After the act : women's experience of abortion in one South African community

Germann, Heidi (1999-07)

Thesis (M.A.) -- University of Stellenbosch, 1999.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Abortion is a universal phenomenon which has occurred in every society throughout history and which evokes extreme reaction. In South Africa, until the acceptance of the "Choice of Termination Act 92 of 1996", elective terminations were illegal. This qualitative study explores the various contexts that impact on and influence the meaning women attribute to their abortion experience. Six women who have undergone abortions and who now reside in the greater Cape Town area, South Africa, were recruited and interviewed about their abortion experience. A semi-structured interview schedule was used. Charmaz's (1990) social constructionist approach to grounded theory was utilized for data analysis. The premise of social constructionist theory is that the meaning of experiences is not universal, but actively constructed by people in specific contexts. The meanings are dependent on the context in which they are experienced. The findings suggest that a range of emotional responses follow abortion, but that women often feel very ambivalent about abortion. These responses are influenced by the different contexts in which they occur namely the legal, social, religious, gender and personal contexts. Recommendations for future abortion research are included.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Aborsie is 'n universele verskynsel wat dwarsdeur die geskiedenis in alle gemeenskap voorkom en dikwels uiterste reaksies by mense ontlok. In Suid-Afrika was dit onwettig om op eie keuse 'n swanger-skap te beeindig - tot die goedkeuring van die "Choice of Termination Act 92 of 1996". Hierdie kwalitatiewe studie ondersoek die verskeie kontekste wat 'n invloed het op die betekenis wat vroue aan hul aborsie-ervarings toeskryf Ses vroue wat aborsies ondergaan het en wat tans in die groter Kaapstad- omgewing, Suid-Afrika, woon, is gewerf om aan die studie deel te neem. Persoonlike onderhoude is met hulle gevoer oor hul ervarings. 'n Semi-gestruktureerde onderhoudskedule is gebruik. Charmaz (1990) se sosiale konstruksionistiese benadering tot "grounded theory" is gebruik vir die data-analise. Die basis van die teorie is dat die betekenis van ervarings nie universeel is nie, maar aktief gekonstrueer word deur mense in spesifieke kontekste. Die betekenis is dus afhanklik van die konteks waarin dit ervaar word. Die bevindinge dui daarop dat aborsie gevolg word deur 'n reeks emosionele response, maar dat vroue dikwels ambivalente gevoelens oor aborsie het. Hierdie reaksies word belnvloed deur die verskillende kontekste waarin dit voorkom - wetlike, sosiale, religieuse, geslags en persoonlike kontekste. Voorstelle vir verdere aborsie-navorsing word gemaak.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51108
This item appears in the following collections: