Leerkragte se belewing van bemagtiging en die implikasies daarvan vir die skoolkultuur en -klimaat : 'n ondersoek aan 'n hoërskool in die Suid-Kaap

Date
2002-12
Authors
Joubert, Francois
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In the light of the emphasis on the decentralization of school management in South Africa, the empowerment of all role players to be involved in decision-making has became crucial. My concern is with the experience of the process of empowerment by leaders in education. The implications of empowerment or the lack there-off for the school culture and climate, as well as the underlying role played by the leadership approach of educational leaders, are examined. By engaging in an interpretative analysis of data (questionnaires which contains the views of various role players) I examined the relationship between empowerment, school culture and climate, as well as transformational leadership. Empowerment is not a simplistic concept which is clear from the mutual coherence between the school culture and climate and the particular role assumed by the transformational approach. The particular interaction between transformational leadership, empowerment and the school culture and climate implies greater clarity from all role players about the impact of empowerment. In this way participative management can realise in a spontaneous manner and can change be seen as a unique opportunity to improve teaching and learning. KEY WORDS Empowerment, school culture and climate and transformational leadership.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die lig van die klem op die desentralisasie van skoolbestuur in Suid-Afrika is die bemagtiging van alle rolspelers tot effektiewe deelname in besluitneming onontbeerlik. My besorgdheid is met die belewing van die proses van bemagtiging deur onderwysleiers. Die implikasies van bemagtiging of die gebrek daaraan vir die skoolkultuur en -klimaat, asook die onderliggende rol wat die leierskapbenadering van die onderwysleiers in die verband speel, is ook ondersoek. Verbind tot 'n interpretatiewe data-analise (vraelyste met die menings van verskeie rolspelers daarin vervat) het ek die verband tussen bemagtiging, skoolkultuur en -klimaat en transformatiewe leierskap ondersoek. Bemagtiging is nie 'n simplistiese begrip nie dit blyk onder meer uit die onderlinge samehang daarvan met skoolkultuur en -klimaat en die besondere rol wat die transformatiewe leierskapbenadering veronderstel. Die besondere wisselwerking tussen transformatiewe leierskap, bemagtiging en skoolkultuur en -klimaat vereis 'n groter duidelikheid by alle rolspelers oor die impak van bemagtiging. Sodoende realiseer deelnemende bestuur spontaan en word verandering as 'n besondere geleentheid beskou om onderrig en leer voortdurend te verbeter. SLEUTELWOORDE Bemagtiging, skoolkultuur en -klimaat en transformatiewe leierskap
Description
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Educational leadership -- South Africa, Employee empowerment, Educational change -- South Africa, Teachers -- Attitudes, Dissertations -- Education, Theses -- Education
Citation