Woordeboeke en dowe gebruikers : huidige probleme en die behoefte aan beter oplossings

Date
2013
Authors
Fourie Blair, Hanelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Bureau of the WAT
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Gebaretaalleksikografie is 'n afdeling van die leksikografie wat tot dusver 'n grootliks vae, onbelangrike area was. Die ontwikkeling van gebaretaalleksikografie was in die verlede onderhewig aan verskillende vooroordele en beperkinge. Dit was dikwels nie nodig geag om 'n tweetalige woordeboek saam te stel waarin dit ook moontlik is om 'n gebaar op te soek nie aangesien tweetalige gebaretaalwoordeboeke grotendeels gemik was op horende persone wat die taal wou of moes leer. Daarby was dit baie moeilik vanweë die aard van gedrukte woordeboeke en die gebrek aan 'n ortografiese vorm van gebaretaal om gebare op 'n manier voor te stel én te rangskik sodat hulle opgesoek kan word sonder om van 'n geskrewe soekterm gebruik te maak. Daar is wel notasiesisteme ontwikkel in 'n poging om hierdie probleem te omseil, maar hierdie sisteme het nooit by gewone gebruikers wyd byval gevind nie. Die ontwikkeling van elektroniese gebaretaalwoordeboeke het egter gesorg vir 'n revolusie in gebaretaalleksikografie. Dit is nie meer ongewoon om elektroniese gebaretaalwoordeboeke te vind waarin nie net 'n woord nie, maar ook 'n gebaar soekbaar is, gewoonlik volgens een of meer van die gebaar se parameters, soos handvorm. Sulke woordeboeke maak dit moontlik vir 'n Dowe gebruiker om direkte toegang tot sy of haar eerste taal (gebaretaal) te bekom sonder enige kennis van die tweede taal (die geskrewe taal). Die artikel verwys ook na 'n nuutvoorgestelde model wat dit vir baie jong Dowe gebruikers moontlik maak om ook via konsep na gebaar of woord te soek.
ENGLISH ABSTRACT: Sign language lexicography is a branch of lexicography that has until now been a largely vague, unimportant area. The development of sign language lexicography has in the past been subject to various forms of bias and limitation. Often it was not considered necessary to compile a bilingual dictionary in which it is also possible to look up a sign because bilingual sign language dictionaries were mostly aimed at hearing people who wanted to or had to learn the language. In addition to that it was very difficult, owing to the nature of printed dictionaries and the lack of a sign language orthography, to present and order signs so that they may be searched without using a written search term. Some notation systems were developed in an effort to circumvent this problem, but these systems never found widespread acceptance with regular users. The development of electronic sign language dictionaries however have caused a revolution in sign language lexicography. It is no longer unusual to find electronic sign language dictionaries in which it is not only possible to search for a word, but also for a sign, usually according to one or more of the sign's parameters, like handshape. Such dictionaries make it possible for a Deaf user to obtain direct access to his or her first language (sign language) without any knowledge of the second language (the written language). The article also points out a newly proposed model for very young Deaf users which allows them to also search for a sign or word via concept.
Description
The original publication is available at http://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/1207
Keywords
Lexicography, Sign language -- Dictionaries, Deaf -- Means of communication
Citation
Fourie Blair, H. 2013. Woordeboeke en dowe gebruikers: huidige probleme en die behoefte aan beter oplossings. Lexikos, 23:113-134, doi:10.5788/23-1-1207.