Die impak van kritiek op die samestelling van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Date
2004
Authors
Botha, Willem F.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Buro vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Abstract
Die WAT se sensitiwiteit vir kritiek blyk duidelik uit die feit dat geeneen van die hoofpunte van kritiek ten opsigte van die eerste ag dele in die kritiek op dele IX en X herhaal word nie. Ensiklopediese behandeling van leksikale items, die ingewikkeldheid of onverstaanbaarheid van betekenisverklarings, die ondeurdagte aanwending van voorbeeldmateriaal, stadige alfabetiese vordering en die afwesigheid van volledige uitspraakleiding figureer derhalwe nie in die kritiek op dele IX en X nie. Die artikel gee 'n oorsig van die hoofpunte van kritek op dele IX en X en bespreek hoe die WAT in daaropvolgende dele op die kritiek gereageer het. In gevalle waar daar nie op geldige kritiek ag geslaan is nie, of waar die kritiek nie met praktiese voorstelle gepaardgegaan het nie, word aanpassings aan die hand gedoen. Sodoende word die wisselwerking tussen leksikografiese teorie en praktyk 'n dinamiese proses.
Description
The original publication is available at http://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/680
Keywords
Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Afrikaans language -- Dictionaries -- History and criticism
Citation
Botha, W. F. 2004. Die impak van kritiek op die samestelling van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Lexikos, 14:1-16.