Die ekoteks in die klaskamer

dc.contributor.authorLoubser, Henriëtteen_ZA
dc.date.accessioned2020-01-29T10:03:08Z
dc.date.available2020-01-29T10:03:08Z
dc.date.issued2019-12-09
dc.descriptionCITATION: Loubser, H. 2019. Die ekoteks in die klaskamer. LitNet Akademies, 16(3):678-711.
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractOmgewingsopvoeding (OO) behoort ’n belangrike deel van die totale opvoeding van ’n kind te vorm. Binne die klaskamerkonteks bied dit geleentheid vir die ontwikkeling van ’n bewuswees van sy/haar natuurlike omgewing, van ander vorme van lewe en van die mens se verhouding met en verantwoordelikheid vir ’n harmonieuse saambestaan met niemenslike bestaansvorme op ons planeet. Dit is belangrik dat opvoeders die potensiële rol van omgewingsgerigte verhale sal erken, kinders se liefde vir stories sal ontgin en die belangrike rol wat die ekoteks kan speel sal besef. Verskeie leerareas kan betrek word, byvoorbeeld taal (taalvaardigheid en geletterdheid), die wetenskappe en omgewingsopvoeding. Die verwondering wat ’n goeie storie bring kan die proses van wetenskaponderrig en omgewingsbewusmaking tot voordeel strek en daarom behoort elke onderwyser/opvoeder die waarde daarvan te besef en moeite te doen om dit aan te wend. Met hierdie artikel ondersoek ek die voorstelling van die mens-natuur-verhouding in ’n ekoteks en die benutting van daardie teks binne klaskamerverband. Praktiese voorstelle oor die benutting van die ekoteks in die klaskamer ten einde omgewingsgeletterdheid en taalvaardigheid by die jong kind te ontwikkel word aan die hand gedoen. Voorstelle ten opsigte van die keuse van geskikte tekste word gemaak en riglyne vir ekokritiese teksontleding word verskaf. Ten slotte word voorstelle ten opsigte van die beplanning van ’n interdissiplinêre les verskaf. Twee raamwerke word in die studie geïntegreer: ’n teoretiese raamwerk, wat ’n literatuurstudie oor die teoretiese dissiplines van die ekokritiek en die konstruktivisme behels, en ’n praktiese raamwerk, met die fokus op klaskamermetodiek waar ekotekste benut kan word. In vorige navorsingsartikels (Loubser 2016; 2017a en 2017b; 2018) het ek die belang van ekotekste as onderrigmedium bespreek. Die ekokritiese teoretiese agtergrond en bevindinge uit die navorsing word hier kortliks herbesoek. Wat vernuwend in hierdie artikel is, is dat klaskamermetodiek (gebaseer op ’n konstruktivistiese leerteorie) betrek word. Voorstelle vir lesbeplanning en die gebruik van ’n ekoteks in die klaskamer word verskaf.en_ZA
dc.description.abstractEnvironmental education (EE) needs to be an essential component in the total education of a child. In the classroom context it offers the opportunity to develop an awareness of the natural environment, of other life forms, and of the human relationship with and responsibility for harmonious coexistence with other-than-human life forms on our planet. It is crucial that educators acknowledge the potential role of environmentally oriented narratives and utilise children’s love for stories by applying ecotexts in classrooms.
dc.description.urihttps://www.litnet.co.za/die-ekoteks-in-die-klaskamer/
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent34 pages
dc.identifier.citationLoubser, H. 2019. Die ekoteks in die klaskamer. LitNet Akademies, 16(3):678-711.
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/107390
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectChildren's literatureen_ZA
dc.subjectYouth literatureen_ZA
dc.subjectEnvironmental educationen_ZA
dc.subjectLiteracy -- Educationen_ZA
dc.titleDie ekoteks in die klaskameraf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
loubser_ekoteks_2019.pdf
Size:
1.26 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: