Tenure security in relation to farmland

Date
2012-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Section 25(6) of the Constitution of the Republic of South Africa 1996 guarantees legally secure tenure to persons whose tenure of land is insecure as a result of past racially discriminatory laws and practices. The Extension of Security of Tenure Act 62 of 1997 (ESTA) and the Land Reform (Labour Tenants) Act 3 of 1996 (LTA) were enacted to give effect to section 25(6), read with section 25(9) of the Constitution, with the aim to improve and strengthen tenure security in rural areas, including farmland. However, the general opinion amongst scholars is that these efforts to strengthen tenure security have generally failed to ensure legally secure tenure on farmland. To this effect, the Draft tenure security policy and Draft Land Tenure Security Bill (2010) were formulated to introduce new measures to improve tenure security on farmland. This gives a clear indication that eighteen years after the government embarked on an all-encompassing land reform programme, its intended goals have not yet been achieved, resulting in the continued challenges faced by farm dwellers. The thesis discusses the inherent challenges associated with tenure security on white-owned commercial farmland, with specific reference to government‟s obligation to improve tenure security; the nature of farm dwellers‟ rights; and the shortcomings of the existing policy and legislative measures. A historical overview explains the effects of the apartheid land holding system that underpins the need for tenure reform, while an analysis of constitutional and international law sets out the guiding principles on tenure security. An analysis of the applicable policy and legislative measures establishes the causes of continued tenure insecurity on farmland, which include shortcomings in the main legislative measures; failure by the legislature to translate policy into legislation; misinterpretation and misapplication of legislation by the courts; and lack of effective implementation. The thesis considers the impact of the Draft tenure security policy and the Bill in light of the challenges facing farm dwellers and concludes that tenure security in relation to farmland remains insecure and government still falls short of the appropriate solutions to address the tenure security challenges on farmland.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Artikel 25(6) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 waarborg sekerheid van verblyfregte vir persone wie se verblyfregte regsonseker is as gevolg van ras-diskriminerende wette en praktyke van die verlede. Die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg 62 van 1997 (ESTA) en die Wet op Grondhervorming (Huurarbeiders) 3 van 1996 (LTA) is gepromulgeer om gevolg te gee aan artikel 25(6), saamgelees met artikel 25(9), van die Grondwet, wat daarop gemik is om die sekerheid van verblyfregte in landelike gebiede te verbeter en te versterk. Die algemene siening onder geleerdes is egter dat hierdie pogings om sekerheid van bestaande verblyfregte te versterk oor die algemeen ten opsigte van verblyfregte op landbougrond gefaal het. In verband hiermee is die Konsep beleid op sekerheid van verblyfregte (Draft tenure security policy) en die Konsep Wetsontwerp op die Sekerheid van Verblyfregte in Grond (Draft Land Tenure Security Bill) (2010) geformuleer om nuwe maatreëls voor te stel om sekerheid van verblyfregte ten opsigte van landbougrond te bewerkstellig. Hierdie ontwikkelings gee ‟n aanduiding dat die staat ná ‟n omvattende grondhervormingsprogram van agtien jaar nie die beoogde doelwitte bereik het nie en dat plaasbewoners steeds uitdagings in die gesig staar. Hierdie tesis bespreek die inherente uitdagings wat geassosioseer word met regsonsekere verblyfregte ten opsigte van kommersiële landbougrond, hoofsaaklik van wit grondeienaars, met spesifieke verwysing na die staat se plig om regsekerheid te versterk; die aard van plaasbewoners se regte; en die tekortkominge van die bestaande beleids- en wetgewende maatreëls. Die behoefte aan hervorming word beklemtoon met verwysing na ‟n historiese oorsig wat die uitwerking van die apartheid-grondbeheerstelsel verduidelik, terwyl ‟n analise van grondwetlike en internasionale reg die beginsels met betrekking tot die sekerheid van verblyfregte uiteensit. ‟n Analise van die toepaslike beleids- en wetgewende maatreëls dui op die oorsake van voortdurende onsekerheid van verblyfregte in landbougrond, wat die volgende insluit: tekortkominge in die primêre wetgewende maatreëls; versuim deur die wetgewer om beleid in wetgewing om te skakel; foutiewe uitleg of toepassing van wetgewing deur die howe; en ‟n gebrek aan die effektiewe uitvoering van wetgewing. Die tesis oorweeg die impak van die Konsep beleid op sekerheid van verblyfregte (Draft tenure security policy) en die Konsep Wetsontwerp in die lig van die uitdagings waarmee plaasbewoners steeds te kampe het, en kom tot die gevolgtrekking dat verblyfregte ten opsigte van landbougrond steeds regsonseker is en dat die staat steeds versuim om geskikte oplossings vir die uitdagings daar te stel.
Description
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Tenure security, Farmland, Farm dwellers, Tenure security legislation
Citation