Board member success: The development of a competency model

Date
2016-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : A need exists to understand and explain effective board functioning in a holistic sense with regard to corporate governance. Research has shown that meeting the formal, quantitative board outcomes (i.e. compliance with explicit rules and regulations that regulate board and director conduct), falls short of achieving the real intent behind corporate governance. This calls for a focus on also the informal, qualitative outcomes (e.g. group processes and board culture). The fulfillment of these board outcomes, however, constitutes only one part of the board member success equation. It is also important to understand how they are achieved, in other words, the demonstration of the required competency behaviours by individual directors to achieve the outcomes. This study proposes a holistic conceptualisation of board member success that includes the fulfillment of formal and informal board outcomes through the display of underlying competency behaviours. To this end, the intention was first to reach a broader understanding of board outcomes to align it better to the spirit of good corporate governance. Secondly, and most importantly, the study was geared towards explicating the behaviours necessary to execute these outcomes successfully. Moreover, the study aimed to explore the relationships between the competencies and the outcomes in order to better understand how these two sides of the same coin interact in order to create board member success. The literature review guided the development of a preliminary competency model reflecting proposed board outcomes and competency behaviours, as well as possible relationships between them. This was followed by a qualitative research phase including critical incident interviews with 22 directors and the use of grounded theory as strategy of inquiry to code and analyse the data. The results confirmed the relevance of the outcomes and competency categories, as well as demonstrated the interplay between them, thus generating a plausible model that can be empirically tested in follow-up studies. The process also led to the identification of behavioural dimensions underlying the competency categories, thus providing rich insights into the specific actions associated with good corporate governance. Together, these findings provide a valuable source of information that can inform the selection and development of directors, capable of creating effective corporate governance in a comprehensive manner.
AFRIKAANSE OPSOMMING : ʼn Behoefte is geïdentifiseer om die effektiewe funksionering van rade met betrekking tot korporatiewe bestuur op ʼn holistiese wyse te verstaan en te verklaar. Navorsing toon dat die voldoening aan die formele, kwantitatiewe raad-uitkomste (d.w.s. die nakoming van duidelike reëls en regulasies wat raad- en direkteurgedrag reguleer) tekort skiet met betrekking tot die bereiking van die werklike doel van korporatiewe bestuur. Dit vereis dat die fokus op ook die informele, kwalitatiewe uitkomste (bv. groep prosesse en raad-kultuur) val. Die vervulling van hierdie raad-uitkomste vorm egter slegs een deel van raadslidsukses. Dit is ook belangrik om te verstaan hoe hierdie uitkomste bereik word, met ander woorde, die demonstrasie van die vereiste bevoegdheidsgedrag van die individuele direkteure om die uitkomste te bereik. Hierdie studie stel ‘n holistiese konseptualisering van raadslidsukses voor wat die vervulling van formele en informele raad-uitkomste insluit deur middel van die vertoning van die onderliggende bevoegdheidsgedrag. Met dit as uitgangspunt was die eerste voorneme om ‘n breër begrip van raad-uitkomste te verkry en sodoende dit meer in lyn te bring met die gees van goeie korporatiewe bestuur. Tweedens, en die mees belangrikste doelwit, was om die studie te rig op die uiteensetting van die gedrag wat benodig word om hierdie uitkomste suksesvol uit te voer. Verder was die doel van die studie om die verwantskappe tussen die bevoegdhede en uitkomste te ondersoek om ‘n beter begrip te ontwikkel van die manier waarop die twee kante van dieselfde munt met mekaar in interaksie tree om raadslidsukses te skep. Die literatuuroorsig het gelei tot die ontwikkeling van ‘n voorlopige bevoegdheidsmodel wat die voorgestelde raad-uitkomste en bevoegdheidsgedrag, sowel as die moontlike verwantskappe tussen die twee, weerspieël. Dit is gevolg deur ‘n kwalitatiewe navorsings-fase wat kritieke insident-onderhoude met 22 direkteure insluit, asook die gebruik van gegronde teorie as ondersoekstrategie om die data te kodeer en te analiseer. Die resultate het die toepaslikheid van die uitkomste en die bevoegdheidskategorieë bevestig, asook insigte opgelewer met betrekking tot die wisselwerking tussen die twee, en sodoende ‘n geloofwaardige model tot gevolg gehad wat in verdere studies empiries getoets kan word. Die proses het ook gelei tot die identifisering van gedragsdimensies wat onderliggend is aan die bevoegdheidskategorieë, wat dus ryk insigte lewer met betrekking tot die spesifieke aksies wat met goeie korporatiewe bestuur geassosieer word. Hierdie bevindinge bied ‘n waardevolle bron van inligting wat kan bydra tot die selektering en ontwikkeling van direkteure wat in staat is om effektiewe korporatiewe bestuur in ‘n omvattende wyse te vestig.
Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2016
Keywords
Management -- Psychological aspects, Directors of boards -- Core competencies, Board members -- Behaviour models, Board members -- Core competencies, Corporate governance -- South Africa, Directors of boards -- Behaviour models, Management -- Core competencies, Success in business -- Psychological aspects, UCTD
Citation