Postpartum-depressie en verbandhoudende faktore by Sotho- en Zoeloe-moeders

Date
1992-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The main aim of the present study was to identify possible related factors related to postpartum depression in black South African women. Following a survey of the literature, certain potential related factors, investigated by previous researchers, were grouped into five categories, i.e. demographic, biological, obstetric and interpersonal factors, as well as personal histories of depressive episodes. Individual semi-structured interviews were conducted in a sample of 97 Sotho and Zulu women, between two and 24 weeks postpartum. For the interviews a questionnaire was used which included items referring to factors potentially related to postpartum depression. The questionnaire also included a shortened version of the Beck Depression Inventory (BDI). The questionnaire was translated in Sotho. The sample was divided in a depressed group (n = 63) and a non-depressed group (n = 34) on the basis of their BDI scores. The two groups were compared statistically in terms of potential related factors. Concerning demographic factors, the two groups differed significantly in terms of unplanned pregnancy, marital status and financial security. No significant differences were found between the two groups regarding age, parity and· housing problems have been found. In terms of biological factors, i.e. premenstrual tension and breast-feeding, no significant differences were found between the depressive and non-depressive groups. Obstetric factors, i.e. previous miscarriages and/or stillbirths and Caesarean births, did not discriminate significantly between depressed and non-depressed subjects. As to interpersonal relationships the depressive and non-depressive groups differed significantly in terms of marital satisfaction and social support, but no significant difference was found in the relationship with their mother figure. Concerning the history of previous depressive episodes, previous postpartum depressive episodes correlated significantly with present postpartum depression. The two groups did however not differ significantly in terms of histories of non-postpartum depressive episodes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoelstelling van die huidige studie was om moontlike verbandhoudende faktore van postpartum-depressie by swart Suid-Afrikaanse vroue te identifiseer. Op grond van 'n literatuurstudie is sekere potensiele verbandhoudende faktore wat deur vorige navorsers ondersoek is, in vyf afdelings gegroepeer, naamlik demografiese, biologiese, verloskundige en interpersoonlike faktore asook persoonlike geskiedenis van depressiewe episodes. Individuele semi-gestruktureerde onderhoude is met 'n steekproef van 97 Sothoen Zoeloe-vroue, tussen 2 en 24 weke postpartum, gevoer. Vir die onderhoud is 'n vraelys gebruik wat vraelysitems met betrekking tot potensiele verbandhoudende faktore van postpartum-depressie ingesluit het. Die vraelys het ook die verkorte vorm van die Beck-Depressieskaal (BDS) ingesluit. Die vraelys is in Sotho vertaal. Die steekproef is op grond van die BDS verdeel in 'n depressiewe (n = 63) en 'n nie-depressiewe groep (n = 34). Die twee groepe is statisties met mekaar vergelyk ten opsigte van potensiele verbandhoudende faktore. Wat demografiese faktore betref, het die twee groepe statisties beduidend verskil ten opsigte van onbeplande swangerskap, huwelikstatus en finansiele sekuriteit. Ten opsigte van ouderdom, pariteit en behuisingsprobleme het die groepe nie beduidend van mekaar verskil nie. Ten opsigte van biologiese faktore, naamlik premenstruele spanning en borsvoeding, was daar geen beduidende verskille tussen die depressiewe en die nie-depressiewe groepe nie. Ook verloskundige faktore, naamlik vorige miskrame en/of stilgeboortes en keisersneegeboortes, het nie beduidend onderskei tussen depressiewe en niedepressiewe subjekte nie. Ten opsigte van interpersoonlike verhoudings het die depressiewe en niedepressiewe groepe beduidend van mekaar verskil wat betref huwelikstevredenheid en sosiale ondersteuning, maar nie ten opsigte van die verhouding met die eie moedersfiguur nie. Wat 'n geskiedenis van vorige depressiewe episodes betref, het vorige postpartum-depressiewe episodes beduidend verband gehou met huidige postpartum-depressie. Die twee groepe hetegter nie beduidend van mekaar verskil ten opsigte van 'n geskiedenis van nie-postpartum-depressiewe episodes nie.
Description
Thesis (MA) -- University of Stellenbosch, 1992.
Keywords
Postpartum depression, Women, Black -- South Africa -- Psychology, Dissertations -- Psychology
Citation