Metodes van werwing, keuring en opleiding van pleegouers vir die doeltreffende versorging van sorgbehoewende kinders

Date
2014-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: According to the South African Constitution, every child has the right to parental care, family care or an approriate form of alternative care. In 2005 in South Africa over 3.4 million orphans did not have access to this right. This was as a result of a shortage of alternative care options. The motivation for this study emerged because foster care is the first placement option for family-based care in South Africa. However there is still a gap in South African literature on the recruitment of foster parents, especially the recruitment of non-relative foster parents and foster parents for cluster foster care homes. Without the knowledge of how to recruit and train foster parents effectively, many children in need of care would stay void of their constitutional rights in this regard. To explore the methods of recruitment, selection and training of foster parents, a combination of quantitative and qualitative research approaches were utilised. Together with that approach an exploratory design, was used. This was done to explore the research topic in literature and examine the views of social workers on the recruitment, selection and training of foster parents. In the literature study the nature and structure of foster care was examined in the context of the South African legislation, followed by an outline of the criteria of children in need of care according to the Children's Act (38/2005). The different phases of the foster care process were discussed according to the tasks and responsibilities of the social worker during this process. Then the different methods of recruitment, selection and training of foster parents were discussed individually on the basis of national and international literature. The exploratory research design was used for the purpose of the empirical study to investigate and analyse the views of social workers regarding the recruitment, selection and training of foster parents. Finally conclusions and recommendations were made based on the findings of the empirical study in order to recommend ways for social workers to be more effective in recruitment, selection and training of foster parents for the large number of children in need of alternative care.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Elke kind in Suid-Afrika het die reg volgens die Grondwet (1996:1255) tot ouerlike sorg, familiesorg, of andersins tot gepaste alternatiewe sorg. In 2005 het 3.4 miljoen weeskinders in Suid-Afrika nie toegang gehad tot hierdie reg nie, as gevolg van `n tekort aan alternatiewe sorg opsies. Die motivering vir hierdie studie is omdat pleegsorg die eerste plasingsopsie as gesinsgebaseerde-sorg in Suid-Afrika is terwyl daar ʼn leemte in Suid-Afrikaanse literatuur bestaan oor die werwing van pleegouers, spesifiek die werwing van nie-familie lede as pleegouers en pleegouers vir groep pleegsorg skemas. Indien nie genoeg pleegouers gewerf en opgelei word as versorgers van sorgbehoewende kinders nie, word die reg van ouerlike sorg steeds van vele sorgebehoewende kinders weerhou. Om metodes van werwing, keuring en opleiding van pleegouers te ondersoek is ʼn kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings gebruik, tesame met `n verkennende ontwerp om eers die navorsingskwessie in die literatuur te verken en dan te ondersoek wat die sienings van maatskaplike werkers is oor die werwing, keuring en opleiding van pleegouers. Eerstens word die aard en struktuur van pleegsorg in die konteks van die Suid-Afrikaanse wetgewing ondersoek, gepaardgaande met `n definieering van die kriteria van sorgbehoewendendheid van kinders volgens die Kinderwet (38/2005). Die verskillende fases van die pleegsorg proses is volgens die take en verantwoordelikhede van die maatskaplike werker bespreek. Tweedens is die verskillende metodes van werwing, keuring en opleiding van pleegouers afsonderlik bespreek aan die hand van nasionale en internasionale literatuur. Die verkennende navorsingsontwerp is vir die doel van die empiriese studie gebruik om die sienings van maatskaplike werkers oor die werwing, keuring en opleiding van pleegouers te ondersoek en te ontleed. Laastens word daar gevolgtrekkings en aanbevelings geformuleer wat gebaseer is op die bevindinge van die studie ten einde maatskaplike werkers te lei om meer effektief pleegouers te werf, keur en op te lei vir die groot aantal sorgbehoewende kinders wat volgens die Grondwet(1996:1255) die reg het op ouerlike sorg.
Description
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
Foster home care -- South Africa, Foster parents -- South Africa, Foster parents -- Selection and appointment -- South Africa, Foster parents -- Recruiting -- South Africa, Dissertations -- Social work, Theses -- Social work, UCTD
Citation