Strip-mine rehabilitation in Namaqualand

Date
2002-12
Authors
Schmidt, Anel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Namaqualand has a very unusual diversity of plant life, with many endemic plant species. The fundamental question of this thesis is how this system, damaged by strip-mining activities, can be rehabilitated. The aim was to base the rehabilitation methods on ecological processes. In order to answer this question an overview of the relevant literature was needed in order to identify possible research needs and also to evaluate the work that has been done in the field of strip-mine rehabilitation in arid areas. An understanding of community and ecosystem dynamics would help to establish aims and methods for site-specific rehabilitation. In Namaqualand, South Africa, there is also a need for experimentation to establish which of the many factors is most limiting to long-term ecosystem recovery. It is important to have a good knowledge of the successional processes and disturbance history of the land which needs to be rehabilitated. The vegetation on unmined areas and mined areas of different ages and treatments after mining, were sampled. It was shown that some areas could be expected to show a large degree of recovery in the space of a few years, whilst others would show little or no recovery over a period of decades. It is important to recognise rehabilitation as a gradual process that takes place at different rates in different areas and in different years. The planting of Atriplex nummularia and sowing of Atriplex semibaccata did not facilitate the return of indigenous, perennial species, but rather seem to inhibit their return. In view of the importance of topsoil in terms of the fertility of the soil and the seed bank present in the topsoil, the influence of topsoil removal and stockpiling due to strip-mining activities were tested. The soil fertility was tested by means of radish bioassays and soil laboratory analysis, whilst species diversity and richness were tested with seedling emergence trials. As expected a higher plant species diversity was found on the unmined soils and radishes grew larger on these soils. The topsoil deteriorated in terms of plant species richness, diversity and soil fertility whilst it was stockpiled. Direct replacement of topsoil would ensure a planting medium closer to the pre-disturbance level that could lead to fairly rapid and successful recolonization of the mined area. Successful plant recruitment also depends on the microsites to which seeds are dispersed. The effect that different microsites had on seed germination, seedling growth and survival was tested. It was found that micro catchments always yielded the highest numbers. The establishment and survival of seedlings in the other microsite types (under single shrubs, under clumped shrubs and in the open) varied, depending on the amount of rainfall received in the particular year. Lastly, I experimented with the translocation of three local, indigenous, succulent plant species. These plants were transplanted either in clumps of three together or alone, since I hypothesized that planting them together would facilitate their survival. However, it was found that it depended largely on the morphology of the plant and the amount of rainfall received in a particular year, whether these plants will compete with each other for limiting resources or facilitate each other's survival. The thesis contributes to the understanding of vegetation dynamics in the Succulent Karoo after strip-mining has taken place. Guidelines are provided based on ecological processes, for strip-mine rehabilitation in the Succulent Karoo.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Namakwaland is bekend vir sy ongewone diversiteit van plante, met baie endemiese spesies. Die fundamentele vraag wat deur hierdie tesis gevra word is hoe hierdie sisteem, wat beskadig is deur oppervlak mynbou, gerehabiliteer kan word. Die doel is om die rehabilitasie metodes te baseer op ekologiese prosesse. 'n Oorsig van die relevante literatuur was nodig om moontlike areas van verdere navorsing te identifiseer en ook die navorsing wat reeds gedoen is oor rehabilitasie van oppervlak myne in ariede gebiede, te evalueer. 'n Goeie begrip van gemeenskap en ekosisteem dinamika sal help om doelwitte en metodes daar te stel vir die rehabilitasie van spesifieke areas. Dit is ook nodig om in Namakwaland, Suid -Afrika, uit te vind watter van die baie faktore, die lang-termyn herstel van 'n ekosisteem, die meeste verhinder. Dit is baie belangrik om In goeie kennis te hê van die versteurings geskiedenis van die area wat gerehabiliteer moet word, asook die suksessionele prosesse wat werksaam is. Plantegroei van areas wat op verskillende tye gemyn en verskillend behandel is, asook ongemynde areas is ondersoek. Sekere areas het In groot mate van herstel gewys in 'n tydperk van 'n paar jaar, terwyl ander, min of geen hersteloor 'n periode van dekades getoon het nie. Dit is belangrik om rehabilitasie as 'n geleidelike proses te sien, wat teen verskillende tempos plaasvind tydens verskillende jare en in verskillende areas. Daar is bevind dat die plant van Atriplex nummularia asook die saai van Atriplex semibaccata nie die terugkeer van inheemse, meerjarige spesies bevoordeel nie, maar dit eerder inhibeer. Aangesien die bo-grond so belangrik is in terme van die grondvrugbaarheid en ook die saadbank wat teenwoordig is, word die invloed van die verwydering en opberging van die bogrond getoets. Die grondvrugbaarheid was bepaal deur groei-toetse op radyse en laboratorium analise op die grond te doen. Die plant spesie diversiteit en rykheid was bepaal met In saad ontkieming studie. In ooreenstemming met die verwagte uitkoms, was die plant spesie diversiteit hoër op die ongemynde bo-grond en die radyse het groter geword op dieselfde grond. Dit kom voor asof die plant spesie diversiteit en rykheid, asook die grond vrugbaarheid afneem met tyd wat die bo-grond geberg word. Die direkte verspreiding van die bo-grond nadat dit verwyder is, sal In medium vir die plante verseker wat nader is aan die vlak voordat die grond versteur is. Dit sal oak sorg vir redelike vinnige en suksesvolle terugkoms van plante op die gemynde grond. Die suksesvolle vestiging van plante hang ook af van die mikro areas (klein areas in terme van die grootte van 'n saad, wat In eie mikro-klimaat vorm), waarna saad versprei word. Die effek van sulke mikro-gebiede op die ontkieming van saad, die groei van die saailinge en die oorlewing van die saailinge was bepaal. Mikro-water- opvanggebiede het in al drie bogenoemde gevalle die hoogste syfers getoon. Die vestiging en oorlewing van saailinge in die ander mikro-gebiede (die area onder enkel struike, die area onder groepe struike en oop areas) het gevarieer afhangend van die hoeveelheid reënval wat ontvang is in die spesifieke jaar. Laastens, is daar ge-eksperimenteer met die oorplant van drie plaaslike, inheemse, sukkulente spesies. Hierdie plante was alleen geplant of in groepies van drie, bymekaar. Die hipotese was dat huloorlewingskanse beter sal wees as hulle saam geplant word. Dit was egter bevind dat die hoeveelheid reënval in 'n spesifieke jaar en die morfologie van die plant, bepaal of hulle sal kompeteer vir die beperkte bronne en of hulle deur saam te groei huloorlewingskanse sal verhoog. Hierdie tesis dra by tot die verstaan van die plantegroei dinamika in die Sukkulente Karoo nadat oppervlak mynbou plaasgevind het. Riglyne vir die rehabilitasie van oppervlak myne, gebasseer op ekologiese prosesse, word ook voorgestel.
Description
Thesis (MScFor)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Strip mining -- Environmental aspects -- South Africa -- Namaqualand, Reclamation of land -- South Africa -- Namaqualand, Abandoned mined lands reclamation -- South Africa -- Namaqualand, Dissertations -- Forest and wood science, Theses -- Forest and wood science
Citation