Onderwysstudente se parodieë as hibridiese tekste : ’n navorsingsverslag
Date
2006-08
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS Publishing
Abstract
Parody as hybridic text: research report
Parody can be seen as one of the techniques of selfreferentiality
through which a consciousness of the context
dependency of meaning is revealed in an aesthetic way. This
article explores the theoretical background of parody as literary
style against which the researcher challenged a group of
teacher education students in a research programme to
generate their own parodies. The task required that they
choose a well-known fairy tale and use its structure to mock
their own society. Students of another group were asked as the
writers’ peers to read the stories in order to engage in a
dialogue between encoder and decoder in the process of
reception.
The educational aim of the programme was to equip students to
reflect critically and react creatively to social, political and
economic issues that surround them. Furthermore, the
researcher wanted to discover how these texts would generate
a flexibility, fluency and hybridity in relationship with the
students’ cultural identity and how they would project their own
liminality in a no-man’s land between youth and adulthood.
Analysis and interpretation of the parody texts revealed themes
of late capitalism, materialism and consumerism, as well as
typical student cultural manifestations of language usage and
some of their existing attitudes toward the South African
political society in post-apartheid. The students’ parodies have
intertextual density with imitation and subversion of the original
text contexts and values. The writers used a variety of stylistic
techniques to generate double-voiced narratives as manifestation
of literary creativity.
Parodie kan gesien word as een van die tegnieke van selfreferensialiteit waardeur die outeur se bewussyn van die kontekstuele afhanklikheid van betekenis estetiese vergestalting vind. Hierdie artikel verken die teoretiese agtergrond van parodie as literêre styl, sowel as die navorser se bevindings van ’n navorsingsprogram waarbinne ’n groep onderwysstudente uitgedaag is om hul eie parodietekste te genereer. Die taak was om ’n bekende sprokie te kies en die struktuur daarvan te gebruik om met die samelewing te spot. ’n Ander groep studente het in die navorsingsprogram as portuurlesers opgetree, om deur die lees van die nuwe parodieë in ’n dialoog tussen enkodeerder en dekodeerder te tree. Die opvoedkundige doelwit van die onderrigprogram wat deel van die navorsingsprogram was en waarvan verslag gelewer word, was om onderwysstudente toe te rus om krities te reflekteer en kreatief skrywend te reageer op sosiale, politieke en ekonomiese kwessies wat hulle omring in die samelewing. Verder wou die navorser ontdek hoe hierdie kreatiewe skryfpogings buigsaamheid, vlotheid en hibriditeit in verhouding tot die studente se kulturele identiteit uitbeeld. Die analise en interpretasie van die parodietekste het verskeie temas van laat-kapitalisme, materialisme en ’n verbruikersamelewing aangetoon, sowel as tipiese studentekulturele manifestasies van taalgebruik en bestaande houdings teenoor die Suid-Afrikaanse sosiaal-politiese samelewing in postapartheid. Die studente se parodieë het intertekstuele digtheid getoon, met nabootsing en omkering van die oorspronklike tekste se kontekste en waardes. Uiteindelik het die studente as outeurs ’n verskeidenheid stilistiese tegnieke gebruik om dubbelstemmige narratiewe te skep.

Description
CITATION: Kruger, E. 2006. Onderwysstudente se parodieë as hibridiese tekste : ’n navorsingsverslag. Literator, 27(2): 83-108, doi:10.4102/lit.v27i2.194.
The original publication is available at http://www.literator.org.za

Keywords
Student teachers -- South Africa, Parody in literature, Critical thinking, Reasoning -- Study and teaching
Citation
Kruger, E. 2006. Onderwysstudente se parodieë as hibridiese tekste : ’n navorsingsverslag. Literator, 27(2): 83-108, doi:10.4102/lit.v27i2.194