The intersection of health, states and security: global health security and the Ebola outbreak of 2014-15

Jacobs, Helena (2015-12)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2016.


ENGLISH ABSTRACT: The concept of health security has been gaining prominence since the 1990s due to a renewed awareness of emerging and re-emerging infectious diseases. The intersection between health, states and security is, however, a contested one. The central question raised by critics of the health security agenda is focused on the meaning and implications of the concept; specifically the aims, methods and values of health security. These questions boil down to “security for whom and security from what?” The answer many scholars come to is that global health security is concerned with the containment of potentially serious and rapidly spreading infectious diseases, and with disease surveillance. The point is made that the strengthening of surveillance for infectious diseases brings little benefit to any country which lacks the public health infrastructure necessary for an effective response. Health security is thus geared more towards outbreak containment rather than disease prevention. What this means is that global health security mechanisms become activated to contain infectious diseases and prevent them from spreading from their countries of origin. The burden of disease is consequently carried by developing nations which lack the capacity to address these epidemics. This classical conceptualisation of global health security therefore brings little benefit to developing nations. Andrew Lakoff (2010) theorises that the classical conceptualisation of global health security emphasises only one regime within Global Health Governance, and identifies a second regime “humanitarian biomedicine.” This regime aims to target diseases that currently afflict the poorer nations of the world in order to alleviate the suffering of individuals, regardless of national boundaries or social groupings. Humanitarian biomedicine offers a potential solution to the critique regarding what was left out of global health security. The aims of this study are to use Lakoff's thesis as a framework to explore how global health security initiatives play out in practice, what the aims of global health security initiatives are, what the methods by which attempts are made to reach these aims are, and what values underlie these interventions. The research question that this research investigates is thus whether the two regimes of global health security, as theorised by Lakoff, can be identified in practice in the event of an infectious disease outbreak such as the Ebola outbreak of 2014, and if so, what the implications or utility of a broader approach to global health security are. The main research question is supplemented by three sub-questions relating to (1) the implications of the development of a more humanitarian orientated global health security regime for developing states, (2) whether these two regimes can be complementary in practice as suggested by Lakoff and (3) what the existence of these two regimes provide in answer to the “security for whom, security from what?” question. It is found that two differing regimes can be identified in Global Health Governance initiatives during the Ebola outbreak. While aspects of a broader approach to global health security do exist, they are not the dominant considerations. The current configuration of Global Health Governance is not effective in addressing global health insecurity. A broader conceptualisation of health security that includes humanitarian concerns is thus necessary.

AFRIKAANS OPSOMMING: Die begrip gesondheidsekuriteit is van toenemende belang sedert die 1990’s as gevolg van ʼn hernude bewuswording van die gevare van bestaande en ontluikende aansteeklike siektes. Die kruispunt tussen gesondheid, die staat en sekuriteit is egter bestrede. Die kern vraag rondom gesondheidsekuriteit hou verband met die betekenis en implikasies van die konsep, veral met betrekking tot die doelstellings, metodes en waardes van gesondheidsekuriteit. Die vrae kom basies neer op “sekuriteit vir wie en sekuriteit van wat?” Die antwoord wat baie ontleders bereik is dat wêreldwye gesondheidsekuriteit gemoeid is met die bekamping van potensieel gevaarlike en snel verspreidende aansteeklike siektes, en die gepaardgaande waarneming van siektes. Die punt word gemaak dat die versterking van die waarnemingsmetodes van aansteeklike siektes min voordeel inhou vir lande wat nie oor genoegsame openbare gesondheidsinfrastruktuur beskik om effektief te reageer op die siektes nie. Gesondheidsekuriteit is dus meer aangepas vir die bekamping van uitbrake as die voorkoming van hierdie siektes. Wat dit beteken is dat wêreldwye gesondheidsekuriteit meganismes slegs geaktiveer word om aansteeklike siektes te bekamp en te voorkom dat hulle verder versprei van hul area van oorsprong. Die las van die siektes word dus deur ontwikkelende lande gedra, wat nie oor die vermoë beskik om die epidemies aan te spreek nie. Die oorspronklike konseptualisering van wêreldwye gesondheidsekuriteit hou dus min voordeel in vir ontwikkelende lande. Andrew Lakoff (2010) teoretiseer egter dat die oorspronklike konseptualisering van wêreldwye gesondheidsekuriteit slegs een regeringstelsel opmaak binne wêreldwye gesondheidsbestuur en identifiseer ʼn tweede regeringstelsel, die sogenaamde ‘humanitarian biomedicine’. Die stelsel poog om die siektes wat tans die armer lande in die wêreld kwel aan te spreek om so doende die lyding van individue te verlig ongeag van nasionaliteit of sosiale stand. Humanitarian biomedicine bied dus ʼn moontlike oplossing vir die kritiek oor wat uitgelaat is in wêreldwye gesondheidsekuriteit. Die doelwit van hierdie studie is om Lakoff se tesis te gebruik as ʼn raamwerk om te ondersoek hoe wêreldwye gesondheidsekuriteit in praktyk uitgevoer word, asook wat die doelwitte, metodes en waardes van hierdie ingrypings is. Die navorsingsvraag van hierdie studie is dus: kan die twee regeringstelsels van wêreldwye gesondheidsekuriteit, soos geteoretiseer deur Lakoff, in die praktyk geïdentifiseer word in die geval van ʼn uitbraak van ʼn aansteeklike siekte soos die Ebola uitbraak van 2014? Indien dit wel die geval is, wat is die implikasies of nuttigheid van ʼn breër benadering tot wêreldwye gesondheidsekuriteit? Die hoof vraag word aangevul deur drie verdere vrae wat verband hou met (1) die implikasies van die ontwikkeling van ʼn meer humanitêr georiënteerde wêreldwye gesondheidsekuriteit vir ontwikkelende state, (2) of die twee regeringstelsels in praktyk aanvullend kan wees soos voorgestel deur Lakoff, en (3) wat die bestaan van hierdie twee regeringstelsels bied in antwoord tot die vraag van “sekuriteit vir wie, sekuriteit van wat?” Daar word bevind dat die twee regeringstelsels wel geïdentifiseer kan word in wêreldwye gesondheidsbestuur inisiatiewe gedurende die Ebola uitbraak. Terwyl aspekte van ʼn breër benadering tot wêreldwye gesondheidsekuriteit dus wel bestaan, is dit nie die oorheersende oorweging nie. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die bestaande samestelling van wêreldwye gesondheidsbestuur nie geskik is vir die aanspreek van wêreldwye gesondheids-onveiligheid nie. ʼn Breër konseptualisering van gesondheidsekuriteit wat humanitêre bekommernisse insluit is dus nodig.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL:
This item appears in the following collections: