Die geskiedenis van die sagtevrugtebedryf in die Kaapkolonie, 1886-1896

Date
1982
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Kaapkolonie se ekonorniese lewe in die sewentiende, agtiende en neëntiende eeu is oorheers deur die vernaamste boerderyvertakkinge, nl. wynbou, graanbou en veeteelt. Eers gedurende die laaste twee dekades van die neëntiende eeu het die vrugte bedryf op die voorgrond getree, juis as gevolg van die agteruitgang van wynbou en graanbou en die groter vraag wat daarna vrugte ontstaan het na aanleiding van die ontdekking van diamante en goud en die gepaardgaande bevolkingsgroei in dorpe en stede soos Kimberley, Johannesburg en Pretoria. In 1886 is ook die eerste proefnemings onderneem met die uitvoer van Kaapse vrugte na Engeland, wat op sy beurt saamgehang het met 'n algemene toename in die uitvoer van vrugte van die vrugteproduserende lande na Europa. Vóór dié datum het die vrugteboerdery aan die Kaap onbeplan en ongekoördineerd plaasgevind en was dit niks meer nie as 'n toevallige boerderyaktiwiteit wat eerder as 'n soort "stokperdjie" be-oefen is.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1982.
Keywords
Fruit trade -- South Africa -- Cape of Good Hope -- History, Dissertations -- History, UCTD
Citation