The value of collaboration in an integrated community development programme as experienced by stakeholders

Date
2011-03
Authors
Kitshoff, Danine
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond Samewerking tussen belanghebbendes is ʼn baie waardevolle instrument om die holistiese ontwikkeling van gemeenskappe te bevorder. Gevolglik het die navorser deur hierdie projek gepoog om die waarde van samewerking in ’n gemeenskap te bepaal. Doelstelling en Doelwitte Die doel van die studie was om die waarde van samewerking in ʼn geïntegreerde gemeenskapsontwikkelingsprogram te ondersoek, soos dit onder die belanghebbendes in die gemeenskap van Kuilsrivier ervaar is. Die volgende doelwitte is gestel om te bepaal of: • samewerking ʼn oplossing is vir gemeenskapsontwikkeling • ʼn integrasie van al die belanghebbendes in die gemeenskap ʼn verskil maak in ontwikkelende gemeenskappe. Navorsingsontwerp Vir die doel van hierdie studie was ʼn fenomenologiese navorsingsontwerp toegepas met ‘n kwalitatiewe benadering. Populasie en steekproefneming Die populasie het bestaan uit ʼn verskeidenheid van belanghebbendes wat betrokke was in die program. Deur doelgerigte steekproefneming is 10 deelnemers gekies wat bestaan het uit ‘n fokusgroep met vyf deelnemers en onderhoude met vyf afsonderlike individue. Onderhoudsriglyne en data insameling Onderhoude is gevoer met een fokusgroep en vyf individue afsonderlik. Elke onderhoud was gelei deur semi-gestruktureerde onderhoudsriglyne wat gebaseer was op die doelwitte. Data is deur die navorser persoonlik ingesamel. ʼn Voorondersoek is nie gedoen nie. Geldigheid Om die geldigheid van hierdie studie te verseker, is die beginsels van geloofwaardigheid, gelykvormigheid, betroubaarheid en oordraagbaarheid toegepas. Etiese oorweging Toestemming vir die uitvoering van die studie was verkry van die Etiese Komitee van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by Stellenbosch Universiteit. Ingeligte, geskrewe toestemming was verkry. Die onderhoude is op band opgeneem met toestemming van die deelnemers. Deelname aan die studie was vrywillig en die etiese beginsels met betrekking tot privaatheid, anonimiteit en vertroulikheid is verseker deur die hele studie. Data analise Data was geanaliseer volgens Tesch (1990:154-156). Opgeneemde onderhoude is getranskribeer. Getranskribeerde data was gegroepeer in temas en sub-temas en gekodeer deur die hele proses. Bevindinge Gedurende die onderhoude, en spesifiek in die fokusgroep, het deelnemers die waarde so beskryf van aandeelhouers in gemeenskapsontwikkeling: “Samewerking is baie belangrik. Integrasie van alle partye dra definitief by tot die ontwikkeling van die gemeenskappe.” Daar is bevind dat bemagtiging die gemeenskappe in staat stel om hulle individuele take meer effektief uit te voer, n.a.v. die volgende: ”Ons skakel in en deur dit bemagtig ons ons gemeenskappe in Kuilsrivier en nou ook ander gemeenskappe”. Die projek het nuwe bewyse geïdentifiseer van ʼn wyer spektrum van die waarde van samewerking en het die waarde van persoonlike, geestelike en emosionele ondersteuning geïdentifiseer wat ervaar is deur die aandeelhouers. Verder het die studie baie belangrike persoonlike ontwikkeling en bemagtiging, soos ervaar deur die aandeelhouers gewys dat daar ʼn baie belangrike persoonlike ontwikkeling en bemagtiging ervaar is deur die aandeelhouers en dat integrasie van al die gemeenskapsaandeelhouers wel ʼn verskil maak in ontwikkelende gemeenskappe. Aanbevelings Aanbevelings wat gebaseer is op die wetenskaplike bewyse wat deur die studie bekom is, was gemaak en sluit die volgende in: ʼn Groter poging moet aangewend word om die beste moontlike mense betrokke te kry by ʼn geïntegreerde gemeenskapsonwikkelingsprogram Vertroue en respek tussen die aandeelhouers onderling en tussen die aandeelhouers en die gemeenskap is noodsaaklik ʼn Mentorprogram vir vrywilligers Persoonlike ontwikkelingsprogramme vir die vrywilligers Ter opsomming kan gesê word dat die LINK geïntegreerde program gewys het dat om verandering teweeg te bring in Suid-Afrika, sal daar ʼn toename in geïntegreerde gemeenskapsontwikkelingsprogramme te weeg gebring moet word met ʼn samewerkingsvennootskap van verskeie aandeelhouers.
ENGLISH ABSTRACT: Background Collaboration between stakeholders is a valuable tool to enhance holistic development in communities. Consequently through this project the researcher endeavored to determine the value of collaboration in development of a community. Goal and objectives The purpose of the study was to explore the value of collaboration of an integrated community development programme as experienced by stakeholders which was introduced in Kuils River. The following objectives were set to determine whether: • collaboration is a solution to community development • an integration of all community stakeholders makes a difference in developing societies. Research design For the purpose of this study a phenomenological research design with a qualitative approach was applied. Population and sampling The population comprised of the various stakeholders involved in the programme. Through purposive sampling 10 participants were selected, which consisted of one focus group of five participants and five face to face individuals interviews. Interview Guide and data collection Interviews were conducted with one focus group and five individual participants. Each interview was guided by a semi-structured interview guide based on the objectives. Data was collected personally by the researcher. A pretest was not done. Validity To ensure the validity of the study the principles of credibility, conformability, dependability and transferability were applied. Ethical considerations Consent to conduct the study was obtained from the Ethical Committee of the Faculty of Health Sciences at Stellenbosch University. Informed written consent was obtained. The interviews were recorded with the consent of the participants. Participation in the study was voluntary and the ethical principles pertaining to privacy, anonymity and confidentiality were maintained throughout the study. Data analysis Data was analysed according to Tesch (1990:154-156). Recorded interviews were transcribed. Transcribed data was grouped into themes, subthemes and coded throughout the process. Findings During the interviews, specifically with the focus group, participants described the value of collaboration of various stakeholders in community development: “Collaboration is very important. Integration of all the parties definitely contributes to the development of the communities”. It was shown that empowerment enables communities to fulfil their individual tasks more effectively as the following comment illustrates: “We are linking in and through that we are empowering our communities, our community in Kuils River and now also other communities”. The project identified new evidence of a broader range of the value of collaboration and has identified the value of personal, spiritual and emotional support experienced by stakeholders. Furthermore, the study has shown the high importance of personal development and empowerment experienced by stakeholders and that the integration of all community stakeholders does make a difference in developing societies. Recommendations Recommendations were made based on the scientific evidence obtained and include the following: Effort should be made to involve the best possible people in the integrated community development programme (ICDP). Trust and respect between the stakeholders and between the stakeholders and the community are imperative A mentorship programme for volunteers Personal development programme for the volunteers In conclusion the Local Integrated Network in Kuils River (LINK) integrated programme has shown that to bring about change in South Africa, an increase in ICDP’s should be introduced with a collaborative partnership of various stakeholders.
Description
Thesis (MCur)--University of Stellenbosch, 2011.
Keywords
Dissertations -- Nursing, Community development -- Collaboration, Community development -- Citizen participation, Theses -- Nursing
Citation