The functioning of nuclear families affected by alcohol abuse of a father : the views of social workers

Date
2016-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Alcohol is a common substance for abuse among adults and teenagers, but most of all among the men in a household. In this study, the cause, effects and outcome of alcohol abuse by a father within a family were investigated and the researcher could identify the most common factors leading to individual alcohol abuse and how this behaviour eventually affects the family in general. In this study interviews were conducted with 20 social workers in the Western Cape who all have experience in service rendering in the field of alcohol abuse and specifically with regard to the general effects of alcohol abuse by a parent within the nuclear family. A combination of the qualitative – and the quantitative research approach was selected for this study. Furthermore, a combination of the exploratory - and descriptive research design was utilized as the framework for the implementation of the research approach. A purposive sample of twenty social workers was compiled, and data was collected through the means of semi-structured interviews following a pilot study to test the measurement instrument with only one social worker. The necessary changes were made to the measure instrument. Two literature studies are presented in this study, focusing on the prevalence and nature of alcohol abuse by fathers in nuclear families as well as the functioning of nuclear families affected by alcohol abuse by the father from a systems theory- perspective. These chapters two and three serve to achieve the first two objectives of this study. These two objectives deal with the understanding and description of the prevalence and nature of alcohol abuse by a father and the impact of this behaviour on the social functioning of the nuclear family. Chapter four is a presentation of the empirical study. Collected data was presented and analysed in accordance with the literature study. Data was analysed, through qualitative analysis and was presented according to identified themes, sub-themes and categories. Relevant tables, figures and participant narratives were used to further substantiate the analysis of data.
AFRIKAANS OPSOMMING: Alkohol is ‘n algemene afhanklikheidsvormende middel onder volwassenes en tieners, maar kom egter die mees algemene voor onder die mans in 'n huishouding. In hierdie studie is die oorsaak, effekte en gevolge van alkoholmisbruik deur 'n pa van ‘n gesin ondersoek en die navorser kon bepaal wat die mees algemene faktore is wat kan aanleiding gee tot individuele alkoholmisbruik deur die vader asook hoe hierdie verskynsel die gesin in die algemeen kan affekteer. In hierdie betrokke studie is onderhoude met met 20 maatskaplike werkers in die Wes-Kaap gevoer. Hierdie maatskaplike werkers het ondervinding van dienslewering binne die veld van alkoholmisbruik, maar veral ook van dienslewering aan gesinne waar die ouers van alkohol misbruik maak. Hierdie maatskaplike werkers is ook ervare ten opsigte van die algemene effekte wat alkoholmisbruik deur ‘n ouer op die gesin het. ‘n Kombinasie van die kwalitatiewe - en kwantitatiewe navorsingsbenadering is in hierdie studie benut. 'n Kombinasie van die verkennende - en beskrywende navorsingsontwerp is verder gebruik en het gedien as raamwerk vir die implementering van die navorsingsbenadering. 'n Doelgerigte steekproef van twintig maatskaplike werkers is saamgestel en data is ingesamel deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude nadat ‘n loodsstudie geïmplementeer is om eerstens die metingsinstrument op slegs een maatskaplike werker te toets en die nodige wysigings aan te bring waar nodig. Twee literatuurstudies word in hierdie studie aangebied. Hierdie literatuurstudies fokus op die voorkoms en aard van alkoholmisbruik deur vaders in gesinne en spesifiek hoe hierdie alkoholmisbruik die funksionering van gesinne raak met die klem op alkoholmisbruik deur die vader soos deur die sisteemteoretiese perspektief aangedui. Die doel van hierdie twee literatuurstudies soos in hoofstukke twee en drie opgeteken, was om die eerste twee doelwitte van die studie te bereik, wat handel oor die begrip vir en die beskrywing van alkoholmisbruik deur ʼn pa, asook die impak van hierdie gedrag op die maatskaplike funksionering van die nukleêre gesin. Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Hoofstuk vier is 'n aanbieding van die empiriese studie. Data wat ingesamel is, is aangebied en ontleed in ooreenstemming met die literatuurstudie. Data is voorts geanaliseer deur ‘n kwalitatiewe analise en aangebied volgens geïdentifiseerde temas, subtemas en kategorieë. Relevante tabelle, figure en deelnemerbeskrywings is benut om die ontleding van data te staaf. Hoofstuk vyf bied 'n oorsig van die gevolgtrekkings en aanbevelings in terme van die bevindinge van hierdie studie soos gebaseer op die menings van maatskaplike werkers oor die sosiale funksionering van 'n gesin waar alkohol deur die vaderfiguur misbruik word.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Alcoholism -- Social aspects, Social work with alcoholics, Alcoholics -- Family relationships, Children of alcoholics, UCTD
Citation