The impact of plant product harvesting on Derre Miombo woodlands, Mozambique / by Maria Cruz.

Date
2002-12
Authors
Cruz, Maria (Maria Regina Torres)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study investigates how information on plant products can be used to incorporate local users into joint forest management planning by developing guidelines for sustainable collaborative management in Derre miombo woodland in the Zambézia Province in Mozambique. From the participatory appraisal, it was found that 46 woody miombo species were used in the five villages for at least 29 different purposes. Five of these species (Brachystegia boehmii, B. spiciformis, Pterocarpus angolensis, Terminalia sericea and Swartzia madagascariensis) were selected for analysis because of their multiple uses and the unknown impact of their harvesting on the future survival of those hardwood trees species. In order to determine the impact of human resource extraction on the forest and on the dynamics of tree canopy populations an inventory of woody plants was.carried out for two categories of forest land-use, namely selective harvesting and fallow land (approximately 15 years old). This was done for Golombe and Arame villages and for selective harvesting only for Mphoto village, on 23, I-ha random selected plots in the woodland adjacent to the three villages. The population structure of the five species T sericea, S. madagascariensis, P. angolensis, B. boehmii and B. spiciformis showed different trends in each of the three villages. Size class distribution of the first tree species gave evidence that the species were being harvested for building poles. This study has shown that, through plant species products, miombo contribute to the livelihoods of the local communities living in Derre woodlands. In this study it was found that usually more than one species were used for one product as well as most of the species being trees with multiple uses. This study has also provided some evidence that P. angolensis and S. madagascariensis can benefit from shifting cultivation and fire, which encourages coppice regeneration. More research is required to further validate this evidence.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die moontlikhede wat inligting oor spesifieke plantprodukte bied, in die betrekking van plaaslike gemeenskappe in die proses van gesamentlike bosbestuurs- en beplanningspraktyke. Verder word riglyne opgestel aangaande die volhoubaarheid van die gesamentlike bestuurs- en beplanningspraktyke in die Derre miombo bosveld, in die Zambézia Provinsie in Mozambique. Inligting verkry vanuit die deelnemende opname dui aan dat in die vyf nedersettings wat ondersoek is, 46 houtagtige miombo spesies vir ten minste 29 verskillende doeleindes aangewend word. Vyf van die spesies (Brachystegia boehmii, B. spiciformis, Pterocarpus angolensis, Terminalia sericea en Swartzia madagascariensis) is geselekteer vir gebruik in analises as gevolg van hul benutbaarheid deur plaaslike inwoners en die feit dat minimale inligting beskikbaar is oor die impak van gebruik van die harde hout spesies op hul volhoubare benutting en voortbestaan. 'n Opname van houtagtige spesies is uitgevoer in areas wat val in een van twee bosgrondgebruiks kategoriee nl. areas wat selektief geoes en benut word, en braaklande (ongeveer 15 jaar oud). Dit is gedoen om die impak wat verwydering van boshulpbronne deur mense op die boomkruin populasies het, vas te stel. Die opname strategie is gevolg in 23 ha persele, uitgelê in die gebiede wat die Golombe, Arame en Mphoto nedersettings omring - in die geval van laasgenoemde nedersetting is slegs die impak van selektiewe benutting ondersoek. Die populasie struktuur van die vyf studiespesies (T sericea, S. madagascariensis, P. angolensis, B. boehmii en B. spiciformis) het verkil vir elk van die drie nedersettings wat ondersoek is. Die verspreiding van grootte klasse vir die eerste spesie, het aangedui dat die spesie vir gebruik as konstruksie pale geoes word. Die miombo bosveld plantegroei-tipe dra by tot die lewensonderhoud van plaaslike gemeenskappe in die vorm van plant produkte, in die Derre omgewing. Daar is verder gevind dat meer as een spesie dikwels vir dieselfde doel aangewend kan word en die meeste van die spesies wat benut word is boomagtig met meer as een gebruik. In die studie is verder aanduidings gevind dat P. angolensis en S. madagascariensis kan baatvind by grondverbouings praktyke wat gereeld verskuif word en ook brande, omdat beide praktyke kreupelhout regenerasie stimuleer. Verdere navorsing word egter benodig om dié bevinding te ondersteun.
Description
Thesis (MScFor)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Forest management -- Mozambique -- Zambézia Province -- Citizen participation, Sustainable forestry -- Mozambique -- Zambézia Province -- Planning -- Citizen participation, Non-timber forest products -- Mozambique -- Zambézia Province, Miombo -- Mozambique -- Zambézia Province, Building materials -- Mozambique -- Zambézia Province, Wood poles -- Mozambique -- Zambézia Province, Dissertations -- Forest and wood science, Theses -- Forest and wood science
Citation