is, het sommige bywoners veral tabak op hulle werkgewers se plase om ?n deel met die werkgewers geplant.137 In die jare van die ?boom? het baie plaaseienaars so nou gefokus op hulle volstruisboerdery dat hulle alle akkerbou-aktiwiteite aan die bywoners oorgelaat het. Behalwe vir tabakboerdery het die bywoners ook waatlemoene vir ?n kontantvloei geplant.138 Armoede en die gevolge daarvan was niks nuut vir die mense van Oudtshoorn nie139. Met die opbloei van die volstruisveremark in die laat 19e eeu het die arbeidintensiewe gemengde boerderypraktyke van Oudtshoornplek gemaak vir die toespitsing op volstruisboerdery en so is baie arm blankes van hulle plase, of van plase waar hulle gewerk het, verdryf. Die ?armblanke- probleem? is daardeur geskep. Die gemengde boerdery het bestaan uit tabak- en koringverbouing, wat voor meganisasie baie arbeidsintensief was, asook wingerdbou en wynmaak waarmee die bywoner geskik was om mee te help. Met die opkoms van die volstruisverebedryf is groot lusernlande benodig waarop die volstruise kon wei. ?n Lusernland kon vir sewe jaar net gereeld besproei word voordat daar wisselbou toegepas of nuwe lusern op geplant moes word. Daarom is Buirski van mening dat Oudtshoorn vol armblankes was tydens die bloeijare van die volstruisbedryf tot 1914. Geen inligitng oor die lot van die nie-blanke arbeiders en hulle gesinne kon vir die 134Volgens die HAT is ?n bywoner ?n witman op ?n plaas wat in ruil vir sy arbeid voorregte geniet, soos bv. vry woning, weiding, ?n deel van die oes, ens. 135H Giliomee,The Afrikaners, Tafelberg Publishers, 2003, p.298. 136Privaat onderhoud: P le Roux, 02.10.2012. 137Privaat onderhoud: K de Jager, 26.12.2011. 138Privaat onderhoud: P le Roux, 02.10.2012. 139Vgl. P Smith, The Little Karoo and other stories, Johathan Cape, London, 1925, en H Scheub; Secret Fire, The 1913- 14 South African Journal of Pauline Smith, University of Natal Press, Pietermaritzburg, 1997. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 160 160 doeleindes van hierdie studie uit Buirski se gegewens bekom word nie.140 Na die val van die veremark het die getalle armblankes vanselfsprekend toegeneem,soos ook in die hoofstuk oor volstruise reeds gemeld is, omdat die werkgewer toe self finansieel in die moeilikheid geraak het. As gevolg van die gereelde droogtes en onvoldoende bou van opgaardamme gedurende die vroe?re periode van hierdie studie het die regering deur middel van die Spoorwe? in 1926 aan baie armblankes van Calitzdorp en sy distrik werk verskaf.141 Hierdie vorm van noodleniging het egter al sedert die vroe? 1920?s van die vorige eeu met die bou van die spoorlyn tussen Oudtshoorn en Calitzdorp posgevat. Hopkins stel dit so: ?Vir ?n groot gedeelte word die werk aan die spoorlyn byna uitsluitlik deur Blankes verrig en hier toon die ?armblanke? waartoe hy in staat is.?142 Daar is berig dat die spoorlyn, wat in 1924 in diens gestel is, 11 665 morge grond sou bedien wat onder die verskillende besproeiingskemas geval het. Dit was inderdaad ?n groot ekonomiese inspuiting vir die Calitzdorp-distrik.143 Dr. H F Verwoerd, wat in 1934 hoogleraar was van die nuutgestigde Departement van Sosiologie en Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Stellenbosch, het in sy voorlegging by die Volkskongres oor die Armblanke-vraagstuk in Kimberley na die werkloosheidsprobleem op die platteland verwys en gevra of boere nie meer bywoners op hul plase kon gebruik nie. In die Oudtshoorn-distrik, waar die droogte sedert die begin van die 1930?s baie boere finansieel geknou het, was dit egter nie moontlik om nog meer bywoners te akkommodeer nie. 144 In 1926 het ?n bywoner in ?n brief aan die Landbouweekblad raad gevra omdat sy eie toegelate oes nog nie oesgereed was nie, maar dat hy kennis gekry het dat hy van die plaas af moes trek.145 Uit hierdie voorbeeld blyk dit dat die bywoner nie altyd billik behandel is nie. Die dilemma van die bywoner was dat hy nie sy grond besit het nie. Hierdie bywoner wou dus weet of hy daarop kon aandring om op sy werkgewer se grond aan te bly totdat hy klaar geoes sou wees. In 1945 is in die Oudtshoorn Courant geskryf dat ?n derde van die blanke bevolking van die distrik in daardie stadium uit bywoners bestaan het. 146 Bywoners het nog so laat as in die 1960?s op baie plase in die distrik voorgekom. In daardie stadium is na hulle as ?voormanne? verwys en nie meer as bywoners nie. Die naam ?bywoners? het ?n negatiewe konnotasie gehad omdat dit histories aan armoede en afhanklikheid herinner het. Baie plaaseienaars het wel die kinders van hul bywoners naskoolse opleiding laat kry en sulke 140Sien P. Buirski, Poverty in Oudtshoorn, Carnegie Conference Paper No 37, Cape Town, 1984, p.15. 141 H C Hopkins, Ned. Geref. Kerk Calitzdorp, 1873 -1973, Nasionale Boekdrukkery, Elsiesrivier, Kaapstad, 1973,p. 78. 142Ibid., p. 126. 143Ibid., p.127. 144 Anon.,Volkskongres oor Die Armblanke-vraagstuk, Diamond Fields Advertiser, Ltd., Kimberley, 1934,p.13. 145Landbouweekblad, 04.08.1926, p. 641 (? Bywoner aanges??). 146 C P Nel-argief,Aschman-versameling:Oudtshoorn Courant, 09.10.1945. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 161 161 bywonerafstammelinge het dikwels positiewe herinneringe aan hul kinderjare gekoester.147 In Grosskopf se verslag oor die Armblankevraagstuk het hy genoem dat spesiale vermelding van die behoefte om ?kontant? geld te verdien as motief vir die verhuising na dorpe en stede gemaak moes word. Die kontantlone in dorpe, maar veral stede, was veel ho?r as op plase.Op die plase het vergoeding in ho? mate deur middel van vrye behuising, vrye gebruik van water en brandstof en deur middel van voedselvoorsiening geskied, soos vroe?r na verwys is. Die bywoner, wat om ?n deel geboer het, of die besitter van ?n klein stukkie grond van ?n verdeelde plaas was, het dikwels dan ook eerder die betreklik lae kontantlone in die dorpe of stede verkies bo die in natura148 vergoeding op die plase. Die een rede daarvoor was dat dit ?n gereelde salaris was waarop hy kon staat maak. Daarby het die wisselvaligheid van die klimaat op die plase, wat sy in natura ?aandeel kon benadeel het, geen verandering op sy gereelde salaris gehad nie.149 6.11.2 Bruin arbeiders Tot in die jaar 1980 was die meeste arbeiders op die plase van die Oudtshoorn-distrik bruin en was daar slegs enkele swart arbeiders, hoofsaaklik uit die Oos-Kaap afkomstig.Uit onderhoude met verskeie boere van die De Rust- en Oudtshoorn-distrikte het die volgende inligting aan die lig gekom. Kenmerkend was die feit dat die meeste bruin arbeidergesinne vir geslagte lank op een plaas gebly het en sodat daar teen 2012 steeds persone was wat op die plase gewoon het, wie se pa, oupa en oupagrootjie op dieselfde plaas gewoon en gewerk het. ?n Boer wat 60 jaar lank in die De Rust-omgewing woonagtig was, het kennis van slegs een swart arbeider wat op sy plaas werksaam was. Die arbeider was ?n Xhosa wat met ?n bruinvrou getroud was en dus Afrikaans met sy mede-arbeiderskon praat.150 Geeneen van ten minste 20 boere wat in die loop van hierdie studie ondervra is, het swart arbeiders in diens gehad nie. Dit dui op ?n algemene tendens dat die nie-blanke arbeid van die Oudtshoornse landboubedryf en distrik tot 1980 hoofsaaklik deur bruin werkers verteenwoordig is. Daar is bewyse in die Kaapse argief dat Kango Ko?peratiewe Tabakmaatskappy in 1975 aansoek gedoen het om ?n wynkelder en nuwe geboue op te rig en daarvoor ?n gedeelte van die plaas,?Onverwacht?, wou aankoop en laat hersoneer van landbougrond na ligte nywerheidsgrond. In die toestemmingsbrief van die Direkteur van Plaaslike Bestuur is daar gestipuleer dat geen ?Bantoe? in die nuwe nywerhede mag werk nie.151 Hierdie stipulasie het op die beskerming van die 147Privaat onderhoud: P le Roux, 16.11.2011. 148Volgens HAT beteken die Latynse term ?in natura? in goedere; dus nie in geld nie. 149JFW Grosskopf: Plattelandsverarming en Plaasverlating. Die Armblanke-vraagstuk in Suid-Afrika, Deel I, Pro Ecclesia- drukkery, Stellenbosch, 1932, pp. 87,88. 150Privaat onderhoud: P le Roux, 02.10.2012. 151 WCARS, CDP, Vol.50, L?er 14/2: Korrespondensie: Prokureurs Kango Ko?peratiewe Tabakmaatskappy - Direkteur Plaaslike Bestuur, 24.03.1975:? Die Komitee het besluit om aan te beveel dat die aansoek goedgekeur word onderworpe aan die voorwaarde dat sonder die skriftelike goedkeuring van die Minister van Beplanning en die Omgewing geen Bantoe in of in verband met enige fabriek wat op die betrokke stuk grond opgerig mag word in diens geneem mag word nie.? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 162 162 regte van die bruin arbeiders in die Wes-Kaap gedui (as ?n sogenaamde Kleurlingarbeid voorkeurgebied). Dit verklaar ook die grotendeelse afwesigheid van swart arbeiders in Oudtshoorn en sy distrik in die periode onder bespreking. Tot so laat as die 1970?s het baie arbeiders tydens hulle werksdae kos uit die boer se huis gekry, tesame met ?n rantsoen plaasprodukte. Hierdie gebruik het sedert die begin van die 19e eeu op die meeste plase in die Oudtshoorn-distrik voorgekom. Daar is weekliks skaap geslag en bedags tot 20 brode gebak sodat al die plaaswerkers uit die huis kon eet. Tydens die Eerste W?reldoorlog was daar ?n tekort aan suiker in Suid-Afrika en die byeboer, Louis Lategan, het turksvystroop gekook en dit saam met sy heuning aan blanke en bruin arbeiders voorsien.152 Drs. C H Neveling en J C Neethling het in September 1930 in Boerdery in Suid-Afrika in ?n artikel geskryf oor plaaslone van arbeiders. Hulle fokus was die arbeiders in die noordelike provinsies van Suid- Afrika, maar die artikel het tog inligting oor die arbeidsituasie in die Kaapkolonie verskaf. Hulle het klem gel? op die feit dat daar nie uitsluitlik kontantlone betaal is nie. ?Die belangrikste kenmerk van landboulone oor die w?reld is die betaling van ?n deel van die loon in natura, ?n metode wat vroe?r ook deur die verwerkende nywerhede gevolg was. Eweas die boer self ?n belangrike deel van sy landbouprodukte vir eie verbruik direk van sy plaas kry, so kry ook die arbeider deel van sy loon in die vorm van plaasprodukte wat hy direk kan verbruik.?153 Die skrywers het verder daarop gewys dat hoe meer afgele? die plase was, hoe groter die in natura-gedeelte. Aangesien die arbeiders nie naby winkels was om benodighede aan te koop nie, moes hulle ?n groot deel van hul loon in die vorm van plaasprodukte kry. Daarby het die meeste arbeiders op plase ook outomaties verblyfreg gekry, behalwe vir trekarbeiders soos skaapskeerders en vrugteplukkers.Van die arbeiders het ook weidingsregte vir hul eie vee en grond vir eie bewerking gekry.154 Die gebruik om kos aan bruin arbeiders te voorsien,is op party plase eers aan die begin van die 1970?s be?indig.Rantsoene was deel van die bruin arbeider se besoldiging in die Oudtshoorn-distrik totdat wetgewing onder die ANC-regering n? 1994 dit verbied het.155 ?n Tipiese voorbeeld van hierdie gebruik van die uitdeel van rantsoene was die volgende: Maandae-aande 5kg broodmeel, stampmielies en dro? ertjies, Woensdae-aande ?n brood en koffie en Vrydae vleis.156 Ander boere het die stelsel van ?good for?s? 157 gehad. In plaas van kontant het die arbeiders ?n koopbewys vir ?n kruidenierswinkel, gewoonlik die naaste plaaswinkel, gekry.158 Die arbeiders is 152Sien pp.171 en 170. 153 Boerdery in Suid-Afrika, September 1930, p. 251 (C H Leveling en J C Neethling: ?Plaaslone van Naturelle? ). 154Ibid., p.251. 155 Privaat onderhoude: PM le Roux,13.07.2012; GC le Roux, 27.06.2012; AJA Schoeman, 03.03.2012 en P Lategan, 13.09.2012. 156Privaat onderhoud: PM le Roux, 13.07.2012. 157 Dit was ?n stukkie papier waarop die werkgewer aan die winkelier ?n bedrag voorgeskryf het waarvoor daardie spesifieke werker kon koop. Die werkgewer het die kontantgeld direk aan die winkelier betaal en die werker kon net by daardie spesifieke winkel goedere aankoop. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 163 163 dan dikwels op ?n Saterdag deur die boer na die genoemde winkel vervoer sodat hulle hul benodighede daar kon gaan koop. Dit het die arbeiders gehelp om hulle aankope weer maklik by hul huise terug te kry. Nadat drankwinkels in die 1970?s in dorpe gevestig is, het hierdie stelsel ook die mans verhoed om al hulle geld op drank uit te gee.159 Drank was van die vroegste tye op plase in die Oudtshoorn-distrik aanwesig omdat die meeste boere wingerde gehad het en op klein skaal gestook het. Drank is ook aan arbeiders gegee as deel van hulle loon soos die dopstelsel wat in die Boland toegepas is. Boere het by die plaaslike of naaste wynkelder ?mos? of ?Vaaljapie?160 gekoop en die meeste het elke aand aan hulle arbeiders ?n ?dop? of sopie drank gegee. Teen die 1970?s het die baie boere nog net op ?n Vrydag- en ?n Saterdagaand drank voorsien, indien die arbeiders ingekom het om spesifieke arbeid op ?n Saterdagte te verrig.161 Daar was egter wynboere wat hul eie kelders gehad het en wat elke dag tot drie keer per dag aan die arbeiders drank gegee het. Op navraag oor di? gebruik het ?n wynboer geantwoord dat die arbeiders nie sou kom werk het as hulle nie vroeg soggens, tydens die ontbytruspose, vir die werkers drank gegee het nie.162 Korrespondensie van C J Meyer, die eienaar van Mons Ruber, toon ook bewyse van navrae vir ?wyn vir volk? van so ver as Hartswater aan die Oranje-rivier.163 Voor die beskikbaarheid van drankwinkels in klein dorpies in die Klein Karoo het die arbeiders self hul eie ?skokiaan? of brousels van pynappels, seeppoeier en brandspiritus gemaak. Laasgenoemde is gekoop vir die primusstofies waarop kos berei is as hout nie beskikbaar was nie. Teen 1979 het die boere die waarde van hul arbeiders besef en is daar al baie gedoen om die bruin plaasarbeiders beter op te lei vir hul onderskeie pligte. Baie boere het ook opgehou met die dopstelsel en liewers aan die vroue van die arbeiders hul mans se lone op ?n Vrydagoggend gegee sodat hulle kon gaan kos koop het. Die manlike plaasarbeider het dan op ?n Vrydagaand net die loon van die dag ontvang waarmee hy drank by die dranksmokkelaars kon koop as hy sou wou. Baie wit en bruin entrepreneurs in die Oudtshoorn-distrik het ryk geword met die onwettige verkoop van drank uit hulle bakkies. Hulle het met die plaaspaaie langs gery en veral oor naweke drank verkoop.164 Onder die opskrif ?Onontbeerlike opleiding vir plaasarbeiders?, is daar in die Oudtshoorn Courant van 1979 kennis gegee van die volgende kursusse wat op Oudtshoorn aangebied sou word: boomsnoei, die snoei van steenvrugte (perskes, pruime en appelkose), draadspan, 158P Buirski, Poverty in Oudtshoorn, pp.6,7. 159Privaat onderhoud: GC le Roux, 27.06.2012. 160Vaaljapie, of soos dit dikwels in die volksmond bekend gestaan het, mos, was ?n lae kwaliteit, effens soet dro?wyn. Die meeste kelders het dit in groot maat aan die boere verkoop, wat dit dan in bottels oorgegooi het. 161Privaat onderhoud: AJA Schoeman, 03.03.2012. 162Privaat onderhoud: R Meyer, 15.02.2011. 163Privaat versameling, CJ Meyer: Korrespondensie, CJ Meyer - WJJ de Bruyn, 17.02.1967. 164Privaat onderhoud: AJA Schoeman, 16.02.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 164 164 kleinveeversorging, die onderhoud van plaasgeboue, stroperversorging, trekkerversorging, bestuurderslisensies, varkversorging, suiweldierversorging, vragmotoronderhoud, werksvoormanopleiding, wingerdent, wolklassifisering en kunsmatige inseminasie (KI) vir beeste.165 Teen die middel van die 1980?s is die Gemeenskap Ontwikkelingsverenigings (GOV?s) in die Boland deur Frans Malan van Simonsig Wynlandgoed en Herman Bailey van Wellington begin. Dit het ook uitgebrei na die Klein Karoo en veral na die De Rust-omgewing. Die GOV?s was gemik op die ontwikkeling van die hele plaasarbeidergesin en het ook talle kursusse vir manlike sowel as vroulike arbeiders aangebied.166 Die bevolking van Oudtshoorn het tussen 1960 en 1980 ?n dalende tendens begin toon indien dit met die groeikoers van die res van Suid-Afrika vergelyk word. Oudtshoorn se groeikoers was maar 1,7% teenoor di? van 2,9 % vir Suid-Afrika. Buirski is van mening dat dit die gevolg was van die dorp se onvermo? om werk aan sy inwonerste verskaf. Gedurende die vyf jaar periode van 1973 tot 1978 was die gemiddelde jaarlikse inkomste uit volstruisleer en ?vere agt keer meer as die gemiddelde jaarlikse inkomste van elk van die ander landbouprodukte van die streek. Tog het volstruisprodukte in totaal net oor die helfte van die inkomste van die landbou ingebring. Die ander produkte was steeds wyn, tabak, lusern en lusernsaad, koring, groentesaad, vrugte, heuning en suiwelprodukte. 167 Volgens Buirski het hierdie ander produkte nie baie arbeid geverg nie, alhoewel die meeste boere van die Oudtshoorn-distrik met hom sal verskil, veral in vergelyking met die arbeidsintensiwiteit van veeboere in die Groot Karoo.168 Bruin arbeiders is in die Oudtshoorn-distrik veral benodig om water te lei. In hierdie waterarm streek was die netwerk van riviere, opgaardamme, plaasdamme en leiwaterslote die lewensaar van die boerdery. Al die persone met wie onderhoude gevoer is, het genoem dat daar tot en met 1980 nog meestal vloedbesproeiing toegepas is, maar dat sprinkelbesproeiing wat nie so arbeidintensief was nie,toe stadig maar seker begin pos vat het.169 Behalwe vir waterlei, moes spanne bruin arbeiders ook saam met die boer die waterslote instandhou en skoonmaak vir wanneer dit hulle leibeurt was.170 Met die heropbloei van die volstruisboerdery in die 1960?s was bruin arbeiders noodsaaklik vir die hantering van die volstruis in al sy stadiums, van die grootmaak van klein volstruisies, die vang van volstruise, die pluk en skoonmaak van die vere tot die slag van die volstruise.Meestal is net mans as arbeiders gehuur, maar die vrouens het seisoenaal in die groentesaadlande, wingerde en tabaklande of as huisbediendes gewerk.171 165 C P Nel Argief:Oudtshoorn Courant, 28.11.1979 (?Onontbeerlike opleiding vir plaasarbeiders?). 166Privaat onderhoude: P Schoeman, 10.03.2012; P M le Roux, 10.03.2012 en G le Roux, 27.06.2012. 167 P. Buirski; Poverty in Oudtshoorn, pp. 2,3. 168Ibid., pp. 2,3. 169Privaat onderhoude: P M le Roux, 20.02.2012; J Klass, 26.06.2012 en G le Roux, 27.06.2012. 170P. Buirski, Poverty in Oudtshoorn, 1984,p. 4. 171 Ibid., p. 4. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 165 165 Teen 1970 was 35,1% van die totale bruin werksmag van Oudtshoorn in die landbou werksaam , maar teen 1980 was dit net 29%. Die afname kan toegeskryf word aan die feit dat vele kleiner plasies deur die groot boere opgekoop is sodat meer ekonomies geboer kon word. Minder arbeiders is gevolglik benodig. Ook het meganisasie in die stroop van lusern- en groentesaad en koring baie arbeid uitgeskakel.Verder het baie van die jonger geslag bruinmense neergesien op plaasarbeid en hulle wou graag in die dorpe of stede gaan werk het. Vir die tradisionele plaaswerkers was dit egter moeilik om aan te pas in die dorp of stad en dikwels het hulle teruggegaan plase toe. Alhoewel hulle as plaasarbeiders minder verdien het as in die dorpe, het hulle ?n huis, vrye toegang tot brandhout en water gehad en die kriminele element was veel minder as in die dorp of stad ? veral waar dit om die opvoeding van kinders gegaan het.172 Tog wys statistieke dat ?n groot aantal bruin arbeiders tussen 1960 en 1980 van die plase na Oudtshoorn toe getrek het. Tabel 6.1: Oudtshoorn se bevolking Oudtshoorn se bevolking 1960 1980 Blankes 8 952 10 680 Bruinmense 11 287 22 640 Swartmense 1 987 2 660 Totaal: 22 226 35 980 173 Dit het groot behuisingsprobleme vir Oudtshoorn se stadsraad geskep. Behalwe vir ?n behuisingstekort was daar ook nie werk vir al die inwoners nie omdat Oudtshoorn nie baie fabrieke of groot nywerhede gehad het nie. Die KKLK met sy abattoir, leerlooiery, slagpale en verwerkingsaanlegte was teen 1980 die grootste werkverskaffers aan bruin arbeiders.174 In 1970 is berig dat ook die bruin arbeiders aan die einde van elke jaar deur die bestuur van die KKLK met ?n kontantbonus en ?n onthaal bedank is .175 6.12 SAMEVATTING Waar gemengde boerdery in talle streke van Suid-Afrika sedert die begin van die negentiende eeu beoefen is, sal min mense buite die Klein Karoo besef tot watter mate daar op hierdie soort boerdery tot 2012, toe navorsing vir hierdie studie gedoen is, gesteun is. Voor die grootskaalse kommersialisering van landbou in Suid-Afrika het talle boere in ?n mindere of meerdere mate van bestaansboerdery oorleef. In die hoofstuk hierbo is verskillende boerdery-afdelings bespreek en in watter mate dit in die Oudtshoorn-distrik beoefen is. Wat egter uitstaan, is die feit dat 172Ibid., pp.18,19. 173Ibid.,p.20. 174R W Wilcocks, Die Armblanke, Die Armblanke-vraagstuk in Suid-Afrika, Deel 11,Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1932, pp. 117,118. 175 Anon., Die Klein Karoo Landbouko?perasie, 1945 ? 1970, p.49. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 166 166 volstruisboerdery voor 1914 en dus tydens die ?boom? van die volstruisveremark gemengde boerdery amper doodgesmoor het. Al die boere van hierdie distrik wou so veel as moontlik volstruise aanhou om so veel as moontlik geld te kon maak. Na die val die veremark moes haastig teruggekeer word na vele van die landbouvertakkings wat tydens die ?boom? afgeskeep is. In sommige gevalle kon vinnige veranderinge gemaak word, maar in gevalle soos die aanplant van sitrus-,neute- en sagtevrugtebome was dit ?n langtermyn belegging waar die broodnodige kontantvloei ontbreek het. Selfs die opbou van ?n veekudde het tyd geneem en as die klimaat nie saamgespeel het nie, kon die verbouing van koring en ander gewasse misluk het. Dus was gemengde boerdery nie altyd die kitsoplossing na 1914 nie, maar stap-vir-stap het gemengde boerdery gehelp om baie boere finansieel te versterk. Bywoners en bruin arbeiders het saam met hul werkgewers deur die swak ekonomiese tye geworstel, maar het ook grootliks tot die stadige herstel van die landbou in die Oudtshoorn-distrik bygedra. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 167 167 HOOFSTUK 7 GEVOLGTREKKING Kwesbaarheid ? dit is wat die val van die volstruisveremark in 1914 die landbougemeenskap van Oudtshoorn en sy direkte distrik geleer het. Soos wat hierdie studie duidelik aangetoon het, het die kwesbaarheid van die Oudtshoornse landboudistrik sentraal gestaan in die periode onder bespreking, maar so ook die skeppende oplossings wat boere gebruik het om te oorleef. Wisselende klimaatstoestande, maar meer nog, uiterstes in klimaatstoestande, moes altyd in ag geneem word by die keuse van landbouprodukte waarmee in hierdie streek geboer kon word. Markverwante kwessies soos aanvraag en aanbod, oor- of onderproduksie was faktore waarmee rekening gehou moes word. Dan is daar ook geografiese en topografiese faktore wat die produksie van landbougewasse kon aanhelp of kniehalter. Die Oudtshoorn-distrik was voor 1914 baie kwesbaar as gevolg van die topografiese ingeslotenheid van die lang, nou vallei en afgesny van markte as gevolg van ondoeltreffende deurgangsroetes. Die klimaat is ook altyd wispulturig as gevolg van gereelde droogtes wat soms deur oorstromings gevolg word. Van die vrugbaarste grond in Suid-Afrika word in die valleie langs die riviere aangetref, maar in groot dele van die Oudtshoorn-distrik kom ook klipperige, sanderige grond voor op die dro? koppies en voetheuwels van die twee bergreekse wat die vallei omsluit. Die volstruisbedryf was ideaal geskik vir hierdie semi-dro? streek. Die volstruis het nie net goed aangepas en gefloreer in die Klein Karoo nie, maar het ook ?n veer geproduseer wat as mode-item tot 1914 in die buiteland groot in aanvraag was. JFW Grosskopf meld in sy verslag van 1932 oor plattelandsverarming dat die opkoms en agteruitgang van volstruisboerdery een van die treffendste en ook droewigste verhale in die geskiedenis van landbou in Suid-Afrika was. Teen 1914 was die volstruisboerdery die trots van Suid-Afrikaanse landbou en met reg ook, toe volstruisvere Suid-Afrika se vierde grootste uitvoerproduk was. Die makmaak van die volstruis is een van die min voorbeelde in die moderne tyd dat wilde diere op groot skaal tot ?n boerdery-dier omvorm is deur sorgvuldige teling, die regte voeding en die gebruik van die broeimasjien om produksie van kuikens te verhoog. Ver van die Klein Karoo het die modew?reld aan die begin van die twintigste eeu bewus geword van die elegansie en swier van die volstruisveer deur middel van die goeie netwerk van Joodse handelaars en smouse. Die eerste Jode het in 1880 in die Oudtshoorn-distrik ingekom en baie moes smouse word om aan die lewe te bly. ?n Al groterwordende Joodse gemeenskap in Oudtshoorn het die besigheidsvernuf gehad om die vere plaaslik te koop en dan na hulle familie- en sakevennote en kennisse in Londen, Parys en New York uit te voer. Soos die ponde begin inrol het, het die boere al hoe meer volstruise aangehou op al hoe meer plase, wat dikwels met Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 168 168 geleende geld gekoop is. Ongekende rykdom het die gemeenskap van Oudtshoorn groot volstruishuise en ?paleise laat bou en die eens sukkelende gemeenskap het welvarend geword. ?n Mode-artikel is egter ?n wankelrige fondament om jou toekoms op te bou en in 1914 het die volstruisveer-?boom? tot ?n einde gekom en baie hartseer en ellende agter gelaat. Tussen 1910 en 1914 is jaarliks vere ter waarde van gemiddeld ?2 286 000 uitgevoer en terwyl sommige boere hul geld aan dwase en spoggerige weelde bestee het, het ander die winste van hulle vere in hulle boerderye teruggeploeg. Grond is gelyk gesleep en beter besproeiingsnetwerke is opgerig. Die hele volstruisboerdery was egter oorgekapitaliseerd wat moontlik ?n besigheidsfout was. Maar dit was tragies vir ?n groot aantal boere wat so hard gewerk en duur betaal het om hulle plase so produktief moontlik te maak. Juis ondernemende boere is dikwels die hardste getref, omdat verbande op grond wat opgeneem is meestal nie terugbetaal kon word nie en hierdie boere dan hul grond verloor het. Die Eerste W?reldoorlog het in 1914 uitgebreek en die ekonomiese toestande van die Europese lande het verswak. Modes en waardes het verander en die volstruisboere het toe met ?n waardelose produk gesit en moes vinnig reageer deur ander bemarkbare produkte te produseer. Die volstruisboerdery het vir jare na 1914 op die agtergrond geskuif totdat die Klein Karoo Landbouko?perasie in 1945 gestig is. Met die klem wat van die vere na die hele volstruis as benutbare produk verskuif het en dit ?n uiters bemarkbare kommoditeit gemaak het, het die volstruis teen 1980 weer sy regmatige plek as belangrikste bron van inkomste in die Oudtshoorn- distrik geword. Maar die lang jare in aanloop na ?n herfokus op die volstruis moes gevul word met ekonomiese lewensvatbare boerdery-aktiwiteite. Al die gewasse wat goed aard in die streek soos tabak, vrugte en wingerd, wat voor die opkoms van die volstruisbedryf reeds met sukses verbou is, is weer met hernude ywer ingespan om die boere na die val van die veremark te red van finansi?le ondergang. Ook het die suiwelbedryf gesorg vir ?n kontantvloei vir menige sukkelende boere. Hierdie streek het altyd beperkings en uitdagings aan die boer gestel. Een kenmerk van die streek is dat daar nie veel gras groei nie en dus nie goeie weiding bied nie, maar die boere moes na hulle eie behoeftes omsien. Daarom is ander diere soos boer- en angorabokke op die klipperige rantjies aangehou en aangeplante weiding het gesorg dat die melkbeeste en skape kon oorleef. Die skryfster, Pauline Smith, het oor die gewone boere van die distrik wat met gemengde sukses ?n bestaan probeer maak het, geskryf. Haar uitbeelding van veral die bywoner en sukkelende boer vertel die verhaal van die geweldige uitdagings wat hierdie streek aan enige boer gestel het. ?n Klimaat van uiterstes, ?n gebrek aan goeie verbindings met die buitew?reld en wisselende grondvrugbaarheid het noukeurige beplanning en innoverende denke genoodsaak. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 169 169 Saam met ander verslae word ?n prentjie van gemengde boerdery in die Oudtshoorn-distrik geskets. By die afwesigheid van groot damme en onderhewig aan gereelde sikliese droogtes het die Klein Karoo-boer geleer om die negatiewe aspekte te hanteer en daarmee saam te leef. Omdat die toegangsroetes na die Klein Karoo voor die ?boom? ontoereikend was, het dit die verkoop van landbouprodukte bemoeilik. Voordat behoorlike passe oor die Outeniqua-berge gebou is, het die vloedwaters wat dikwels na ?n droogte gevolg het, die passe soms onbegaanbaar gemaak. Die re?npatroon het onvoorspelbaar gebly en pioniersboere het dus gou agtergekom dat hulle langs die riviere, sytakke van riviere en later langs afleislote uit plaasdamme en riviere hulle huise moes bou en hulle gewasse moes plant. Solank water volop was, was daar gewoonlik nie probleme met die verdeling van water nie, maar soos dit al dro?r geword het, het die boere al hoe fyner beplan om meer water uit die rivier te kry.Die beskikbaarheid van water was van kardinale belang vir die voortbestaan van die boere in die Klein Karoo.1 Om aan die volstruis die beste voeding moontlik te kon gee, het die volstruisboer ander Suid- Afrikaanse boere ?n guns bewys deur die kweek van lusern en nuwe besproeiingsmetodes daar te stel. Die dro? klimaat het die boere van die Oudtshoorn-distrik genoodsaak om die lusernlande nat te lei en daar is toe begin met ?n netwerk van slote en kanale uit die riviere. Water is in plaasdamme opgegaar vir dro?r tye en daar moes noukeurig beplan word hoe om die maksimum gebruik van alle moontlike water te kon h?. Vrugtebome soos perskes, appelkose, pere, vye, kwepers, lemoene en granate het baie goed geaard in die Oudtshoorn-distrik, maar veral in die riviervalleie aan die voetheuwels van die twee genoemde bergreekse. Granate en kwepers is in lanings geplant wat ook as skeiding tussen lande gebruik is. Elke gewas moes dubbeldoelig wees. Melkbeeste het vir melk, room, botter en kaas vir eie gebruik gesorg, maar die surplus kon verkoop word. Vrugte is na binnelandse markte gestuur en ook uitgevoer, maar is ook vir eie gebruik in konfyte en vrugterolle verwerk, of gedroog. Wingerde het gesorg vir die stook van witblits en die maak van soetwyn, maar Hanepoot is ook gedroog as rosyntjies of verkoop as tafeldruiwe. Baie boere moes na die val van die veremark ophou boer en het heeltemal uit die area getrek en op die myne aan die Witwatersrand gaan werk. Ander het bywoners geword en die meer welvarende eienaar van die plaas waarop hul gaan werk het, gehelp om daardie ander landbougewasse wat tydens die vere-?boom? agterwe?gelaat is, weer te produseer. Baie volstruistelers, wat dit kon bekostig om hulle volstruise te behou, het hul aandag aan die ander landbouaktiwiteite gegee, maar die kern van hul teelmateriaal behou. Volstruise is steeds op die 1 Die verdeling van water, die onmin oor water en watersake wat in die Klein Karoo voorgekom het, is ?n studie op sy eie en word nie in hierdie studie bespreek nie. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 170 170 regte tye gepluk en die vere is sorgvuldig weggeb?re met die hoop dat daar weer eendag ?n aanvraag daarvoor sou wees. N? 1914 is die vrugbare grond van die Oudtshoorn-distrik veral weer vir tabak gebruik. Na die voltooiing van die Kamanassiedam in 1924 het die tabakboere geweldig gebaat by die ekstra, en meer belangrik, gereelde water tot hulle beskikking. Tabak was deurgaans ?n sukses in hierdie streek omdat die grond en die klimaat die gewas gepas het. Dit was die bemarking van die verwerkte tabakprodukte soos pruim-, rol- en pyptabak wat die eienaars van die talle klein tabakfabrieke probleme gegee het, maar ook die innoveringstalente van die Oudtshoorn- landbouentrepreneurs na vore gebring het. So byvoorbeeld het die Spies-broers en ander tabakprodukvervaardigers deur die land, per perdekar en later per trein gereis om hulle produkte te verkwansel. Hulle het hul produkte ook in koerante geadverteer, maar elke tabakprodusent het net vir homself gewerk. ?n Klompie boere het uiteindelik koppe bymekaar gesit, baie inligting ingewin en een van die suksesvolste ko?perasies van Suid-Afrika in 1926 op Oudtshoorn gestig, die Kango Tabakko?perasie. Die ko?perasie het ook nie die boer aan sy lot oorgelaat nie, maar gereeld met die tabakboere gekommunikeer oor die regte metodes vir die bewerking van tabak in al die stadiums, van die aanplant tot by die finale produk. Teen die 1970?s was dit egter nie meer ekonomies lewensvatbaar om grootskaals met tabak te boer nie, alhoewel die rol wat tabak in die herstel van die landbou in die Oudtshoorn-distrik na die val van die veremark gespeel het, tog van kardinale belang was. Byna elke plaas het sedert die aanvang van boerdery in die streek wingerd aangeplant sodat feitlik elke boer sy eie witblits kon stook en sy eie Hanepootrosyntjies kon maak. Baie wingerde is uitgetrek om plek te maak vir lusernlande tydens die ?boom? van die volstruisveer, maar is weer met sorg na die val die veremark aangeplant. Van die boere het hulle eie kelders opgerig en hulle op die maak van witblits, brandewyn, soetwyn en ook later dro?wyne toegespits. Die suksesvolle tabakko?perasie op Oudtshoorn het in 1975 voorsiening gemaak om ook wyndruiwe in te neem en daar te pars en so ?n ko?peratiewe kelder op die been te bring. As gevolg van die warm somers van die streek het veral die soetwynkultivars baie goed gedoen en Muskadel- en Hanepootsoetwyne word steeds met die Klein Karoo geassosieer. Boere het oorleef deur ook tafeldruiwe na die vars produktemarkte te versend en selfs oorsee te verkoop. Byprodukte soos moskonfyt, mos en asyn is gemaak vir tuisgebruik, maar ook vir verkoop. Die dopstelsel, waar wyn as deel van die bruinarbeider se loon aan hom gegee is, is wyd veroordeel, maar in elke kelder is baie van die ?Vaaljapie? gemaak en verkoop. Hierdie ?Vaaljapie? is aan die arbeiders gegee as deel van sy besoldiging en ook het hulle ruimskoots van die plaasprodukte as rantsoen ontvang. In hierdie opsig was die landboudistrik van Oudtshoorn geensins uniek nie, maar het dieselfde historiese arbeidspraktyke in die verhouding tussen werkgewer en werknemer nagevolg as wat wydverspreid oor die Suid-Afrikaanse platteland voorgekom het. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 171 171 Die oprigting van die KWV in 1918 het die onwettige stook van witblits stopgesit en baie van die kleiner stookketels is vernietig ten einde die produksie van spiritualie? te reguleer. Tog kon die wynboer toe sy oortollige stookwyn aan die KWV lewer, wat gesorg het vir prysvasstelling en die verdere verwerking en bemarking van die produk. Die kleiner kelders wat hulle stooklisensies behou het, het vooruitgegaan en uitgebrei en gesorg dat hulle kwaliteit produkte lewer. Met die totstandkoming van die Kango Tabak- en Wynko?perasie in 1974 het die wynboere nog ?n makliker opsie gehad om hulle druiwe plaaslik te kon lewer. Die klein klompie boere wat na 1914 steeds hulle volstruistroppe behou het, het na die einde van die Tweede W?reldoorlog met die stigting van die Klein Karoo Landbouko?perasie (KKLK) in 1945 ?n nuwe toekoms vir die bedryf gesien. Alhoewel hierdie ko?perasie aanvanklik op die hantering van lusernsaad en ?hooi en koring gefokus het, het die aanvraag na volstruisprodukte stadig weer toegeneem. Met ?n goeie stelsel van vereveilings het die boere beter pryse vir vere begin kry. Aangesien daar reeds Joodse sakemanne was wat volstruisbiltong begin maak het, het die KKLK ook daarmee begin. Met die oprigting van ?n volstruisabattoir is die volstruis nou op ?n ordelike en higi?niese manier geslag en geleidelik het die publiek die vleis leer eet totdat elke deel van die volstruis gebruik en benut is. ?n Groot slag is geslaan toe volstruisfillette na oorsese markte uitgevoer is, omdat die w?reld al hoe meer gesondheidsbewus geword het. Boere met volstruise van ?n laer kwaliteit vere kon dus hul volstruisboerdery voortsit, want die hele volstruis is nou gebruik. Dele van die volstruiskarkas wat nie vir menslike gebruik geskik was nie, is tot troeteldierkos verwerk . Maar veel belangriker as die vleis was die vel van die volstruis, wat as mode-artikel na vore getree het. As gevolg van deeglike navorsing en opleiding van vaardige verwerkers van die volstruisleer is baie goeie pryse spoedig vir die velle behaal. Dit het veral gegeld vir die gelooide velle wat die KKLK nou self deur sy eie leerlooiery kon lewer. Die KKLK het die hele volstruisbedryf stap vir stap opgebou tot ?n meer standvastige bedryf as wat dit voor 1914 was. Toe was dit net die veer wat die geld laat inrol het, maar nou is elke deeltjie van die volstruis gebruik. Goeie bemarking deur die KKLK deur middel van die aanstel van bemarkingsagente in talle oorsese lande het nie net die vere nie, maar ook die vel en vleis van die volstruis aan die w?reld bekend gestel. Die direkteure en amptenare van die KKLK het deur jaarlikse oorsese reise kontakte opgebou en herbevestig deur opvolgbesoeke en die boere van die Oudtshoorn-distrik, wat ?n gewone lede van die ko?perasie was, het baie gebaat daarby. Tot 1980 het dit ook steeds met die teler van goeie volstruisvere finansieel baie goed gegaan. Die Joodse handelaar in volstruisgoedere is grotendeels deur die KKLK uitgeskakel, maar baie Joodse besigheidsmense het steeds ?n groot aandeel aan die vooruitgang van die dorp Oudtshoorn gehad. Joodse boere het saam met hulle eweknie? in die Afrikaanse gemeenskap gedeel in die opbloei Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 172 172 van die volstruisbedryf en in die goeie ekonomiese toestande van die Oudtshoorn-distrik. In teenstelling met die oordrewe klem wat in sommige bronne gel? word op die wanverhouding tussen die Joodse handelaar en die Afrikanerboer wat noodgedwonge sy produkte aan hierdie handelaar moes verkoop, was daar meestal ?n goeie verhouding tussen die twee partye. In die jare voor die totstandkoming van die Klein Karoo Landbouko?perasie in 1945 het baie Afrikanerboere ?n goeie verhouding met hulle Joodse aankoper opgebou. Hulle was op mekaar aangewese en soos in hoofstuk twee verduidelik is, was daar spesiale gastekamers vir die Joodse smouse in die woonhuise van die boere. Al die Afrikanerboere was nie ontevrede met die finansi?le transaksies wat hulle deur die jare met die Joodse handelaar aangegaan het nie en wou daarom Joodse insette in die bestuur van die Klein Karoo Landbouko?perasie gehad het. Hulle het erkenning aan die wye netwerk Joodse handelskontakte oor die w?reld heen gegee en het minder vertroue in die sommige van die plaaslike lede van die nuwe ko?perasie gehad. Al weerspie?l verslae oor die sukses van die Klein Karoo Landbouko?perasie die uitkoop van Joodse belange in die verebedryf as ?n triomf vir die Afrikanerboer, wat toe in beheer van sy eie sakebelange was, was die gewone omgang tussen hierdie twee groepe baie gemaklik. Sommige van die Joodse besigheidsmanne was wel verbitterd oor die behandeling wat hulle van die direksie van die KKLK gekry het, maar ander het die nuwe sisteem gebruik en baie finansi?le voordeel daaruit getrek. Ter opsomming kan ges? word dat baie boere van die Oudtshoorn landboudistrik die lesse wat hulle voorouers na die val van die veremark geleer het, ter harte geneem het en selfs tydens die stadige opbou van die baie suksesvolle volstruisbedryf vanaf die 1950?s tot die 1980?s, het hulle selde weer al hulle eiers in een mandjie gesit. Na die bou van die groot besproeiingsdamme soos die Kamanassie (1924)- en Stompdriftdamme (1965) het die moontlikhede vir gewasse onder besproeiing toegeneem omdat die boere langs die Olifantsrivier tot onder in die Calitzdorp- distrik voortaan van meer gereelde water verseker was. Alhoewel die kweek van lusern steeds ?n prioriteit by die meeste boere was, is dit nie net meer as volstruisvoer gesien nie, maar ook is lusernsaad en ?hooi oor Suid-Afrika heen en ook in die buiteland verkoop. Koring is onder besproeiing geplant en vanaf die laat 1970?s het meer boere ook na die kweek van groentesaad oorgeskakel. Aan die bergriviere is tabak steeds sporadies verbou, maar die water vanuit die Stompdriftdam was te brak2 vir tabakverbouing. Die wingerdboere wat besproeiingswater uit die damme gebruik het, moes dus spesiale voorsorgmaatre?ls tref teen die verbrakking van hulle grond. Vrugteverbouing in die Oudsthoorn-distrik het vanaf die 1970?s afgeneem soos wat bespuitings- en vervoerkoste toegeneem en opbrengs per hektaar afgeneem het. Volstruisboerdery was veel meer lonend en het ook baie arbeid gespaar. 2 Bevat te veel soute. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 173 173 Van ?n neergeslane boerderygemeenskap in 1914 het die boere van die Oudsthoorn-distrik teen 1980 dus gevorder tot ?n welvarende innoverende boerderygemeenskap wat wel baie finansi?le voordeel uit die volstruisboerdery getrek het, maar nie weer hul gemengde boerderye afgeskeep het nie. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 174 174 BRONNE I. LITERATUUR Anon.: Die Goue Blaar. Tabakbeheerraad se uitgawe oor die Suid-Afrikaanse Tabaknywerheid. Muller en Retief Edms. Bpk.,1970. Anon.: Gehalte bo alles. Die verhaal van Rembrandt. Printpak Bpk.,Kaapstad, 1977. Anon.: FireWater: South African Brandy. Quivertree Publications, Cape Town, 2008. Anon.: Volkskongres oor Die Armblanke-vraagstuk. Diamond Fields Advertiser, Ltd., Kimberley, 1934. Anon.: Tobacco. Barclays Bank D.C.O. Williams, Lea & Co.Ltd., London,1961. Anon.: Volstruisland ? Die Klein Karoo. KKLK- argief, g.p., 1983. Appel, A: Die distrik Oudtshoorn tot die tagtigerjare van die 19e eeu: ?n sosio- ekonomiese studie. Die Staatsdrukker, Pretoria, 1988. Appel, A: Ligbaken aan Grobbelaarsrivier, Die N.G.Gemeente Oudtshoorn1853 ? 1978. Bowles Litho, Oudtshoorn, 1978. Baker, E: As ?n Pou kon vlieg. Tafelberg-Uitgewers, Kaapstad, 1980. Boehmke, M, and S Goldblatt, (eds):. History of Oudtshoorn. Nasionale Pers, Kaapstad, 1952 Booyens, Bun: Ori?ntaleTabak ? ons trots - 1912 ? 1987. Westelike Provinsie Ko?peratiewe Tabakkwekers Beperk, Suider-Paarl, 1987. Breytenbach, K: Hulle het ons eeu gevorm. Human & Rousseau, Kaapstad, 1999 Brink, Andr? P: The Essence of the Grape, Saayman & Weber(Pty)Ltd., Kaapstad, 1992. Bulpin, T V: Discovering Southern Africa. Tafelberg Publishers, Cape Town, 1970. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 175 175 Buirski, Peter: Poverty in Oudtshoorn. Carnegie Conference Paper No. 37, Cape Town, 1984. Burman,Jose: The Little Karoo. Human & Rousseau, Kaapstad, 1981. Coetzee, D: Immigrants to Citizens. Civil Integration and Acculturation of Jews into Oudtshoorn society, 1874- 1999. (Unpublished M A thesis, University of Cape Town, 2000). De Kock, J A, et al.: Guidelines for successful Ostrich Farming. Inligtingstuk van die Departement van Landbou, 1994. De Kock, J N: Invloed van ?n Nagbreek op Groeiontwikkeling en verwante opbrengsfaktore van Virginiese tabak onder koue, kort fotoperiodes. (Ongepubliseerde M- verhandeling, US, 1987). De Mosenthal, J and J E Harting: Ostriches and Ostrich Farming. Tr?bner & Co, Ludgate Hill, 1879. De Vries, Abraham H: Die Klein Karoo, ?n legkaart. Tafelberg, Kaapstad, 1977. Douglas, A: Ostrich Farming in South Africa. Cassell, Petter, Galpin & Co., London, Paris & New York, 1881. Fairholt, F W: Tobacco: its history and associations. Chatto and Windus, Piccadilly, 1876. Feldman, L: Oudtshoorn, Jerusalem of Africa. Natal Witness, Pietermaritzburg, 1989. Fridjhon, M and A Murray: Conspiracy of Giants, The South African Liquor Industry. Divarts Stein Publishers, 2001. Garner, W W: The Production of Tobacco. The Blakiston Company, Canada, 1951. Giliomee, H: The Afrikaners. Tafelberg, Cape Town, 2003. Godlonton, B G: Oudtshoorn and its farms. Press Advertising & Publishing Company, Cape Town, 1921. Goldie, Fay: Ostrich country. Books of Africa, Cape Town, 1968. Goldie, Fay: The Golden Bird. Garnet Publications, Durban, 1964. Greef,M: Eeufeesgedenkboek van die N.G, Gemeente Oudtshoorn,. Nasionale Handelsdrukkery Bpk., Elsiesrivier,1952. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 176 176 Green, Lawrence G: Karoo. Howard Timmins, Cape Town, 1955. Grosskopf, J F W: Plattelandsverarming en Plaasverlating. Die Armblanke-vraagstuk in Suid- Afrika, Deel I. Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1932. Hanekom, A: diepadkloofin. Gruisklippies Uitgewers, Mosselbaai, 1997. Hanekom, A: Die Bad se storie. Mosprint, Mosselbaai, 1997 Hopkins, H C: NG Kerk Calitzdorp, 1873 ? 1973. Nasionale Boekdrukkery, Elsiesrivier, Kaapstad, 1973. Janse van Rensburg, C J: Die verhaal Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelders Maatskappy Beperk, 1928 ? 2003. Standard Bank, 2003. Joelson, A: Herinneringe van Kohler van die KWV. Unie-Volkspers Beperk, Kaapstad, 1945. Joubert, Dian: Toe witmense nog arm was. Tafelberg, Kaapstad, 1972. Kannemeyer, J C: Langenhoven: ?n lewe. Tafelberg, Kaapstad, 1995. Kannemeyer, J C: Leroux: ?n Lewe. Protea Boekhuis, Pretoria, 2008. Kench, J , Hands, P and Hughes, D: The Complete Book of South African Wine. Struik Publishers, Cape Town,1983. Kolver, W R: Beheerde Bemarking van Tabak in Suid-Afrika. (Ongepubliseerde DPhil- verhandeling, Potchefstroomse Universiteit vir CHO,1962). KWV: Wyn, ?n Handleiding vir die Jeug. Kaap en Transvaal Drukkers Bpk.,Kaapstad, 1975. Leipold, M en AP, Melck: Ondersoek na die ekonomiese groeipotensiaal van Oudtshoorn, Buro vir Ekonomiese Ondersoek. Stellenbosch,1980 Le Roux, P O: Opvoedingstoestande in Oudtshoorn. (Ongepubliseerde MA ? verhandeling, Universiteit van Stellenbosch, Oktober 1942). Marais, D.F.: Aspekte van die Ko?peratiewe Bemarking van Blaartabak in die Unie van Suid-Afrika. (Ongepubliseerde M- verhandeling, Universiteit van Suid- Afrika, 1957). Martin, Annie: Home Life on an Ostrich Farm. George Philip & Son, London, 1890. Nell, Leon: Die oervlakte (Primordial Plains, Little Karoo). Ex Libris Design, Johannesburg, 2011. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 177 177 Nell, Leon: the Garden Route and Little Karoo. Struik Publishers, Cape Town, 2003. Nell, Leon: The Great Karoo. Struik Publishers, Cape Town, 2008. Nieuwenhuis, J.R Virginiese Tabak, (Ongepubliseerde M-verhandeling, US, 1967). Nixon, R: Dreambirds, The Natural History of a Fantasy. Transworld Publishers Ltd., London, 1999. Perreira, E: The unknown Pauline Smith. University of Natal Press, Pietermaritzburg, 1993. Playne, S: Cape Colony, (Cape Province) Its History, Commerce, Industries and Resources. J.C.Juta & Co., London 1911. Rootman, P J: Die funksies en invloedsfeer van stedelike gebiede van Oudtshoorn. (Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Stellenbosch, 1970). Schoeman, J: Volstruise: Strategie vir die toekoms. Werkstuk vir die Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van Stellenbosch, Julie 1990. Scheub, H: Secret Fire, The 1913-14 South African Journal of Pauline Smith. University of Natal Press, Pietermaritzburg, 1997. Sieberhagen, N: Die Plattelandse skool in Oudtshoorn. (Ongepubliseerde DPhil -proefskrif, US,1948). Sieberhagen, N: Gedenkboek by die Jubileumfees van die N.G, Kerk De Rust. Bowles Drukkers, Oudtshoorn, 1974. Smith, Pauline: The Little Karoo. Jonathan Cape, London, 1925. Stein, Sarah A: Plumes, Ostrich Feathers, Jews, and a Lost World of Global Commerce. Yale University Press, New Haven, 2008. Tait, N C: ?n Geografiese studie van die noordelike hange van die Outeniekwaberge in die Oudtshoorn-omgewing. (Ongepubliseerde M-verhandeling, Universiteit van Stellenbosch, 1967). Taylor, H W: Tobacco in South Africa. Tobacco culture with special reference to South African Conditions. Central News Agency, Ltd., Johannesburg, 1927. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 178 178 Van Niekerk, J A S: ?n Oorsig oor die ontwikkeling van Landbouko?perasies in die RSA, Promedia-Publikasies, Silverton, 1982. Van Tonder, J: The Little Karoo. Human & Rousseau, Kaapstad, 1998. Van Waart, S: Die Goue Kameelvo?l en die verhaal van die Klein Karoo. Klein Karoo Ko?perasie. Edson ?Clyde Press, 1995. Van Waart, S: Swartberg en sy mense. J P van der Walt-uitgewers,1989. Wagner, P: Die Volstruisverhaal. Chameleon Press, Kaapstad, 1986. Van Zyl, Dries: South African weather and atmospheric phenomena. Briza Publications, g.p., 2003. Van Zyl, D.J: KWV 1918 ? 1993. Human & Rousseau (Edms.) Bpk., Kaapstad, 1993. Van Zyl, D J: Langeberg, 50 jaar van inmaakprestasie, 1940 ? 1990. CTP Boekhandelaars, Kaapstad, 1990. Van Zyl, D: Natuurlike gebiede in Oudtshoorn: ?n inleidende studie tot die maatskaplike ekologie van ?n plattelandse dorp. (Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Stellenbosch,1944). Van Zyl Smit, D.J Volstruisboerdery in die Klein ? Karoo. V en R Drukkers, Pretoria, 1964. Vlok, J and A Vlok Plants of the Klein Karoo. Umdaus Press, Hatfield, 2010. Viljoen, P.J: Ek kyk terug. Suid-Afrikaanse Bybelvereniging, Pretoria, 1949. Wagner, P: Die Volstruisverhaal. Chameleon Press, Kaapstad, 1986. Wallace, Robert: Farming Industries of Cape Colony. P.S. King and Son, London, 1908. Wallace , Robert: Farming Industries of Cape Colony, P.S. King and Son, London, 1896. Wilcocks, R.W: Die Armblanke. Die Armblanke-vraagstuk in Suid-Afrika, Deel II. Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1932. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 179 179 II. INTERNET ARTIKELS: 1. Fires and Feathers: Acculturation, Arson and the Jewish Community in Oudtshoorn, SouthAfrica, 1914-1948Author(s): Daniel Coetzee.Reviewed work(s):Source: Jewish History, Vol. 19, No. 2 (2005), pp. 143-187, Published by: Springer Stable URL: http://www.jstor.org/stable/20100950. Accessed: 24/11/2011 04:http://www.jstor.org 2. Agricultural Co?peration in Tobacco Author(s): John Hanna Reviewed work(s): Source: Law and Contemporary Problems, Vol. 1, No. 3, Agricultural Readjustment in the South: Cotton and Tobacco: A Symposium (Jun., 1934), pp. 292-324. Published by: Duke University School of Law Stable URL: http://www.jstor.org/stable/1189464. 3. www.bonnita.co.za/ milk.html. III. PERIODIEKE PUBLIKASIES 1. Oudtshoorn Courant: 1914 ? 1979. 2. Landbouweekblad: 1919, 1925 ? 1927, 1959, 1964, 1975. 3. Farmer?s Weekly: 1962, 1955 IV. TYDSKRIF- EN KOERANTARTIKELS a) Chris Gilmore, Financial Mail, 2 June 2006. b) David Le Maitre, et al, ? Water resources in the Klein Karoo: the challenge of sustainable development in a water-scarce area?, SA Journal of Science 105, March, 2009. c) M T Hoffman, et al, ?Drought, climate change and vegetation response in the succulent Karoo, SA?, SA Journal of Science 105, January/ February 2009. d) The Journal of Agricultural Science, 1914. e) W J Steenkamp: ?Die W?reld van C J Langenhoven?, Geo-Stell, Vol.7. V. REGERINGSPUBLIKASIES a) Offisi?le Jaarboek van die Huise van Zuid-Afrika, 1910 ? 1918, Nr. 3. b) U.G.2- 15, Union of South Africa. Department of Agriculture. Report, April 1913 to 31 March 1914. Government Printers, Cape Town, 1915. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 180 180 c) U.G.12 ? 18, Unie van Zuid-Afrika. Rapport van de Struisvogelveren Kommissie benoemd Om Onderzoek in te stellen aangaande Struisvogel-Nijverheid. Cape Times Beperkt, Goevernements Drukkers, Kaapstad, 1918. d) Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1917, No.2.- 1918. Government Printer, Pretoria, 1919. e) Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1920, No.4.- 1921. Government Printer, Pretoria, 1921. f) Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1921, No.5.- 1922. Government Printer, Pretoria, 1923. g) Official Year Book of the Union of South Africa, 1910 ? 1922, No.6.- 1923. Government Printer, Pretoria, 1924. h) Official Year Book of the Union of South Africa, 1926 ? 1927,No.9.- 1926 - 1927. Government Printer, Pretoria, 1928. i) Official Year Book of the Union of South Africa, 1932 ? 1933,No.15.- 1932 - 1933. Government Printer, Pretoria, 1934. j) Official Year Book of the Union of South Africa, 1946, No.23.- 1946. Government Printer, Pretoria, 1947. VI. HISTORIESE MANUSKRIPTE 1. C.P. Nel museum biblioteek, Oudtshoorn. a) Anon.: Eeufeesgedenkprogram, 1847 ? 1947, Oudtshoorn Munisipaliteit, C.T.Ltd.,1947. b) Anon.:Produksie van Virginia-Tabak in die Unie van Suid-Afrika., Pamflet No. 188, Staatsdrukker, 1938. c) Anon.: Bokomo, 75 jaar van heilsaamheid, 1920 ? 1995, g.p., g.d. d) Anon.: The Penny Magazine, December 1832. e) Anon.:? n Oorsig van Wynbou in Suid-Afrika: 1957 ? 1958. f) Anon.: Farming Industries of Cape Colony, 1896. g) Anon.: Featherworld (?Top breeder?s most beautiful plumes?),n.d. h) Anon.: Jaarboek van Oudtshoorn Opleidingskollege, 1969. i) Anon.: Volstruisnywerheid Eeufees, Oudtshoorn, 3- 5 Oktober 1963, Odn Courant (publiseerders), 1963. j) Aschman- versameling: 1912 ? 1975. k) Dagboek van P M le Roux, 1908. l) Landbouweekblad, 02.05.1975. (S van Waart: Neem voortou in nuwe pruimtabak-era). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 181 181 m) Elsenburg Joernaal, 2000. Nasionale Departement van Landbou, Wes- Kaap, 2000. n) Elsie Meiring: Die Geskiedenis van die Tabakbedryf in Oudtshoorn. Ongepubliseerde manuskrip, 1987. o) M Boehmke, The Cape Argus, 29:04:1941. p) M Boehmke, Ongepubliseerde manuskripte:The History of Oudtshoorn 1 (Preliminery Notes); The History of Oudtshoorn 2 ( Helpful Bibliography & Miscellaneous Notes); The History of Oudtshoorn 3 ( Miscellaneous Notes); The History of Oudtshoorn 4, The History of Oudtshoorn 5, The Cape Argus, 29:04:1941. q) Notule boeke: The Oudtshoorn Tobacco Manufacturers, 1943 -1951. r) Olive R Brigman: 60 years in the Little Karoo, Ongepubliseerde manuskrip, 1970. s) P O le Roux: Opvoedingstoestande in Oudtshoorn. (Ongepubliseerde MA ? verhandeling, Universiteit van Stellenbosch, Oktober 1942). t) Piet Coetzee: Voordrag van die laaste voorsitter van Kango Wyn en Tabak, Ongepubliseerde manuskrip, 1.9.2010. u) Roger Mulholland, ?Little Karoo? Winery, S A Hotel Review, November 1949. v) S van Waart, Ostrich Magic. Unpublished manuscript, C P Nel Museum, Oudtshoorn, 2003. w) The Town Clerk: Oudtshoorn SA and the famous Cango Caves, Bowles Bros. Printers, 1926. 2. Elsenburg-biblioteek, Stellenbosch. a) Anon.:?n Oorsig van Wynbou in Suid-Afrika, 1957 ? 58. b) Anon.: Klimaat van Suid-Afrika, Weerburo, Dept. van Vervoer, Staatsdrukker, 1965. c) Boerdery in Suid-Afrika, September 1930. d) Cape of Good Hope. Official Handbook. Saul Solomon & Co., Cape Town, 1886. e) Department van Landbou: Verslag: Die Bedryfondersoek oor die volstruisbedryf in die RSA, November 1993. f) Farming in South Africa, Februarie 1927, Mei 1926. g) Joernaal van die Departement van Landbou, Februarie 1926. h) South African Journal of Science, October 1959. i) The Farmer?s Annual, Volume II, 1914. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 182 182 3. Klein Karoo Landbouko?perasie, Oudtshoorn. a) Anon.: Die Klein Karoo Landbouko?perasie Bpk. b) Anon.: Die Slagvolstruis (Abattoir Aktiwiteite),g.d. c) Anon.: Die KKLK-argief: getikte nota?s, 19.05.90. d) Anon.: Kango ? Historical Overview, 2001. e) Anon.: Volstruisland ? Die Klein Karoo,2 Augustus 1983. f) Burger, J D: Geleentheidstoespraak: Herdenking van vyftigste bestaansjaar van die Klein Karoo Ko?perasie, Oudsthoorn, 18 Augustus 1995. g) Coetzee, A P: Deregulation of the South African Ostrich Industry, 14.06.2002. h) Getikte notules, artikels en verslae deur J L Louw en andere. i) Inligting deur W B Appel oor die volstruis-abattoir. j) Inligting vir besoekers by looiery, geskryf deur J P Yzelle, looierybestuurder, 23.01.1990. k) Louw, J L: Bydrae vir 50e bestaansjaar van Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk soos gedikteer deur J L Louw op 7 Januarie 1995. l) Louw, J L: Die Volstruisbedryf en Klein Karoo Landbouko?perasie Beperk, 22 Maart 1990. m) Louw, J L: The essence of the involvement of the Klein Karoo Agricultural Co- op with the Ostrich Industry as compliled by J L Louw on 22 March 1990 to serve as conducting manual during visits by quests, Oudtshoorn, 1945 ? 1970. VII. ARGIVALE BRONNE Ongepubliseerd Argief- en Rekorddiens van die Wes-Kaap (WCARS) Department of Community Development (CDP) Vol. L?er nr. Onderwerp Tydperk 50 14/2 Korrespondensie 1975 VIII. PRIVAATVERSAMELINGS 1. Boerdery-dokumente van C J Meyer, boer en wynmaker van Rietvlei, Le Roux-stasie: Vragbriewe, omsendbriewe, korrespondensie. 2. Dagboeke van A J A Schoeman, boer van Doornkloof, De Rust, 1967 ? 1984. 3. Dokumente deur Alex Hooper beskikbaar gestel, geskryf deur ?n joernalis, Doug Alexander, g.d. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 183 183 4. Getikte dokumente van Rad? Meyer: Short History of the Mons Ruber Estate; gedeeltes van die Oudtshoorn Courant, 1882; Transkripsie van onderhoud gevoer met mnr Coenraad Josefus Meyer van die plaas Rietvlei, Le Rouxstasie, De Rust op 03:07:84 deur mev E van Zyl en mej S Schoeman; Some information about distilling and Brandy production at Mons Ruber; Mons Ruber en Potketel Brandewyn. 5. Privaatversameling van P M le Roux: Landbouweekblad, ( ?Gehalte is di? Volstruisboer se Geheim?), 27.10.1964; Landbouweekblad, (?Vrotmaag by Volstruise?), 02.08.1959; Oudtshoorn Courant, (?Rekord-rekord??), c.1976; Brief van Kango Tabakko?perasie: bewys van tabakkompetisie wat gewen is, 26.05.1994. 6. Privaatversameling van S D P le Roux: Tjekboekteenblaadjies. IX. PRIVAAT ONDERHOUDE a) A J A Schoeman( 86jr.), boer van die plaas, Doornkloof, De Rust. Verskeie onderhoude gevoer deur die loop van 2011 in die Ouetehuis, Oudtshoorn, en ook op 16.02.2012. b) Alex Hooper, eienaar van Highgate Volstruisvertoonplaas. Onderhoud gevoer: 14.02.2012. c) B Visser (70jr.), voormalige voorligtingsbeampte by die Proefplaas te Oudtshoorn, 1966- 2004. Onderhoud gevoer: 16.02.2012. d) Billy Engelbrecht, bestuurder van Safari, volstruisvertoonplaas, Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 14.02.2012. e) Boets Nel, eienaar van De Krans (vroe?r Die Krans), Calitzdorp. Onderhoud gevoer: 20.07.2012. f) D Grundling, wynboer, Grundheimkelder, Volmoed, Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 25.06.2012. g) D J Schoeman, wynboer en boerbokteler, Vlakteplaas, distrik De Rust. Onderhoud gevoer: 26.07.2012. h) Daan van Zyl (71jr.), voormalige bestuurder van Presmilk,Oudsthoorn, was vir 27 jaar lank mede-eienaar en bestuurder van Presmilk (vanaf 1971 tot 1998). Onderhoud gevoer: 19.10.2012. i) Dr Deon Wege (79jr.), veearts en vorige eienaar van Presmilk, Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 15.10.2012. j) F J Pretorius (Skillie) (90jr) , lid van die direksie van die Calitzdorp Ko?peratiewe Wynkelder 1964 ? 1991, voorsitter van die direksie 1976 ? 1991, wynboer van Calitzdorp. Onderhoud gevoer: 25.07.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 184 184 k) G C (Swepie) le Roux (75jr.), boer en wynmaker, oud-direkteur van die KKLK, Kango Tabak en Wyn Ko?perasie, KWV, van Doornkraal, De Rust, ook seun van die stigter van die KKLK en destydse Minister van Landbou, PMK le Roux. Onderhoud gevoer: 27.06.2012 en talle telefoongesprekke. l) Gerhard Olivier (75jr.), boer en 34 jaar lank direkteur van die KKLK, ook een van die eerste eienaars van Presmelk. Onderhoud gevoer: 20.09.2012. m) Ida Lipschitz (80jr.), mede-eienaar van volstruisskouplaas, Safari, buite Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 14.02.2012. n) Isidore Barron (86jr.), besigheidsman en verehandelaar, (gebore 1926, oorlede 2012 nadat onderhoud met hom gevoer is). Onderhoud gevoer: 16.02.2012. o) Jack Klass (76jr.), produseerder, boer, handelaar van Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 26.06. 2012. p) Jannie Maree (76jr), direksielid en voormalige voorsitter van KangoTabakko?perasie, boer van De Rust (veral tabak). Onderhoud gevoer: 3.03.2012. q) Johan Lategan (73jr.), sakeman, eienaar van Presmilk en al die suiwelinstansies in die Suid-Kaap vir ongeveer 15 jaar, boer van Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 20.09.2012. r) John Matthews (76jr.), seun van A L Matthews, ?n tabakfabriekeienaar van Oudtshoorn. Inwoner van Oudtshoorn vanaf 29.10.1935. Onderhoude gevoer: 2.12.2011, 15.12.2011, 01.02.2012. s) K de Jager (86jr), boer van Buffelsdrift, buite Oudsthoorn, boer 40 jaar met tabak buite Oudtshoorn. Onderhoud gevoer 26.12.2011. t) Koos Fourie, bemarkingsbestuurder van die KKLK, 1975 ? 1981, Onderhoud gevoer: 12.07.2012. u) P Schoeman (58jr.), volstruisboer van De Rust en vorige onder-voorsitter van KKLK. Onderhoud gevoer:15.01.2012. v) Pieter le Roux (65jr), seun van S D P le Roux, ?n volstruisboer van Oudemuragie, De Rust en self ook ?n boer van 1967 tot 2005. Onderhoude gevoer: 8.04.2011, 24.05.2011, 6.08.2011, 8.09.2011, 15.12.2011, 20.01.212, 27.02.2012 en meer. w) Prof Pieter Lategan (86jr.), boorling van die Oudtshoorn-distrik, het op ?n plaas grootgeword, emeritus professor in Mikro-biologie aan die Universiteit van die Vrystaat wat die suiwelkenner, Daan van Zyl, by die Presmilkfabriek aan gestel het. Onderhoud gevoer: 12.09.2012 en talle ander gesprekke. x) R Meyer (60jr.), boer en wynmaker van Mons Ruber, distrik De Rust. Onderhoud gevoer: 15.11.2011. y) Soon Potgieter, nasaat van Potgieter-broers en eienaar van dokumentasie van die Potgieters. Onderhoud gevoer:16.05.11. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 185 185 z) Stephen Muller (60jr.), boer, bestuurder van Karoo Valley Farms, Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 26. 06.2012. aa) W J V Baker (69jr.), diplomaat, wat diens gedoen het in verskeie lande van die EU. Onderhoud gevoer: 21.01.2012. bb) Wilfred Dicker (79jr.), prokureur en inwoner van Oudtshoorn vanaf 1935 ? 2001, prokureur vir 40 jaar in Oudtshoorn. Onderhoud gevoer: 20.01.2012. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za