Direkte vertaling van die Bybel as antieke teks : net ’n nuwe benaming vir ’n stokkerige woordelikse vertaling

Date
2014-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die term direkte vertaling kan maklik vereenselwig word met ’n stokkerige letterlike of woordelikse vertaling. Die doel van hierdie artikel is om te illustreer dat hierdie term soos wat dit in Die Bybel: ’n Direkte vertaling gebruik word, ’n spesifieke tegniese betekenis het, en dat dit verstaan moet word as ’n akademies verantwoordbare vertaalmodel wat vir die nuwe Bybel in Afrikaans geformuleer is. In hierdie artikel word, aan die een kant, ’n kritiese blik gebied op die vertaalteoretiese grondslae van die dinamies-ekwivalente 1983-vertaling en, aan die ander kant, die akademiese besinning wat ten grondslag van hierdie nuwe vertaling lê, beskryf. Die studie illustreer dat die term direkte vertaling ’n poging verwoord om ’n vernuwende oplossing te bied vir die eeue oue spanning tussen getrouheid aan die outeurs van die antieke bronteks en die verstaanbaarheid daarvan vir ernstige Bybellesers vandag. In die lig van die inferensiemodel van kommunikasie word geargumenteer dat Bybelvertaling ’n baie moeilike vorm van sekondêre kommunikasie is. Dit impliseer dat antieke tekste maklik misverstaan kan word indien die konseptuele wêreld van moderne lesers nie deur middel van ’n metateks nader aan dié van wêreld van die mense van die wêreld gebring word nie. Met verwysing na Rigters 6–8 word insigte vanuit veral die kognitiewe taalkunde oor hoe betekenis in taal werk, ingespan om te illustreer hoe die uitdagings ten opsigte van drie soorte kommunikasieleidrade die hoof gebied kan word in ’n direkte vertaling daarvan. Die voorbeelde illustreer dat ’n direkte vertaling gewone lesers te staan bring voor die andersheid van die taal, kultuur en wêreld van die Bybel. Vir Bybels-Hebreeuse taalkundiges en vertalers bring dit te staan voor die nugtere werklikheid van al die oorwegings wat in ag geneem (en nog nagevors) moet word as hulle ’n antieke teks direk probeer vertaal.
Description
CITATION: Van der Merwe, C. H. J. 2014. Direkte vertaling van die Bybel as antieke teks: net ’n nuwe benaming vir ’n stokkerige woordelikse vertaling?. LitNet Akademies, 11(3):290-315.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za/category/litnet-akademies-godsdienswetenskappe/
Keywords
Afrikaanse Bybels, Bible -- Afrikaans -- Versions, Bible -- Translating into Afrikaans, Translating and interpreting -- Methodology, Literal translations
Citation
Van der Merwe, C. H. J. 2014. Direkte vertaling van die Bybel as antieke teks: net ’n nuwe benaming vir ’n stokkerige woordelikse vertaling?. LitNet Akademies, 11(3):290-315.