Knowledge, attitudes and practices of male circumcision as an HIV prevention method among males in a Mine, Geita, Tanzania

Date
2013-03
Authors
Mubekapi, Constance
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: HIV and AIDS remains the most important public health problem in Tanzania. Male Circumcision (MC) has been hailed as an effective intervention for the prevention of HIV-1 among heterosexual transmission. There is convincing evidence that MC has a positive effect on the control of HIV infection. As a result, this procedure has been widely promoted as a preventive effort that might have a significant decrease in the rate of HIV transmission. This study aimed to establish the knowledge, attitudes and practices of MC as an HIV prevention strategy among males in Geita Gold Mine (GGM), Geita, Tanzania. Random sampling was used to select participants (n=164) who worked at GGM. Respondents were asked to complete a standardised self-reported questionnaire. In total, 95 participants (57.9%) were circumcised while 69 (42.1%) were not circumcised. The acceptability of MC among uncircumcised males was high (95.6%). Reasons for this desire included prevention of STIs/HIV, promoting hygiene and for religious and cultural grounds. Overall, the majority of the respondents were knowledgeable about the health benefits of MC. Nearly all respondents (89.6%) expressed willingness to circumcise a male child. This study provided baseline information with regards to male circumcision among GGM employees. Though data reveals that respondents were aware of the health benefits of MC, results indicated that there is need to further impact this knowledge and promote the adoption of the practice among uncircumcised individuals/communities on a larger scale. It was recommended that the mine, through its HIV/AIDS programme, should promote MC awareness and recommend appropriate channels for access to MC for its employees.
AFRIKAANSE OPSOMMING: MIV en VIGS is steeds die belangrikste gesondheidsprobleem in Tanzanië. Manlike besnyding (MC) is lof toegeswaai as ‘n doeltreffende intervensie vir die voorkoming van MIV-1 veral wat betref heteroseksuele oordraging. Daar is oortuigende bewys dat MC ‘n positiewe invloed op die beheer van MIV-infeksie het. Die gevolg is dat dié prosedure wyd en ver lof toegeswaai is as ‘n voorkomende poging wat ‘n beduidende afname in die tempo van MIV-oordraging kan teweeg bring. Die doel van hierdie studie was om die kennis, ingesteldhede en praktyke van MC as ‘n MIV-voorkomingstrategie onder mans by die Geita-goudmyn (GGM) in Geita in Tanzanië te bepaal. Ewekansige steekproewe is van gebruik gemaak om deelnemers (n=164) te selekteer wat in diens van GGM is. Respondente is versoek om ‘n gestandardiseerde selfverslagdoeningsvraelys te voltooi. In totaal was 95 deelnemers (57,9%) besny en 69 (42,1%) was nie besny nie. Die aanvaarbaarheid van MC onder onbesnyde mans was hoog, naamlik 95,6%. Redes vir die koestering van hierdie begeerte het onder meer die voorkoming van seksueel oordragbare infeksies/MIV en die bevordering van hygiene ingesluit – verskeie godsdienstige en kulturele redes is ook in hierdie verband gemeld. In die geheel was die meerderheid van die respondent ingelig oor die gesondheidsvoordele van MC en bykans almal van hulle (89,6%) het te kenne gegee dat hulle ‘n seun sou wou laat besny. Hierdie studie het basiese inligting opgelewer met betrekking tot manlike besnyding onder GGM-werknemers. Hoewel data daarop dui dat respondente heel bewus is van die gesondheidsvoordele wat MC inhou, dui die bevindinge daarop dat daar die behoefte bestaan om hierdie kennis verder uit te brei en die aanvaarding van dié gebruik onder onbesnyde individue/gemeenskappe op groter skaal te bevorder. Daar is aanbeveel dat die myn deur middel van sy MIV/VIGS-programme die bewusmaking van MC behoort te bevorder en toepaslike wyses daar moet stel sodat MC vir sy werknemers ‘n uitvoerbare opsie word.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Dissertations -- Industrial psychology, Theses -- Industrial psychology, Assignments -- Industrial psychology, Dissertations -- HIV/AIDS management, Theses -- HIV/AIDS management, Assignments -- HIV/AIDS management, HIV infections -- Tanzania -- Geita District -- Prevention, Circumcision -- Tanzania -- Geita District, Miners -- Health and hygiene -- Tanzania -- Geita District
Citation