'n Bydrae tot die biologie en beheer van die valskodlingmot Cryptophlebia leucotreta (Meyr.) (Lepidoptera : Eucosmidae) op nawels

Date
1981-12
Authors
Schwartz, A. (Allen)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
EKSERP: Vanwee die voortdurende probleme wat die valskodlingmot, Cryptoph lebia leucotreta (Meyr.), by die verbouing van nawels in die Oos-Transvaalse Laeveld daarstel, is 'n indringende studie van hierdie insekprobleem onderneem. Die biologie van die insek is onder sowel laboratorium as natuurlike toestande nagevors. Daar is bevind dat temperatuur 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die insek speel. By 20 tot 30°C het temperatuurstygings die ontwikkeling van die insek laat versnel. By 35°C het die lewensduur van die volwasse motte afgeneem en is geen eiers gelê nie . Die valskodlingmot is deur middle van 'n kunsmatige metode geteel om genoegsame proefmateriaal te verkry. Verskeie verbeteringe is in die bestaande tegniek aangebring.
Description
Thesis (PhD )--Stellenbosch University, 1981.
Keywords
Insect pests -- Control, Citrus -- Diseases and pests, Cryptophlebia leucotreta, Cryptophlebia leucotreta -- Control, Oranges -- Diseases and pests, Codling moth -- Cryptophlebia leucotreta, Dissertations -- Conservation ecology and entomology, Theses -- Conservation ecology and entomology
Citation