Internet-regulering in Suid-Afrika : staat of internasionaal?

Date
2003-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The Internet has become such an integral part of computer users' daily existence that it seems as if it has always been there. The Internet with its unique borders - or lack of borders - places an enormous burden on geographically based legal systems. Regulation, that has specifically been designed for the Internet, is a necessity because virtually every aspect of the law is challenged by the Internet and that many legal frameworks are inadequate to deal with the Internet. The other aspect which complicates the Internet even more, is that there is no specific organisation, business or government to whom the Internet belongs. Individuals and organisations have rights to the web pages that they own on the Internet, but there is no ownership of the Internet in its entirety. The development of the Internet in South Africa took place during a difficult time in the country's history. The apartheid era initially limited the growth of the Internet. Much of the existing legislation in South Africa has been partially adapted to accommodate the Internet, but the government could not envisage what the actual impact of the Internet would be and consequently they reacted when it came to the regulation of the Internet. In 2002 the Electronic Communication and Transaction Act 25 of2002 came into operation. In fact, the physical component of the Internet has already been regulated to a degree by the pure coincidence as a result of its physical presence. This is because the backbone of the Internet had not originally been created by the Internet, but by the telephone. There are a number of legislative Internet-organisations that are, among others, responsible for the technical standards of the Internet, dispute resolutions and in general what is important for the Internet community. Various international conventions regulate specific aspects of the Internet such as copyright, intellectual property rights, domain names, trademarks and cyber crime. The international conventions and agreements are an important step in the direction of standardised regulation. However, the lack of borders creates problems surrounding jurisdiction of the cyber space.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Internet het al so deel van rekenaargebruikers se alledaagse bestaan geword dat dit soms wil voorkom asof dit maar nog altyd daar was. Die Internet met sy unieke grense - of sy gebrek aan grense - plaas 'n groot las op geografies gebaseerde regstelsels. Regulering wat spesifiek vir die Internet ontwerp is, is 'n noodsaaklikheid, aangesien byna elke aspek van die reg deur die Internet uitgedaag word en baie regsraamwerke onvoldoende is om die Internet te hanteer. Wat die regulering van die Internet verder kompliseer, is dat daar nie een spesifieke organisasie, onderneming of regering is aan wie die Internet behoort nie. Individue en organisasies het regte tot die webwerwe wat hulle op die Internet besit, maar daar is nie eienaarskap van die Internet in sy geheel nie. Die ontwikkeling van die Internet in Suid-Afirka het tydens 'n moeilike tydperk in die Suid- Afrikaanse geskiedenis plaasgevind. Die apartheidsera het die aanvanklike ontwikkeling en groei van die Internet in Suid-Afrika beperk. Verskeie bestaande Suid-Afrikaanse wetgewing is deels aangepas om die Internet te akkommodeer, maar die regering het nooit besef wat die werklike impak van die Internet sou wees nie en het gevolglik re-aktief te werk gegaan wanneer dit by die regulering van die Internet gekom het. In 2002 het Suid-Afrika se Elektroniese Kommunikasie en Transaksies Wet 25 van 2002 in werking getree. Die regulering van die fisieke komponente van die Internet is tot 'n mate as gevolg van sy fisieke teenwoordigheid deur blote toeval, gereguleer. Dit is omdat die ruggraat van die Internet nie oorspronklik vir die Internet geskep is nie, maar vir die telefoon. Daar bestaan verskeie wetgewende Internet-organisasies wat onder meer verantwoordelik is vir die tegniese standaarde van die Internet, dispuutresolusie en wat oor die algemeen aan die belange van die Internet-gemeenskap wil voldoen. Verskeie internasionale konvensies reguleer spesifieke aspekte van die Internet soos kopiereg, intellektuele eiendomsreg, domeinname en handelsmerke en kubermisdaad. Die internasionale konvensies en verdrae is 'n belangrike stap in die rigting van gestandaardiseerde regulering. Tog skep die grenslose omstandighede van die Internet probleme rondom jurisdiksie in die kuberruim.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Information superhighway -- Law and legislation, Electronic commerce -- Law and legislation, Data protection -- Law and legislation, Dissertations -- Journalism, Theses -- Journalism
Citation