Die gebruik van facebook as bedieningsmedium in verhoudingsgerigte jeugbediening

Date
2015-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Technology plays such an important role in the lives of today’s youth, that the use of technology causes existential change in their lives and even challenges the way we understand and define church. The existential changes that will be referred to in this study refers to the influence the use of technology has on all aspects of the users life; the forming of identity as Christian, interaction with people in and outside their social grouping, in and outside congregations, online and offline, the way youth gets involved in world events and the use of material things. Throughout this study it should be evident that the use of social media must be seen as a necessity for effective communication in youth ministry. Not only should the use of social media be a part of youth ministry, but the effect it has on youth should also be noted. This study will, with the previous information in mind, develop a better understanding of how Facebook is used by youth workers to promote relational youth ministry. The research question can thus be put as follow: How can the use of Facebook make a contribution to relational youth ministry? With the goal and background of this study in mind, different chapters will be dedicated to the different goal settings for this study, like they are listed on page 3, namely: Discussion of the theological essence of this study (chapter 2), discussion of the theological grounding of relational youth ministry (chapter 3), the determining of the prominence of relationships during the phase of adolescence (chapter 4), the determining of the role of social media on the lives of adolescents (chapter 5), description of the research methodology of the study (chapter 6) and the determining of the impact the use of Facebook has on relationships in youth ministry (chapter 7). Chapter 8 concludes this study with final remarks on the findings of this research, for example: Adolescents does not use Facebook like expected, but Facebook still provides youth workers the potential to form and maintain relationships. Suggestions is also made in this last chapter for example: congregations should reevaluate the audience of their Facebook communication and also that certain other social media platforms should be used in synergy with Facebook for more effective communication with adolescents in creating, maintaining and enhancing relationships.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Tegnologie speel so ’n belangrike rol in die lewens van veral die hedendaagse jeug dat die gebruik daarvan ’n eksistensiële verandering teweegbring en selfs die wyse van kerk-wees uitdaag. Die eksistensiële verandering in hierdie studie sal verwys na die invloed wat die gebruik van hierdie tegnologie het op alle aspekte van die gebruiker se bestaan, bv. die vorming van identiteit as Christen, interaksie met mense binne en buite hulle sosiale groep, binne en buite gemeentes en aanlyn en van lyn af, die manier waarop jeug betrokke is by wêreldgebeure en die verbruik van goedere. Tydens hierdie studie behoort dit duidelik te word dat die gebruik van sosiale media in jeugbediening nodig is as daar op ’n effektiewe manier gekommunikeer wil word. Nie net behoort die gebruik van sosiale media ’n deel te vorm van bediening aan die jeug nie, maar daar moet ook gelet word op die effek daarvan op die jeug. Hierdie studie wil, met bogenoemde in ag geneem, ’n beter verstaan ontwikkel van die gebruik van Facebook deur jeugwerkers ter bevordering van verhoudingsgerigte jeugbediening. Die navorsingsvraag kan dus so gestel word: Hoe kan die gebruik van Facebook bydra tot die bevordering van verhoudingsgerigte jeugbediening? Met die doel van die studie en die agtergrond daarvan in gedagte, sal in die volgende hoofstukke in diepte aandag gegee word aan die verskillende doelstellings wat gestel word op bl. 3, naamlik: Die stel van die teologiese aard van die studie (hoofstuk 2), die stel van die teologiese begronding vir verhoudingsgerigte jeugbediening (hoofstuk 3), die bepaling van die prominensie van verhoudings tydens die fase van adolessensie (hoofstuk 4), die bepaling van die rol van sosiale media in die lewens van adolessente (hoofstuk 5), Beskrywing van die navorsingsmetodologie wat gevolg is in die studie (hoofstuk 6) en vasstelling of die gebruik van Facebook enige impak het op verhoudings binne jeugbediening (hoofstuk 7). Hoofstuk 8 sluit die studie af met konklusies oor die bevindings van hierdie navorsing soos dat Facebook moontlik nie deur adolessente gebruik word soos verwag nie, maar dat die gebruik van Facebook steeds geleentheid aan jeugwerkers/jeugpredikante bied vir die vorming en instandhouding van verhoudings. Voorstelle word ook gemaak soos dat gemeentes se Facebook kommunikasie gehoor geherevalueer moet word en dat sekere ander sosiale media platforms, in samewerking met Facebook, gebruik moet word om meer effektief met adolessente te kommunikeer ter vorming, instandhouding en bevordering van verhoudings.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Social media, Church work with youth, Facebook, UCTD
Citation