'n Ondersoek na die geskiktheid van 'n datavloeiverwerker as 'n herstruktureerbare spesiale verwerker

Date
1984-11
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis behels 'n ondersoek na die geskiktheid van 'n datavloei-verwerker om as 'n herstruktureerbare spesiale verwerker te dien. Die werking van 'n datavloei-verwerkermodel word aan die hand van datavloeikonsepte verduidelik. Die tekortkominge van die model, naamlik die gebrek aan datastruktuur-hanterings, toevoer/afvoer en hertoelatingsmeganismes wor-d uitgelig en moontlike oplos~ings word gege•• 'n Semodifiseerde datavloei-model, wat beide struktuurhantering en toevoer/afvoermeganismes insluit, word voorgestel. Hertoelating word met behulp van 'n datapakketbenamingsmetode bewerkstellig. Om die programmeerbaarheid en die herstruktureerbaarheid van die model te ondersoek, is besluit om 'n datavloei-verwerker te simuleer. Die model is met behulp van die hoevlaktaal PASCAL, en bedryfstelselroepe op die VAX 11/780 rekenaar gesimuleer. ParallelIe verwerkingskonsepte in beide programmatuur en argitektuur word gedemonstreer.
Description
Thesis (MEng.) -- Stellenbosch Universiteit, 1984.
Keywords
Parallel processing (Electronic computers), Multiprocessors, Electronic data processing, Dissertations -- Engineering
Citation