Semantics, world view and Bible translation : an integrated analysis of a selection of Hebrew lexical items referring to negative moral behaviour in the book of Isaiah

Date
2002-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektiefvan die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksiesvorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy ofhaar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese modelontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektief van die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksies vorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy of haar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese model ontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Bible -- Translating, Bible. Isaiah -- Language, style, Semantics, Translating and interpreting, Componential analysis (Linguistics), Language and culture, Hebrew language -- Lexicography, Ethics in the Bible, World view, Dissertations -- Ancient Near Eastern Studies, Theses -- Ancient Near Eastern Studies
Citation