Outonomie versus sorg in die behandeling van alkohol-afhanklikheid : etiese perspektiewe

Pienaar, W. P. (2000)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2000.


ENGLISH ABSTRACT: The community of the Western Cape carries the burden of the serious consequences of alcohol addiction. Alcohol abuse is very common and the consequences range from severe to devastating, not just for the individual but also for the family and the community as a whole. If answers are sought within the community, the problem deepens, and it becomes apparent why the problem of alcohol abuse is not being successfully addressed. The addict refuses treatment, the community respects the autonomy of the individual, and the problem drags on. The community also has many misperceptions concerning the causes and perpetuation of the pathological drinking behaviour of the addict, and are thus not equipped with the knowledge necessary to suggest the correct interventions for this physical and psychological illness. There is also concern that a person's autonomy and human rights are so highly regarded in the community that the appropriate treatment necessary for this serious disorder of addiction does not receive the attention it deserves. This paper investigates the causes of alcoholism and the factors which reinforce a person's drinking behaviour. The autonomy of the alcoholic is challenged and examined in depth. The importance currently assigned to autonomy and individual rights is questioned, and balanced against other important moral and ethical principles of our time. Alcohol is a drug which causes physical and psychological addiction. Addiction literally means "under the control" of something. Alcohol use is a socially acceptable habit. The psychotropic (calming) effect of alcohol serves as an effective support in or escape from stress in the life of the individual. There are also "vulnerable" individuals in the community in whom a genetic predisposition increases the chance of the development of alcohol dependence. In spite of the fact that alcohol dependence is an acquired physical condition, nobody intentionally becomes addicted to alcohol. With the knowledge of the power that addiction exercises over the life of the individual, attention is now given to the autonomy of the addict, and his/her capacity for rational decision making. The significance of the decision to request treatment for the individual, his/her family and the community is balanced against competency to take the decision. Argument is developed towards the conclusion that the alcoholic is indeed not autonomous, and does not have the competency to make decisions concerning treatment. If the autonomy of the addict is thus questioned, the way in which the person is then treated by the community becomes a difficult moral dilemma. The community's responsibility of care towards the individual and the wider community are jeopardized. The ethical principles of deontology (rules), utilitarianism (the best result for the greatest number), autonomy versus beneficence, solicitude, virtue, human rights and other principles are discussed in depth. A solution is sought that will eventually be "good" for the addict and the community. The conclusion is reached that it is "good" to intervene in the life of the addict at a certain stage of addiction. Involuntary treatment is suggested as one possible way of attacking the problem of serious alcohol abuse that is threatening to overwhelm the community. Practical suggestions are offered for the renewed application of existing treatment structures and legislation to the benefit of the addict and the community.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die gemeenskap in die Wes-Kaap gaan gebuk onder die ernstige gevolge wat alkoholverslaafdheid meebring. Alkoholmisbruik is baie algemeen en het ernstige tot vernietigende gevolge, nie net vir die induvidu nie, maar ook vir die gesin en die gemeenskap as geheel. As daar na antwoorde vir hierdie probleem in die gemeenskap gesoek word, verdiep die probleem en kom dit duidelik aan die lig waarom die probleem van alkoholmisbruik nie suksesvol aangespreek kan word nie. Die verslaafde persoon weier behandeling, die gemeenskap respekteer die indivdu sy · outonomiteit en die proble~m sleep voort. Die gemeenskap het ook baie wanopvattings omtrent die oorsake en instandhouding van die verslaafde se patologiese drinkgedrag en is dus nie met die nodige kennis toegerus om die korrekte ingrepe vir hierdie fisiese en psigiese siektetoestand voor te stel nie. Daar is ook kommer dat die gemeenskap 'n persoon se outonomiteit menseregte s6 hoog aanslaan dat 1 die toepaslike hantering van die ernstige verslawing nie tot sy reg kom nie. Hierdie werkstuk ondersoek die oorsake van alkoholisme en die faktore wat die persoon se drinkgedrag versterk. Die alkoholverslaafde se outonomiteit word uitgedaag en in diepte ondersoek. Die gewig wat 'n persoon se outonomiteit en 'regte' in die gemeenskap dra, word bevraagteken en met ander belangrike moreel etiese beginsels van die dag gebalanseer. Alkohol is 'n dwelm wat fisiese en psigiese verslaafdheid veroorsaak. Verslaafdheid beteken letterlik 'onder die beheer' van daardie substans. Alkohol gebruik is sosiaal 'n aanvaarbare gewoonte. Alkohol se psigotrope effek (kalmerend) dien as 'n effektiewe stut of ontvlugting vir stres in die lewe van die individu. Daar is ook 'kwesbare' individue in die gemeenskap waar 'n genetiese predisposisie die persoon meer 'vatbaar maak vir die ontwikkeling van alkohol afhanklikheid. Ten spyte van die feit dat alkohol-afhanklikheid 'n verworwe fisiese toestand is, raak niemand 'moedswillig' aan alkohol verslaaf nie. Met die kennis van die krag wat verslawing op die individua se lewe uitoefen as agtergrond word daar voorts gekyk na die outonomie en die verslaafde se vermoe tot rasionele besluitname. Die gewigtigheid van die besluit tot behandeling vir die individu, sy gesin en die gemeenskap word met kompetensie tot besluitname gebalanseer. Arguemente word gebou wat tot die gevolgtrekking lei dat die alkohol-afhanklike inderdaad nie outonoom is en nie die kapasiteit vir die neem van behandelingsbesluite besit nie. Indien die verslaafde se outonomiteit dan bevraagteken word, word die gemeenskap se verdere hantering van die persoon 'n groot morele dilemma. Die gemeenskap se verantwoordelikheid van sorg teenoor die individu en die groter gemeenskap kom in gedrang. Die etiese beginsels van deontologie (reels), konsekwensialisme (die beste vir die meeste), outonomiteit versus goedwilligheid, sorgsaamheid, deug, menseregte en ander beginsels word in diepte bespreek. Daar word voorgestel dat die gemeenskap se plig tot so~g, in die geval van endstadium alkoholisme, moreel sterker is as bloot die respek vir outonomie. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat dit 'goed' is om op 'n sekere stadium van verslawing in die lewe van 'n persoon in te gryp.· Nie-vrywillige behandeling word voorgestel as bloot een van die aanslae vanuit die gemeenskap om die ernstige probleem van alkoholmisbruik wat besig is om die gemeenskap te oorweldig aan te pak. Praktiese voorstelle word gemaak om huidige behandelingsstrukture en wetgewing opnuut tot voordeel van die verslaafde en die gemeenskap aan te wend.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51867
This item appears in the following collections: