Die opleiding van bedryfsielkundiges aan die Universiteit van Stellenbosch
Augustyn, J. C. D. ; De Villiers, W. S. ; Raubenheimer, I. Van W ; Van Biljon, I. J. (1978-11)
CITATION: Augustyn, J.C.D., et al. 1978. Die opleiding van bedryfsielkundiges aan die universiteit van Stellenbosch. SA Journal of Industrial Psychology / SA Tydskrif vir Bedryfsielkunde : 1-6, doi: 10.4102/sajip.v0i0.301
The original publication is available at http://www.sajip.co.za
Article
Die aanbieding van Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gaan sover terug as 1943 toe daar binne die Departement Sielkunde met 'n afsonderlike kursus in Bedryfsielkunde vir B.Comm.-studente 'n begin gemaak is. Hierdie kursus is in 1949 uitgebrei tot die derde jaar, toe dit moontlik geword het om 'n B.Comm.-graad met Bedryfsielkunde as een van die hoofvakke te behaal.