Teoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel

Date
2013
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Hierdie artikel rapporteer die bevindinge van ʼn kwalitatiewe studie wat ten doel gehad het om ondersoek in te stel na die selfkonsep van studente tussen die ouderdom van 18 en 22 jaar wat hakkel.1 Die doelstellings van die navorsing was om (i) die selfkonsep van studente wat hakkel te verken en te beskryf deur middel van hulle belewing daarvan in terme van die verskillende dimensies van die selfkonsep, (ii) enkele determinante te identifiseer wat kan bydra tot ʼn ruimer begrip van die wyse waarop die selfkonsep van die betrokke studente manifesteer, en (iii) holistiese wyses van ondersteuning binne die psigoterapeutiese en onderrig- en leeromgewings te beskryf. Laat-adolessensie word veral gekenmerk deur betekenisvolle ontwikkeling van ʼn persoon se selfkonsep. Adolessente se verhoogde selfbewustheid en ontvanklikheid vir evaluering deur die portuurgroep word as belangrike faktore in die verwerking van inligting ten opsigte van die self beskou. Daaruit kan afgelei word dat die selfkonsep van studente wat hakkel waarskynlik beïnvloed word deur hul bewustheid van luisteraars se reaksies. By wyse van semigestruktureerde individuele onderhoude bestaande uit oop vrae, asook ʼn fokusgroep, is op induktiewe wyse ondersoek ingestel na die selfkonsep van studente wat hakkel. Resultate wat deur middel van die konstante vergelykende metode van data-ontleding verkry is, het geïllustreer dat die selfkonsep as uitdrukking dien van die betrokke studente se verhouding met hakkel en die verskillende dimensies daarvan. Die identifisering van enkele intra- en interpersoonlike determinante dra, tesame met die prosesse van psigiese heling en verwonding, waarskynlik by tot die vorming van die selfkonsep van studente wat hakkel. Hierdie ondersoek vul ʼn leemte in die literatuur oor die onderwerp en bevindinge kan bydra tot die ontwikkeling van omvattende intervensie- en ondersteuningsraamwerke gerig op die positiewe integrasie van hakkel as deel van die selfkonsep.
The phenomenon of stuttering encompasses personal experiences that contribute to the forming of the self-concept of a person who stutters. In the past, research regarding the experiences of people who stutter resulted mostly in reducing stuttering to observable symptoms within a positivistic framework. This increased search for – and focus on – the causes, "treatment" and "curing" of stuttering has probably contributed to an under-emphasis on the manner in which the person makes sense of his or her stuttering. Holistic support, however, focuses not only on dealing with stuttering, but also on the positive integration of stuttering into someone’s self-concept – regardless of the pain or distress associated with it.
Description
CITATION: Conradie, K. & Swart, E. 2013. Teoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel. LitNet Akademies, 10(2):629-667.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Stuttering, Self-perception
Citation
Conradie, K. & Swart, E. 2013. Teoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel. LitNet Akademies, 10(2):629-667.