Die invloed van filantropisme op die kafferpolitiek in Suid-Afrika tot omstreeks 1833

Date
1928
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Kenmerk van die Geskiedenis van Suid-Afrika, van die vroegste dae van die verversingspos van die Oos-Indiese Kompenjie in Tafelbaai tot vandag is die aanwesigheid in een of ander vorm van rasvraagstukke. In die eerste twee eeue van die volksplanting moes die Kaapse regering sy aandag wy aan die Boesmans- en Hottentotprobleme. Sedert die laaste kwart van die agtiende eeu, toe die Bantoeras uit die Noord-Ooste en die Blanke Beskawing uit die Weste op die walle van die Visrivier mekaar ontmoet het, was ook die probleem van die verhouding tussen blankes en Kaffers aanwesig, 'n probleem wat gedurig groter afmetinge aangeneem het, totdat ons vandag in die twintigste eeu die netelige, veelsydige Naturellevraagstuk het, wat die voortbestaan van die blanke beskaawing in ons land bedreig, en waarmee nie langer gesloer mag word nie. En waar Generaal Hertzog, Eerste Minister en Minister van Naturelesake van die Unie van Suid-Afrika, op die oomblik 'n poging aanwend om deur wetgewing 'n oplossing van die probleem te bereik, is idt die plig van elke burger om, ten minste deur sy intelligente belangstelling, sy deel by te dra tot 'n aanneemlike oplossing van die vraagstuk.
Description
Verhandeling (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1928.
Keywords
Philanthropinism, Missions -- South Africa, Indigenous peoples -- South Africa, South Africa -- History, Great Britain -- Colonies -- Africa -- History, Dissertations -- History, UCTD
Citation