Die geskiedenis van Latynonderwys in Kaapland tot 1839 met besondere verwysing na die inrigtings vir en metode en inhoud van die Latynonderwys
Dissertation (M.Ed.) -- Stellenbosch.
Thesis
AFRIKAANSE OPSOMMING: Aanvanklik was die doel van hierdie studie om 'n geskiedkundige oorsig van Latynonderwys in Kaapland tot die jaar 1939 te gee. Aangesien egter geen geskiedenis van middelbare onderwys tussen 1795 en 1829 bestaan nie, was dit nodig om sodanige geskiedenis van die inrigtings, waar Latyn doseer is, op te stel. Dit het beteken 'n aansienlike inkorting van die periode wat bestudeer kan word binne die bestek van so 'n verbandeling. Tot die jaar 1839 het elke inrigting vir Latynonderwys 'n eutiteit op homself gevorm. Die middelbare onderwys in Kaapland was nog in sy kleuterjare, en derhalwe net so onderhewig aan die swak-ge!ntegreerde en swak-gedifferensieerde handelinge van 'n kleuter. Daarom word elke skool afsonderlik bespreek.
- Collection L [26]