Die identifisering van 'n geskikte vraelys vir die bepaling van lewenskwaliteit by Suid-Afrikaanse vroue met servikskanker

Date
2015-04-30
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS Publishing
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Servikskanker is een van die algemeenste kankertipes onder Suid-Afrikaanse vroue. In die afwesigheid van ’n voldoende voorkomende servikale sitologieprogram presenteer die meerderheid vroue met servikskanker in ’n gevorderde stadium. Die prognose van dié vroue, ondanks terapie, is beperk. Menslike immuniteitsgebreksvirus-infeksie (MIV-infeksie) benadeel die behandeling van servikale kanker. Servikskanker, en die behandeling daarvan, het ’n impak op die lewenskwaliteit van die vroue. Die objektiewe bepaling van lewenskwaliteit kan lei tot aanpassing van behandeling, asook toepaslike ondersteuning. Hierdie studie is gedoen om die mees geskikte vraelyste vir Suid-Afrikaanse vroue met servikskanker te identifiseer. Die twee vraelyste wat internasionaal die meeste gebruik word, is die European Organisation for the Research and Treatment of Cancer (EORTC) en die Functional Assessment of Chronic Illness Therapy Measurement System (FACIT). Deur die sistematiese ondersoek van gepubliseerde artikels is die twee vraelyste aan die hand van spesifieke kenmerke geëvalueer. Hierdie kenmerke sluit in: studiestruktuur (dwarssnit of prospektief), lewenskwaliteituitkoms (primêr of sekondêr), tydstip van gebruik tydens die siekte en die nasionaliteit van die studiebevolking. Gebaseer op hierdie kenmerke is die EORTC as die mees geskikte vraelys geïdentifiseer.
ENGLISH ABSTRACT: Cervical cancer is one of the commonest cancers among South African women. In the absence of an adequate, preventative cervical cytology programme, the majority of women present with an advanced stage of disease. Despite treatment, the prognosis for these women is poor. Furthermore, HIV and AIDS impacts adversely on the treatment of cervical cancer, whereas cervical cancer and its treatment again affect the quality of life. Objective assessment of the quality of life can improve treatment and supportive care. The current study was done to identify the most appropriate questionnaire to assess the quality of life experienced by South African women with cervical cancer. The European Organisation for the Research and Treatment of Cancer (EORTC) and the Functional Assessment of Chronic Illness Therapy Measurement System (FACIT) questionnaires are the most commonly used for assessment of the quality of life patients with cancer have. The current study assessed the appropriateness of these questionnaires for use in South Africa on the following criteria: study structure (prospective or transverse), quality of life endpoint (primary or secondary), timing of assessment during disease process and the nationalities of the study populations. The EORTC questionnaire was identified as the most appropriate for application to South African women with cervical cancer.
Description
CITATION: Du Toit, G. 2015. Die identifisering van 'n geskikte vraelys vir die bepaling van lewenskwaliteit by Suid-Afrikaanse vroue met servikskanker. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 34(1), Art. #1248, doi:10.4102/satnt.v34i1.1248.
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za
Keywords
Cervical cancer, Cancer -- Patients, Cervical cancer -- Patients -- Well-being
Citation
Du Toit, G. 2015. Die identifisering van 'n geskikte vraelys vir die bepaling van lewenskwaliteit by Suid-Afrikaanse vroue met servikskanker. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 34(1), Art. #1248, doi:10.4102/satnt.v34i1.1248.