A comparative analysis of Shale Gas Extraction Policy : potential lessons for South Africa

Date
2013-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Since its arrival onto the U.S. energy scene in the early 2000s, shale gas has had a significant impact on the global energy market. The fact that the shale gas supply of a single country has had such a widespread influence on the global energy market hints at the power that this energy resource holds as a ‘game changer’. With the fifth largest estimated shale gas reserves in the world, South Africa now faces the challenge of developing its own shale gas resources in the Karoo Basin. Having lifted the moratorium on hydraulic fracturing in September 2012, the South African government has indicated its interest in pursuing the commercial extraction of the country’s estimated shale gas reserves. This comes in light of the country’s potential energy crisis, as well as an increased role for natural gas in the country’s energy mix. South Africa has no history of shale gas extraction and currently has no legislation or regulatory practices in place to deal specifically with shale gas and hydraulic fracturing. The South African government thus faces the challenge of drawing policy lessons from other experienced shale gas-producing nations, such as the U.S., to close these regulatory gaps and exploit its national shale gas resources in an environmentally and economically responsible way. Consequently, this thesis focuses on the regulation of the American shale gas industry by asking what policy lessons the South African government can draw from the United States of America on its regulation of shale gas extraction. Richard Rose’s lesson-drawing approach to policy learning was adopted as the theoretical framework for this study and can also be applied as an analytical tool to aid in data collection and data analysis. Furthermore, the framework was operationalised through the research methods used for this case study, which consisted of a review of literature on the U.S. regulation of shale gas extraction. This research produced a number of key findings in the form of policy lessons for South Africa. Four main policy lessons were drawn on the regulation of shale gas extraction: regulation of shale gas extraction must occur at all levels of government—national, provincial and local; policy research must be used to inform policymaking for the development of new legislation specific to shale gas and hydraulic fracturing, so as to avoid regulatory exemptions often linked to ad hoc policymaking on shale gas extraction; each level of government and their related regulatory agencies must have clearly defined regulatory roles relating to shale gas and hydraulic fracturing; and finally, there must be uniformity in terms of the regulatory focus of shale gas regulators at all levels of government.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert skaliegas vroeg in die jare sedert 2000 op die Amerikaanse energietoneel verskyn het, het dit ‘n beduidende impak op die globale energiemark gehad. Die feit dat die voorraad skaliegas van een land so ‘n wydverspreide invloed gehad het op die globale energiemark is ‘n aanduiding van die mag van hierdie energiebron as ‘n spel-wisselaar.Suid-Afrika het die vyfde-grootste skaliegasreserwes ter wêreld, en staan nou voor die uitdaging om sy eie skaliegasreserwes in die Karookom te ontwikkel. Nadat die moratorium op hidrobreking in September 2012 opgehef is, het die Suid-Afrikaanse regering aangedui dat hulle belangstel om die land se beraamde skaliegasreserwes kommersieel te ontgin. Dit het ontstaan in die lig van die potensiële energiekrisis wat Suid-Afrika in die gesig staar, asook die begeerte dat aardgas ‘n groter rol moet speel in die land se mengsel van energiebronne. Suid-Afrika het geen geskiedenis van skaliegasontginning nie en tans is daar geen wetgewing of regulerende praktyke in plek wat spesifiek te make het met skaliegas en hidrobreking nie. Die Suid-Afrikaanse regering staan dus voor die uitdaging om te leer uit die beleidsrigtings van ander ervare skaliegaslande soos die V.S.A. ten einde hierdie leemtes in regulering op te hef en sy nasionale skaliegasreserwes op ‘n omgewingsvriendelike en ekonomies-verantwoordelike manier te ontgin. Gevolglik fokus hierdie tesis op die regulering van die Amerikaanse skaliegas-industrie deur te vra watter beleidslesse die Suid-Afrikaanse regering kan leer by die Amerikaanse regering oor die regulering van hulle skaliegasontginning. Richard Rose se 'lesson-drawing'-benadering tot die leer van beleid is aanvaar as die teoretiese raamwerk vir hierdie studie en kan ook aangewend word as 'n analitiese instrument om te help met dataversameling en -analise. Die raamwerk is verder geoperasionaliseer deur die navorsingsmetodes wat gebruik is vir hierdie gevallestudie, wat bestaan het uit 'n oorsig van die literatuur oor die V.S.A. se regulering van skaliegasontginning. Hierdie navorsing het ‘n aantal sleutelbevindinge opgelewer in terme van beleidslesse vir Suid-Afrika. Die vier vernaamste beleidslesse oor die regulering van skaliegasontginning wat na vore gekom het, is die volgende: die regulering van skaliegas moet op alle vlakke van regering geskied – nasionaal, provinsiaal en op plaaslike vlak; navorsing oor beleid moet gebruik word om beleidsvorming in te lig sodat nuwe wetgewing ontwikkel kan word wat spesifiek gerig is op skaliegas en hidrobreking, ten einde uitsonderings op regulering te voorkom wat dikwels verbind word met ad hoc beleidsformulering; elke vlak van regering en sy verwante reguleringsagentskappe moet duidelik gedefinieerde reguleringsrolle hê ten opsigte van skaliegas en hidrobreking; en, ten slotte, daar moet eenvormigheid wees in die reguleringsfokus van skaliegasreguleerders op alle vlakke van regering.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Shale gas extraction -- Government policy -- South Africa -- Great Karoo, Shale gas extraction -- Government policy -- South Africa -- Little karoo, Fracking -- Environmental aspects -- South Africa -- Karoo, Fracking -- Government policy -- South Africa -- Karoo, Fracking -- Economic aspects -- South Africa, Theses -- Political science
Citation