Die geskiedenis van Saldanhabaai, St. Helenabaai en Dasseneiland, 1652-1806

Date
1975-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie ondersoek dek hoofsaaklik die verloop van gebeurtenisse langs die laer weskus van Suid-Afrika vanaf St.Helenabaai tot by Dasseneiland. Dit is onderneem vanweë 'n persoonlike belangstelling in die geskiedenis van die gebied en vanweë die klaarblyklike leemte aan wetenskaplik gefundeerde streeksondersoeke in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Aangesien die geskiedenis van die gebied in die tydperk onder behandeling weinig omvattende en deurlopende ontwikkeling vertoon het, is heelwat probleme ondervind. Die beperkte omvang van die ontwikkeling het 'n ondersoek oor 'n lang periode van die geskiedenis met gepaardgaande uitgebreide bronnestudie genoodsaak. Die gebrek aan deurlopende ontwikkeling het dit moeilik gemaak om die materiaal in sinvolle eenhede in te deel. Om die probleem op te los, is besluit om die tematiese en chronologiese benadering te kombineer. Verreweg die meeste inligting oor die onderwerp is hoofsaaklik uit argivale en letterkundige bronne verkry. Die argivale navorsing is uitsluitlik in die Kaapse Argiefbewaarplek gedoen. Die res van die navorsing is verrig in die Suid-Afrikaanse Biblioteek en die Mendelsohn-biblioteek in Kaapstad en die Carnegie-biblioteek op Stellenbosch. Terreinondersoek het ook interessante inligting verskaf.
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1975.
Maps may be cut off due to original copy.
Keywords
South Africa -- History -- Early works to 1800, Cape of Good Hope (South Africa) -- History -- To 1795
Citation