Biologiese beheer van plantparasitiese nematodes met die swam Paecilomyces lilacinus by aartappels, sitrus en wingerd

Date
2003-12
Authors
Neethling, Jacob van der Westhuizen
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Paecilomyces Ii/acinus, ras 251 (geregistreer in terme van wet 36 van 1947 as Suid-Afrika se eerste natuurlike nematisiede en kommersieel beskikbaar as PI Plus) is as biologiese beheer agent getoets by aartappels en in geïntegreerde beheer programme by sitrus en wingerd teen respektiewelik Me/oidogyne species, Ty/enchu/us semipenetrans en verskeie ektoparasitiese nematodes. Die swam toon belofte vir die beheer van hierdie nematodes en het terselfdertyd nie 'n nadelige effek op nie-teiken, voordelige organismes in die grond nie. Veral in kombinasie met chemiese middels, as deel van geïntegreerde programme, kan dit lei tot verminderde gebruik van hoogs toksiese middels en dus meer omgewingsvriendelike landboupraktyke. Biological control of plant parasitic nematodes on potatoes, citrus and grapevine with the fungus, Paecilomyces liIacinus. Paecilomyces liIacinus, race 251 (registered in terms of act 36 of 1947 as South Africa's first natural nematicide, commercially available as PI Plus) was tested as a biological control agent on potatoes and in integrated control programs on citrus and grapevine against Me/oidogyne species, Ty/enchu/us semipenetrans and various ectoparasitic nematodes respectively. The fungus shows promise for the control of these nematodes, without having a harmful effect on non-target, beneficial organisms in the soil. Especially in combination with chemical products, as part of integrated programs, this can lead to less use of highly toxic compounds and thus to more environmentally friendly agricultural practices.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert die ontdekking van die swam, Paeci/omyces Ii/acinus (Thom.) Samson as 'n effektiewe eierparasiet van Meloidogyne incognita acrita en Globodera pal/ida (Jatala et al., 1979) het verdere veldproewe in Peru tot die effektiewe beheer van M. incognita en Tylenchulus semipenetrans gelei. Na verskeie suksesse in Peru is die swam onder verskillende klimaat- en grondkondisies in verskeie ander lande beproef. Die sukses behaal in die Filippyne het gelei tot die kommersiële produksie van die swam onder die handelsnaam Biocon. Anders as met chemiese middels vind die werking van biologiese agente stadig oor tyd plaas. Biologiese beheer sal nie chemiese beheer sonder meer kan vervang nie. Dit behoort egter deel te vorm van geïntegreerde nematode bestuur. Inkorporering van die natuurlike organismes, die oordeelkundige gebruik van chemiese nematisiedes, moontlik in kombinasie met die biobeheer agente, weerstand, en ander kulturele praktyke moet ernstig oorweeg word as ons hoop om die steeds groeiende wêreldbevolking te voed (Jatala, 1986). Paecilomyces liIacinus, ras 251, Suid-Afrika se eerste geregistreerde natuurlike nematisiede, kommersieel beskikbaar as PI Plus, is in die Olifantsrivier besproeiingsgebied geëvalueer vir die bestuur van ekonomies belangrike plantparasitiese nematodes by aartappels, sitrus en wingerd. Hierdie gewasse is belangrike bedryfstakke van die streek en is onderhewig aan skade deur nematodes wat die opbrengs nadelig beïnvloed. Chemiese beheer bied slegs 'n korttermyn oplossing vir nematode probleme en skadelike getalle word in 'n kort tyd weer opgebou. Boonop lei dié hoogs toksiese middels tot agteruitgang van die omgewing en sy waterbronne. Die toenemende besorgdheid hieroor en die groot potensiaal van biologiese beheer agente (Jatala, 1986) was die hoofrede vir die werk waaroor hier gerapporteer word.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Paecilomyces, Plant nematodes -- Biological control, Fungi as biological pest control agents, Fungi in agriculture, Potatoes -- Diseases and pests -- Biological control, Citrus -- Diseases and pests -- Biological control, Grapes -- Diseases and pests -- Biological control
Citation